Logo

Die Kwêla Feite & Geite amateur video-kompetisie 2021 – Bepalings en Voorwaardes

Nuus
14 Julie 2021
Lees hier die Kwêla Feite en Geite 2021: Bepalings en Voorwaardes

INSKRYWINGSFASE (Call for entries)

  1. Elke inskrywing moet van ‘n inskrywingsvorm vergesel word. Die inskrywingsvorms is op ons webwerf by www.kyknet.tv beskikbaar. Dit is ook verkrygbaar van Homebrew Films (HOMEBREW) by telefoonnommer (021) 422-3452 tydens kantoorure (Maandag tot Vrydag, 9:00 tot 17:00).
  2. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voogde verkry voordat hulle kan inskryf. Indien minderjarige deelnemers sou wen, moet hulle deur ‘n ouer of voog vergesel word op reis na die internasionale bestemming (indien van toepassing).
  3. In die Feite en Geite-afdeling kan enigiets ingeskryf word - van reisjoernale, nuusgebeure, raar maar waar stories, natuurtonele, interessante gedrag in die natuur, interessante natuurverskynsels ens.
  4. Materiaal moet verkieslik digitaal in die beste kwaliteit wat jy dit in verfilm het gelewer word.  Jy kan dit op DVD, geheuestokkie of band lewer, of per e-pos stuur of wetransfer.com.
  5. Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.
  6. ‘n Maksimum van 3 inskrywings per deelnemer sal in die Feite en Geite-afdeling toegelaat word.
  7. In die Feite & Geite-afdeling moet daar nie meer as 15 minute se videomateriaal ingestuur word nie. Dit kan ongeredigeer wees. Sou die inskrywing tot die finale ronde deurdring, mag die produksiehuis moontlik verdere materiaal aanvra.
  8. Indien die deelnemer verkies om ‘n geredigeerde weergawe in te stuur, mag dit wel gedoen word; stuur net die oorspronklike materiaal, met die natuurlike klank, sonder musiek of kommentaar saam. Sou die inskrywing tot die televisieronde deurdring, sal die na-produksie (die redigering, teks en klankmeng) egter professioneel deur die produksiehuis gedoen word.
  9. Die videomateriaal moet saam met die inskrywingsvorm per voorkeurpos of geregistreerde pos gestuur word aan:          
    Kwêla Feite en Geite
    POSTNET MONTAGUE GARDENS
    SUITE 112
    PRIVAATSAK X7
    CHEMPET
    7442
  10. Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by Homebrew Films Produksiekantoor, Atlantic Studios, 7 MONTAGUE DRIVE, MONTAGUE GARDENS, Kaapstad.
  11. E-pos-inskrywings kan gestuur word na [email protected] Inskrywings wat per e-pos gestuur word, moet vergesel word van ‘n inskrywingsvorm. Geen inskrywings daarsonder sal aanvaar word nie.
  12. Inskrywings wat op CD, DVD of geheuestafie ontvang word, sal nie teruggepos word nie.  Maak dus seker dat u vir uself ‘n kopie maak, voordat u dit instuur.
  13. Elke inskrywing moet op ‘n aparte inskrywingsvorm gedoen word.
  14. ‘n Beoordelaarspaneel sal die finaliste keur, waarna die kykers per SMS-stemproses die geleentheid gaan kry om die wenners in albei afdelings te kies. Die gehalte van die inskrywings sal die aantal finaliste bepaal.
  15. Eerste, tweede en derde plek wenners van die Feite & Geite kompetisie van die vorige jaar mag nie weer inskryf nie.
  16. Die inskrywings sal beoordeel word op grond van inhoud eerder as tegniese gehalte.
  17. Persone wat in die televisiebedryf werksaam is, mag nie deelneem nie. Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van die promotor en enigiemand wat die promotor beheer of deur die promotor beheer word, sowel as verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie, mag nie deelneem nie. Geen werknemers van M-Net, kykNET, Homebrew Films, of Kwêla (of enige van hulle vennote),  mag vir die kompetisie inskryf nie. 
  18. Die sluitingsdatum vir Feite en Geite is 31 Augustus 2021.
  19. Die Feite&Geite finaliste sal in September/Oktober op Kwêla bekend gemaak word en die publiek sal per SMS vir hulle gunstelinge kan stem.
  20. Die na-produksie van video’s word volgens die produksiehuis se diskresie gedoen en die stemuitslag van die kompetisie is finaal. Daar sal geen briefwisseling daaroor gevoer word nie.
  21. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voog verkry voordat hulle kan inskryf. 
  22. M-Net behou homself die reg voor om geredigeerde insetsels van die videomateriaal op M-Net en op sy Afrikaanse kanale uit te saai; asook die reg om hierdie materiaal eksklusief op enige wyse kommersieel te benut.

KOMPETISIEFASE

  1. Gedurende die Feite & Geite kompetisiefase vanaf 26 September tot einde November kry kykers die geleentheid om vir hulle gunsteling video’s te stem deur die naam van ʼn sleutelwoord na 33157 te SMS. Dié nommer is ook toeganklik vir Namibiërs.
  2. ʼn SMS kos R1.50.
  3. Gedurende die kompetisiefase word slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer toegelaat.
  4. Gratis SMS’e geld nie en SMS’e met ‘n ongeldige of foutiewe sleutelwoord sal steeds R1.50 per SMS kos.  
  5. Die wenners van die videopryse word bepaal deur die kykers se  stemme.
  6. Kykers wat per SMS stem kom ook in aanmerking vir pryse.
  7. Die 5 wenners van die SMS-kykerspryse vir Kwêla Funnies sal deur middel van ’n elektroniese prystrekking geïdentifiseer word en telefonies in kennis gestel word.  Die wenners se name sal ook op Kwêla bekend gemaak word, en die wenners van die finaal sal in die program aangekondig word.
  8. Die SMS-kykerspryse vir Kwêla Feite&Geite sal aangekondig word.  
  9. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis. 
  10. Indien die SMS-kompetisiewenners nie binne vier telefoonoproepe en een SMS binne 24 uur bepaal kan word nie, word die prys verbeur en behou die organiseerders die reg voor om 'n nuwe wenner onder dieselfde voorwaardes te trek.
  11. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van die stemproses oorsien.  Die onafhanklike ouditeursfirma se beslissing is finaal.
  12. Deelnemers wie se inskrywings deurdring na die TV-ronde, sal per epos in kennis gestel word van die     uitsendingstye.  Die persone wat nie die TV-ronde gehaal het nie, sal nie in kennis gestel word nie.
  13. Die deelnemers wat tot die finale ronde deurdring en hulle pryse in die ateljee ontvang, mag nie op enige ander media, insluitende sosiale medianetwerke, soos Facebook en Twitter daaroor gesels, voordat dit nie op Kwêla bekend gemaak is nie.
  14. Geen korrespondensie sal oor die uitslag / beslissings van die beoordelaars gevoer word nie.
  15. Deelnemers neem op eie risiko deel en Kwêla, Homebrew Films, kykNET en M-Net asook die ander derdeparty verskaffers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
  16. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, Homebrew Films, kykNET, M-Net en die ander derdeparty-verskaffers nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
  17. Wenners mag versoek word om hulle pryse op Kwêla in ontvangs te neem, maar hulle kan die versoek toestaan of afwys.
  18. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle al die bepalings & voorwaardes aanvaar.
  19. Vir navrae skakel Benji Koning by 021-4223452 gedurende kantoorure (Maandag tot Vrydag 9:00 tot 17:00).
  20. Die bepalings en voorwaardes word gepubliseer op kykNET se webwerf. Vir meer inligting besoek www.kyknet.tv
  21. Die prys vir die algehele wenner sal op die progam aangekondig word.