Logo

2020 Silwerskermfees: Bepalings en Voorwaardes (Bestaande Werke)

Nuus
05 Februarie 2020

Is jy `n professionele film vervaardiger wat ‘n bestaande, voltooide kortfilm, speelfilm of dokumentêr het?

Nou is jou kans om jou filmmaakvernuf by die 2020 Silwerskermfees (“die Fees”)  in samewerking met kykNET te vertoon. Staan ‘n kans om R100 000 kontantprys sowel as ‘n lisensiërings fooi ter waarde van R100 000 te wen met die inskrywing van jou Bestaande werk.

  • Inskrywings sluit: 30 April 2020
  • Inskrywingsfooi: R500,00 per inskrywing

Hoe om in te skryf:

  • Registreer op die Silwerskerm web-blad, te wete, kyknet.tv
  • Voltooi die inskrywingsvorm volledig; 
  • Dui aan of die inskrywing deel uitmaak aan slegs `n vertoning by die fees of dit ook ingeskryf word vir deelname aan die beste film kompetisie.
  • Laai jou film elektronies op jou aansoekvorm. Die film moet tot 1gig saamgepers word;
  • Betaal die inskrywingsfooi van R500,00 en dien in.

In die geval van ‘n film wat aanvaar word, aangaande die Fees program (binne of buite kompetisie)

Indien jou film aanvaar word vir gebruik tydens die Fees, moet dit gelewer word voor die sperdatum. Verwys na Aanhangsel A vir tegniese besonderhede.

Keuring:

Jou inskrywing geld as ’n bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes soos vervat hieronder: 

  1. Inskrywings moet kykNET óp of vóór 30 April 2020 bereik. 
  2. Inskrywings aangaande die beste film kompetisie moet slegs gemaak word ten opsigte van films wat by sodanige fees sal première en wat nie voorheen by ‘n ander plaaslike filmfees of dies meer ingedien of aanvaar is nie.
  3. Inskrywings wat nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal nie aanvaar word nie. Enige inskrywings wat na die sperdatum ontvang word sal nie aanvaar word nie, ongeag die rede daarvoor.
  4. Aansoekers jonger as 18 jaar oud moet die aanlyn aansoekvorm invul met die nodige bystand van hul ouers of voogde. Aansoekers moet die persoon wees waarmee die organiseerders in verbinding sal tree. 
  5. Aansoekers moet burgers van die Republiek van Suid-Afrika wees ten tye van die indiening van hul inskrywings.
     
  6. Alle kommunikasie moet duidelik gemerk word met die titel van die film as verwysing.
     
  7. M-Net aanvaar geen verantwoordelikheid aangaande onkostes wat mag onstaan om bestaande werke in te skryf nie.
  8. Dit is die verantwoordelikheid van elke deelnemer om te verseker dat enige inligting wat aan M-Net voorsien word volledig en korrek is. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige foute en/of weglatings van informasie wat ontvang is in reaksie tot inskrywings nie.
     
  9. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik gehou word vir enige voorleggings wat nie deur M-Net ontvang is nie, ongeag of sodanige voorleggings binne die aanverwante tydstip ontvang is of nie, ongeag die rede daarvoor. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik gehou word vir enige probleme of tegniese foutwerking van enige telefoonnetwerke of -lyne, rekenaaraanlynstelsels, rekenaarbedieners of -verskaffers, rekenaarhardeware- of sagtewareprobleme, verkeerskongestie (hetsy fisiek of op die internet, telefoonlyne, of enige ander diensverskaffer, webwerf of enige ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of aanverwante probleme wat nie hierin vervat word nie.  
  10. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige skade ten opsigte van enige deelnemer of ander persoon se rekenaar, selfoon of enige ander toestel wat deur die aangewese deelnemer gebruik word om in te skryf of om enige materiaal te bekom wat verband hou met die gegewe aansoek nie.
  11. M-Net sal 'n keurkomitee sowel as 'n beoordeelaarspaneel aanstel ter behartiging van sodanige inskrywings.
  12. Die keurkomitee sal keuses in verband met inskrywings maak en die diskresie uitoefen oor werke wat tydens die Fees gewys sal word, sowel as besluitneming oor die maksimum hoeveelheid films wat tydens die Fees vertoon sal word.
     
  13. Tydens bevestiging dat 'n inskrywing gekies is as een van die werke wat moontlik tydens die fees vertoon kan/gaan word, sal daar van deelnemers verwag word om ‘n standaard- lisensiëringskontrak vir sodanige films met M-Net te onderteken wat die voorwaardes van sodanige vertoning uiteen sal sit.
  14. Die vertoning van Films tydens die Fees sal geskeduleer word deur M-Net, onderhewig aan M-Net se diskresie.
  15. Die keurkomitee sal ook die aanvanklike keuring van werke behartig, onderworpe aan die vereistes van die kompetisie. Die goedgekeurde werke sal dan aan die beoordeelaarspaneel verwys word vir besluitneming en na afloop daarvan die wenner aankondig.
     
  16. Die keurkomitee en/of beoordeelaars paneel se besluit oor die beste inskrywing sal finaal wees. Geen verdere korrespondensie sal in dié verband gevoer word nie.
  17. Suksesvolle  inskrywings van bestaande werke sal op 1 July 2020 op www.kyknet.tv aangekondig word en sodanige persone sal via e-pos verwittig word. 
  18. Die kompetisie vir bestaande werke waarvan 'n deelnemer se werk gekies is as wenner is geregtig op R100 000.00 as prys, ("die Prys").
  19. Bobehalwe bogenoemde Prys, sal die wenner se werke 'n lisensiërings fooi van R100 000.00 ontvang, ("die lisensiërings fooi"), deur M-Net se standaard lisensiërings-vereistes te aanvaar., waarna die werke geliesensieërd sal wees ten gunste van M-Net. Indien die wenner nie ooreenstem of die terme van M-Net se lisensiërings vereistes nie, sal die wenner nie geregtig wees op die vermelde lisensiërings fooi nie.
  20. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik gehou word vir, en verwerp alle aanspreeklikheid ten opsigte van enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy regstreeks, onregstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat jy, of jou vennoot (waar van toepassing) mag ly uit jou aansoek in reaksie op die uitnodiging tot deelname, of weens enige optrede deur ons of ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met die bepalings en voorwaardes. 
  21. M-Net behou hom die reg voor om die uitnodiging tot deelname/of enige aspek daarvan aan te pas, uit te stel, te staak of te kanselleer vir welke rede M-Net dit ook al nodig mag ag. Ingevolge sodanige aanpassing, uitstelling, staking of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê ten opsigte van die uitnodiging tot deelname en jy erken dat jy geen regres het teen M-Net, sy geaffilieerde maatskappye en derde party-verskaffers nie. 
  22. In gevalle waar deelnemers in gebreke bly om aan enige van hierdie bepalings en voorwaardes te voldoen, behou M-Net die reg voor, behoudens enige ander regsmiddel wat dit sodanig mag hê:
     
    1. dat deelnemers outomaties gediskwalifiseer word; en geregtig is op vergoeding aangaande enige verlies of skade wat as sodanig gely word weens enige deelnemer/s se verontagsaming van die bepalings en voorwaardes, insluitend alle regskostes (op die basis van prokureurs- en kliëntkoste) wat M-Net op die hals mag haal in enige stappe wat geneem moet word weens die ter sprake deelnemer.
  23. Die deelnemer vrywaar hiermee, en hou M-Net en sy geaffilieerde maatskappye skadeloos teenoor enige verpligtinge, eise of skade gely deur enige persoon as gevolg van die deelnemer se optrede.
  24. Vir doeleindes hiervan beteken “geaffilieerde maatskappye” enige ander entiteit in beheer, onder beheer van of onder algemene beheer in verband met M-Net. "Beheer" (insluitend definisies, "Beherend" "Beherend deur" en "onder algemene beheer deur") beteken besit, direk of indirek, oor die vermoë om voor te skryf of te beïnvloed ten opsigte van bestuur en beleid van 'n entiteit, hetsy deur eienaarskap van stemreg sekuriteite,  deur kontrak, of andersins.
  25. Hierdie bepalings en voorwaardes sal vertolk, geïnterpreteer en afgedwing word kragtens die wette van die Republiek van Suid-Afrika.

 

AANHANGSEL A:

TEGNIESE AFLEWERING SPESIFIKASIES:

  • Alle inhoud van die feesbemarking of borgskap, insluitend die voorskou-inhoud, moet in HD, R128 2.0 stereo-klank, 25rps voorsien word.
  • Alle vollengte feesinhoud wat intern of ekstern die kompetisie aangebied word, moet in HD, 5.1-klank, 25rps afgelewer word. Waar 5.1-klank nie beskikbaar is nie, sal R128 2.0 stereo-klank wel aanvaar word.
  • Alle kortlengte feesinhoud wat intern of ekstern die kompetisie aangebied word, moet in HD, R128 2.0 stereo-klank, 25 rps afgelewer word. Waar R128 2.0 stereo-klank nie beskikbaar is nie, sal 5.1-klank wel aanvaar word.

 

TEGNIESE SPESIFIKASIES:

Codec

  • Apple ProRes 422 HQ, ProRes 444
  • Avid DNxHD 185x, DNxHR HQX, DNxHR 444

Raamgrootte

  • HD (1920 x 1080), progressief (geen interlacing nie)

Formaat

  • MOV of MXF

Kleurformaat

  • 4:2:2 of 4:4:4

Raampies per sekonde

  • 25 rps

Onderskrif

  • Engelse onderskrif is nodig vir films waarvan die gesproke taal nie Engels is nie.
  • Die onderskrift moet "ingebrand" wees en binne-in die televisie-veilige raamwerk geplaas word.

Klankformate

  • 2.0 stereo-klank (Ch1 L, Ch2 R) - bemarking, borgskap, voorskou en kortfilms
  • 5.1-klank (Ch1 L, Ch2 R, Ch3 C, Ch4 LFE, Ch5 Ls, Ch6 Rs) Linear 24 bit PCM - vollengte feesinhoud (intern en ekstern kompetisie)
  • 5.1-klank moet afgelwer word as afsonderlike WAV mono-kanale en moet toepaslik gemerk word. (L, R, C, LFE, Ls, Rs)
  • Indien klank as ingebed aangebied word moet die bogenoemde kanaaluitleg gevolg word om sodoende te voorkom dat klank deur die verkeerde kanaalroete gespeel word.

Vollengte rolprente in kompetisie

  • Indien beskikbaar – voorsien asseblief ’n  DCP wat nie geënkripteer is nie vir beoordeling, aangesien ons ongelukkig nie op hierdie stadium geënkripteerde DCP’s kan aanvaar nie.

English:

Are you a professional film producer who has an existing, completed short film, feature or documentary film?

 

Now’s your chance to exhibit your filmmaking abilities at the 2020 Silwerskerm Film Festival (“the Festival”) in collaboration with kykNET and stand a chance to win a R 100,000 cash prize as well as a licensing fee of R 100,000.

 

  • Entries close: 30 April 2020
  • Entry fee: R500,00 per entry

 

How to enter:

  • Register on the Silwerskerm web page, namely kyknet.tv.
  • Complete the entire entry form.
  • Indicate whether the entry is in respect of the screening only or the best film competition as well.
  • Upload your film electronically on your application form. The film has to be compressed to a maximum of 1gig.
  • Pay the entry fee of R500,00 and submit.

 

In the event of your film being accepted for the festival program (in- or out of competition)

If your film is accepted for the Festival, it must be delivered by the closing date. Please refer to Annexure A for the Technical specifications.

 

Selection:

Your entry implies a binding acceptance of the terms and conditions as per below:

  1. Entries have to reach kykNET on or before 30 April 2020. 
  2. Entries for the best film competition should only be in respect of films that will premiere at the Festival and have not been entered into any other local film festival or the like.
  3. Entries that do not adhere to the submission requirements will not be accepted or considered. Any entries submitted after the closing date will not be considered, irrespective of the reason for such delay.  
  4. Applicants below the age of 18 must only complete the online application form with the necessary assistance from a legal guardian. Applicants must be the persons to be contacted by the organisers regarding their submissions.
  5. Applicants must be citizens of the Republic of South-Africa at the time of submitting entries. 
  6. All communications submitted must be clearly identified with the title of the film as reference.
  7. M-Net accepts no responsibility related to costs incurred on submitting the entry.
  8. Each participant must ensure that all information supplied is complete and correct. M-Net and its affiliated companies are not responsible for any errors and/or omissions in any information received in reaction to the entry.
  9. M-Net and its affiliated companies are not responsible for any submissions which had not been received by M-Net, be it within the specified time period or not, and irrespective of the reason for such non-receipt. M-Net and its affiliated companies will not be responsible for any problems or technical errors of any telephone networks or –lines, online computer systems, computer service providers or suppliers, computer hardware or software problems, traffic congestion (be it physical or on the internet, telephone lines, or any other service providers, website or any other device or medium), or any combination thereof, or any other technical or other problems not listed herein.
  10. M-Net and its affiliated companies are not responsible for any loss or damage to a participant’s or any other person’s computer, cellular phone or other device used by the participant to enter and or submit or to obtain any material related to the applicant’s entry.
  11. M-Net shall appoint a selection committee and a judging panel to adjudicate the submitted entries.
  12. The selection committee shall choose, and has the final say on, the works to be screened at the Festival. The decision on the maximum number of films to be selected for screening rests exclusively with the selection committee.
  13. Upon confirmation of a participant’s entry being selected as one of the works for possible screening at the Festival, a participant will be expected to sign M-Net’s standard licensing contract for such films setting out the terms of the screening.
  14. Screening of films at the Festival will be scheduled by M-Net, at its discretion.
  15.  The selection committee shall also do the initial selection of works meeting the requirements for the competition. The selected works will then be referred to the judging panel for its decision. The judging panel will then choose the winning work.
  16. The selection committee’s and/or judging panel’s submission choices will be final. No further correspondence shall be exchanged in this regard.
  17. Successful entrants of existing works will be announced on the 1st of July 2020 at www.kyknet.tv, and various individuals will be notified by way of e-mail.
  18. For existing works entered for the competition, the participant whose work is chosen as the winning work in the competition is entitled to a R100 000.00 prize (“the Prize”).
  19. In addition to the Prize, the winning existing work will be licensed to M-Net for a license fee of R100 0000.00 (“the License Fee”), on M-Net’s standard licensing requirements. For the avoidance of doubt, should the winning participant fail or refuse to agree to M-Net’s licensing terms there will be no licensing of the winning work by M-Net and consequently no payment of the License Fee.
  20. M-Net and its affiliated companies are not responsible for, and are indemnified from all liability, losses, injury, expense or damage of any nature, caused through negligence or any other reason, suffered by participants forth flowing from the participant’s entry under these terms and conditions, or due to any act or omission by M-Net or our affiliated companies in relation to these terms and conditions.
  21. M-Net reserves the right to allow participation at the Festival, or amendment of any other aspect thereof, to postpone, suspend or cancel such participation for whatever reason M-Net may deem fit. In terms of such amendment, postponement, suspension or cancellation, to the participants waive any rights, interests or expectations that they might have in relation to the entry and acknowledge that they will have no right of recourse against M-Net, its affiliated companies or third-party service providers.
  22. In the event of any non-compliance with these terms and conditions by a participant, M-Net will, in addition to any legal recourse available –
    1. automatically disqualify the participant; and 

be entitled to claim any loss or damage it has suffered caused by the participant’s non-adherence to the agreement, including all legal costs (on an attorney-client scale) which M-Net may incur in any steps instituted against the participant.

  1. The participant hereby indemnifies and holds M-Net and affiliated companies harmless against any liability, claims or damage suffered by any person as a result of the participant’s conduct. 
  2. For reference purposes “affiliated companies” means any other entity Controlling, Controlled by or under common Control with the M-Net. "Control" (including the terms "Controlling", "Controlled by" and "under common Control with") means the possession, direct or indirect, of the power to direct or cause the direction of the management and policies of an entity, whether through the ownership of voting securities, by contract or otherwise.
  3. These terms and conditions will be interpreted and enforced in terms of the laws of the Republic of South Africa.

 

ANNEXURE A

 

TECHNICAL DELIVERY SPECIFICATION:

All Festival Marketing Content or Sponsorship content, Including Trailer content should be supplied as HD, R128 2.0 Stereo Audio, 25fps

• All Feature Length Festival Content supplied in and out of competition, should be HD, 5.1 Audio, 25fps. Where 5.1 Audio is not available, R128 2.0 Stereo Audio will be accepted.

• All Short Length Festival Content supplied in and out of competition, should be HD, R128 2.0 Stereo Audio, 25fps. Where 5.1 Audio is available, it will be accepted.

TECHNICAL SPECIFICATIONS:

Codec

• Apple ProRes 422 HQ, ProRes 444 or

• Avid DNxHD 185x, DNxHR HQX, DNxHR 444

Frame Dimensions

• HD (1920 x 1080), Progressive (No Fields)

Container

• MOV or MXF

Colour Sampling

• 4:2:2 or 4:4:4

Frame Rates

• 25 fps

Subtitles

• English subtitles are required for all films in which the spoken language is NOT English.

• Subtitles must be "burned-in" and positioned in the safe picture area of the frame.

Audio Formats

• 2.0 Stereo (Ch1 L, Ch2 R) - Marketing, Sponsorship, Trailers, Short Films

• 5.1 (Ch1 L, Ch2 R, Ch3 C, Ch4 LFE, Ch5 Ls, Ch6 Rs) Linear 24 bit PCM - Feature Films in and out of competition • 5.1 Audio - supplied as separate WAV Mono tracks appropriately labelled (L, R, C, LFE, Ls, Rs)

• If audio is supplied as embedded please follow the the above channel layout to avoid audio playing out through the incorrect channel path.

Channel Layouts

• Stereo (L & R)

Feature Films in Competition

• If available – Please supply an un-encrypted DCP’s for judging.

• At this stage we cannot accept encrypted DCP’s.