Video’s

KATEGORIEË
SORTEER
video
24 Aug 2011

Kwêla: Victor Khambule (Deel 1)

Afrikaans is ‘n taal in ‘n stryd om oorlewing, word daar wyd bekla. Maar op een van die mees onwaarskynlike plekke, is hy besig om te gedy. In Soweto vind ons Victor Khambule, die voorsitter van die plaaslike tak van Vriende van Afrikaans.

video
23 Aug 2011

Binneland: 23 Augustus 2011

Veronica vertel Dominee Willie hoeveel hy en Elise in gemeen het, en Jennifer maak ‘n besluit oor Warrick.

video
23 Aug 2011

Fiësta: 22 Augustus 2011 – Silwerskerm Filmfees

Die Silwerskerm Filmfees is vanjaar vir die heel eerste keer aangebied deur Nu Metro en kykNET in filmteaters landswyd. Vanjaar is klassieke Afrikaanse films vertoon en van ons grootste filmmeesters sodoende vereer.

video
23 Aug 2011

Rian: 23 Augustus 2011 – Sarah Theron (Deel 2)

Om moed te verloor is ’n luukse wat sy nie kan bekostig nie. En haar ouma se raad was dat jy nie mag kla as jy onder die hoenderstellasie loop sit waar die hoender op jou kop tjorts nie. Dis die sêgoed van Sarah Theron…

video
23 Aug 2011

Rian: 23 Augustus 2011 – Sarah Theron (Deel 1)

Sy is ‘n size 40 maar dink sy is ’n Barbie. Die musiekster Sarah Theron kuier by Rian.

video
22 Aug 2011

DKNT Gospel: 28 Augustus 2011 – Mandate: Africa!

Lindie Gouws en Ivan Siegelaar vertel meer van die pelgrimstog – “Mandate: Africa!”.

video
22 Aug 2011

Varstrap – Ollie Viljoen

kykNET se splinternuwe program, Varstrap, begin 10 September om 21:00. Hier’s solank ‘n voorsmakie!

video
22 Aug 2011

Proesstraat: 22 Augustus 2011

Melt het Waldi se nuwe buurvrou, wat ‘n sjef is, ontmoet en haar uitgenooi om saam met hom te kook en die vriende beter te leer ken.

video
22 Aug 2011

Binneland: 22 Augustus 2011

Jennifer en Warrick sukkel om grense te stel in hul professionele verhouding. Veronica kry ‘n blink plan om vir Elise ‘n nuwe liefde te vind.

video
21 Aug 2011

Nico Nel Kook En Vertel: 21 Augustus (Deel 2)

Nico vind uit hoe om filopakkies met Fairview bokkaas en ‘n rooi soetrissie-konfyt te maak.

video
21 Aug 2011

DKNT Gospel Top 10: 21 Augustus 2011

Ons kyk vandeesweek na die Top 10 plaaslike CD’s. Juanita kraai weer koning(in)! Daar’s ook ‘n paar nuwelinge op die lys.

ID:6025