Logo

Kwêla Funnies en Feite & Geite 2018: Bepalings en voorwaardes van pryse

Die eerste prys vir Funnies en Feite & Geite:

  • 2 x ekonomie retoerkaartjies vanaf Johannesburg na Mauritius via Air Mauritius, lughawebelasting ingesluit;
  • vervoer vanaf die lughawe na die hotel met Island Light Holidays (ILH);
  • 5 nagte se verblyf by LUX* Grand Gaube, Mauritius, in ‘n “Superior Room” vir 2 volwassenes wat deel;
  • ontbyt en aandete ingesluit.

Die volgende bepalings en voorwaardes geld:

  1. Onderhewig aan beskikbaarheid ten tye van die bespreking;
  2. Besprekings tydens skoolvakansies en/of spitstye word nie toegelaat nie;
  3. LUX* behou die reg om verblyf na ‘n ander oord te Mauritius te skuif, indien daar geen beskikbaarheid is ten tye van bepspreking nie;
  4. Besprekings mag eers 30 dae voor vertrek deur LUX* oorde en hotelle goedgekeur word, en 15 dae voor vertrek deur Air Mauritius;
  5. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie;
  6. Wenners se paspoorte moet geldig wees;
  7. Geen VISA word benodig vir SA paspoort houers nie;
  8. Indien die bepaalde wenner nie die prys binne die bepalings en voorwaardes van hierdie kompetisie kan benut nie, sal die volgende wenner aangewys word;
  9. Die prys is nie oordraagbaar nie;
  10. Die prys is geldig vanaf 16 Januarie 2019 tot 16 Julie 2019;
  11. Enige vervoer na die lughawe in Johannesburg is uitgesluit;
  12. Reisversekering is uitgesluit. Air Mauritius, LUX* oorde en hotelle, asook kykNET en Homebrew Films kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of beserings wat tydens gebruik van hierdie prys opgedoen word nie;
  13. Die prys sluit nie middagete, drankies of persoonlike items in nie;
  14. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in dat alle borge jou kontakbesonderhede mag ontvang;
  15. Na die sluitingsdatum, mag jy jouself verwyder van enige borge se korrsepondensielyste.

Vir enige navrae, kontak Louise Churches van Glass Slipper Communications by [email protected]