Oor die film

Sinopsis:
Anton word 16. Potties gebruik hierdie geleentheid om sy berugte jagstaaltjie van hoe hy ’n reuse-koedoebul platgetrek het aan sy gesin aan tafel te vertel. Ma, Elsa en die verjaardagseun luister aandagtig. Maar Anton is nie die skerpste potlood in die blikkie nie en droom daarvan om in Potties se spore as jagter te volg. Ouma Stoof, ’n ou emfiseemlyer, hyg tussendeur na haar asem. Nadat Anton sy kersies doodblaas, oorhandig Potties sy jaggeweer vir Anton as verjaardagsgeskenk. Anton is oorstelp van vreugde en begin dadelik cowboys en kroeks speel. Skielik is daar chaos wanneer regte koeëls deur die sitkamervenster bars...

Rolverdeling:
Andy Jones
Chantal Botha
Christoff van den Berg
Cindy Swanepoel
Sivuyile Gaji
Andrew Gould
Gerhard Ehlers

Agter die skerms:
Regisseur/Draaiboek: Gerhard Ehlers
Vervaardiger: Andrew Gould

Lees meer