Logo
kykNET_Skryf_in_Slim_BB_2023_1600x160

Skryf in by die Kompetisie

As jy 'n geskil het om te besleg onder die waarde van R20 000 het, het jy nou 'n ander deur om aan te klop!  kykNET & Kie se splinternuwe arbitrasie realiteitsreeks, Die Hof.

Die Hof 1600x533

Die Hof

Het jou bure se hond jou gebyt, en hulle wil nie vir die doktersrekening betaal nie?

Is jou muur beskadig toe die bure hulle boom afgekap het en nou wil hulle nie help regmaak nie?

Sê jou oom nou dit was nie ‘n lening nie – julle het saam ‘n kans gewaag op daai resies?

Dit kan tot groot frustrasie lei wanneer iemand jou geld skuld, maar weier om dit te betaal.  Prokureurs is nie goedkoop nie en om iemand hof toe te neem kan veel duurder wees as die aanvanklike waarde van die bedrag wat jou toekom.  Dis presies die rede waarom Suid-Afrika 'n Hof vir Klein Eise het.

As jy 'n geskil het om te besleg onder die waarde van R20 000 het, het jy nou 'n ander deur om aan te klop!  kykNET & Kie se splinternuwe arbitrasie realiteitsreeks, Die Hof.

Al die sake en betrokke mense is eg, al is die hofsaal 'n televisiestel en al word die program in 'n ateljee opgeneem.  Wat hierdie program van ander hofdrama's onderskei, is dat die uitprake en besluite wat Die Hof se Arbiter maak, een honderd persent regsbindend is.

Die Hof is onafhanklik van die Hof vir Klein Eise, maar aanvaar dieselfde tipe sake en funksioneer volgens dieselfde beginsels.  Daar is geen prokureurs nie.  Die betrokke partye lê hul eie bewyse en argumente voor en kan ook hul eie getuies inroep.  Die Arbiter sal dan die gegewe bewyse opweeg en so 'n regsbindende besluit neem.

Advokaat Suzie Gordon is Die Hof se Arbiter. Sy is nie net 'n voormalige polisiespeurder nie, sy is ook 'n gekwalifiseerde forensiese ondersoeker, en sy verdedig al jare lank die buiteperd in arbeidsake.  Suzie word geken aan haar sinvolle en meedoënlose aanslag en nou bring sy haar passie vir reg en geregtigheid, asook 'n ywerige oog vir die waarheid, na ons televisiehof as arbiter.

Die Hof, waar klein eise groot drama veroorsaak.  Eksklusief aan kykNET & Kie, vanaf Woensdag 6 Oktober 2021 om 20:00.