Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Deon of Louis?

Nuus
24 Mei 2017
Wie pas die beste by dr. Desire Eksteen? Is jy #TeamDeon of #TeamLouis?
Binnelanders_Deon_vs_Louise

#TeamDeon

Deon Visser is ’n aantreklike jong dokter, en daarom deel hy en Desire dieselfde professionele belangstelling (hoewel die velde waarin hulle werk verskil) en passie vir hul loopbane.

Deon is ’n man wat sy sê kan sê, soos hy ook alreeds bewys het in die kere waarin hy en Desire ’n meningsverskil gehad het. Dit kan ook natuurlik ’n probleem raak indien hulle in ’n verhouding is, want wie het nou lus om elke gesprek in ’n debat te laat ontaard?

Deon is ’n akademiese mannetjie, en hy beskik nie altyd oor die sorgvrye en sosiaal gedrewe leefstyl wat ’n mens verwag van iemand van sy ouderdom nie. Deon is ’n verantwoordelike jong man wat seker enige skoonma se droom is, maar nie noodwendig die meisie van sy drome gaan beïndruk nie.

Hy is meer van ’n denker as ’n doener, en moet eerder as ’n belegging (in plaas van ’n kitsoplossing) gesien word wanneer dit kom by die liefde…

#TeamLouis

Louis Koster is ’n entrepreneur, en kan baie vinnig op sy voete dink.

Hy het nog nie heeltemal sy volle potensiaal bereik wanneer dit kom by ’n loopbaan nie, maar hy maak op daarvoor met passie en ywer – en beslis harde werk.

Niks staan vir Louis se hande fout nie, en hy weet wat dit beteken om die ekstra myl te loop. Louis is beslis meer van ’n doener as ’n denker, en is baie glad met die mond. Hy weet hoe om sy sjarme te gebruik om mense op hulle gemak te laat voel – selfs wanneer hy soms nie te gemaklik is in sy eie lyf nie.

Louis is nie heeltemal sorgvry nie – hy is immers ’n Koster! – maar van sosiaal wees kan jy hom amper niks vertel nie. Louis se gladdebek-leefstyl kan hom maklik in die moeilikheid kry, en daarvoor gaan iemand soos Desire dalk nie altyd lus wees nie – tensy sy voel dat daar meer avontuur in haar lewe skort!

Louis laat Desire lag – maar kan ’n mens deur ’n hele leeftyd van lag kom sonder om oor gemeenskaplike belangstellings te praat, of selfs te kibbel?

Laat jou stem hoor op Facebook en Twitter deur die hutsmerke #Binnelanders en #TeamDeon of #TeamLouis te gebruik!