Oor die film

Sinopsis:
1976. Die kind leef in haar eie verbeeldingryke wêreld; verwyder van die kennis van haar ouers wat verbete werk aan ’n beter toekoms. ’n Ma skerm vir haar gesin se vooruitgang
 en word só die skans tussen haar
 man se ambisie en haar kind se geborgenheid – soveel so dat sy teen haar eie beterwete optree. ’n Deel van die kind se ryk binnewêreld bestaan langsaan, waar haar oupa en ouma woon en werk. Tussen haar spel in
 die blaarryke voorstedelike tuin, waar 
sy uit die pad bly wanneer dit krities nodig is en die kreatiewe ruimte van ouma se naaldwerkkamer, leef ’n stil droom diep binne haar. Hoe naby is naby genoeg? ’n Kind kan ’n droom verloor op haar eie voorstoep.

Rolverdeling:
Amor Tredoux
Annerie Havenga
Chanelle de Jager
Gcume Phelokazi
Marcel van Heerden

Agter die skerms:
Regisseur: Harold Hölscher
Draaiboek: Michele Meyer
Vervaardiger: Jarrod de Jong

Lees meer
Please share your feedback

We are conducting a quick survey to better understand our audience. Click here for the Privacy Policy