Woema

Bladsy 1 van 1 |


Woema

Woema


Reeks is verby.


Woema vier is hier! Die Woema-span gaan jou vir die volgende dertien weke vermaak met 'n goeie mengsel van motorfiets leefstyltemas.

6 Januarie
Die eerste episode van die nuwe reeks skop af met 'n resies, maar dit is nie sommer enige resies nie, dis ‘n resies tussen 'n motorfiets, 'n kar en 'n trein. Wie sal seevier in die druk verkeer tussen Pretoria en die lughawe? Theunis op 'n motorfiets, Lindie in die Gautrein of Anria in haar splinternuwe motor?

13 Januarie
In die tweede episode van die nuwe reeks van Woema besoek die span 'n baie spesiale versameling motorfietse maar meer nog, hul ry met 'n baie spesiale ysterperd daarnatoe. Die groot blink ysterperde kan baie weeg en is nie die maklikste goed om regop te hou nie maar die span leer hoe om hulle te ry. Dwarsoor Amerika met 'n Harley is enige biker se droom, 'n paar Suid Afrikaners het die droomtog aangepak.

20 Januarie
Namibië se paaie het al lank na die “Woema”-span geroep en uiteindelik het hulle die geleentheid gekry om die mooi land met sy uitgestrekte skoonheid te ontdek.  In vanaand se aflewering toer hulle deur Namibië maar vind gou uit dat grondpad ry nie in elkeen se broek sit nie.  Lindie leer ook op die harde manier dat dit belangrik is om reg te pak vir so ‘n ekspedisie.

27 Januarie
Ons hervat die groot ysterperd-toer deur Namibië:  Saam met die manne en dame met moed, besoek ons die spookdorp Kolmanskop, vul op in Luderitz, en durf die uitputtende 500 kilometer tog aan tot by Solitaire in die noorde. Dan nog twee dae se grondpad ry deur Reboth na Stampriet en terug na die Visrivier Skeervalei voor ons enjins kan afskakel. Kom ry saam, kuier saam en vind uit wat jy nodig het om so ‘n massiewe tog aan te pak.

3 Februarie
Hierdie week gaan ons pienk. Die episode is oor die skoner geslag vir die skoner geslag deur die skoner geslag en Theunis moet mooi broodjies bak om deel te wees van al die aksie. Ons kyk na vroue motorfiets ryers en die uitdagings wat hulle in die gesig staar in die manlik gedomineerde sport en gesels met ‘n paar dames wat gemaklik is op cruisers, veldfietse en toerfietse.

10 Februarie
Dit is die beurt van die superfietse die vinnige masjiene wat om en om 'n baan jaag met die spoed van wit lig. Wat behels die sport? Hoe lyk so 'n resies masjien? Hoe kan die baan jou help om 'n beter ryer op die pad te wees? Natuurlik is Oom Keith daar om vir die span die nuutste gear te wys wat jy sal nodig vir die superfietse en Anria is daar om raad te gee oor die versekering van die vinnige ysters.

17 Februarie
Dit is die beurt van die bromponie. Moenie dink omdat dit soos 'n skoolmeisie se scooter lyk dat hulle nie vinnig is of cool lyk nie. Bromponies is ook nie net meer 'n scooter nie, die beskeie rygoed is al hoe meer besig om die mark te domineer omdat 'n goedkoper manier van vervoer nou meer en meer belangrik word. Wat dra jy as jy op 'n bromponie ry? Hoe ry jy 'n bromponie en natuurlik wie ry bromponies?

24 Februarie
Dit is die beurt van die vrotpad veldfietse. Ons leer van die rasende springende stofdonkies wat oor klippe, deur sand en enige ander plek ry waar 'n bobbejaan dit gewoonlik nie sou waag nie.
Lindie en Anria leer verder hoe om motorfiets te ry. Theunis word aangeval met 'n baksteen en dan 'n "baseball bat" en Lindie kry 'n groot handvol modder.

2 Maart

Ons ry baie spesiale fietse en kyk na spesiale toerusting. Ons woon ook 'n interessante skou by.  Anria geen vir ons 'n spesiale aanbod en dan gee Woema ook 'n R300 000 se fiets weg aan 'n baie spesiale wenner.

9 Maart

In die episode van Woema is dit die kleinspan se beurt. Wat moet pa en ma in ag neem voor jou kind op 'n tweewiel klim? Veiligheidsklere is vir kinders net so belangrik as vir groot mense en Oom Keith vertel ons meer daaroor. Een van Suid Afrika se nasionale veldfiets kampioene leer ‘n paar kinders ry en ons wys ma en pa hoe om te spaar vir daardie motorfiets.

16 Maart

Daar is aanhangsels en ekstras wat elke motorfietsryer moet hê en dan is daar die ekstra ekstras wat motorfiets nie noodwendig nodig het nie, maar net eenvoudig moet hê. Daar is gadgets wat meer vertel van wie jy is, en gadgets wat meer kos as jou bike. Dan is daar daar nog opgraderings vir jou bike en vir jou as biker. Gadgets vir bikers is soos skoene vir 'n vrou, altyd plek vir nog.

23 Maart

Die span toer van een motorfietswinkel na die volgende om te sien wat is beskikbaar in die mark en teen watse prys. Al die fakbrikate en invoerders word gedek. Daar is scooters, veldfietse, toerfietse, rondrits fietse en al die ander wat jy nog nie gesien het nie.

Anria raak ernstig met Theunis en ons het 'n spesiale gas.

30 Maart

Die laaste episode van die reeks sluit met 'n hoogtepunt af wanneer ons 'n regte 'dice' het tussen 'n motorfiet en 'n motor. Ons gaan probeer om die vraag van wat die beste is twee wiele of vier beantwoord. Natuurlik is daar heelwat van die hoogtepunte van die reeks en 'n paar snaakse oomblikke.



  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds