Oor die film

Sinopsis:
Susan word een oggend wakker en besef sy het die grootste fout van haar lewe gemaak. Haar wêreld is besig om in duie te stort en dit is alles haar eie skuld. Sy en haar vriendin, Christelle, beraam ’n plan om dinge terug te kry soos dit was. Hulle oorreed vir Ludowickus, ’n man met die vermoë om deur tyd te reis, om hulle terug te vat na die aand toe al die verkeerde besluite gemaak is. Om die verlede te verander, is egter nie so eenvoudig nie en daar is onverwagse gevolge. Susan besef dat die gebeure van daardie aand nie so maklik verander kan word as wat sy gedink het nie. ’n Klein verandering in die verlede lei tot verskriklike gevolge in die hede. Het Susan dalk haar lewe vir altyd verander?

Rolverdeling:
Cintaine Schutte
Ilana Cilliers
Keeno Lee Hector
Ludwig Binge
Wilhelm van der Walt

Agter die skerms:
Regisseur/Draaiboek: Marvin-Lee Beukes
Vervaardiger: Chris Thompson

Lees meer