Digityd-blokraai: Kom laat ons kopkrap in Julie

Vat ’n blaaskans en doen die prettige fotoblokraai met van jou gunsteling-kykNET-persoonlikhede in die Julie-uitgawe van Digityd.

FOTO: Verskaf

Komaan, vat ’n blaaskans en doen die prettige fotoblokraai met van jou gunsteling-kykNET-persoonlikhede op bladsy 33 van die Julie-uitgawe van die kykNET Digityd-tydskrif (gratis beskikbaar in Rapport op Sondag 2 Julie).

As jy klaar is, skommel jy die nege letters in grys blokkies om ’n woord te kry. As jy nie lus voel vir ’n potlood en uitveër nie, kan jy soos ons digitale lesers maak en die blokraai aanlyn invul – die ganse tydskrif is aanlyn beskikbaar by kyknet.tv – klik op “Digityd” en laai hom gratis af!

Een gelukkige persoon sal ’n geskenkbewyse ter waarde van R1 000 van Checkers wen!

Inskrywingsmetode:

Om ’n kans te staan, beantwoord die vraag korrek.

Inskrywingstydperk:

Sondag 2 Julie 2017 tot Saterdag 5 Augustus 2017 om 12:00. 

Prys:

Een gelukkige persoon sal geskenkbewyse ter waarde van R1 000 van Pick n Pay wen.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enigiemand kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hul voogde of ouers verky.

Ander reëls:

– Die wenner sal op kykNET se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.