Logo

Vyf redes hoekom ons mal is oor Waldimar

Nuus
28 Februarie 2019
Wat kan hierdie man nie doen nie?
SAFTAs HomePage Billboard VIG_1600 x 640

Baie woorde kan gebruik word om Waldimar Pelser op te som. Vreesloos. Intelligent. Dinamies. G'n wonder die kykNET Verslag In Gesprek-aanbieder is onlangs vir ’n SAFTA benoem in die kategorie van beste TV-aanbieder nie. Hier is vyf redes hoekom ons #TeamWaldimar is. 

1. Hy skram nie weg van moeilike vrae nie, soos gesien met die onderhoud met Andile Mngxitama, president van die Black First Land First-organisasie.

2. Hy is duidelik ’n ywerige leser in sy vrye tyd. Hier vertel Waldimar vir Bibi ​watter nie-fiksie boeke die persepsie van Suid-Afrika verander het.

3. Hy is veelsydig. Nie net is hy die redakteur van Rapport en aanbieder van die aktuele program kykNET Verslag In Gesprek nie, hy het ook as ’n Rhodes Scholar by Oxford Universiteit gegradueer met ’n MPhil in Ontwikkelingstudie.

4. Buiten vir die feit dat hy geniaal is, is hy nog sag op die oog ook. Waldimar het in 2018 ons lys van sexy manne gehaal. 

Gallery

5. Kom ons wees eerlik. Nie elke Jan Rap en sy maat kan spog met ’n SAFTA-benoeming nie.

Vertel vir ons op sosiale media hoekom jy #TeamWaldimar is. Om op hoogte te bly van die jongste SAFTA-verwikkelinge, gebruik die #Saftas13-hutsmerk op FacebookTwitter en Instagram. Wenners word die 2de Maart aangekondig.