Logo
kykNET Slim BB - Wen Page

ATKV-Mediaveertjies 2018: Benoemings

Nuus
23 April 2018
Ons sien baie uit om aan te hoor wie vanjaar ’n veertjie in die hoed gaan kry.
Die-Boekklub-3

Die ATKV-Mediaveertjies is een van die hoogtepunte op die media se kalender. Dit is ’n aand waar verskeie presteerders in Afrikaans in swierige styl vir hul bydrae tot die taal en die medialandskap vereer word.

Die kategorieë waarin daar meegeding word, is: Lees, luister en kyk. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë. Die ATKV-Mediaveertjies sal op 11 Mei in die Katy's Palace Bar plaasvind. Die drie topfinaliste in elke kategorie in alfabetiese volgorde (volgens van), is soos volg:

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: In gesprek met Nataniël – RSG
  • Johan van Lill – Middag op RSG: Feitedagboek Laurika Rauch – RSG
  • Willim Welsyn – WAT met Willim Welsyn – Podsending

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Esté Gross – Siembamba-dogtertjie 39 jaar later – RSG
  • Haidee Muller – Winston Wicomb – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Oude Libertas 40 jaar – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis & Heindrich Wyngaard – Monitor/Spektrum: Regstreekse uitsending ANC nasionale verkiesingskonferensie – RSG
  • Sarina Frauenstein – Klankkoerant: Petro SA – Pretoria FM
  • Phil Loots – Fiks vir die lewe: Om te gee – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis – Monitor: Paternoster Vissers – RSG
  • Anita Visser – Monitor: Vroue in die tronk – RSG
  • Hanri Wondergem – Monitor: Seksuele slagoffers - RSG

Beste joernaalprogram

  • Lizelle de Bruin – Sondag-joernaal: Veiligheid en versorging van kinders – RSG
  • Francois Haasbroek – Wegstories: Sout van die aarde – Wegtydskrif Podsending
  • Ilse Salzwedel – Skrywers en boeke: Die woordketting – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Flip Loots – Fiks vir die lewe: Suid-Afrika se reënboognasie – RSG
  • Melissa Tighy – Spektrum: Landwye betogings teen Zuma – RSG
  • Hanri Wondergem – Spektrum: Vryheidsdag – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Esté Gross – As die klok lui – RSG
  • Jamaine Krige – Knysna: Na die brande – RSG
  • Mariska Spoormaker – Die Baaise hondeman – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Marianne Breytenbach – Net medies: Aannemings – Pretoria FM
  • Bonné de Bod & Su-an Müller-Marais – Renoster Radar: ’n Renoster op Tinder en baie hofsake – GROOTfm 90.5
  • Henk Joubert – Vanaf die Groot Trek tot Bloedrivier – Pretoria FM

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater

  • Marion Erskine – Akwarius - RSG
  • Martin Jansen – Staal Burger – Maroela Media & Pretoria FM
  • Joe Kleinhans – Vuurvreters – Maroela Media

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater

  • Renske Jacobs – Kopskoot - RSG
  • Bettie Kemp – Akwarius – RSG
  • Christelle Webb-Joubert – Nagmaal vir twee – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Pieter Cloete – Vanaand met Pieter Cloete – GROOTfm 90.5
  • Sarina Frauenstein – Klankkoerant: Laatmiddag – Pretoria FM
  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5

LEES

Beste in-diepte artikel

  • Elsabé Brits – Gebroke hartsindroom: Wat dit behels – By: Die Burger & Netwerk24
  • Leti Kleyn – Die Tankwa-Karoo kan ’n kind heel opvréét – Die Burger
  • Marguerite van Wyk – Plaasmoorde: Die kollektiewe skok, trauma en vrees – DeKat

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Jacques Myburgh – Woordsmid met ’n ruim hart - Huisgenoot
  • Marelize Potgieter – Help, dié werk maak my ál banger en net armer – Huisgenoot
  • Jana Smit & Jana van der Merwe – Bang tot die dood toe – Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Murray La Vita – Kieran se dood: ‘Wanneer pyn jou oopbreek en laat verskiet’ – By: Die Burger & Netwerk24
  • Elmari Rautenbach – Nuanse in ’n noodtoestand – Rapport Weekliks
  • Gerard Scholtz – In die nabyheid van bome – DeKat

Beste kunste-resensie

  • Herman Jansen – Monde loop oor van die Camino – Rapport Weekliks
  • Danie Marais – Musikale middel wat bedwelm – Die Burger & Netwerk24
  • Elmari Rautenbach – J.M. Coetzee as jeugdige fotograaf – Die Burger

Beste leefstylstorie

  • Herman Lategan – Die einde van ’n era: Toe Stuttafords een groot baldans was – By: Die Burger & Netwerk24
  • Murray La Vita – Viriel en peperduur: Ontmoet Karoo se goue ram – By: Die Burger & Netwerk24
  • Danie Marais – ’n Plek so ver en woes geleë – Weg Platteland

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Harry Kalmer – ’n Fliek vir Oom Bram – Taalgenoot
  • Lynné Schoeman – Je suis Hannah – Vrouekeur
  • Marita van der Vyver – Julle wat teister: Dis tyd om te luister – Rapport Weekliks

Beste sportartikel

  • Jacques Myburgh – Van pynbene tot wenbene – Huisgenoot
  • Suzette Truter – Kind van die wind – By: Die Burger
  • Sophia van Taak – Een aand in ’n bar op die Bok – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • DistriksPos/District Mail – Redakteur: Tasmin Cupido
  • Eikestadnuus – Redakteur: Danie Keet
  • Noordkaap – Redakteur: Christiaan Cloete

KYK

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Henriëtta Gryffenberg – Erfsondes - SABC 2
  • Louis Pretorius – Die Boekklub – kykNET
  • Skryfspan: Verteenwoordiger David Isaacs – Sara se geheim – kykNET

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Jaco Bouwer – Waterfront – kykNET
  • Janhendrik Burger – De Deur – kykNET
  • Louis Pretorius – Die Boekklub – kykNET

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Herman Binge – Waterfront – kykNET
  • Bobby Heaney – Erfsondes – SABC 2
  • Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub – kykNET

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Kaz McFadden – Erfsondes – SABC 2
  • Carel Nel – HUM – kykNET
  • De Klerk Oelofse – Die Boekklub – kykNET

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Nicola Hanekom – De Deur - kykNET
  • Antoinette Louw – Swartwater – SABC 2
  • Erica Wessels – Vlees van my vlees – kykNET

AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Therese Bam – Kwêla: Jorvan Outreach & Ouma Joan – kykNET
  • Johnny Davids – Kwêla: Kurt Minnaar & Hillary Geslin – kykNET
  • Simon Witbooi (Hemelbesem) – Pasella: Mimi Coertse – SABC 2

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Bertus Louw – 50/50: Finland bere – SABC 2
  • Sanet Olivier – Kwêla: Inspirerende onnie – kykNET
  • Hannes van Wyk – Kwêla: Gary Player – kykNET

Beste joernaalprogram

  • Riaan Badenhorst – Kook & Geniet – kykNET
  • Berdene & Janhendrik Burger – Edik van Nantes – kykNET
  • Paul Venter – Kwêla – kyNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Lynette Francis – Fokus – SABC 2
  • Kabous Meiring – Prontuit – kykNET
  • Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Karin d'Orville – Fokus: Onder skoot – SABC 2
  • Ulrich Hendricks – Fokus: Mynsluiting in Namakwaland – SABC 2
  • Byron Taylor – Fokus: Die groot gryp – SABC 2

Beste nuusinsetsel

  • Jacques Broodryk – KN Verslag: Zimbabwegrens – kykNET
  • Lourensa Eckard – KN Verslag: Bestaansboere – kykNET
  • Daniëlla van Heerden – eNuus: Oumas wat boks – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Karin d'Orville – Fokus: Vergeet en nie vergoed – SABC 2
  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Megaboere: Graham Rae – kykNET
  • Kabous Meiring & Pieter Steyn – Prontuit: Genadedood – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Christiaan Barnard: Deurbraak – kykNET
  • Carien Loubser – Jan – Via
  • Pieter Steyn – Prontuit: Radiodramas & vervolgverhale – kykNET

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Amira – kykNET
  • Sanet Olivier – Kokkedoortjie – kykNET
  • Hennie van Greunen – Klavierkuiers met Pedro – Via

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams – Jou Show – kykNET
  • Nadine – Musiek Roulette – SABC 2
  • Rian van Heerden – Op die Spel – kykNET