Wen dubbelkaartjies na Krone 4

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n dubbelkaartjie na die Krone-konsert te wen!

FOTO: G L Photography

Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City in Gauteng kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n moewiese saamsing-jol wat op Vrydag 28 Julie, Saterdag 29 Julie en Sondag 30 Julie by Carnival City se Big Top-arena plaasvind.

Vanjaar is daar ook nuwe gesigte wat op die planke te sien is. Deon Groot, Elandré Schwartz en die Lieflinge is van die nuwe gesigte wat by ou staatmakers soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron en Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse, Ricus Nel gaan aansluit.

“Konsertgangers kan solank gereed maak vir die jol van die jaar. So ’n paar ander verrassings wag ook,” sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4.

Volgens Schoombee kan konsertgangers na meer as 110 treffers uitsien. “Ons bekroon die treffers by dié konsert. Van Laurika Rauch se tydlose ‘Stille Waters’ tot ons hedendaagse treffers.”

BAIE GELUK AAN DIE WENNERS:

Rolien Louw
Martionette van der Merwe
Anne-Marié Helberg

33 krone gl photography 004 pre

FOTO: G L Photography

Jy kan dubbelkaartjies na Krone 4 losslaan!

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n dubbelkaartjie na die Krone-konsert te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Maandag 15 Mei om 12:00 en sluit Dinsdag 13 Junie om 12:00.

Prys:

’n Dubbelkaartjie na die Krone-konsert wat Vrydag 28 Julie, Saterdag 29 Julie en Sondag 30 Julie by Carnival City se Big Top-arena plaasvind.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die weeklikse wenner sal telefonies in kennis gestel word en daarna op kykNET se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die konsert.