Oor die film

Sinopsis:
Ingenieur Jacobs het sy vrou so liefgehad dat hy ná haar dood ’n lewensgrootte beeld van haar gemaak het. Sy belangstelling in sy werk kwyn en mettertyd word hy ontslaan. Hy keer terug na sy leë huis, die beeld van sy vrou, en stilte. Eendag begin hy ’n robot bou om die stilte te verdryf.

Hy gee die robot die gestalte van ’n mens, en noem hom Andries. Saam bespreek hulle die liefde, die lewe, en die dood. Andries leer al meer by ingenieur Jacobs, en soos Jacobs se waansin toeneem, neem Andries steeds meer huishoudelike takies op homself. Mettertyd begin die twee al meer na mekaar klink, en dag ná dag leer Andries meer: oor die liefde, die lewe, en die dood.

Rolverdeling:
Jaco Bouwer
Carel Nel
Abduragman Adams
Caren van Houwelingen
Bibi Slippers

Agter die skerms:
Regisseur: Tertius Kapp
Draaiboek: Haddad Viljoen – gebaseer op ’n kortverhaal van Jan Rabie
Vervaardigers: Tertius Kapp en Haddad Viljoen

Lees meer