Kwêla

Woensdae om 20:30

Herhalings

Donderdae om 15:30

Vrydae om 10:00

Saterdae om 18:00

Sondae om 13:00

Maandae om 08:30

Lees meer

Kwêla het oor die jare ’n huishoudelike naam geword. Dié bekroonde joernaalprogram se eerste uitsending was op 17 November 1999, en met die uitsondering van herhalings wat in die eerste paar jaar se vakansie-seisoene uitgesaai is, het die span sedertdien elke Woensdagaand gesorg vir ’n uur vol wetenswaardighede, inspirasie en humor. Kwêla vertel mense se stories... of hulle nou bekend is of nie, solank hulle storie ander mense op ’n positiewe wyse sal aanraak. Kwêla aanbiedersikone, rolmodelle en sterre uit die vermaaklikheids-, kultuur- en sportwêreld ken hulle sit op die Kwêla-bank, en ons veld-aanbieders kuier ook ewe gemaklik by hulle in hulle eie huise. Coenie de Villiers het in Mei 2015, ná 15 jaar as Kwêla-aanbieder, besluit om dié program te groet. Hannes van Wyk is deesdae as aanbieder te sien. Oor die jare het veldaanbieders gekom en gegaan, en mense soos Shemane Harris, Maurice Carpede, Therese Benade, Lindie Stander en Eloise Cupido het saam met die produksiespan die land platgery agter stories aan. Van Musina tot Kaap Agulhas, en van Alexanderbaai tot Port St John’s en Kosibaai.. Kwêla was al daar, en gaan weer soontoe om die merkwaardige mense van ons land se stories aan kykNETters te vertel. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan kwela@kyknet.co.za of skakel 021 422 3452.

video
20 Feb 2017

Kwêla: Oh Lief

Ons gesels ook met Christene Buchanon en Louiza Rademan oor Oh Lief, hulle organiese velsorgprodukte vir baba’s.

video
20 Feb 2017

Kwêla: Westerford High

Op die bank gesels ons met die skoolhoof en twee leerlingraadslede van Westerford High in Kaapstad oor hulle onortodokse nuwe skoolreëls.

hoogtepunt
20 Feb 2017

Kwêla: 22 Februarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat in vandeesweek se episode voorlê.

video
17 Feb 2017

Kwêla: John Miles

Die bekroonde skrywer John Miles het ’n nuwe roman gepen – sy eerste in agt jaar. Ons het by hom gaan inloer.

video
17 Feb 2017

Kwêla: Corné en Albert Theron

Corné en Albert Theron se grootste vreugde het hul grootste hartseer geword toe hulle nie ’n seuntjie kon aanneem nie. Hulle vertel vir Therese meer oor hul ervaring.

nuus
15 Feb 2017

Kwêla: Dorp van die Jaar 2017

Dis weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Benoem nóú jou gunsteling-dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

video
15 Feb 2017

Kwêla: Mike Bolhuis

Hannes kuier aan huis by die berugte privaatspeurder, Mike Bolhuis.

video
13 Feb 2017

Therese oor liefde en lewenslesse

Kwêla-aanbieder Therese Benade het in ’n eksklusiewe onderhoud meer vertel van haar verlowing aan die argitek, Christian Bam.

video
9 Feb 2017

Kwêla: Nasionale Plakboekdag

Die Kwêla-span kuier by die eerste Nasionale Plakboekdag.

hoogtepunt
8 Feb 2017

Kwêla: 15 Februarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat in die volgende aflewering voorlê.

video
6 Feb 2017

Inspirerende Onnie: Germandt Geldenhuys

Binnelanders se Germandt Geldenhuys het met ons gesels oor die onnies wat hom inspireer.

ID:488871