Oor die film

Sinopsis:
Vossie is depressief. Die lewe het hom al ’n paar harde klappe toegedien. Dus besluit hy om sy kar in ’n verlate veld te parkeer en ’n einde aan sy lewe te bring. Vossie sit bedroef in sy kar en berei homself voor vir die dood toe hy ’n klop aan sy ruit hoor. Hy sien die eksentrieke Antie daar staan, en hierdie vrou het planne van haar eie. Hoe meer hy haar probeer oortuig om te loop, hoe meer protesteer sy. Uiteindelik besluit Vossie om te luister na wat Antie te sê het.

Hierdie kortfilm is ’n blik op ’n onverwagse ontmoeting tussen twee mense van verskillende agtergronde, en hoe hulle lewens onwillekeurig verweef word. Dit is deur hulle gedeelde ervarings dat hulle onvermydelik iets by mekaar leer. Maar die groot vraag is: Gaan Vossie homself vergas?

Rolverdeling:
Tobie Cronjé
June Van Merch
Philippus Boshoff

Agter die skerms:
Regisseur: Philip Nolte
Draaiboek: Burger Meyer
Vervaardiger: Lyall Ramsden

Lees meer