Programme

31 Mrt 2015

Binnelanders

Binnelanders, ’n halfuur lange weeksdag-drama, handel oor die wel en weë van die mense wat hul toevlug en heil vind by die Binneland-kliniek. Alles lyk van ver af gesond, maar in die gange en sale van dié kliniek – heel dikwels ook in die raadsale – is dit ’n ander storie.

Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na ernst@starkfilms.co.za.

29 Sep 2015

Boer Soek ’n Vrou

Boer Soek ’n Vrou, wat ook internasionale sukses geniet, volg hubare boere in hul soektog na liefde.

31 Mrt 2015

Bravo!

Die Bravo!-span het hul vinger sterk op die pols van bekendes se doen en late – of dit nou op die rooi tapyt, agter die skerms of by die huis is.

25 Okt 2016

chatNOU!

Skakel regstreeks in vir die nuwe kykNET-musiekprogram chatNOU!, Maandae tot Vrydae van 16:50 tot 18:40 op kykNET NOU! – DStv-kanaal 146.

23 Jan 2017

Die Boland Moorde

Op 14 Februarie 2017 keer Die Boland Moorde terug vir ’n tweede seisoen van 8 episodes. Elke episode is soos die oorspronklike reeks ’n uur en ’n half lank, en Stian Bam en Brendon Daniels neem weer die leisels as luitenante André Fourie en Shane Williams.

6 Okt 2015

Die Boodskap

’n Erediens saam met geestelike leiers van regoor die land. Die Boodskap beloof om prakties, opbouend en uitdagend te wees en word vergesel deur geesvullende musiek. Die Boodskap word weeksoggende om 05:50 en 08:00 en Saterdae om 06:20 uitgesaai, Die Boodskap Oggenddiens word Sondae om 09:00 en Die Boodskap Sondagdiens word Sondae om 17:30 uitgesaai.

29 Jun 2015

Die GROOT Ontbyt

GROOTfm 90.5 se gewilde ontbytprogram, Die GROOT Ontbyt, word elke weeksoggend tussen 06:00 en 08:00 regstreeks op kykNET uitgesaai.

Dié samewerking is ’n eerste in sy soort. Terwyl luisteraars op pad werk toe na Die GROOT Ontbyt op hul radio’s luister, gaan diegene by die huis ook in die opwinding kan deel deur middel van hul televisiestelle. Die aanbieders gesels dus nie net met GROOTfm-luisteraars nie, maar ook met kykNET-kykers. Luisteraars en kykers kan uitsien na ’n program propvol aktualiteit, nuus, verkeer, weer en natuurlik goeie Afrikaanse musiek.

28 Nov 2016

digi-REIS

Retief van der Liefde, David Konrad en Henck Conrey kyk na die digitale spore wat bekende Suid-Afrikaanse sangers op die Wêreld Wye Web gelaat het.

31 Mrt 2015

eNuus

eNuus se eerste nuusbulletin is op 18 Julie 2010 uitgesaai. Dié datum is ook die verjaarsdag van oudpres. Nelson Mandela. Die pioniers van die projek is saamgestel uit joernaliste met wye ervaring in koerante, radio en televisie. Sedertdien het eNuus gegroei tot ’n formidabele span nuusmense – trots op wat hulle doen en beskermers van die handelsmerk en sy waardes. eNuus is nie net ’n Afrikaanse of Afrikaner-nuusbulletin nie – ons omhels die totaliteit van Suid-Afrika en sy diversiteit. In daardie opsig is eNuus meer as ’n nuusbulletin – ons is deel van ons gemeenskap en gee vir hulle om. Daarom het ons ’n span van ons eie verslaggewers en vertaal nie net Engelse nuus in Afrikaans nie. Dit maak ons inhoud uniek. Die nuuslesers is deel van die skryfspan – hulle daag nie net laatmiddag op en lees die nuus op televisie nie. Hulle is dus deel van die nuus en nie net pratende gesigte op die TV-skerm nie.

Terselfdertyd is eNuus deel van die 24 uur-nuuskanaal eNCA op DStv. Dit gee ons toegang tot ’n wye netwerk nuushulpbronne.

Sport is vir ons belangrik en ons bied omvattende dekking van die grootste sportsoorte, maar het ook ‘n sagte plekkie vir die kleineres – daar waar mense presteer sonder om groot tjeks te verdien.

Ons het ons eie weerspan – omvattende weervoorspellings deur ons eie meteoroloë.

Ons hou van stories oor mense. Gaan kyk gerus na dit wat jy al misgeloop het op eNuus by www.enca.com/encaafrikaans.

Die beste nuusdekking op televisie in Afrikaans word elke aand regstreeks om 19:00 op kykNET (kanaal 144) en kykNET & kie (kanaal 145) uitgesaai.

Volg eNuus ook op Twitter onder die naam @enuus, stuur e-pos na enuus@enca.com of bel ons by 011 759 6454.

31 Mrt 2015

Fiësta

Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook in buurlande soos Namibië. Ons besoek weekliks ’n ander fees. Só word daar nie net regoor die land gekuier nie, maar ons bring interessante plekke na die sitkamers van ons kykers. Groot feeste soos die Absa KKNK, die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees en Innibos word jaarliks besoek. Dit is egter nie waar dit stop nie.

Ons besoek ook van die kleiner feeste op plekke in die land waar mense nie aldag kom nie. Ná meer as tien jaar is daar steeds dorpe en feeste waar Fiësta nog nie gekuier het nie en stel ons jaarliks ook van dié feeste aan ons kykers bekend. Wat Fiësta verder uniek maak is die feit dat ons elke week ’n ander aanbieder het. Ons aanbieders is gewoonlik bekende sangers of akteurs wat by die feeste optree.

Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na fiesta@compute.co.za.

24 Apr 2015

Flits

’n Vars en energieke blik op die wêreld van Suid-Afrikaanse kuns, mode, vermaak en sosiale gebeure. Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie deel hul unieke opvattings oor popkultuur, aanlyn media en die kunste met kykers.

25 Jun 2015

Getroud met Rugby – Die Sepie

Die gewilde reeks Getroud met rugby is nou as ’n sepie te sien. Terwyl sleutelkarakters uit die dramareeks se storielyne voortgaan, sluit heelwat nuwe spelers – met nuwe storielyne – by die sepie aan.

ID:492363