Logo
Die leeftyd van 'n Orgidee
web uni tv guide

Die Leeftyd van ’n Orgidee

144DramaPG
Fiësta Wilhelm van der Walt

Wilhelm van der Walt

Wilhelm is Fiësta se nuutste aanbieder. Hy is ’n teater-, film- en TV-akteur, en het onlangs ’n kykNET Fiësta-teatertoekenning ontvang vir beste akteur in die toneelstuk Klippe wat val.

Van sy TV-werk vir kykNET sluit onder meer Ouma en Oupa sit op die stoep, Die Boland Moorde, Die Byl en Fynskrif in. Hy speel in verskeie kortfilms asook die rolprente soos Stuur groete aan Mannetjies Roux en Rooiland. Wilhelm het vir drie jaar die rol van Ty in 7de Laan vertolk.

Hy het by Kovsies en Maties studeer en woon tans in Kaapstad.

Wanneer hy ekstra tyd het speel hy graag backgammon, tafeltennis en is ’n ywerige stapper. Wilhelm het onlangs die Portugese Camino gestap en durf binnekort die Visrivier Canyon aan.