Oor die film

Sinopsis:
Gewere, aksie, avontuur! Kurt Stahlwolf, die held van ’n gewilde TV-reeks uit die 1980’s, 'Stahlwolf', is alles waarvan die middeljarige Francois droom. Teen sy vrou se wense, trek hy elke jaar as Kurt Stahl van 'Stahlwolf' na die werk se jaareindfunksie aan, maar niemand herken hom ooit nie. Dit is belaglik, natuurlik lyk hy soos Kurt Stahl, veral sy snor...

Om van sy vervelige lewe te ontsnap, besluit hy om sy eie episode van 'Stahlwolf' te maak, waarin hy self as Kurt Stahl gaan speel. Hy kontak filmstudente, skryf die draaiboek en leen sy baas se sportkarretjie, reg vir aksie in sy eie produksie. Wat kan verkeerd gaan?

Rolverdeling:
Daniel De Bruyne
Karin van der Laag
Mario Vosloo

Agter die skerms:
Regisseur/Draaiboek: André Pretorius
Vervaardiger: Béanca Pretorius

Lees meer