Logo

ATKV-Mediaveertjies 2018: Media kry veertjie in die hoed

Nuus
11 Mei 2018
Die wenners van die ATKV-Mediaveertjies 2018 is soos volg.
AKTV-Mediaveertjies-2018

Joernaliste swoeg en sweet daagliks te danke aan moeilike onderhoude, dreigende spertye wat aan hul hakskene kom hap en redakteurs wat soms die onmoontlike verwag. Voeg daarby die harde werk wat dit verg om ’n TV-reeks aanmekaar te slaan of om deur middel van radio luisteraars se verbeelding aan te gryp, en jy kan tot die gevolgtrekking kom dat die medialandskap duidelik nie vir sissies is nie.

Daarom is die media se blinkste sterre Vrydagaand by die ATKV-Mediaveertjies vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë vereer.

Die geleentheid is by die stylvolle Katy’s Palace Bar in Kramerville, Sandton, gehou.

Die nimlike Kim Cloete, bekende aktrise, onder meer bekend vir haar rol in Binnelanders, was vanjaar se seremoniemeester.

Afgesien van die toekennings het die kitaargenie, Loki Rothman, en die saksofoonspeler, Hiram Koopman, die gaste met hul talente vermaak.

Volgens Nita Cronjé, bestuurder: kunste en feeste by die ATKV, word die ATKV-Mediaveertjies jaarliks gehou om die media se uitnemendheid te bekroon.

“Ons wil erkenning gee aan die belangrike rol wat die media in die huidige samelewing speel om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak.

“Hulle rol is van kritieke belang,” sê Nita.

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

KRY DIE VOLLEDIGE LYS VAN BENOEMINGS HIER.

Die wenners is soos volg:

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Willim Welsyn – WAT met Willim Welsyn – Podsending

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Johan van Lill – RSG Kuns: Oude Libertas 40 jaar – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Phil Loots – Fiks vir die lewe: Om te gee – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis – Monitor: Paternoster Vissers – RSG

Beste joernaalprogram

  • Ilse Salzwedel – Skrywers en boeke: Die woordketting – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Melissa Tighy – Spektrum: Landwye betogings teen Zuma – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Jamaine Krige – Knysna: Na die brande – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Marianne Breytenbach – Net medies: Aannemings – Pretoria FM

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater

  • Marion Erskine – Akwarius - RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater

  • Bettie Kemp – Akwarius – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5

LEES

Beste in-diepte artikel

  • Leti Kleyn – Die Tankwa-Karoo kan ’n kind heel opvréét – Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Jacques Myburgh – Woordsmid met ’n ruim hart - Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Gerard Scholtz – In die nabyheid van bome – DeKat

Beste kunste-resensie

  • Elmari Rautenbach – J.M. Coetzee as jeugdige fotograaf – Die Burger

Beste leefstylstorie

  • Murray La Vita – Viriel en peperduur: Ontmoet Karoo se goue ram – By: Die Burger & Netwerk24

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Marita van der Vyver – Julle wat teister: Dis tyd om te luister – Rapport Weekliks

Beste sportartikel

  • Suzette Truter – Kind van die wind – By: Die Burger

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • DistriksPos/District Mail – Redakteur: Tasmin Cupido

KYK

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Louis Pretorius – Die Boekklub – kykNET

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Jaco Bouwer – Waterfront – kykNET

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Bobby Heaney – Erfsondes – SABC 2

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • De Klerk Oelofse – Die Boekklub – kykNET

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Antoinette Louw – Swartwater – SABC 2

AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Johnny Davids – Kwêla: Kurt Minnaar & Hillary Geslin – kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Bertus Louw – 50/50: Finland bere – SABC 2

Beste joernaalprogram

  • Paul Venter – Kwêla – kyNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Byron Taylor – Fokus: Die groot gryp – SABC 2

Beste nuusinsetsel

  • Jacques Broodryk – KN Verslag: Zimbabwegrens – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Megaboere: Graham Rae – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Carien Loubser – Jan – Via

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Amira – kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams – Jou Show – kykNET