Tussen Die Lyne
Bladsy 1 van 1 |
Tussen die lyne
Tussen die lyneReeks is verby.
In die eerste seisoen van Tussen Die Lyne het 36 jong rugbyspelers ‘n lewensveranderende ervaring ondergaan deur rugby. Na tawwe oefenskedules en harde sessies tussen die lyne, is hulle uitgedun na 22. Die gelukkige 22 manne van die Lashers het na Nieu-Seeland gereis en teen die Murray Mexted Akademie span meegeding. Nou is Tussen die Lyne terug vir ‘n tweede seisoen met ‘n nuwe groep talentvolles.
6 Januarie
In die eerste episode verduidelik die afrigters, Ian MacDonald en Louis Koen wat hulle van die ouens sal verwag, en hoekom hulle steeds doen wat hulle doen. Die nuwe manne, van regoor Suid-Afrika, word bekendgestel. Hulle sal mekaar se name moet leer, vaardigheidstoetse ondergaan en touch rugby speel om die kompetisie op te som.
13 Januarie
Daar word voortgegaan met die vaardigheidstoetse en die afrigters leer die manne beter ken. Vriendskappe is besig om te vorm, die eerse stel witkaarte vir veiligheid van die uitskopsessies word oorhandig, en ‘n nuwe lat spog met sy fiksheidstoetse in die gymnasium, tot die verbasing en minagting van sekere spelers. Die kaf word ook van die koring geskei deur die afrigters wat die manne deur ‘n baie fisieke aktiwiteit sit. Daar is trane, spanwerk en frustratsie – als in die naam van rugby.
20 Januarie
Die manne kry ‘n afrigtingsessie van die rugbylegende Dick Muir en die proefspanne maak gereed vir hulle eerste wedstryd. ‘n Nuwe speler, wie se pa ‘n baie bekende rugbyspeler is, arriveer ook by Konka, en kapteine word gekies wat sekere spelers baie ongelukkig maak.
27 Januarie
Die manne speel hulle harte uit in die eerste proewe. Daar is beserings en die afrigters koukus oor wie hulself bewys het. Teleurstelling, skok en afkeuring is die hoofbestandele van die eerste uitskopsessie. Die oorblywende spelers neem in kamerverband deel aan ‘n uitdaging wat hulle ‘n ‘n pretbelaaide uitstappie kan laat wen.
3 Februarie
Afrigters Louis en Mac kyk terug na die proewe en spreek hul bekommernis uit oor die gebrek aan kameraderie en spanwerk onder die manne. Die afrigters sit die ouens deur ‘n uitmergelende oefensessie, en die spelers word tot die uiterste getoets deur rugbylegendes Joe Beukes, Johan Ackerman en Braam van Straaten. Bekommered oor wat Wesley se besering vir die skrumskakel posisie beteken laat Louis ‘n uitgeskopte speler terugroep.
10 Februarie
Die afrigters maak die tweede proewe se spanne, asook die witkaart wenners bekend. Mac en Louis gee ook die spelers kans om ‘n derde persoon wat hulle dink ‘n kans verdien, ‘n witkaart te gee. Tot Wesley se verbasing stap Charlie terug op die veld om hom die stryd vir die skrumskakel posisie aan te sê. Skrumspesialis Pieter de Villiers neem die voorspelers onder hande en die tweede proefwedstryd begin.
17 Februarie
Die tweede proewe volg waar die seuns desperaat probeer om hulself aan die afrigters te bewys. José ontvang slegte nuus oor sy kakebeen besering, die witkaarte kry base, en vyf van die spelers word huistoe gestuur. Die eliminasie veroorsaak ‘n opskudding onder die seuns, en net wanneer hulle dink dat die tyd vir ontspan aangebreek het, voer die afrigters iets anders vir hulle in die mou. Die voorbereiding vir die bepalende wedstryd teen die Valke word voortgesit.
24 Februarie
Wesley kry weer vir die eerste keer sedert sy besering die kans om te oefen, wetend dat dit moontlik ook sy laaste kans kan wees. Die seuns kry ‘n afrigtingsessie met ex-Springbok Werner Swanepoel en die afrigters skep spangees deur ‘n kompetisie met ‘n kontant prys vir Engeland. Die spelers maak gereed vir die beslissende wedstryd teen die Valke wat voorlê. Die “Begin 15” word aangekondig en ‘n paar spanmaats is baie ongelukkig oor die keuses. Skeidsregter Mark Lawrence en Springbok sportsielkundige Henning Gericke gee die Lashers ‘n ander perspektief oor die spel.
2 Maart
Die Lashers berei voor om Konka te verlaat vir hul wedstryd teen die Valke in Kempton Park. Hulle wys hul ware kleure teen die Valke in die beslissende wedstryd. Die “Begin 15” is dalk net die regte keuse vir die afrigters in die eerste 15 minute van die wedstryd. Kan die Lashers die Valke oorwin? Naas Botha gee ‘n inspirerende toespraak, en die manne moet hulself voorberei vir die onvermydelike eliminasie.
9 Maart
Die tyd het aangebreek vir die finale uitskopsessie en Naas Botha gee sy laaste woorde van aanmoediging aan die spelers. Die toerspan word aangekondig en opwinding, geluk en natuurlik trane is in oorvloed. Die toerspan ontmoet by die lughawe en maak gereed vir hul reis na Engeland. Sommige van die spanlede verlaat Suid-Afrika vir die eerste keer in hul lewens. Die span arriveer by Bisham Abbey in Engeland en word gou weer herinner dat hierdie nie ‘n betaalde vakansie is nie. Tussen deur al die harde werk kry hulle darem die kans om Engeland te verken, en terselfdertyd hulle koppe reg te kry. Die afrigters en kaptein probeer om die span weer in vorm te kry vir die eerste wedstryd.
16 Maart
Die Lashers vat die manne van die London Irish-span aan op die veld vir hulle eerste internasionale wedstryd. Sal hulle aan die afrigters kan bewys dat hulle wel gefokus is, of gaan Mac en Louis hulle besluite in twyfel trek? Na die wedstryd mors die afrigters geen tyd om die ouens voor te berei vir hule laaste wedstryd en roep die hulp van Springbok legende John Smit en Brad Barritt van Saracens in.
23 Maart
Die manne maak gereed vir hul laaste internasionale wedstryd teen die span van Oxford Brookes Universiteit. Coach Mac se aandag is verdeel tussen die span en gebeure tuis en Coach Louis reël iets spesiaal vir die manne. Voor die laaste wedstryd gee Coach Mac ‘n inspirerende toespraak. Die tyd het aangebreek – gaan die Lashers met ‘n oorwinning wegstap teen die tawwe opposisie, of gaan hulle onder die druk vou?
30 Maart
Die Lashers se toer na Engeland was 'n reuse sukses en bewys aan die Engelse dat toekomstige Suid-Afrikaanse rugbyspelers net so taai en talentvol soos hul voorgangers is. In die finale episode van Tussen Die Lyne sal een voorspeler en een agterspeler die gesogte title van speler van die reeks huis toe neem. Die span besin oor die reeks, en praat eerlik oor omstrede besluite wat geneem is, persoonlike druk en kaskenades agter die skerms.
Kyk na foto's van die laaste episode.
DKNT Top 10: 17 Maart 2012
1. Riana Nel – Die moeite werd2. Ricus Nel – Sak en pak
3. Karlien van Jaarsveld – Jakkals trou met wolf se vrou
4. Lianie May – Lank lewe die liefde
5. Jack Parow – Eksie ou
6. Robbie Wessels - Kaalvoet
7. Armand Hofmeyr - Rug teen rug
8. Steve Hofmeyr – Haloda
9. Richard & Gerhard – Tydloos
10. Hulle - Hulle
Val die week uit:
1. Manie Jackson – Liefde en genade
2. Gerrie Pretorius – Gister en vandag





