Logo

Vuil Wasgoed in vollengte rolprent omskep

Nuus
13 Maart 2017
Vuil Wasgoed, wat in 2014 as beste kortfilm by kykNET se Silwerskermfees aangewys is, is een van die dae ’n vollengte rolprent!
Vuil Wasgoed Feature

Vuil Wasgoed, wat in 2014 as beste kortfilm by kykNET se Silwerskermfees aangewys is, is een van die dae ’n vollengte rolprent!

Vuil Wasgoed is geskryf deur Bennie Fourie en word vervaardig deur Danie Bester, Bennie Fourie en Bouwer Bosch.

Fourie en Bosch vertolk ook die hoofrolle, en Nico Panagio, Tim Theron, Leandie Du Randt-Bosch, Simone Nortmann en Stiaan Smith is onder andere in die rolverdeling. Regie word behartig deur Morne du Toit, met Eduan Kitching as kinematograaf.

Vuil Wasgoed is ’n aksie-komedie wat fokus op Wim (Bosch) en Kevin (Fourie).

Wim en Kevin het groot drome en terwyl hulle wag vir dit om te realiseer, werk hulle tydelik in ’n klerewassery. Die probleem is dat “tydelik” sewe jaar geword het en die hoogtepunt van hulle bestaan is steeds om hul kliënte se klere te leen om saans na partytjies te gaan.

Dié sisteem werk goed tot ’n onderduimse juweelhandelaar verraai word, sy vinger afgesny word en dit in ’n baadjie se sak by die wassery opeindig. Wim en Kevin word teen hulle wil in ’n gevaarlike onderwêreld ingesleep. Kort op hulle hakke is twee broers met ’n rash, ’n blinde handlanger, twee top-polisiebeamptes en ’n ongenaakbare verraaier. En iewers staan ’n skeepsvraghouer met ’n kosbare vrag en wag vir die hele spul om op hom toe te sak.

Vuil Wasgoed sal in Desember 2017 in teaters uitgereik word.