Skerp
Bladsy 1 van 1 |
Skerp!
SkerpReeks is verby.
Kom oefen julle lagspiere met Skerp, Suid Afrikaanse se skets en 'stand-up' geselsprogram! Elke week verwelkom ons aanbieder, Johan Hendriksz, 'n paar gaste in die ateljee, wat kykers sal laat lê van die lag.
6 Januarie
Ons aanbieder, Johan Hendriksz, maak kennis met komediante jonk en… en wel jonger en dan begin die gelag. Hierdie week se gaste is Melt Sieberhagen, die nimlike Tobie Cronje en die aweregse Mark Banks.
13 Januarie
Kom lag daardie hartnekkige vakansie vetrolletjies af op Skerp. Johan kyk na en gesels met die week se gaste - Shimmy Isaacs al die pad van die Kaap, Karen Wessels van Casper Rasper faam en Lucky du Plessis, die Afrikaner met ‘n verskil.
20 Janaurie
Daar wag vlymskerp komedie op jou in hierdie aflewering van Skerp. Johan Hendriksz gesels met Melt Sieberhagen, ‘n boerseun van die Vrystaat… Die nimlike Lizz Meiring… en die energieke Hannes Brummer.
27 Januarie
Brandewyn het nie brieke nie en so ook nie die komediante, Dugald Pieterse, Neels Clasen, Tiaan Rautenbach en Kosie Smit wat hierdie week op die unieke Suid Afrikaanse skets en “stand-up” geselsprogram verskyn nie. Elkeen doen sy roetine en gesels hulle harte uit met Johan.
3 Februarie
As julle dink julle dorp se landbou skou is die heel grootste in die land! Dan moet julle die week inskakel by Skerp met skreeusnaakse gaste Melt Sieberhagen- gebore en getoë Vrystater, Martelize Kolwer - al die pad van Kaapstad en die legendariese Barry Hilton. Waar ons ons beste Suid Afrikaanse komedie produkte tentoon stel!
10 Februarie
As jy gedink het jy is die hiekkel koningin van Suid Afrika. Gaan jy so baat vind die week by Johan Hendriksz se gaste Pierre Breytenbach, Dave Levinsohn en Nicky van Niekerk. Hulle wys ons hoe om die beste Suid A frikaans komedie aanmekkaar te hiekkel!
17 Februarie
Is jou souskluitjies taai, droog en nie soos jou ma se kluitjies is nie? Johan Hendriksz gaan stadig en deeglik deur die bestandele Deep Fried Man, Shimmy Isaacs en Louw Venter. ‘n Resep wat jou gaan laat lag.
24 Februarie
Wou jy nog altyd deel gewees het van ‘n hygroeman? Dan moet julle inskakel en kyk na Johan se gaste die week hier op Skerp. Warren Robertson ‘n engelsman met ‘n verskil, Tiaan Rautenbach ‘n boerseun en ‘n Italianer Vittorio Leonardi. Julle gaan hyg van die lag!
2 Maart
Voel jy tam en afgerem? Johan ondersoek die teenmiddel vir hierdie toestande en gesels met kenners om dit teen te werk. Nicky van Niekerk, Neels Clasen en Malcholm Ferreira is die week Skerp se gaste en hulle gee raad. Soos hulle sê – ‘n lag ‘n dag laat die dokter..... wel ook lag!
9 Maart
‘n Boer Soek ‘n vrou....... en ons dink ons het haar gekry want sy sit en kyk na die week se episode van Skerp. Johan stel voor en gesels met Piet Potgieter, Die Flying Dutchmen en Pierre Breytenbach.
16 Maart
Ons weet dit kan baie droog raak in die Karoo, maar nie so droog soos die komediante met wie Johan hierdie week op Skerp gesels nie. Dugald Pieterse, Anine Yssel en Alyn Adams deel die verhoog in hierdie skreeusnaakse episode.
23 Maart
Johan verloor beheer as hy met Hannes Brummer, Wikus du Toit en Mark Banks gesels. ‘n Episode stampvol komedie!
30 Maart
Ons het gekom aan die einde van die eerste reeks van Skerp en tyd om te kyk hoe Skerp ons regtig was! Johan kyk terug na van die snaakste momente van die die reeks en ons wys ook die snaakse dinge wat agter die skerms gebeur het.














