Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel: Skryf in!

Ons is op soek na deelnemers vir die opwindende nuwe kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel.

Sluitingsdatum: 18 Mei 2017

Sukkel jy met enige van hierdie voorkomsprobleme: pigmentasie, fyn lyne of plooie, sakke onder die oë of donker sirkels, littekens, volumeverlies in jou vel of lippe, ’n tandvleisglimlag, skewe tande of ’n andersins onaantreklike glimlag?

Dan het Clare Wiese-Wentzel en haar wêreldklas mooimaakspan net die antwoord vir jou!

Ons is op soek na deelnemers vir die opwindende nuwe kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel.

Clare en haar span neem deelnemers op ’n baanbrekers-skoonheidsavontuur met die nuutste, nie-indringende kosmetiese prosedures wat botoks, vullers, karboksieterapie, laserterapie, chemiese afskilfering, radiofrekwensie en “thread lifting” insluit. Daarby voeg ons kosmetiese tandheelkunde in die vorm van glimlag-transformasies. Hieronder tel blyking, kosmetiese binding vir boonste en onderste glimlag, uitgebreide rekonstruksie met keramiekvenere, krone, bruggies en luminere. Alle behandelings sal deur professionele medici gedoen word, naamlik die dokters van SKIN RENEWAL en dr. JJ Serfontein. Elke deelnemer sal ook aangetrek word deur ’n ontwerper en ’n splinternuwe haarstyl en ’n grimering-oormaaksessie ontvang wat die koppe sal laat draai.

Kom kry ’n radikale voorkoms-transformasie, ter waarde van duisende rande, en verander jou lewe!

Skryf nou in om deel te wees van hierdie opwindende werklikheidsreeks. Inskrywings sluit op 18 Mei 2017.

(Deelnemers moet ouer as 21 wees.)

Reëls (FOTO’S):

ALLE FOTO’S moet ten minste 1 MB groot wees en op ’n wit agtergrond geneem word. Foto’s moenie ouer as ’n maand wees nie, met goeie beligting (geen skaduwees op jou gesig nie). Niemand anders moet op die foto’s verskyn nie. Hare moet uit jou gesig wees (agter jou ore of vasgemaak). Geen grimering moet gedra word op die foto’s nie.

Hoe om jou inskrywingsvorm by ons te kry:

1. Maak seker jy het hierdie vorm volledig en korrek beantwoord. Let wel: Jy kan slegs inskryf indien jy ouer as 21 is.
2. Maak seker die benodigde foto’s en ’n afskrif van jou ID-dokument is ingesluit by jou inskrywingsvorm.
3. Vorms wat geen foto’s of ID-afskrifte insluit nie, sal nie oorweeg word nie.
4. Inskrywingsvorms moet ons voor middernag op Donderdag 18 Mei 2017 aanlyn bereik. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.
5. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy tussen die 19de en 24ste Mei 2017 telefonies in kennis gestel word en genooi word vir ’n persoonlike onderhoud, wat op Donderdag 25 Mei in Kaapstad sal plaasvind.
6. Kontak Nadene de Villiers indien jy enige verdere inligting benodig by: nadene@mooimaaktyd.com

SKRYF IN OM ’N DEELNEMER TE WEES


Hoe oud is jy?

Wat is jou beroep?

Wat is jou huistaal?

Wat is jou huwelikstatus en hoeveel kinders het jy?

Wat is jou fisiese adres?

Is jy beskikbaar op 25 Mei (vir finale keuring en onderhoud) in Kaapstad?

Is jy beskikbaar om 1 of 2 dae per week (Maandag tot Sondag) te skiet in die tydperk van 31 Mei tot 30 September?

Het jy jou eie vervoer?

Is jy bereid om na Lourensford-wynplaas in Somerset-Wes (op jou eie onkoste) te reis gedurende die produksietydperk van Mooimaak?

Is jy bereid om vir die onderskeie behandelings na skoonheidsalonne in Kaapstad (op jou eie onkoste) te reis gedurende die produksietydperk?

Is jy allergies vir enige grimering en/of inspuitings (soos teenverouderingsinspuitings of vullers)?

Is jy tans op enige fotosensitiewe produkte/medikasie (Roaccutane / Accutane / Oratane / topikale RetinA)?

Is jy swanger, beplan jy om swanger te word in die verfilmingstydperk / borsvoed jy tans?

Is jy bereid en gewillig om enige van die behandelings, soos hierbo genoem, te ontvang?

Het jy al voorheen nie-indringende kosmetiese prosedures ondergaan? Indien ja, spesifiseer asseblief.

Het jy al voorheen tandheelkundige prosedures ondergaan? Indien ja, spesifiseer asseblief.

Het jy enige operasies in die laaste 24 maande ondergaan? Indien ja, spesifiseer asseblief.

Het jy enige metaalplaatjies in die gesig of borsarea?

Waar het jy grootgeword (waar was jy op skool)?

Hoe lank is jy (in cm)?

Hoeveel weeg jy (in kg)?

Het jy enige mediese kondisies? / Spesifiseer?

Watter kroniese medikasie neem jy?

Wat sou jy graag aan jouself wil verander, m.a.w. watter spesifieke vel- en tandprobleme kry jou onder? (100 woorde of minder).

Hoekom moet ons jou kies as ’n deelnemer vir hierdie reeks? Dalk sukkel jy om ’n lewensmaat of ’n werk te kry of dalk is jy deur ’n moeilike tyd (siekte of egskeiding). (150 woorde of minder).

Heg ’n kop-en-skouers-foto van jouself (van voor af geneem, met glimlag) hierby aan. (Lees reëls hierbo).

* Nie groter nie as 10mb

Heg ’n kop-en-skouers-foto van jouself (van voor af geneem, sonder glimlag) hierby aan.

* Nie groter nie as 10mb

Heg ’n kop-en-skouers-foto van jouself (kantprofiel, met glimlag) hierby aan.

* Nie groter nie as 10mb

Heg ’n kop-en-skouers-foto van jouself (kantprofiel, sonder glimlag) hierby aan.

* Nie groter nie as 10mb

Heg ’n vollengte foto van jouself (van voor af geneem) hierby aan.

* Nie groter nie as 10mb

Heg ’n afskrif van jou ID-dokument of paspoort hierby aan.

* Nie groter nie as 10mb

Terms & Conditions

Indien jy inskryf, verklaar jy die volgende:

1. Jy is ’n Suid-Afrikaanse burger.
2. Jy aanvaar dat jou regte in terme van die Kopieregwet, wet 98 van 1978 (soos gewysig), toegewys word aan die vervaardiger/uitsaaier en dat jou volle deelname aan die program opgeneem en uitgesaai mag word en dat die regte op hierdie uitsendings in die toekoms aan die vervaardiger/uitsaaier behoort, wat jou toewysing aanvaar.
3. Jy verklaar dat al die inligting wat in jou aansoekvorm verskaf is, waar en korrek is en jy aanvaar dat jy gediskwalifiseer kan word as die teendeel blyk en dat die vervaardiger en/of uitsaaier die inligting in jou aansoekvorm in die program mag gebruik.                    
4. Jy verstaan dat die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik is vir enige verlies of skade wat spruit uit jou inskrywing of jou deelname aan enige aspek van die program nie. Jy verstaan verder dat indien die behandeling/s nie na jou wense is nie, die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik gehou kan word nie.

Let daarop dat daar van jou verwag sal word om ’n volledige stel bepalings en voorwaardes te onderteken sou jy gekies word vir deelname aan Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel.

Nog Kompetisies

28 glam guru comp competition

Wen ’n Glam Guru-geskenkpak

30 April 18:30

28 goue haan kompetisie 003 pre competition

Soek die Goue Haan en wen!

26 April 12:33

28 kunsvlyt kroegstel 003 pre competition

Wen met Kunsvlyt

13 April 09:57

28 leef jou reis komp 003 pre competition

Wen met Leef jou Reis

10 April 11:26