Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Arendsvlei: Drama soos nog nooit tevore!

Nuus
13 Augustus 2018
Vind meer uit oor kykNET&kie se splinternuwe telenovela.
Arendsvlei FINAL

kykNET&kie, DStv-kanaal 145, bring vanaf 1 Oktober vir kykers die eerste splinternuwe telenovela, Arendsvlei, wat drie dae ’n week van Maandag tot Woensdag te sien sal wees.

Arendsvlei is ’n fiktiewe dorp in die Kaapse vlakte. Hoërskool Arendsvlei, is ’n onafhanklike skool en die middelpunt van alles.

Die skoolhoof Beatrice, vertolk deur Jolene Martin, het die skool gestig om vir die kinders in die gemeenskap ’n goeie opvoeding teen ’n bekostigebare prys te bied. ’n Passieprojek wat gefonds is deur erfgeld na haar pa se dood.

Verbode liefde. Skuld. Skandaal. Drama. Liefdesdriehoeke. Passie. Moord. Families. Drome.

Die toesigvervaardiger van kykNET, Janine Cornelius, is baie opgewonde oor dié nuwe reeks. “Kykers kan hope drama verwag, want nie almal in Arendsvlei het goeie bedoelings nie…

“Ons het ’n fantastiese rolverdeling, en kykers kan uitsien om ou bekendes weer te sien, maar ons is ook baie opgewonde om nuwe talentvolle akteurs, veral onder die jonger karakters, aan ons kykers voor te stel,” het Janine gesê.

Volgens Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger, is daar iets vir almal in dié reeks: “Die storielyne is universeel. Die telenovela fokus hoofsaaklik op familie. Dis die storie van ’n broer en suster wat ’n verskil wil maak in die gemeenskap, maar hul lewens word onherroeplik verander na ’n skietvoorval.”

Die skrywer Theltom Masimila het die volgende te sê: “Die taalgebruik is Kaaps: Baie gemaklik en eie aan die mense wie se stories ons vertel. Ons kan nie wag om die kykers te vermaak met karakters wat baie beslis in hul harte gaan kruip nie.”

Hier is die volledige rolverdeling:

  • Oscar Petersen (Joe Barber) as David
  • Jolene Martin (Getroud met Rugby) as Beatrice
  • Ernest St.Clair as Christopher
  • Maria Valente (De Almeida) as Samantha
  • Jody Abrahams (Fishy Feshuns, Four Corners) as Lionel
  • Melanie Du Bois (7de Laan) as Ronel
  • Crystal-Donna Roberts (Mense Mense, Krotoa) as Janice
  • Sherman Pharo (7de Laan) as Thys
  • Dillon Windvogel (danZ!, Sara se Geheim) as Vernon
  • Gretchen Ramsden as Nicolene
  • Dean Richard Olivier as Anton
  • Ann Juries (Die Byl) as Claudia
  • Rehane Abrahams (Die Allemans) as Wendy
  • Christian Bennet (Noem my Skollie) as Emile
  • Kay Smith (Vlug/Terug na Egipte) as Debra
  • Craig Adriaanse as Wesley
  • Roberto Kyle (Knapsekêrels) as Lee-Roy
  • Celeste Mathews (Vinkel en Koljander) as Aunty Gertie
  • Joseph Mitchell as Uncle Johnny

Dié 156-episode-reeks is verfilm in Kaapstad en word vervaardig deur Penguin Films, eksklusief vir kykNET&kie, en kom tot ’n einde in September 2019.