Oor die film

Sinopsis:
Michelle is Lia, ’n droomverlore sesjarige, se ma en sy sukkel om perspektief te behou nadat sy Lia se pa, Daniël, verbied het om sy dogter te sien weens sy dwelmprobleem. Omstandighede stuur klein Lia se verbeelding op ’n dwaalspoor wat lewensgevaarlike situasies uitlok.

Michelle se frustrasies met Daniël veroorsaak dat sy nie bewus is van wat werklik in Lia se kop maal nie; wat haar angstig en aanvallend laat optree. Daniël word daarvan beskuldig dat hy nie by hul ooreenkoms hou nie, terwyl Lia se ongewone gedrag voortduur.

’n Sameloop van gebeure dwing Michelle om die werklikheid te konfronteer. Michelle kom te staan voor ’n kruispad waar sy ’n moeilike besluit moet neem: Wie se welstand gaan sy op die einde in ag neem?

Rolverdeling:
Bertha le Roux
Chris van Rensburg
Emmanuel Castis
Milan Murray
Rachelle Peasley

Agter die skerms:
Regisseur: Gerhard Mostert
Draaiboek: Maatje Smith
Vervaardigers: Charl Diener, Liesel Harris-Kruger en Maatje Smith

Lees meer