Suidooster

Maandae - Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie

Herhalings

Maandae - Donderdae om 20:00

Maandae - Donderdae om 14:00

Omnibus op Sondae van 14:00 - 16:00

Lees meer

’n Matriarg, haar twee dogters, kleinkinders en haar vriende. kykNET en kykNET & Kie se nuwe sepie vertel van die mense van Suidooster, ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ’n fiksionele voorstad in Kaapstad. Drie gesinne lewe en werk saam en deel noodwendig in mekaar se lief en leed. Mrs. J, ons matriarg, het twee dogters wat teenpole van mekaar is: Bridgette, die oudste suster, is ’n huisvrou en sosiale vlinder, terwyl Lee-Ann, wat die jongste is, eerder haar met die sentrum se sake bemoei. Bridgette is getroud met eiendomsmagnaat Ian October – ’n genadelose man wat alles in sy vermoë sal doen om die Octobers te laat seëvier. Die res van die gemeenskap word saamgestel uit die persone wat omsien na die Oos Wes-restaurant, die Aalwyn Apteek en Suidooster Eiendomme Bpk. Die Samsodiens, ons konserwatiewe Moslem-gesin, besit en bestuur die apteek in die Suidooster sentrum. Hulle lewens lyk aanvanklik perfek, maar in Suidooster is alles nie altyd soos dit voorgee om te wees nie. Dieselfde geld vir die Du Plooy's, wat om een of ander rede nie uit Ian October se houvas kan ontsnap nie. Dit gaan uiteindelik oor ons spesifieke families se vreugdes; vetes; twiste; liefdes; wraak en weerwraak; misverstande en jaloesië. Suidooster is universele mensestories wat kykers se harte sal aanraak.

hoogtepunt
23 Feb 2017

Suidooster: 27 Feb – 2 Maart 2017

Kyk Suidooster, Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. Hier is wat in die volgende episodes voorlê.

hoogtepunt
16 Feb 2017

Suidooster: 20 – 23 Februarie 2017

Kyk Suidooster, Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. Hier is wat in die volgende episodes voorlê.

video
14 Feb 2017

Suidooster: Romanse in Ruiterbosch

AB het Mymoena se voete onder haar uitgeslaan net toe sy gedink het hy het vergeet dis Valentynsdag! Boonop lyk dit of Jerome en Bianca uiteindelik meer as net vriende kan wees.

video
14 Feb 2017

Valentynsdag: Suidooster verras jou liefie

Kyk dié video om te sien of jóú liefie vandag deur ’n Suidooster-akteur verras word.

hoogtepunt
10 Feb 2017

Suidooster: 13 – 16 Februarie 2017

Kyk Suidooster, Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. Hier is waarna jy dié week kan uitsien.

nuus
7 Feb 2017

Saftas 2017: Stem vir jou gunsteling kykNET-sepie

kykNET se drie sepies is vir die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (Saftas) benoem. Stem só vir jou gunsteling!

nuus
6 Feb 2017

Tien dinge wat jy van Vashti Prins moet weet

Daar is vanaf 6 Februarie 2017 ’n nuwe gesig in Suidooster en die aktrise wat dié nuwe rol vertolk is Vashti Prins.

hoogtepunt
2 Feb 2017

Suidooster: 6 – 9 Februarie 2017

Kyk Suidooster, Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. Hier is wat in die volgende episodes voorlê.

 
1 Feb 2017

Sepiesterre lees jóú Valentynsdagboodskap aan ’n geliefde

Liefde is in die lug! Kyk hier om te sien of jóú liefie vandag deur ’n sepiester verras word.

video
31 Jan 2017

Suidooster: Drama in die maand van liefde

Dis Februarie, die maand van liefde, en die Suidooster waai sterker as ooit. Dié maand kan kykers liefde en drama verwag soos nog nooit tevore nie.

hoogtepunt
26 Jan 2017

Suidooster: 30 Jan – 2 Feb 2017

Kyk Suidooster, Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. Hier is waarna kykers dié week kan uitsien.

ID:488835