Logo

Kwêla Funnies en Feite & Geite 2019: Bepalings en Voorwaardes van lekkeslaap.co.za-pryse vir SMS-wenner

PRYS 1

  • 3x Nagte akkommodasie vir 2 persone wat deel plus 2 kinders onder die ouderdom van 12 jaar by Mabula Game Lodge (Bela-Bela, Limpopo)

Dit sluit in:

  • Akkommodasie in suite, 3 daaglikse etes en 2 daaglikse safaris.
  • Vlugte na OR Tambo
  • Pendeldiens na lodge

 

PRYS 2

  • 3x Nagte akkommodasie vir 2 persone wat deel by die Cape Milner (Tamboerskloof, Kaapstad)

Dit sluit in:

  • Akkommodasie in suite, 3 daaglikse etes.
  • Vlugte na Kaapstad Internasionaal
  • Pendeldiens na hotel

Die volgende bepalings  en voorwaardes geld:

  • onderhewig aan beskikbaarheid ten tye van die bespreking;
  • besprekings tydens skoolvakansies en/of spitstye word nie toegelaat nie;
  • pryse kan nie vir kontant geruil word nie;
  • indien die bepaalde wenner nie die prys binne die bepalings en voorwaardes van hierdie kompetisie kan benut nie, sal die volgende wenner aangewys word;
  • die prys is nie oordraagbaar nie;
  • die prys is geldig vanaf 1 Januarie 2020 tot 30 Junie 2020;
  • Mabula Lodge, Cape Milner, kykNET en Homebrew Films kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of beserings wat tydens gebruik van hierdie prys opgedoen word nie;
  • deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in dat alle borge jou kontakbesonderhede mag ontvang;
  • Die fooie sluit drankies, persoonlike gebruiksitems en bewaringsfooi (by Mabula Lodge) uit.

Vir enige navrae rakende pryse, kontak Denise Neethling van lekkeslaap.co.za by [email protected] of [email protected].