Logo

Silwerskermfees 2019: Bepalings en voorwaardes (bestaande werke)

Jou deelname aan die uitnodiging om in te skryf, geld as ’n bindende aanvaarding van die reëls en regulasies soos hieronder vervat: 

  1. Inskrywings moet kykNET óp of vóór 2 Mei 2019 bereik. 
     
  2. Inskrywings wat nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal nie aanvaar word nie. 
     
  3. Voltooi asseblief net die aanlynaansoekvorm indien jy na behore gemagtig is om die voorstel in te dien en die mees geskikte persoon vir die organiseerders is om mee kontak te maak in verband met die voorlegging.
     
  4. Alle kommunikasie moet duidelik gemerk word met die titel van die film as verwysing.
     
  5. Met bevestiging dat jou inskrywing gekies is as een van die films wat tydens die fees vertoon kan/gaan word, sal daar van jou verwag word om M-Net se standaard- lisensiëringskontrak vir sodanige films te onderteken. Om enige twyfel uit die weg te ruim, stem jy daartoe in dat M-Net geen kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg in die films wat reeds vervaardig is, sal verkry nie, maar sal wel sekere gebruiksregte daarvan teen geen betaling ontvang.  
     
  6. Geen inskrywing en materiaal wat aangestuur word vir M-Net se onkoste sal aanvaar word nie. 
     
  7. M-Net sal uitsluitlik ’n keurkomitee aanstel om die ingediende inskrywings te beoordeel en om volgens die komitee se uitsluitlike diskresie, die beste filmvoorleggings vir die Silwerskermfees wat onder leiding van M-Net plaasvind, te kies. Die keurkomitee sal deur M-Net aangestel word en die besluit wat deur die komitee gemaak word met betrekking tot die gekose inskrywings sal finaal wees. Geen verdere korrespondensie sal in dié verband gevoer word nie. Die besluit oor die maksimum hoeveelheid van die beste films berus uitsluitlik by M-Net. 
     
  8. Die geslaagde inskrywing van die film sal op 1 July 2019 op www.kyknet.tv aangekondig word en die verskeie persone sal via e-pos verwittig word. 
     
  9. Die vertoning sal geskeduleer word volgens die diskresie van M-Net tydens die Silwerskermfees in Augustus 2019.
     
  10. Aansoekers moet burgers van die Republiek van Suid-Afrika wees ten tye van die indiening van die films.
     
  11. Aansoekers jonger as 18 jaar moet skriftelike toestemming van hul ouers of voogde kry voordat hulle kan inskryf.
     
  12. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jou aansoek op die uitnodiging aan deelname ons voor die sluitingsdatum bereik. Enige aansoeke wat ons na die sluitingsdatum bereik, sal nie in aanmerking geneem word nie, ongeag die rede vir die laat aansoek. 
     
  13. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige voorstelle/aansoeke wat nie deur M-Net ontvang is nie, hetsy betyds of nie en ongeag die rede daarvoor. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese foutwerking van enige telefoonnetwerke of -lyne, rekenaaraanlynstelsels, rekenaarbedieners of -verskaffers, rekenaarhardeware- of sagtewareprobleme, verkeerskongestie (hetsy fisiek of op die internet, telefoonlyne, of enige ander diensverskaffer, webwerf of enige ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie. 
     
  14. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of enige ander toestel wat deur jou gebruik word om in te skryf of om enige materiaal te bekom wat verband hou met jou aansoek nie.
     
  15. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat enige inligting wat jy aan ons voorsien korrek, volledig en op datum is. 
     
  16. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige foute en/of weglatings in enige inligting ingedien in reaksie op die uitnodiging tot deelname nie. 
     
  17. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir, en verwerp alle aanspreeklikheid vir enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy regstreeks, onregstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat jy, of jou vennoot (waar van toepassing) mag ly uit jou aansoek in reaksie op die uitnodiging tot deelname, of weens enige optrede deur ons of ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met die reëls en die regulasies. 
     
  18. M-Net en sy derde party-verskaffers, soos die geval mag wees, behou hom die reg voor om dié uitnodiging tot deelname/of enige aspek daarvan aan te pas, uit te stel, te staak of te kanselleer vir welke rede M-Net dit ook al nodig mag ag. Ingevolge sodanige aanpassing, uitstelling, staking of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê ten opsigte van die uitnodiging tot deelname en jy erken dat jy geen regres het teen ons, ons geaffilieerde maatskappye en derde party-verskaffers nie. 
     
  19. As jy, of jou vennoot (indien van toepassing), in gebreke bly om aan enige van die reëls of regulasies te voldoen, behoudens enige ander regsmiddel wat ons mag hê, sal:
     
    1. jy outomaties gediskwalifiseer word;
       
    2. jy ons betaal vir enige verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks deur ons gely word weens jou (of, indien van toepassing, jou vennoot) se verontagsaming van die ooreenkoms, insluitend al ons regskostes (insluitend prokureurs- en eie-kliëntkoste) wat ons ons op die hals mag haal in enige stappe wat geneem moet word weens jou (of jou vennoot) se verontagsaming;

      en
    3. jy vrywaar ons en ons geaffilieerde maatskappye van aanspreeklikheid van enige eise van enige mens (hetsy regstreeks, onregstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy voortspruitend uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat verband hou met enige sterfte, besering, verlies en/of skade wat op welke mate ook al gely mag word voortspruitend uit jou versuiming (of dié van jou vennoot, indien van toepassing) om hieraan te voldoen.
       
  20. Vir die doeleindes hiervan beteken “geaffilieerde maatskappye” M-Net se vennote, medepromotors en borge van dié kompetisie.
     
  21. Dié reëls en regulasies sal vertolk, geïnterpreteer en afgedwing word kragtens die wette van kontrak- en dispuutresolusie in die Republiek van Suid-Afrika.

Nog