As die name Silver de Lange en Hendrik Susan jou laat regop sit,jou ore laat spits of selfs jou voete laat jeuk, sal jy gek wees oor Varstrap.

Dié splinternuwe boeremusiekreeks hou vir die hele familie groot pret in. Ons het boere-orkeste van regoor die land genooi om in te skryf, ons gedugte span beoordelaars het 24 orkeste gekies om dit teen mekaar uit te spook in die televisiereeks, en nou begin die aksie!

Maak reg om Saterdae aande saam met ons voor jou televisiestel te dans op die maat van ‘n kwadriel, polka of mazurka!

Die reeks het tot 'n einde gekom.


Vir navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan vars@kyknet.co.za.

Nuus

Nog Varstrap wenners

As jy gestem het vir jou gunsteling Varstrap orkes moet jy beslis hier kyk of jou naam verskyn!

Lees Meer

Varstrap wenners

Baie geluk aan die kykers wie gestem het vir hul gunsteling orkes in Varstrap en gekies is as wenners!

Lees Meer

Wees deel van die gehoor!

Vind uit wat jy moet doen as jy deel van die gehoor wil wees en jou gunsteling boere-orkes of kunstenaar wil sien optree op Varstrap!

Lees Meer

Varstrap boere-orkes finaliste

Die afwagting is verby! Hier's die name van die 24 finaliste in kykNET se splinternuwe boere-orkeskompetisie.

Lees Meer

Meer Nuus

Ollie Viljoen

Ollie trek na ‘n baie besige musikale- en storievertelkuns geskiedenis, met Johannesburg as basis, aan die begin van 2007 Kaap toe vir rustiger wees en stilte...

Met CD-opnames, bekendstellingstoere, nuwe produksies en talle solo vertonings landwyd, doen Ollie gemiddeld 18 vertonings per maand en met reisdae tussenin, is hy skaars by sy nuwe huis in Sandbaai.

2011 se top-rat-tempo het alles te make met Ollie se energie. Van die effe jonger lede in die geselskap kla soms van afgeremde tamheid.... dan draf Ollie steeds pasaangewend voor.

Die wonderlike huwelik tussen die generasies en Rock, Blues en Jazz met Boeremusiek, is ‘n wenresep!

“Watter generasiegaping?”

"Dis alles baie lekker!” is Ollie se antwoord op al die gewone vrae. Tweeduisend en elf gaan kook!

En dan tree jy seker af Ollie? “Nee! Ek tree net op.” sê hy met ‘n blitsige pittige andwoord.

Jaco van Deventer

Jaco van Deventer het op 10 jarige ouderdom begin konsertina speel. Kort daarna trek die kitaar sy aandag en die res is geskiedenis. Jaco bespeel ook die banjo, mondfluitjie en baskitaar.

As voltydse musikant het hy al optredes gedoen vir Zak van Niekerk, Gerrie Pretorius ,Hugo, Ollie Viljoen, Valiant Swart, Paul Ferns en vele meer. Hy was ook voorheen 'n lid van die groep Beeskraal, maar het onlangs aangesluit by DJ Ossewa. Alhoewel sy passie by musiek lê, is Jaco ook ' n kranige filmmaker en het al 'n hele paar produksies die lig laat sien.

Ricus Nel

Ricus, wat dertien instrumente kan speel, is ‘n ou bekende in musiekkringe. Hy het al saam met die grootste name in Afrikaanse musiekbedryf die verhoog gedeel – Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en Lianie May om net ‘n paar te noem, en is ook gereeld te sien op Jukebox een van die gewildste TV-programme op kykNET
Ricus is onlangs by Select geteken, en dis met groot verwagting wat ons uitkyk vir sy eerste Solo CD.

Hierdie hoogs begaafde musikant is gebore in Rustenburg in 1979 waar hy meeste van sy grootword jare deurgebring en by verskeie geleenthede as musikant opgetree het. Ricus het egter groener weivelde gaan soek en na Pretoria verhuis.

Ricus doen gereeld sessiewerk in studio’s vir verskeie musikante. Van bekende gesigte in die bedryf soos Pieter Smith tot minder bekendes. Sy naam verskyn in meeste kunstenaars se CD inlets.

Wanneer kunstenaars DVD’s opneem, is Ricus Nel die eerste keuse musikant om te nader.
Hy is op Kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Wickus van der Merwe, Zack van Niekerk, Nadine en nog ander se DVD’s te sien.

Skouspel het vanjaar hul tiende verjaarsdag gevier waar hy weer sy verskyning op Sun City se Super Bowl gemaak het. Hy was by 8 van die 10 Skouspelle as musikant betrokke, wat iets verklap oor sy gewildheid as musikant en hom ‘n besliste kenner van sy instrumente maak.

Met Ricus Nel se ervaring in die bedryf as musikant en sy vermoeë om professioneel met die kameras om te gaan, plaas dit hom in ‘n klas van sy eie. In onvoorwaardelike Ricus Nel styl.

Kabous Meiring

Kabous, oftewel Karen-Christine is ‘n all-rounder wat haar loopbaan agter die kamera begin het. Eers as assistent-regisseur en toe later voor die kamera as die die bekende Nutsman se side-kick. Toe die span agterkom sy kan nie verf nie, vra hulle haar om sommer die program aan te bied.

Kort daarna beland sy agter die mikrofoon by RSG as bydraer vir die RSG Kuns-program. Dis hier waar Kabous besef dat al wat sy wil doen is gesels en as sy daarvoor betaal kan word, nog beter! Ook dat sy baie lief sal kan word vir radio en televisie-joernalistiek. Tot haar groot vreugde besluit sy egter om vas te werk vir ‘n ruk en maak ‘n wye en lekker draai in die uitgewersbedryf by NB-Uitgewers waar daar baie gesels word en darem so bietjie gelees word ook. Tot haar groot verbasing skryf sy selfs een of twee teaterresensies vir die dagblaaie.

Die media in al sy vorme bly ‘n voorliefde en Kabous is tans ‘n mediabestuurder by die Universiteit van die Vrystaat vir onder meer Kovsie FM, stel die boekereeks vir Aardklop saam en is betrokke by kykNET se bekende Fiesta-teatertoekennings. Sy bly in Kaapstad en Bloemfontein en is mal oor Johannesburg.

Varstrap is een van die lekkerste goed wat Kabous al ooit gedoen het en sy reken sy gaan binnekort self begin konsertina speel, dalk met ‘n lekker skoot indie-rock of hip-hop, soos dit deesdae hoort!

Jaco Spies

Jaco Heinrich Spies is gebore op 15 Oktober 1975 in Calvinia. Hy het gematrikuleer aan Jim Fouche Hoërskool in Bloemfontein in 1993. In 1996 was hy verbonde aan Lady Grey Akdemie vir Kuns en Musiek in Lady Grey.

In 2000 stig hy saam met Johnre van Huyssteen Geblikte Afrikaans - 'n eiesoortige besigheid wat unieke Afrikaanse produkte in blikke vervaardige, bemark en verkoop het. In 2002 wen hy ‘n Pendoringtoekenning as Kreatiewe Direkteur vir Onder-die-lyn Veldtog vir die Bemarking van Geblikte Afrikaans.

In 2001 stig hy saam met Johrné en Lienka Coetzee die bekroonde Afrikaanse "folk-rockgroep", ddisselblom. Daarna waag hy sy hand as akteur en van 2005 tot 2010 vertolk hy die rol van Hein Bernard in die gewilde kykNET-sepie, Villa Rosa. Hy slaan selfs ‘n rol los in die veel besproke en kontroversiële Darrell Roodt film, ‘Winnie’.

Tussendeur die toneelspel en ddisselblom-optredes was hy ook verantwoordelik vir die oorspronklike klankbaan van die Johan Heyns film, Hond se dinges (2008).

Hy is tans ook bedrywig agter die skerms as produksiebestuurder van die kykNET-komedie, Proesstraat, en assistent-regisseur vir die realiteitsreeks, ‘Boer soek ‘n Vrou’ (2010 – 2011).


Varstrap: 3 Desember 2011

Die finale episode skop af met die bekendstelling van die 3 groottes volgens die beoordelaars en kykers by die huis…

Die finale episode van Varstrap op Saterdag 3 Desember skop af met die bekendstelling van die 3 groottes volgens die beoordelaars en kykers by die huis…

Die stemme is klaar getel en niks kan meer gedoen word aan hulle lot nie, maar niks keer die top 3 om ‘n fantastiese laaste keer te wys hoekom hulle daar is nie, veral ook omdat DOZI stem kom bysit vir die finaal. Die episode sluit af met die aankondiging van die eerste Varstrap wenner!

Onthou, kykNET om 21:00!
Lees Meer

Varstrap: 26 November 2011

In Episode 12 sit ons met Suid Afrika se 4 gewildste Boeremusiek orkeste. Hulle sal dit uitspook teen mekaar!

In Episode 12 sit ons met Suid Afrika se 4 gewildste Boeremusiek orkeste. Hulle sal dit uitspook teen mekaar met een optrede van eie keuse en die ander vergesel deur die musikant – Jak de Priester. Die beoordelaars en die publiek sal weer stem vir hul gunsteling orkes, maar hierdie week stem jy vir die orkes wat jy wil hê moet wen!
Lees Meer

Varstrap: 19 November 2011

Twee van die orkeste wat in vorige rondtes uitgeval het ‘n tweede kans om deur te dring na die finaal.

Twee van die orkeste wat in vorige rondtes uitgeval het ‘n tweede kans om deur te dring na die finaal.  Die beoordeelaars besluit watter twee orkeste verdien nog ‘n kans om te wys wat in hul steek en jy kry nog ‘n kans om vir jou top 4 orkeste te stem. Vanaand kry die orkeste die geleentheid om saam met Jakkie Louw, ’n nommer te doen.
Lees Meer

Varstrap: 12 November 2011

Brink Botha se orkes, die Bakgat orkes, die Boere biscuits en Jabo spook dinge uit! Net een orkes kan deurgaan na die volgende rondte...

Hierdie beloof om ‘n episode met ‘n naelbyt einde te wees as vriende Brink Botha en sy orkes en die Bakgat orkes beide uit Port Elizabeth mekaar aanvat. Dan praat ons nie eers van die jongklomp van Jabo en die Boere biscuits!

Die gaskunstenaar wat saam met hulle gaan optree, is Andries Vermeulen en ons sal moet sit en wag om te sien wat die beoordelaars en die kykers besluit oor die lot van hierdie vier orkeste. Slegs die een orkes kan aanbeweeg na die volgende rondte.
Lees Meer

Varstrap: 5 November 2011

Fanie Zwart en sy orkes en Piet le Roux spook dinge uit. Hulle moet reken hou met die Kaapse Affodille en die Sandvelders.

Epsiode 9 sorg vir goeie verskeidenheidn en in hierdie regstreekste episode spook Fanie Zwart en sy orkes en Piet le Roux met lekker dansklanke dit uit teen die enigste dames orkes wat hulle man kon staan – die Kaapse Affodille. Moet egter nie vergeet dat eie manne van Springbok ook daar is nie – die Sandvelders maak hierdie viertal volmaak.

Die gaskunstenaar vir die week is Valiant Swart en ons wag afwagting om te hoor wat sy musiekvriend – Oliie Viljoen en die res van die beoordelaars en julle by die huis te se het oor wie die een orkes is wat moet aanbeweeg. Slegs die een orkes kan aanbeweeg na die volgende rondte
Lees Meer

Varstrap: 29 Oktober 2011

Die jongklomp van Grey Kollege Jr en die Penkoppe moet uithaal en wys teen Nicola van die Baai en die woelige manne van Donkiekar.

Na episode 7 weet almal nou wie die 12 gewildste orkeste is volgens die publiek en beoordelaars se gekombineerde stemme, dus beweeg die program in ‘n nuwe fase in: Regstreeks vanaf Lourensford bring Varstrap boremusiek soos dit gebeur na jou leefkamer.

In hierdie episode sal die jongklomp van Grey Kollege Jr en die Penkoppe moet uithaal en wys teen Nicola van die Baai en die woelige manne van Donkiekar. Slegs die een orkes kan aanbeweeg na die volgende rondte.

Ook nuut in die volgende fase is elke orkes speel een liedjie van eie keuse en speel dan die musiek van ‘n gegewe snit terwyl ‘n gaskunstenaar saam met hulle optree. Hierdie week kom kuier Zak van NIekerk uit die Weskus se wêreld.
Lees Meer

Varstrap: 22 Oktober 2011

Die 12 orkeste wat deurgaan na die volgende rondte word aangekondig!

Die 12 orkeste wat deurgaan na die volgende rondte word aangekondig.
Lees Meer

Varstrap: 15 Oktober 2011

Die Boere Biscuits, die Extreme boertjies, die Jong Afrikaanse Boere Orkes, Jabo en Ritme 6 sorg vir ongelooflike musiek!

Baie energie en ongelooflike musiek maak hierdie aflewering van Varstrap ‘n moet vir elke musiek geesdriftige. Die Boere Biscuits bring hul unieke klank na die ateljee. Die Extreme boertjies gaan uit hulle pad uit om te sorg dat Suid-Afrika weer met hoop na Springs kyk. Die Jong Afrikaanse Boere Orkes, Jabo, wys dat die jongklomp nie ‘n tree hoef terug te staan vir die ouer garde nie. En Ritme 6 laat die hele boeremusiekwêreld hoor, hulle is ‘n orkes om mee rekening te hou.

Die Boere Biscuits




Die Extreme boertjies




Die Jong Afrikaanse Boere Orkes, Jabo








Ritme 6


Lees Meer

Varstrap: 8 Oktober 2011

Fanie Zwart, Vat 5, Piet le Roux en sy orkes en die Polkadraai Boereorkes sorg vir musiekvermaak!

Wie gaan in hierdie episode sy goed vat en trek…? Met strawwe kompetisie en die gemene deler, die liedjie “Vat jou goed en trek Ferreira”, moet Fanie Zwart alles op die tafel sit om seker te maak die Noordwes kry hulle plek in die volgende rondte. Vat 5 dink ‘n hand vol energie gaan hulle die voorsprong gee. Piet le Roux en sy orkes, wat uit 3 getroude paartjies bestaan, bring die partytjie al die pad van Groot Marico af, en laaste skop ons op saam met die Polkadraai Boereorkes.

Fanie Zwart




Vat 5




Piet le Roux en sy orkes




Polkadraai Boereorkes

Lees Meer

Varstrap: 1 Oktober 2011

Kom luister saam na Nicola en haar orkes, Franz Steinhobel en sy orkes, Grey Kollege se junior boere-orkes en Die Blinde Boere-orkes.

Nicola en haar orkes is ‘n mengsel van egte boere musikante en rock musikante wat boere musiek met ‘n modern aanslag maak. Franz Steinhobel en sy orkes bring meer as 60jaar se ondervinding al die pad uit die Jakarandastad. Grey Kollege stuur hul junior boereorkes vanuit die Rosestad om hulle merk te maak met die konsertina, viool en trekklavier. En Die Blinde Boereorkes al die pad van Worcester met ‘n sanger om die ander opdraende te gee.

Nicola en haar orkes




Franz Steinhobel en sy orkes



Grey Kollege se junior boere-orkes



Die Blinde Boere-orkes


Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Varstrap: 22 Oktober 2011 – Nicola

Stamp jou voete en klap jou hande - hier kom 'n ding!

Varstrap: 22 Oktober 2011 - Die Sandvelders

Besluit self of jy dink hierdie orkes is dalk die wenners - julle sal moet wag en kyk!

Varstrap: 22 Oktober 2011 - Die Kaapse Affodille

Hierdie dames sorg vir heerlike dansmusiek, ideaal vir 'n opskop op 'n Saterdagaand!

Varstrap: 22 Oktober 2011 – Penkoppe

Die Penkoppe wys wat in hulle steek en beindruk die beoordelaars behoorlik.

Varstrap: 15 Oktober - Extreme Boertjies

Die lede van hierdie orkes het duidelik baie pret terwyl hulle musiek maak.

Varstrap: 15 Oktober – Jabo

'n Orkes wat enigiemand sal oortuig dat boeremusiek die lekkerste dansmusiek is!

Varstrap: 15 Oktober - Ritme 6

Hierdie orkes sal jou voete laat jeuk - dans gerus op die maat van hul musiek.

Varstrap: 15 Oktober - Boere Biscuits

Die lede van die Boere Biscuits speel die dansvloer aan die brand!

Varstrap: 10 September 2011 – Donkiekar

Kom dans saam op die maat van ware boeremusiek!

Varstrap: 10 September 2011 - Die Korrelkoppe

Hou hulle dop! Hier kom 'n ding...

Bladsy 1 van 2 |

Nog Varstrap wenners

As jy gestem het vir jou gunsteling Varstrap orkes moet jy beslis hier kyk of jou naam verskyn!
Lees Meer

Varstrap wenners

Baie geluk aan die kykers wie gestem het vir hul gunsteling orkes in Varstrap en gekies is as wenners!
Lees Meer

Wees deel van die gehoor!

Vind uit wat jy moet doen as jy deel van die gehoor wil wees en jou gunsteling boere-orkes of kunstenaar wil sien optree op Varstrap!
Lees Meer

Varstrap boere-orkes finaliste

Die afwagting is verby! Hier's die name van die 24 finaliste in kykNET se splinternuwe boere-orkeskompetisie.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds