Oor die film

Sinopsis:
Op ’n dag tydens die skoolvakansie sien twee jong seuns ’n gesprek tussen ’n polisie-offisier en ’n berugte dwelmhandelaar. Hulle word gevang en word onmiddellik “slagoffers” van die bendeleier se kloue. Van daardie oomblik is hulle sý soldaatjies. Hul eerste opdrag: om ’n dwelmpakkie te gaan haal. In dieselfde buurt is dit die eerste dag op straat vir ’n geheimsinnige nuwe polisieman met ’n agenda van sy eie. Soos die dag vorder, kruis en bots hierdie twee stories en word lewens onherroeplik verander.

Rolverdeling:
Dustin Beck
Elton Landrew
Noel Oostendorp
Jayden Booysen
Joshua Vraagom

Agter die skerms:
Regisseur/Draaiboek: Amy Jephta
Vervaardiger: Ephraim Gordon

Lees meer