In Bloemfontein is daar ‘n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel… En soms kom die gastehuis tot lewe en snaakse, onverklaarbare dinge gebeur. Kom wees ‘n vlieg teen die muur vir ‘n halfuur lank en kom vind uit wat gebeur in die wel en weë van Villa Rosa en sy bewoners.

Maandae tot Donderdae @ 18:00 en 22:30; Weeksoggende @ 09:00; Omnibus Saterdagoggende 09:00 - 10:30


Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan info@villarosa.tv.

Nuus

Fritz en Sam haak af

Uiteindelik het die groot dag aangebreek - Prof. Fritz en Sam trou! Alhoewel daar heelwat drama was, het Sam uiteindelik langs Fritz voor die kansel gestaan en hul ewige liefde aan mekaar verklaar. Kyk na foto's van die groot dag.

Lees Meer

As die lewe jou slaan, slaan terug!

Roderick Jafta, beter bekend aan Villa Rosa-kykers as Dr Anthony Jackson vertel van sy kleurryke agtergrond en van die verrassing wat op kykers wag.

Lees Meer

Die troue van die jaar!

Maak seker jy koop die nuutste uitgawe van TV Plus - 'n artikel oor Sam en Prof Fritz se troue is daar in! Kyk dan ook 2 Februarie 2012 se episode, wanneer die troue gewys word.

Lees Meer

Liefde en sukses vir Villa sterre

Ilne Nienaber, wat die rol van Lindie vertolk, verklap haar goeie nuus en Izak Davel, De la Rey in Villa Rosa, vertel wat, benewens die sepie, hom besig hou.

Lees Meer

SA lok Natania terug

Natania van Heerden, wat die rol van Sam in Villa Rosa vertolk, vertel oor haar tyd in Amerika en hoekom sy dit so baie geniet om teenoor Lieb Bester te speel.

Lees Meer

Villa Rosa ondersteun Sensus!

Therese Benade (Astrid) en Jaco Vermeulen (Marius) was by Sun City gewees vir Skouspel! Jana Nortier (Sussie) en Marcus Muller (Stef) was by Aardklop. Hulle almal het Sensus 2011 ondersteun.

Lees Meer

Villa Rosa akteurs kuier by Aardklop en Sun City!

As jy 'n draai by Aardklop tussen 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom gaan maak, maak seker jy kyk uit vir die Villa Rosa-akteurs!

Lees Meer

'As ek die Lotto wen...'

Izak Davel is die nuutste bekende persoonlikheid wat sy opwagting in Villa Rosa maak. Hy vertolk die rol van Delarey van Jaarsveld. Hy vertel wat hy sal doen as hy die lotto wen en watter ander beroep hy sou wou volg.

Lees Meer

Villa Rosa-akteurs 'spin' vir 'n goeie doel

Van die Villa Rosa-akteurs het onlangs deelgeneem aan 'n spinathon om geld in te samel vir 'n goeie doel. Hulle het darem tyd gemaak om saam met hul aanhangers foto's te neem.

Lees Meer

'Ek is wie ek is'

Spierpaleis, sepiester en op 'n kol die mooiste man in die land. Marcus Muller, wat die rol van Stef Retief vertolk in Villa Rosa, vertel watter verskil die liefde in sy lewe gemaak het en watter woorde hy koester.

Lees Meer

Meer Nuus

Fran Jacobs

Fran Jacobs (Shaleen Surtie-Richards)

Anthony se tante (sy ma se jongste suster) het haar lewe in Riversdale begin, gelei en amper afgeslyt. Sy het op ‘n jong ouderdom getrou, vol vertroue dat haar lewe die pad gaan loop van ‘n vrou wat altyd doen wat van haar verwag word.’n Week na hulle vyf en twintigste huweliksherdenking het daar ‘n 23 jarige man op haar drumpel kom staan en Jerome as sy pa uitgewys. Fran het haar goed gepak, Engeland toe getrek en haar lewe kon uiteindelik begin.

Na verskeie los werkies as versorger van bejaardes bevind sy haarself op ‘n dag in die idilliese Devon landskap voor die deur van die skrywer Jonathan Cunningham. Soos Fran wag vir die huiskneg om haar in te laat, kyk sy so na die pragtige herehuis en die gronde wat vir myle om dit strek en dink by haarself: Dis mos hoe ‘n mens behoort te leef. Jonathan, ‘n romanskrywer, is reeds diep in sy tagtigs en dis vinnig vir Fran duidelik dat haar werk hier nie lank gaan hou nie. Wanneer hy nie meer die krag het om agter die rekenaar in te skuif nie, dikteer hy terwyl Fran tik. Kort voor lank tik Fran nie net nie, sy voeg haar eie krulle en draaie met groot sukses by. Met Jonathan se afsterwe kom die uitgewer te hore van Fran se talent en voor jy kan sê Fransina Gertruida is Euthalia Bloom gebore.

Fran keer terug na Suid-Afrika met ‘n stewige bankbalans en ‘n nuwe lus vir die lewe. Na die sukses van haar eerste boek, Love From Afar, vaar Fran die wêreld in met ‘n nuwe lus vir die lewe en ‘n aptyt vir stories wat min mense kan ewenaar. Sy huiwer nie vir ‘n oomblik om dit wat sy om haar sien aan te pas, te verdraai en te gebruik nie. Sy skroom nie om uit te vra en steek gemaklik haar neus in waar dit nie hoort nie. Ten spyte van die vryheid wat haar nuwe inkomste haar bied bly Fran getrou aan haarself, haar herkoms en haar familie. Sy is baie lief vir Anthony en kan nie help om die rol van instaan-ma met oorgawe te speel as hy in die omtrek is nie.

Delarey van Jaarsveld

Delarey van Jaarsveld (Izak Davel)

Delarey woon al vir die afgelope paar jaar op ’n eiland in die Ooste en gee Engelse klasse. Hy geniet sy werk en die voordele wat die eiland se rustigheid hom bied. Delarey het geensins ’n gesonde verhouding met sy pa, Gerhard nie. Hulle sit al vir jare lank vas. Gerhard is teleurgesteld omdat sy seun nie belangstel om die boerdery by hom oor te vat nie, maar verspotte drome te wil najaag soos om op ’n eiland te bly. Gerhard reken Delarey is ’n sorgelose onverantwoordelike kind met geen ambisie nie.

Delarey veroordeel weer sy pa dat hy hom nie sy eie lewe gun nie. Hy het ’n passie vir duik en wil bitter graag sy eie duik-skool besit. Hy het al gevorder tot op Meestersvlak. Hy verwyt sy pa omdat hy nie kan insien dat daar ander opsies behalwe die plaas is nie.

Stef Joubert (Retief)

Stef Joubert (Retief) (Marcus Muller)

Stef is gebore en getoeë in Clocolan. Hy is Prof. Fritz Retief se seun uit 'n kortstondige huwelik met Helene Joubert.

Na die onlangse afsterwe van sy ma en 'n brief wat hy tussen haar goed ontdek, maak hy sy opwagting by die Villa op soek na sy pa. Sy ma het nooit weer getrou nie en het hom oor die jare heen opgemaak teen sy pa. Dis juis daarom dat Stef aanvanklik daarop uit is om wraak te neem omdat hy oortuig is sy pa is die boef in die egskeidingstorie. Hy neem Fritz ook kwalik dat hy sonder 'n pa grootgeword het. Fritz wen egter gou Stef se guns en enige kwade gevoelens word gou uit die weg geruim. Stef vind uit dat sy ma en Fritz skaars twee dae getroud was (na sy eerste huwelik met Mari) toe sy besluit het dat hulle paaie moet skei. Helene, 'n free spirit, het besef sy kon nie haarself aan 'n man verbind vir die res van haar lewe nie. Fritz het sy ma dus nooit in die steek gelaat soos Stef aanvanklik gemeen het nie.

Stef onthul 'n manuskrip van ’n roman waaraan sy ma gewerk het en nooit voltooi het nie. Die verhaalgebeure het hom verkeerdelik laat aflei sy ma het haar kant van die storie (haar lewensverhaal) in die roman vertel, omdat dit ooreengestem het met die feite wat sy hom van sy pa en hulle huwelik vertel het. Stef word egter ontnugter as hy deur Fritz oortuig word dat sy afleidings subjektief en foutief was. Die briewe wat Fritz oor die jare aan Helene geskryf het en altyd onoopgemaak deur haar teruggestuur is, openbaar uiteindelik wat die ware toedrag van sake was. Stef word op ’n swygsame wyse oortuig dat Prof nie ’n monster was soos hy al die jare gedink het nie; die roman was toe al die tyd suiwer fiksie en nie “outobiografies” van aard nie.

Stef en Fritz het baie gemeen, aangesien albei akademici is. Stef se veld is Antropologie, maar hy is nie ’n stywe, self-gesentreerde, ongevoelige of ontoegeeflike soort persoon nie. Hy is 'n Professor in Geskiedenis aan KOVSIES en is ook 'n regsgeleerde.

Stef was baie na aan sy ma, maar is nooit opgepiep nie. Hy is plat op die aarde, sjarmant, reguit en kom maklik met mense oor die weg. Ten spyte hiervan het hy 'n passiewe aggressie en derhalwe kan hy hoogmoedig oorkom.

Hy is ook die avontuurlike buitelugsoort en neem deel aan sportsoorte soos roei (provinsiale kleure), river rafting, rotsklim, abseiling, en valskermspring. Tog is hy nie grootdoenerig daaroor nie. Stef is, behalwe al die begenoemde goeie kwaliteite, nie ’n pushover nie. Hy het groot agting vir vroue, alhoewel hy hulle nie te na aan hom toelaat nie.

Ansu Louw

Ansu Louw (Mia-Anne Ferreira)

Ansu is Vicky se ouer suster, in haar vroeë twintigs. Sy is sjarmant, onbevange, vrygewig en lief vir die lewe – waar die wind haar waai, daar gaan sy. Na haar matriekjaar het sy die planeet begin bewandel – sy is ‘n professionele “globe trotter” in die ware sin van die woord. En waar sy vir haar ‘n tydelike nes kan skrop – of dit nou London, Amerika, Europa of waar ookal is – daar slaan sy vir haar ‘n werk los as kelnerin, kroegdame, croupier, winkelassistent…

Sy is wel belese, intelligent en het ‘n wonderlike – soms rare – sin vir humor. Daarby is sy seksie sonder dat sy bewus is daarvan – ‘n eienskap wat haar selfs meer aanloklik maak vir mans. Sy het natuurlik ‘n swakte – mans wat onbeskikbaar is is vir haar ‘n uitdaging. Nie omdat sy mense wil seermaak nie maar omdat sy nie die uitdaging kan weerstaan nie. Dit is dan ook hoe dit gebeur het dat sy Vicky se liefde van haar lewe gesteel het.

Wanneer sy en Hein ontmoet, veg hulle albei teen die onvermydelike. Hulle is vir mekaar bedoel, maar nòg Ansu nòg Hein wil die mense wat die naaste aan hulle is seermaak.

Vicky Louw

Vicky Louw (Yutame Venter)

Sy is vurig, intelligent en laat nie met haar mors.

Sy doen haar werk noukeurig en lê ambisie en initiatief aan die dag.

Vicky is baie mooi, maar van haar persoonlike lewe weet ons min oor sy haar private lewe nie met haar professionele lewe laat inmeng nie.

Vicky trek dadelik die manne se aandag en dit is Marius wat daarin slaag om haar die hof te maak.  Vicky begin ook dus as kelnerin, maar Isabel sien haar potensiaal vinnig raak en Vicky klim die leer na internasionale mode-sukses.

Haar teerpunt lê by haar suster, Ansu wat reeds daarin geslaag het om Sussie se huwelik te verbrokkel en nou weer terug is op die toneel.

Petrus Steyn

Petrus Steyn (David Louw)

Petrus Steyn is 'n bok vir sports en sport is sy bok. Tennis is sy beste bokspringsport! Hy is 22 jaar terug op ‘n plaas in Stella se distrik gebore, en het al van vroeg af 'n goeie, en skerp sin vir humor, o.a. oor sy naam en tuisdorp wat omgeruil kan word (Vica Versa). En hy is al gesout om grappe oor hy ‘n dorp se naam het, te hanteer.

Hy is nie familie van Petrus Steyn na wie die dorp vernoem is nie, maar glo tog hy is nasaat van die President – Marthinus Theunis Steyn. (Oom Tienie.) Onse Rust was sy plaas naby Bloemfontein. Vrystaatse Royalty. Boere Blou Bloed.

Ons ontmoet hom as hy by die Villa inboek oor hy by sy koshuis uitgeskop is! Nadat hy vir die meisie van sy drome (op die oomblik) die hof probeer maak het, maar misluk het.

Petrus Steyn neem niks te ernstig op nie, en selfs die "meisie van sy drome" word vinnig vervang deur 'n volgende "droommeisie" wat oor sy pad kom. Elke week is hy verlief op iemand nuuts.

Petrus is dus loskopperig en val van die een "passie" na die ander. Hy tackle letterlik wat ook al interresant is wat oor sy pad kom met mening en gee dit alles wat hy het, of dit nou 'n nuwe sport is of 'n meisie of 'n nuwe stokperdjie. Maar kort voor lank, kan jy verseker wees dat daar iets anders sal wees wat sy aandag aflei. Hy is dus nie die mees betroubaarste man as dit by verhoudings kom nie: nie dat hy jou ooit sal verneuk nie – net dat sy aandag maklik afgelei kan word. Hy is alhoewel 'n baie "memorable" date, en sal altyd vir iets opwindends sorg, al weet jy dit gaan nie vir lank hou nie.

In sy kern is hy alhoewel 'n goeie boerseun, wat geen vlieg skade kan aandoen nie! 'n Goeie vriend vir enigiemand, en sonder enige baggage wat in die pad kom!

Opgesom: Petrus Steyn is game vir enigiets, en sal nooit nee sê vir iets wat potensieël opwindend is nie.  Hy’s ‘n grapkas en poetsbakker!

Lerato Jackson

Lerato Jackson (Mari Molefe-van Heerden)

Lerato is 18 jaar oud. Sy het klaar matriek geskryf en is slim genoeg om medies te swot. Sy is ‘n hoogs begaafde blogger en ook baie intelligent.

Sy is redelik jaloers op haar pa se verhouding met Cheryl. Teenstrydig daarmee kompeteer sy met Cheryl en wil soveel moontlik by haar leer.

Sy het ‘n oog vir ontwerp. Sy is filosofies op ‘n jong manier en ook baie pittig.

Haar swakheid: verwerping is vir haar ‘n issue. Eiesinnig. Selfversekerd maar na die ekstreem en het sterk opinies. Kinderagtig in die sin dat sy sal ‘n tantrum gooi. ‘n Baie oulike kind, maar baie bedorwe.

Astrid Wentzel

Astrid Wentzel (Therese Benade)

Sy is ‘n verkleurmannetjie en beskou suksesvolle lieg en bedrieg as ‘n bewys van haar intellek. Sy's ook geseën met ‘n verleidelike skoonheid. Sy draai almal om haar pinkie. Sy's manipulerend, koud en klinies en kry wat sy wil hê omdat sy gefokus is en bereid is om enigiets prys te gee om haar eindoel te bereik. Sy is STERK!

Astrid ken Stanley Smith van Namibië af en het ‘n houvas op hom. Sy was deel van die diamantkartel daar en het saam met Stanley gewerk. Sy is die enigste een wat weet wat hy gedoen het om Lukas Els so kwaad vir hom te maak dat hy sy naam moes verander na Shane Rix en met sy klein babatjie moes vlug na afloop van die motorongeluk waarin sy vrou (René) dood is.

Die Villa Rosers leer Astrid ken as ‘n goedgesinde en onskuldige vrou met ‘n ernstige graad van spierdistrofie. Damsell in distress. Hulle het almal onmiddellik simpatie met hierdie vrou wat haar siekte met soveel positiewe krag verduur. Wat bly hoop en haar nie laat onderkry deur die fisiese simptome waarmee sy oor die weg moet kom nie ??' veral haar regterbeen word geaffekteer. Sy gebruik krukke. Na behandelings is die krukke nie nodig vir 'n tydperk nie. Maar die verlamming van 'n hand of arm kan onverwags manifesteer. (Iets wat sy natuurlik gebruik om haarself uit taai situasies te wikkel.) Sy kruip selfs onder Fritz se vel in ??' veral met haar droom wat sy uitspreek dat sy graag hope kinders wil hê en dat gelukkig moontlik sal wees, ten spyte van haar siektetoestand. Maar Astrid is hier om Ben sover te kry om met haar te trou!

Sy glo daar is 'n ryk diamantaar wat onder deur die Villa se eiendom loop. Dit is waarom sy en Shane hulle hande op die grond wil kry. (Shane is ook oortuig dat sy werklik siek is.)

Fritz is veral beïndruk met haar goeie Afrikaanse taalgebruik.

Dr Sam Gerber

Dr Sam Gerber (Natania van Heerden)

Sy kom in op die storielyn van Charl/kanker as Charl se onkoloog. Sy is goeie vriende met Anthony. Die twee het vanselfsprekend baie in gemeen en kom goed oor die weg. Sam sorg vir genoegsame verwarring en intrige – om ‘n “man” se naam te hê in ‘n kompeterende vakgebied het sy  voor- en nadele. Sy’s ‘n slim, bekwame, professionele vrou – ‘n spesialis in haar veld (onkologie). Sy is beslis nie ‘n kwak nie – sy weet wat sy doen en staan nie terug vir enigiemand nie. Sy het empatie, simpatie, begrip vir die emosies waardeur haar pasiënte en hul families gaan. Daarby is sy ‘n aantreklike vrou.

Charl en sy familie gaan nou in ‘n baie moeilike fase in – dokter Sam Gerber gaan tree vir tree saam met hulle wees. Voor hy haar ontmoet, verkeer Fritz onder die indruk dat sy ‘n man is en weens “sy” aanvanklike onbeskikbaarheid is hy nie dadelik geneë met die ”man” wat hy vir ‘n geldwolf uitkryt nie. Maar wanneer hy haar ontmoet word dit gou duidelik daar’s iets in die lug tussen die twee.

Marius Schoeman

Marius Schoeman (Jaco Vermeulen)


Louise se seun en Jackie se broer. Hy was ‘n moeilike tiener wat met dwelms en verkeerde meisies deurmekaar was. Hy's nog steeds jonk en opstandig, maar het ‘n baie sagte hartjie. Hy is gekant teen sy pa, Rikus, weens die manier waarop Rikus Louise en hulle kinders behandel het. Rikus en Louise is lankal geskei omdat Rikus verhoudings met ander, jonger en blonder vroue gehad het.

Marius sukkel om rigting in die lewe te kry. Hy het nie eintlik werk nie, maar help Lindie in haar restaurant, Cassoulet. Verder geniet hy motorfietse. Hy is ‘n spanspeler en nie te lui om te help met die gastehuis-besigheid nie. Hy het ‘n goeie verhouding met almal in die huis, veral met Fritz en is ‘n gewillige Fritz-handlanger...veral as dit by die skattejag kom. Hy en Louise en hy en Ben het soms kop gestamp as hy onverantwoordelik optree. Hy en Charl was goed haaks toe Charl by Louise begin vry het.

Die ander man wat hy nie kan verdra nie, is Shane Rix. Hy kuier graag met sy pêlle in die Mystic Boer. Hy't bietjie ogies gemaak vir Natasha, maar hou nou niks van haar na ‘n lelike afjak nie.

Jaco Vermeulen is op 10 Maart 1982 in Johannesburg gebore. Hy het skoolgegaan aan Laerskool Skeerpoort en Laerskool Horison, voordat hy sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Roodepoort voltooi het.

In 2003 het hy sy graad in Sportsielkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en na Laerskool Horison teruggekeer, waar hy vir agt maande as sportbestuurder gewerk het. Jaco het toe twee oudisies vir kykNET gedoen, waarna hy die rol van Marius in Villa Rosa losgeslaan (2004).


Het jy geweet?
• Jaco is versot op komedies en hou veral baie van die reeks, Friends.
• Jaco het min met die karakter, Marius, in gemeen, aangesien hy glad nie impulsief is nie en alles goed deurdink voordat hy dit doen.
• Hy hou baie van die buitelug en gaan stap graag in die Drakensberge.
• Jaco is mal oor sport. Hy was in 1999 die Suid-Afrikaanse kampioen naelloper.

Charl Retief

Charl Retief (Harald Richter)


Die Camel man? Nie heeltemal nie. Maar dis hoe hy homself graag wil sien. Charl se sjarme ken geen einde nie, en hy's altyd propvol idees wat tot kits-rykdom gaan lei...selde met enige noemenswaardige welslae. Oor dele van sy verlede praat hy maar min. 'n Mens kan aflei hy was al met die verkeerde ouens deurmekaar. Diamante miskien? Dalk self onwettige wapenhandel? Hy's ‘n losbol wat in sy eerstejaar opgeskop het om die wêreld, spesifiek Afrika, te verken. Maar nou is hy terug by die huis. Die besonderhede van sy laaste ekspedisie is vaag en al wat ons weet, is dat dit nie baie suksesvol was nie, want hy moes vinnig laat spat. As toerleier in SA kry hy die kans om uiting te gee aan sy oormatige testosteroonvlakke. Charl geen vrou met rus laat nie...wie weet wat die gevolge daarvan gaan wees, of alreeds was?!? Dis moeilik om te sê of hy ‘n skurk of ‘n goeie ou is... waarskynlik ‘n bietjie van albei.

Harald Richter

Na die voltooiing van sy studies aan die Pretoria Technikon in 1994 en sy professionele debuut op die operaverhoog in 1993, het Harald sy loopbaan as vryskut-kunstenaar met volle mag aangepak.

In 1996 het hy die land verlaat om 'n oudisie te gaan doen vir ‘n rol by die opera-mekka van die wêreld, Duitsland, en was gelukkig genoeg om ‘n aanbieding aan die bekende Mainz Staatsoper te kry. Maar Afrika se roepstem was oorverdowend en, nadat Harald tot sy sinne gekom het, het hy na Suid-Afrika teruggekeer.

Gedurende die volgende klompie jare het hy sy talent vir die uitvoerende kunste tot amper elke bestaande genre aangewend, van verhoogdramas tot televisie-sepies, van aanbieder tot advertensies, en van opera tot pantomime en kabaret. Hy't selfs 'ontboesem' en was in die internasionale treffer revue, Naked Boys Singing!.

Vanaf 2004 suig Harald se sang ongelukkig aan die agterspeen en speel hy die quasi “camel man”, Charl Retief, in KykNet se sepie, Villa Rosa.

Het jy geweet?

* Harald is gelukkig getroud met die bekende sangeres, Jolette Odendaal.
* Harald het min in gemeen met sy karakter Charl, behalwe ‘n hart van goud!
* Hy sal graag betrokke wil raak by die swart strikkie-veldtog teen geweld, aangesien hy uit persoonlike ondervinding baie sterk daaroor voel.
* Hy het ‘n pragtige sangstem en ons hoop hy verras ons met ‘n CD.


Isabel Martinelli-Retief

Isabel Martinelli-Retief (Chantell Stander)

Isabel is goed versorg en stylvol. Pragtig, intelligent, suksesvol en glamourous. ‘n Weduwee met ‘n artistieke flair eie aan haar. Sy's gebore en getoë in Bloemfontein. Uniek, maar met donker skadu's in haar verlede.

Sy was Ben se eerste liefde - hulle was hulle hele skoolloopbaan gekys. Sy en Inke was beste maatjies, maar het lank terug al kontak verloor. Ben is weermag toe vir sy twee jaar diensplig en sy het in Bloemfontein agtergebly. Sy het ingeskryf vir ‘n graad in tandheelkunde aan Kovsies. In haar eerste jaar ontmoet sy vir Roberto Martinelli - ‘n uiters aantreklike Italianer wat haar oorrompel het met sy sjarme en ongelooflike charisma en energie. Ben het ‘n Dear John gekry op die grens...

Twee seuns is ‘n jaar uitmekaar uit die huwelik gebore, Roberto (na sy pa vernoem) en Carlo (na sy oupa vernoem). Toe dit tyd word vir die seun om kosskool toe te gaan, het Roberto Snr daarop aangedring dat hulle na Grey College in Bloemfontein toe moet gaan soos hy en sy pa voor hom.

Isabel het later haar eie besigheid op die been te bring. Dit het klein begin, maar met haar entrepreneurstalent en ‘n groot vraag na ‘n spesiale produk het dit gou ontwikkel in ‘n reuse uitvoerbesigheid. Angora truie. Elkeen uniek (soos sy) en met die hand gebrei.

Fritz Retief

Fritz Retief

Die patriarg; Ben en Charl se pa. ‘n Ou professor in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is op en wakker, ver van gereed om op die stoep te sit en wag vir sy oudag. Hy's nog baie skerp en droom van ‘n boek (nie-fiksie) wat hom gaan vestig as een van die groot kundiges op die gebied van Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Sy humorsin is droog, en as jy hom nie ken nie kan jy maklik glo hy's knorrig en bitter. Eintlik is dit vir hom lekker om jou te laat wonder waar jy met hom staan. Sy woord is wet... of dis wat hy graag sou wou glo. Sy seuns is albei sterk, onafhanklike mans wat hul eie besluite neem... hulle gaan beslis nie meer toelaat dat hy aan hulle voorskryf nie. Al is hy geneig om te kla, is hy baie opgewonde oor die gastehuis en veral oor die feit dat albei sy seuns saam met hom terug onder een dak is.

Fritz wil altyd die laaste woord hê. Hy kan baie baasspelerig wees, maar Ben kan hom soms lekker op sy plek sit. Steeks donkie is dalk ‘n goeie beskrywing vir Fritz. Hy het borg geteken vir ‘n lening vir Ben om die gastehuis aan die gang te kry en het dus baie te sê oor die bestuur van die plek, tot Ben se gereelde irritasie. Fritz sal natuurlik deur die vuur loop vir sy seuns, maar hy kla konstant oor hoe hulle hom grys hare gee.

Hy kan nogal vol fiemies wees oor hoe hy sy tee, koffie en toebroodjies wil hê en is gewoond daaraan dat dinge vir hom aangedra word, maar dit is nie meer vanselfsprekend nie. Hy hou homself besig met navorsing in ‘sy' studeerkamer en luister na sy plaatversameling...dis aanvanklik sy private heenkome, maar hy word baie daar lastig geval. Uiteindelik word die kelder sy private heiligdom, waar hy heerlik op sy konsertina of trekklavier tokkel. Hy wil graag musiekaande in die Villa reël waar hy saam met bekendes kan optree.

Hy's oortuig daar is ‘n skat in die Villa versteek...heel moontlik silwer wat eens aan die Prins van Oranje behoort het. Hy's oortuig hy gaan die skat ontdek, met die hulp van Marius, wat maar net nie vir Fritz kan nee sê nie. Fritz het ‘n vaderlike besorgdheid oor Marius en hulle het ‘n baie goeie verhouding.

Fritz kan baie stres en neem dinge ernstig op. Dis nie maklik om met hom te spot nie, want hy vat dit nie so goed nie. Hy sukkel effe met die ‘nuwe'wêreld waar ouderdom nie vanselfsprekend gesag afdwing nie. Hy't ook ‘n effense hartprobleem. Dan is daar Oudok se portret...Fritz is oortuig die metafisiese is hier aan die werk en dat Oudok met gesigsuitdrukkings met hom kommunikeer as hy ongelukkig is oor iets.

Lieb Bester


Lieb is op 15 April 1949 in Brakpan gebore, waar hy ook in 1967 aan die Hoër Seunskool Stoffberg matrikuleer. Daarna het hy vir 9 maande lank diensplig by Walvisbaai verrig, waar sy liefde vir die militêre gevestig word. Gedurende 1969 word Die Ryk Weduwee van Uys Krige deur die Afrikaanse Toneelgeselskap van Springs opgevoer en verskyn hy vir die eerste keer op die verhoog. In 1973 word hy genooi vir ‘n oudisie by Kavalier Films vir Willie van Rensburg se Seun van die Wildtemmer.

Hierna volg ‘n verdere 10 rolprente tot en met 1976, toe televisie in Suid-Afrika gevestig is. Hy vertolk rolle in van die vroegste reekse op TV(Opdrag, TJ 7, Phoenix en Kie en die drama Dis Koud Hier), doen heelwat oorklanking en radiowerk, maar besluit toe in 1978 om by die Staande Mag aan te sluit.

Hy verlaat uiteindelik die Staande Mag met die rang van kolonel in 2001. Gedurende daardie tyd het hy ook die graad M Ed (Rekenaargesteunde Onderrig) aan die Universiteit van Pretoria cum laude verwerf en tree toe tot die onderwys (onderrig Afrikaans by Summerwoord Primary vir grade 5 tot 7) toe. In Augustus 2004 begin die produksie aan Villa Rosa en prof Fritz Retief word gevestig as een van die blywende karakters.

Lieb bespeel verskeie musiekinstrumente, waaronder klavier, orrel, klawerbord, trekklavier, konsertina en kitaar en is deel van ‘n dansorkes, Take 3. Sy lewensmotto is: Niks is vanselfsprekend nie, alles is genade.

Het jy geweet?

Lieb Bester is ‘n kranige musikant (konsertina) en tree gereeld by funksies op.


Sussie Koekemoer

Sussie Koekemoer - gebore Anna Susanna Koekemoer (Jana Nortier)


Sussie Koekemoer, gebore Anna Susanna Koekemoer, is die broerskind van Ansie (neé Koekemoer). Sy is 24 jaar oud en is die posterchild van 'Om elke donker wolk is 'n silwer randjie!' 'n Goeie, sout van die aarde plaasmeisie wat die vrouens in haar familie se kooktalente geërf het. Sy was 'n kleuterskoolonderwyseres by 'n Afrikaanse privaatskooltjie in Kimberley. Sy het 'n pragtige, wonderlike en warm persoonlikheid. Sussie is geensins naïef nie, maar verkies om die goeie in almal raak te sien en sal ook iemand se foute en misstappe 'n hele paar keer 'miskyk' voor sy opgee op hulle. Haar leuse in die lewe is: Almal wat ek ontmoet is 'n potensiële vriend! Sy is mal oor praat, en alhoewel dit baie moeite verg om haar stil te kry as sy eers aan die gang kom, praat sy nie sommer onsin nie (m.a.w. sy praat nie net omdat praat praat is nie).
Haar grootste pluspunt is ook haar grootste remskoen. Sy is baie oop en vriendelik en energiek en 'excitable'.

Sussie se skool in Kimberley is reeds met vakansie. Sy't vir Ansie op die plaas kom verras, bietjie by die familie te kuier. Ansie dink natuurlik haar broerskind is Hein se pot se deksel. Beveel Fritz moet ogie hou dat dit nie onsedelik raak nie, want Sussie maak vreeslik maklik “goeie” vriende - Hein moet net kans kry om haar te leer ken.

Sussie is Sussie, want sy is die enigste dogter van 5 kinders. Daar's Ouboet (hy's die oudste), dan kom Kleinboet (hy's klein), dan kom Grootboet, (hy's die derde broer en groot) dan kom sussie en laaste maar nie die minste nie is Lammetjie. Haar ouers staan bekend as Pappie en Mammie.

Anthony Jackson

Anthony Jackson (Roderick Jaftha)


Dokter Anthony Jackson was nog altyd ‘n trotse man. Hy was die eerste van sy familie wat Universiteit toe is en sy mediese graad gevang het op ‘n beurs van ‘n vryheidsvegter wat in London gebly het. Anthony was vir 4 jaar nadat hy gegradueer het mediese dokter vir die vryheidsvegter voordat dié oorlede is in London en Anthony teruggekeer het Suid-Afrika toe.

Hy het vir Esther Moeketsi ontmoet en hulle is vinnig daarna getroud. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Jason en Leratho. Esther en Anthony se huwelik het ten einde geloop omdat hulle te betrokke geraak het in hulle werk, maar hulle het goeie vriende gebly. Anthony trek van Gauteng af Bloemfontein toe na die egskeiding om sy eie praktyk te begin. Hy trek in die Villa in om uit te kyk vir ‘n woonstel.

Na ‘n geruime tyd in die Villa, waaronder Anthony sy praktyk verloor het en nou as Mediese Verteenwoordiger in ‘n Internasionale maatskappy werk, koop Anthony en Charl saam ‘n wildsplaas.

Het jy geweet?

• Roderick is ‘n groot ondersteuner van Afrikaanse musiek en kyk elke Saterdag rugby.
• Hy lees graag boeke deur Dean Coontz en John le Carre.


Villa Rosa: 17 Mei 2012

Stef is vies wanneer hy uitvind dat Rudi nie ’n behoorlike reëling met meneer Verster gemaak het nie.

Stef is vies wanneer hy uitvind dat Rudi nie ’n behoorlike reëling met meneer Verster gemaak het nie. Rudi maak halfhartige verskonings en voel heimlik skuldig oor sy verbintenis met Astrid, maar Astrid gaan hom nie toelaat om hul ooreenkoms te verbreek nie. Fritz het ’n groot verrassing vir Petrus en Marius word onkant gevang met ‘n nuwe aanbod van Charl.
Lees Meer

Villa Rosa: 16 Mei 2012

Marius wroeg oor die doel van die lewe en Vicky wonder of sy ’n monster is wat altyd net met hom baklei.

Marius wroeg oor die doel van die lewe en Vicky wonder of sy ’n monster is wat altyd net met hom baklei. Lerato soek van voor af skoor met Petrus wat hierdie keer sy man staan. Charl probeer dringend om Marius in die hande te kry, maar hoekom? Anthony het steeds nie ’n metgesel vir die hospitaal se dinee nie, terwyl Charl en Isabel lekker saam werk – amper te lekker. Sam wil verstaan hoekom Stef en Rudi vriende is, maar Astrid probeer hulle verlede naspeur…
Lees Meer

Villa Rosa: 15 Mei 2012

Rudi se dronk eskapades het die Villa en Marius op hol en Sam is glad nie gemaklik in sy teenwoordigheid nie.

Rudi se dronk eskapades het die Villa en Marius op hol en Sam is glad nie gemaklik in sy teenwoordigheid nie. Stef doen sy bes om van hom ontslae te raak, maar Rudi is ’n slim... En slinkse manipuleerder. Fran se gedrag word meer en meer eienaardig. Lerato kan dit nie langer hou nie en konfronteer vir Fran. Rudi se ware bondgenoot word onthul...
Lees Meer

Villa Rosa: 14 Mei 2012

Fritz en Sam help Anthony sonder dat hy daarvan bewus is. Isabel nader Charl met ’n aanbod wat hy nie kan weier nie.

Fritz en Sam help Anthony sonder dat hy daarvan bewus is. Isabel nader Charl met ’n aanbod wat hy nie kan weier nie. Marius kry ontstellende nuus. Rudi wys sy ware kleure en Stef staan bont om orde te hou. Sam hoor iets wat haar geweldig ontstel. Vir hoe lank sal sy hierdie inligting vir haarself kan hou?
Lees Meer

Villa Rosa: 10 Mei 2012

Astrid en Stef is steeds haaks, en Fritz en Lindie deel hulle bekommernis oor Charl. Vicky se sukses gaan na haar kop toe.

Astrid en Stef is steeds haaks, en Fritz en Lindie deel hulle bekommernis oor Charl. Vicky se sukses gaan na haar kop toe, terwyl Marius vaal en oninteressant voel. Bakgat inspireer vir Lerato en red haar sodoende van ’n akademiese ramp. Vicky reken haar en Isabel se onderhoud het glad verloop, en Stef kry ’n verrassende telefoonoproep.
Lees Meer

Villa Rosa: 9 Mei 2012

Die Villa-vroue probeer elkeen veg vir haar koninkryk. Sam is bestuurder, terwyl Astrid probeer munt slaan uit haar en Stef se netelige posisie.

Die Villa-vroue probeer elkeen veg vir haar koninkryk. Sam is bestuurder, terwyl Astrid probeer munt slaan uit haar en Stef se netelige posisie. Lerato laat haarself geld en Isabel wonder of geld die man van haar hart nader sal trek. Lindie is diep seergemaak, maar staan ook nie vir ’n oomblik terug nie. Petrus leer ’n waardevolle les, terwyl Marius en Charl steeds nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Of sal hulle?
Lees Meer

Villa Rosa: 8 Mei 2012

Petrus wonder oor sy besluit om Renske by Bakgat aan te stel as sy hom herhaaldelik in die steek laat. Hy probeer vir Lerato oorreed...

Petrus wonder oor sy besluit om Renske by Bakgat aan te stel as sy hom herhaaldelik in die steek laat en hy probeer tevergeefs vir Lerato oorreed om haar bedanking terug te trek. Fran vra vir Sussie om die manuskrip te proeflees, maar dan beland dit in die verkeerde (of dalk regte) hande. Marius heroorweeg sy vennootskap met Charl, maar is nie beïndruk met wat hy hoor nie. Lindie probeer uitvind wat tussen Charl en Isabel aan die gang is...
Lees Meer

Villa Rosa: 7 Mei 2012

Marius twyfel steeds of hy in vennootskap met Charl moet gaan. Isabel probeer Charl ondersteun...

Marius twyfel steeds of hy in vennootskap met Charl moet gaan. Isabel probeer Charl ondersteun, maar dit plaas haar in ’n moeilike posisie teenoor Vicky. Astrid hou sake van die kantlyn af dop en wag vir ’n kans om toe te slaan. Lerato is omgekrap omdat sy nie Fran se tikwerk kan doen nie, maar dit is niks in vergelyking met haar reaksie wanneer sy voel Renske bedreig haar posisie by Bakgat nie. Anthony neem ’n moeilike besluit…
Lees Meer

Villa Rosa: 3 Mei 2012

Nes Marius en Charl se vennootskap op dreef wil kom, steek Astrid haar neus in hul sake.

Nes Marius en Charl se vennootskap op dreef wil kom, steek Astrid haar neus in hul sake. Fritz en Sam het hulle hande vol met Anthony, maar Fran weet presies wat met haar nefie skeel. Renske maak Petrus ’n aanbod wat Lerato en Sussie se hare orent laat staan, en Petrus voor ’n moeilike keuse bring.
Lees Meer

Villa Rosa: 2 Mei 2012

Sussie begin volstoom werk by King Pie en die Villa se nuwe bestuurder word gekies. Isabel is nie so gelukkig...

Sussie begin volstoom werk by King Pie en die Villa se nuwe bestuurder word gekies. Sam plaas druk op Anthony om vir bloedtoetse te gaan, terwyl daar ook groot belangstelling is oor wie Anthony na die hospitaaldinee gaan neem. Isabel is nie so gelukkig oor Lindie en Charl se nuutgevonde vriendskap nie, en gaan Marius dit regkry om Vicky van sy planne te vertel?
Lees Meer

Bladsy 1 van 18 |

Villa Rosa: 3 Mei 2012

Nes Marius en Charl se vennootskap op dreef wil kom, steek Astrid haar neus in hul sake. Fritz en Sam het hulle hande vol met Anthony, maar Fran weet presies wat met haar nefie skeel. Renske maak Petrus ’n aanbod wat Lerato en Sussie se hare orent laat staan, en Petrus voor ’n moeilike keuse bring.

Villa Rosa: 19 April 2012

Geskenke uitdeel is aan die orde van die dag by die Villa, en Fritz en Anthony probeer vir Sam uitoorlê. Dinge begin in plek val vir Petrus en Lerato, en Vicky draf van bakboord na stuurboord om ’n misverstand reg te stel. Maar is dit die moeite werd?

Villa Rosa: 12 April 2012

Wat ’n wonderlike dag van vryheid vir Lindie moes wees, verander binne ’n oogwink in ’n groot hartseer. Fritz wonder oor Astrid se motiewe en Stef probeer haar op haar plek sit, maar Astrid wen mos altyd... Of dalk nie! Petrus is vasberade om die nuwe held in Fran se boek te wees. Charl maak ’n aankondiging wat almal skok en sy toekoms ’n nuwe loop kan laat neem.

Villa Rosa: 29 Maart 2012

Die inwoners van die Villa verstaan steeds nie Fran se vreemde optrede nie, en Lerato bewaar haar geheim soos goud. Charl se posisie by Eagle Creek veroorsaak dat Fritz se stresvlakke styg, terwyl Petrus se motorsage voortduur. Marius en Vicky soek steeds ’n oplossing vir hulle probleme, en Lindie en Charl word in ’n hoek gedryf. Die aand van die veiling breek aan, maar die groot vraag is – sal alles vlot verloop?

Villa Rosa: 22 Maart 2012

Fran is soos ‘n geslote boek oor gebeure in die Kaap. Niemand kry niks uit haar uit, maar dis duidelik sy het van die begrafnis teruggekom met iets op die hart. Petrus het ’n nuwe lewe met sy motor, maar sy geluk hou nie lank nie. Marius en Vicky se verhouding neem ’n nuwe wending en Charl het ’n huppel in sy stap… Veral wanneer hy ’n onverwagse oproep kry… Lees Minder

Villa Rosa: 15 Maart 2012

Astrid maak vrede met Stef. Lerato is oorstelp van vreugde oor Fran se verrassing vir haar. Isabel waarsku Marius dat Vicky baie harder gaan moet werk in die toekoms. Almal is opgewonde oor Sussie en Fran se besoek aan Londen, maar dan kry Fran slegte nuus. Gaan sy nog Londen toe kan gaan, of moet Sussie alleen vlieg?

Villa Rosa: 8 Maart 2012

Lerato is baie beïndruk met die Afrikaanse museum, maar sal sy haar taak betyds klaarkry. Petrus kry ’n blink idee oor hoe om sy wurmtee-probleme op te los. Sussie het ’n plan om Menseregtedag te vier. Vicky se aandag is by die ontwerp van Fran se rok, en Marius voel afgeskeep. Astrid is skaamteloos in haar plan om Stef aan haar kant te kry.

Villa Rosa: 1 Maart 2012

Sussie staan haar plek vol as bestuurder van die Villa. Vicky en Marius sit vas oor Charl. Astrid katrol al hoe meer van die Villa se mense in... Sam reeds in haar hoek en Fritz word sag, teen sy sin. Wie sal dit kan keer...

Villa Rosa: 23 Februarie 2012

Charl gaan vir ’n werksonderhoud, maar kry nie die nodige ondersteuning van sy pa nie. Sussie moedig Fritz aan om ’n lysie te maak van goed wat hy saam met Sam wil doen. Petrus leen vir Lerato geld teen ’n stewige rentekoers.

Villa Rosa: 16 Februarie 2012

Charl maak vrede met Fritz en Marius, maar is onbewus van Isabel se ongemak. Charl en Lindie voel gemaklik in mekaar se teenwoordigheid. Isabel is spyt oor haar aksies en Astrid word uitgesluit, maar hou haar kop omhoog.

Bladsy 1 van 4 |

Villa Rosa: 14 - 17 Mei 2012

Wat gaan Astrid vandeesweek aanvang? Watse slinkse plan voer sy in die mou?

Villa Rosa: 7 - 10 Mei 2012

Daar's interessante verwikkelinge in die week se episodes. Wag maar en sien...

Villa Rosa: 23 - 26 April 2012

'n Paar van die mense in die Villa se geluk het gedraai, maar gaan daar weer iets skeefloop?

Villa Rosa: 16 - 19 April 2012

Dit lyk asof dinge goed gaan by die Villa, maar is daar moeilikheid wat kop gaan uitsteek?

Villa Rosa: 2 - 5 April 2012

Gaan dinge vandeesweek vreedsaam verloop in die Villa en wat is Fran se planne?

Villa Rosa: 26 - 29 Maart 2012

Dinge raak intens by die Villa vandeesweek... Gaan daar dalk 'n bakleiery wees? Vind uit watse aksie wag op kykers.

Villa Rosa: 19 - 22 Maart 2012

Dinge gaan nie goed met Fran in vandeesweek se episodes nie... Maar dis beslis nie al drama by die Villa nie!

Villa Rosa: 12 - 15 Maart 2012

Hoekom lyk Fran so hartseer? Vind uit in vandeesweek se episodes! Maar dis beslis nie al drama wat kykers kan verwag nie...

Villa Rosa: 5 - 8 Maart 2012

Daar is nooit 'n vervelige oomblik by die Villa nie en vandeesweek is geen uitsondering!

Villa Rosa: 27 Februarie - 1 Maart 2012

'n Week van heerlike kykgenot wag op kykers van Villa Rosa - heelwat drama en intrige, met 'n tikkie humor!a

Bladsy 1 van 5 |

Fritz en Sam haak af

Uiteindelik het die groot dag aangebreek - Prof. Fritz en Sam trou! Alhoewel daar heelwat drama was, het Sam uiteindelik langs Fritz voor die kansel gestaan en hul ewige liefde aan mekaar verklaar. Kyk na foto's van die groot dag.
Lees Meer

As die lewe jou slaan, slaan terug!

Roderick Jafta, beter bekend aan Villa Rosa-kykers as Dr Anthony Jackson vertel van sy kleurryke agtergrond en van die verrassing wat op kykers wag.
Lees Meer

Die troue van die jaar!

Maak seker jy koop die nuutste uitgawe van TV Plus - 'n artikel oor Sam en Prof Fritz se troue is daar in! Kyk dan ook 2 Februarie 2012 se episode, wanneer die troue gewys word.
Lees Meer

Liefde en sukses vir Villa sterre

Ilne Nienaber, wat die rol van Lindie vertolk, verklap haar goeie nuus en Izak Davel, De la Rey in Villa Rosa, vertel wat, benewens die sepie, hom besig hou.
Lees Meer

SA lok Natania terug

Natania van Heerden, wat die rol van Sam in Villa Rosa vertolk, vertel oor haar tyd in Amerika en hoekom sy dit so baie geniet om teenoor Lieb Bester te speel.
Lees Meer

Villa Rosa ondersteun Sensus!

Therese Benade (Astrid) en Jaco Vermeulen (Marius) was by Sun City gewees vir Skouspel! Jana Nortier (Sussie) en Marcus Muller (Stef) was by Aardklop. Hulle almal het Sensus 2011 ondersteun.
Lees Meer

Villa Rosa akteurs kuier by Aardklop en Sun City!

As jy 'n draai by Aardklop tussen 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom gaan maak, maak seker jy kyk uit vir die Villa Rosa-akteurs!
Lees Meer

'As ek die Lotto wen...'

Izak Davel is die nuutste bekende persoonlikheid wat sy opwagting in Villa Rosa maak. Hy vertolk die rol van Delarey van Jaarsveld. Hy vertel wat hy sal doen as hy die lotto wen en watter ander beroep hy sou wou volg.
Lees Meer

Villa Rosa-akteurs 'spin' vir 'n goeie doel

Van die Villa Rosa-akteurs het onlangs deelgeneem aan 'n spinathon om geld in te samel vir 'n goeie doel. Hulle het darem tyd gemaak om saam met hul aanhangers foto's te neem.
Lees Meer

'Ek is wie ek is'

Spierpaleis, sepiester en op 'n kol die mooiste man in die land. Marcus Muller, wat die rol van Stef Retief vertolk in Villa Rosa, vertel watter verskil die liefde in sy lewe gemaak het en watter woorde hy koester.
Lees Meer

Bladsy 1 van 3 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds