Oor die film

Sinopsis:
’n Man sluit homself in ’n ivoortoring van virtuele realiteit toe. Hierdie aanlyn-illusie word sy daaglikse wêreld – hy verlustig homself in sy eensame, selfgemaakte status. Woordeloos skerm hy. Vriende is verdigsels en gesprekke is eenrigting. ’n Intieme rendezvous is ’n vervreemde fantasie. Deur sy skerms is hy alles wat hy gedink het hy behoort te wees. Die regte adres. Die regte meisie. Die regte persona. Sosiale media maak van ons almal anonieme voyeurs wat gewillig in glashuise woon. Is jou wêreld werklik of maak jy dit net op? Is die skrif aan die muur – of is dit alles in jou kop?

Rolverdeling:
Amalia Uys
Celé du Plessis
Tim Theron

Agter die skerms:
Regisseurs: Cobus van den Berg en Anja van den Berg
Draaiboek: Anja van den Berg
Vervaardigers: Cobus van den Berg en Tim Theron
 

Lees meer