Oor die film

Sinopsis:
Aspirant-akteur Simon Berg is op pad na teaterregisseur Andreas Vog se huis vir die finale repetisie van die toneelstuk, ‘Vlugtig’. Hy hoop dat hy met hierdie rol sy deurbraak in die industrie sal kan maak. Saam met hom is die meer ervare aktrise, Chantel. Simon vind inspirasie en gerusstelling in haar karakter. Vanaf hul aankoms by die huis in die mistige berge, word Simon met allerhande vreemde repitisie-metodes onkant gevang. Van hout kap, tot om sy steak-dieet te verander, moet Simon aanpas om deel te vorm van ’n wêreld waarvan hy nog altyd gedroom het.

Rolverdeling:
Arno Greef
Mila Guy
Ernst van Wyk

Agter die skerms:
Regisseur: Marinus Gubitz
Draaiboek: Ernst van Wyk en Marinus Gubitz
Vervaardigers: Ernst van Wyk en Werner Botha

Lees meer