

So met 'n bietjie tuin raad en 'n tikkie dekor-advies het jy, siedaar...vir Tuine & Tossels!
Ons reis weekliks saam met die span regoor die land en gaan kyk hoe jy ook sommer self jou tuin en huis kan mooi maak. En net as jy dink ons idees raak op, dan vat ons die pad selfs oorsee vir so tikkie internationale inspirasie!
Kenners het dit eens dat die grense tussen die binne- en die buitekant van die huis heelwat minder rigied word, tot so 'n mate dat tuinmakers van buitekamers en binnehuisversierders oor tuindekor begin saampraat. Dié neiging het gelei tot die skep van Tuine en Tossels!
Ons gee inligting oor produkte wat ons oog vang, goeie raad, advies en idees vir in en om jou huis, nuwe plante en asemrowende
huis-mooimaak-tegnieke.
Insetsels handel oor mooi plekke, soos boetiekhotelle en huise en in sommige gevalle is dié plekke se tuine net so skouspelagtig as die interieur! Tuine & Tossels is dus 'n kombinasie van mooi dinge, praktiese doen-dit-jouself, in-diepte inligting oor sekere take (soos verf, plante snoei, blindings en heinings) en natuurlik wenke van kenners op elke moontlike gebied.
So indien jy met jou hande in jou hare sit, oor jou binne en buitekant van jou woning, is Tuine en Tossels BESLIS die program vir jou! Want met 'n verfkwas in die een hand en n tuinhandskoen in die ander gaan ons sommer
vinnig-vinnig al jou huis en tuin nagmerries wegjaag!
Woensdae @ 17:30; Saterdae @ 01:00; Sondae 07:30 ; Maandae @ 16:00
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan Tuine&Tossels@kyknet.co.za of Laura@BurningBright.co.za. Skakel ook 083 653 4114 of faks: 011 803 3158.
Nuus

Ons kuier by die Buite Expo
Tuine en Tossels gaan by die kykNET Buite Expo wees van 23 - 25 September en hou ook 'n spesiale damesoggend!
Lees Meer
Renske leef haar kinderdroom uit
Renske kom uit 'n baie 'dramatiese' gesin. Sy vertel meer oor haar grootwordjare en waar haar liefde vir drama gebore is.
Lees Meer
Kinders laat haar lag
Renske Jacobs, een van Tuine en Tossels se aanbieders, vertel hoekom kinders haar laat lag en wat haar regtig gelukkig maak.
Lees Meer
Smulpot van emosie
Tuine en Tossels-aanbieder Nadia Beukes was tot onlangs te sien in die musiekspel, Tree Aan. Sy glo die krag van dié musiekspel lê in die verskeidenheid van lewensgetroue gebeure wat uitgebeeld word...
Lees Meer
'n Besige man!
Paul het beslis nie te min werk om sy hande mee besig te hou! Vind uit watter ander werk hy doen, sowel as watter interressante sportsoort hy beoefen.
Lees Meer
Raai wie is 'n blou apie?
As jou kinders na programme op Koowee kyk, kyk 'n bietjie mooi - Nadia vertolk een van die karakters. Dis net een van 'n paar goed wat jy dalk nie van haar geweet het nie.
Lees Meer
Derrich hou nie van vroeg opstaan nie!
Derrich geniet sy werk, maar hy hou nie daarvan om vroeg op te staan nie! Hy vertel ietsie wat min kykers van hom wees en so 'n paar ander dinge...
Lees MeerMeer Nuus
Elandri Stricker
Elandri Stricker is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en TV-aanbieder, wat ewe bekend is vir haar TV-aanbieding op kykNET, as vir haar TV-rolle in 'n verskeidenheid plaaslike TV dramas en komedies.Elandri voltooi haar studies aan die destydse Technikon van Pretoria (nou bekend as die Tshwane Universiteit van Tegnologie) en ontvang haar Nasionale Diploma in Drama in 2001.
Nadat sy haar studies voltooi het, pak sy sommer dadelik die televisie industrie aan as die aanbieder van 'n musiekvideo-program, Smelt, op kykNET.
Elandri se TV-rolle in plaaslike drama- en komediereekse sluit in Dit wat stom is vir kykNET, Andries Plak en The Res, beide vir SABC2.
Elandri was ook vir 'n rukkie die veldaanbieder vir Ontbytsake en die anker-aanbieder en veldaanbieder van die program Dekor op kykNET.
Na 3 jaar in London, waartydens sy onder meer 'n internasionale radioprogram vir die Namibiese Radio Stasie, Radio Kosmos, aangebied het, is Elandri verjeug om terug te wees in die vermaaklikheidsbedryf van Suid Afrika!
Sy is op die oomblik bekend as die “gadget-ghoeroe” en “dekor-diva” van Tuine en Tossels.
Derrich Gardner
Derrich is 'n bekende gesig op Suid-Afrikaanse radio en televisie – eintlik het hy GEEN bekendstelling nodig nie! Hy is tans 'n veldaanbieder en ankeraanbieder op Tuine en Tossels, sowel as aanbieder van kykNET se program, Landbousake.Nadia Beukes
NadiaBeukes
2 hours agoreplyretweet
Paul Fourie
Tuine en Tossels was die samesmelting van twee van kykNET se gewildste TV programme, naamlik Dekor en Tuin. Paul Fourie was sedert Tuin se ontstaan deel van die span. Paul is vandag ook 'n bekende gesig op Tuine en Tossels as aanbieder van ons Kaap-insetsels.Renske Jacobs
Met haar sjarme en sterk stem is Renske in 2007 aangestel as veldaanbieder, ankeraanbieder asook stemkunstenaar vir Dekor, kykNET se destydse binneshuise-versierings program. Dekor het na ‘n jaar ‘n tuinsegment bygekry, en die naam is verander na Tuine en Tossels. Vandag is Renske verantwoordelik vir die ankeraanbieding en stemwerk op Tuine en Tossels.
Tuine en Tossels: 23 Mei 2012
Blomme met ‘n betekenis
Stefan Norval is 'n kenner wanneer dit by die reël van funksies kom. En hy is gek daaroor om 'n spesiale betekenis aan enige uitstalling of geleentheid te koppel. Vandag verduidelik hy aan ons die betekenis agter sekere blomme wat hy gebruik. Kom ons gaan hoor!
Warm deko: (syntetiese pelse)
So 'n tikkie warmte in jou dekor is altyd welkom in die winter. Ons gaan verken dekor items wat nie net warm sal vertoon nie, maar jou selfs warm sal hou tydens hierdie koue winter.
Plante: Zygocactus / Litroos
Dis tyd vir ons weeklikse PLANT VAN DIE WEEK. Alhoewel winter stadig besig is om ons tuine te omhels, hoef 'n mens nooit op te hou mooi maak of op te hou leer oor nuwe plante nie!
Pret en plesier in Piet Retief:
"From Dusk to Dawn" is 'n plaas net buite Piet Retef en hier staan dinge nie vir 'n oomblik stil nie! En soos gewoonlik word harde werk mos altyd beloon! Die dekor en die tuin is pure plesier.
Borduurwerk vanaf Dusk to Dawn, Piet Retiet
Met al die besoekers by die plaas het ouma se borduurwerk ‘n gelukkige tuis gevind. Haar stokperdtjie het gegroei, en Imbali Handcrafts was gebore.

Tuine en Tossels: 16 Mei 2012
Waterfall estate
Die Midrand area, tussen Pretoria en Johannesburg, is besig om te ontluik as een van die gewildste residensiële areas in Gauteng. Ons kuier by twee argitekte wat juis 'n huis in hierdie area gebou het en nou self daarin bly en dit sommer gebruik as 'n skouhuis om vir hul kliënte idees te wys.
Magi se wenk
Wanneer dit kom by goeie dekorraad is Magi Malan altyd op shaar pos. Met al haar slim idees maak sy dekorprojekte sommer kinderspeletjies.
Affies skooltuin
Affies Meisies, ook bekend as Die Afrikaans Hoër Meisiesskool, is 'n spogskool in die hartjie van Pretoria. Die skool het die mooiste ou skoolgeboue en vandag het ons die voorreg om deur hulle pragtige en baie spesiale skool-tuine te gaan stap.
Affies roos
Boom: Rocktail Bay
In plaas van ons weeklikse plant van die week fokus ons vandag op 'n groot boom wat ons in die Noorde van KwaZulu-Natal raakgeloop het.
Elandri: winkels toe
Ons is mos altyd op die uitkyk vir nuwe, interessante en soms net sommer lawwe nuwe goed in die winkels. Elandri het op 'n kleurvolle balletjie afgekom.
Plant stokkies
Ons kyk na 'n trotse Suid Afrikaanse produk wat geweldig gewild oorsee is. Snaaks genoeg is die produk nie baie bekend in Suid Afrika nie, maar dis 'n wonderlike klein stokkie vir jou binneshuise plante!

Tuine en Tossels: 9 Mei 2012
Rosemary Manor
Indien jy hierdie jaar heeltemal deurmekaar is en nou maar net nie weet wat om vir jou ma te kry of te doen vir Moedersdag nie, waarom neem jy haar nie uit vir 'n lekker koffie kuiertjie nie? Hierdie storie handel oor 'n ma van 9 kindertjies wat haar huis en tuin een maal per maand vir jan publiek oopmaak as 'n mark en teetuin.
Tuin in Benoni
Daar was onlangs 'n ooptuingeleentheid in Benoni aangebied en ons moes net gaan inloer om na al hierdie pragtige tuine te gaan kyk! Maar ons het dit nie alleen aangepak nie - nee, ons het onse tuinkenner, David Viljoen, saamgesleep om sy opinie omtrent die tuine vir ons te gee!
Hart vir Moedersdag
Om vir daardie spesiale moeder-figuur in jou lewe te wys hoeveel sy vir jou beteken, waarom gee jy nie vir haar 'n hartjie nie? Renske het op 'n spesiale een afgekom.
Elandri en haar ma praat oor Moedersdag geskenke
Indien jy 'n mamma is, hoop ons dat jy 'n baie spesiale Moedersdag gaan hê en dat jy sommer BAIE bederf gaan word!
Plant van die week:
Ons plant van die week is die wilde dagga plant.

Tuine en Tossels: 2 Mei 2012
Alberton Huis
Hierdie is 'n inspirerende storie oor 'n huis wat maar net 'n gewone huis sou wees. Maar met 'n paar slim idees en sommer hope liefde, het dit in iets baie spesiaal verander.
Magi wenk: Groeperings
Indien jy met jou hande in jou hare sit oor die dekor in jou huis - moenie verder bekommerd wees nie! Ons dekorkenner, Magi Malan, is weer op haar pos om haar kennis met ons te deel. Sy gesels oor hoe om ornamente te groepeer sodat dit 'n lus vir die oog is, asook gebalanseerd.
Plante: Plectranthus JazzIt UP
Dis tyd om jou tuin so bietjie op te "zhoes". En ons het die perfekte plant vir daardie taak!
David: Vertikale tuin vir groente en kruie
David Viljoen is nie net 'n plant- en tuinentoesias nie - hy is 'n gekwalifiseerder tuinboukundige en plantekenner. Ons span klop gereeld aan sy deur indien ons onseker is oor 'n plant of iets. Maar dis David se oulike en nuwe idees oor tuinmaak wat ons baie opgewonde maak. Hy het weereens 'n fantastiese idee vir jou tuin!
White Lies Koffiekuier
Na harde werk is dit altyd tyd vir 'n lekker koppie koffie. En ons het weer 'n heerlike plek gevind vir jou volgende koffie kuiertjie!

Tuine en Tossels: 25 April 2012
Bed of plants by SANA
'n Kwekery is 'n wonderlike plek om te gaan soek vir tuin idees, so wanneer 'n klomp kwekerye die dag 'n sametrek hou, dan weet jy, hier gaan sommer heelwat idees wees om huis toe te neem! David Viljoen het 'n draai gaan maak by vanjaar se SANA skou - die Suid Afrikaanse Kwekery Vereeniging se jaarlikse skou. En hy het hope pret gehad!
Magi wenk – Patrone
Daar is 'n paar eenvoudige reels wat gevolg moet word wanneer dit by dekor kom. As jy hierdie basiese beginsels volg, kan dit 'n reuse verskil aan 'n vertrek maak! Die dekor-ghoereo,Magi Malan, is nie net kreatief nie, maar sy is ook 'n baie praktiese vrou.
Babylonstoren tuin 2
Ons het ‘n paar weke gelede gaan inloer by die ongelooflike Babylonstoren tuin. En soos belowe kuier ons vir 'n tweede keer daar! Want met 3.5 hektaar se plant-paradys, is daar net soveel om te sien, in te neem en te waardeer.
Kunstenaar se huis en tuin
Wanneer jy 'n kunstenaar al vir meer as 40 jaar is, dan betek en dit dat kreatiwiteit totaal en al deel is van jou bestaan. En dis van selfsprekend dat kreatiewe idees ook deel sal vorm van jou woning - binne en buite.
Plastiese Proteas
Daar is niks so mooi soos 'n groot bos blomme in jou huis nie, maar ongelukkig het dinge deesdae so duur geraak, dat 'n mens nie aldag 'n vars bos blomme kan bekostig nie! Maar dit hoef jou nie te keer nie - want Elandri het op 'n interessante idee afgekom waar jy "blomme" steeds deel kan maak van jou lewe.
Paul: iets interessants met ou meubels
Ou meubels kan soms, wel, OUD en vervelig vertoon! Praktiese Paul is weer op sy pos om ons te wys hoe n ou meubelstuk 'n nuwe lewe kan kry en sommer kan pas in 'n moderne omgewing.

Tuine en Tossels: 18 April 2012
Incanda leermeubels
Meubels wat van leer gemaak is, kan soveel vir jou huis beteken en hulle waarde strek verder as net hul mooi voorkoms. Ons het by 'n kenner gaan aanklop om meer te leer oor leermeubels.
Plant van die week: Salvia ‘Wendy’s wish’
Griquastad tuin
Halfpad tussen Kimberley and Groblershoop het ons ‘n oase van groen gevind tussen die vaal landskap van die Kalahari.
Wenk: Solarliggie
Groblershoop dekor
Ons volgende storie vind plaas in 'n klein Noord-Kaapse dorpie. Soos gewoonlik het hierdie klein dorpie ons verras met sy kreatiwiteit en opvallende mooigoed! Kom kuier saam en verlustig jou aan die mooi dekor in Groblershoop.
Kyk na foto's van die episode.
Gaan terug na die Tuine en Tossels webblad.

Tuine en Tossels: 11 April 2012
Ryk Neethling se Huis
Ryk Neethling is ewe bekend vir sy vermoë om soos 'n vis in die water te swem, as wat hy is vir sy pragtige gespierde lyf! So, dis heel te verstane dat ons hard probeer het om hom sonder sy hemp te sien, maar heellaas...so gelukkig was ons toe nie! Hy was eerder meer bereid om sy pragtige huis vir ons te wys!
Kombuiskaste
Elandri het raad
Sana – veg in 'n hangmandjie
Tydens die jaarlikse Suid Afrikaanse Kwekery Vereeniging se sametrek en uitstalling word daar baie nuwe plante bekend gestel. Ons nuuskierigheid was groot en ons moes net gaan inloer.
Thuru Lodge
Net buite die oulike dorpie van Groblershoop in die Noord- Kaap het ons op pragtige en oulike oornag-akkomodasie afgekom! Die Thuru Lodge is voorwaar 'n wonderlike oase in die middel van die droë Kalahari woestyn!
Groblershoop Tuin
Wanneer 'n mens 'n tuin moet maak in 'n area wat amper altyd 'n tekort aan water het, dan moet jy kreatief begin dink en beplan! Maar hierdie uitdaging is een wat Maggie Venter terdeë geniet. Sy deel vandag haar pragtige Noord-Kaap tuin met ons.

Tuine en Tossels: 4 April 2012
Babylonstoren Tuin
Hierdie is 'n baie spesiale storie. Dit handel oor 'n formele tuin waar vrugte en groente baie prominent in die tuin aangetref word! Dis was fassinerend om te sien en 'n beslisde MOET om met kykers te deel.
Buite Ekspo Swellendam en Magi Malan: Koekstaanderwenk
Die Tuin en Tossels aanbieders was 'n paar weke gelede by twee verskillende geleenthede waar ons ons kykers ontmoet het en mooimaakadvies uit gedeel het. Die een was tydens Finesse se Voelgoed Ekspo in Pretoria en die ander by kykNET se Buite Ekspo in Swellendam. Indien jy nie een van die geleentede kon bywoon nie, moenie bekommerd wees nie - hier is 'n kykie na wat ons alles aangevang het!
Design Indaba
Indien jy 'n dekorliefhebber is, dan weet jy dat dekorskoue soos die Design Indaba die perfekte plek is om te gaan soek vir nuwe en innoverende idees. Wel, Paul was so ingenome met vanjaar se Design Indaba in Kaapstad, dat ons gesukkel het om hom daar uit te kry.
Elandri wenk: Paaseiers
Hierdie komende naweek is Paasnaweek en dis mos die ideale tyd om familie en vriende oor te nooi en hulle te bederf met n oulike paasfees-idee of twee. Indien jy nie baie kreatief op hierdie stadium voel nie, hier is 'n oulike idee!
Johan Buys se tuin
Ons kuier vandag by 'n tuinentoesias wat selfs uit 'n siekbed opgestaan het om sy passie vir tuine en plante met ons te deel! Sy tuin is reg agter die Botaniese Tuine in Pretoria geleë en hoef nie 'n tree terug te staan vir sy groot neef oorkant die pad nie! Kom ons gaan kuier in Johan Buys se pragtige tuin!

Tuine en Tossels: 7 Maart 2012
Thaba-Ya Batswana Eco Hotel
Ons woon in 'n pragtige land wat ryk is aan kultuur en geskiedenis! Ons het op 'n omgewingsvriendelike hotel afgekom wat die herkoms van die Tswana mense hier in Gauteng vereer. Dis n pragtige hotel met 'n GROOT hart!
David: Stroop vir jou voëls
Om voëls na jou tuin te lok, is 'n absolute MOET vir enige tuin en natuurliefhebber. So waarom maak jy dit nie 'n 5 ster ondervinding met behulp van 'n voëlbak en -voerder nie? David vertel ons hoe.
The Cabins
Geloof, Hoop, Liefde en Vrede is die basis waarop hierdie tuis-gaan verblyf gebasseer is! Dis 'n kombinasie van moderne, sowel as aardse elemente en gevul met baie liefde.
Paul: Skroewe
Ons eie Praktiese Paul is weer op sy pos om ons meer te vertel van skroewe. Want as jy gedink het 'n skroef is maar net nog 'n skroef, dink weer!
2nd Cup Deli
Ons het onlangs 'n draai gemaak by die 2nd Cup koffiewinel in Johannesburg. So groot was Nadia se verbasing toe sy ook hoor van die 2nd Cup Deli - ons moes net gaan inloer!
Bladsy 1 van 4 |

Tuine en Tossels: 16 Mei 2012 foto's
Ons kyk na 'n trotse Suid Afrikaanse produk vir jou binnehuise plante en kyk na die Afrikaans Hoër Meisiesskool se mooi tuine.
Tuine en Tossels: 2 Mei 2012 foto's
Magi Malan wys kykers hoe om ornamente te groepeer en ons gaan drink koffie by White Lies.
Tuine en Tossels: 25 April 2012 foto's
David besoek die Suid-Afrikaanse Kwekery Vereeniging se jaarlikse skou en Elandri gee idees wat jy met plastiese blomme kan doen.
Tuine en Tossels: 18 April 2012 foto's
Ons het by 'n kenner gaan aanklop om meer te leer oor leermeubels en kyk na die mooi dekor in Groblershoop.
Tuine en Tossels: 4 April 2012 foto's
Vind uit wat ons aanbieders by die Voelgoed Ekspo en kykNET Buite Ekspo gedoen het en vind inspirasie vir Paasfees!
Tuine en Tossels: 7 Maart 2012 foto's
David wys vir kykers hoe om 'n voëlbak en -voerder te maak en ons gaan kuier by die 2nd Cup Deli in Johannesburg.
Tuine en Tossels: 29 Februarie 2012 foto's
'n Kenner wys hoe jy loodglas kan aanwend in jou huis en ons wys 'n inspirerende storie oor blinde mense wat plantbokse maak.
Tuine en Tossels: 22 Februarie 2012 foto's
David wys ons hoe om 'n tuin met tuinpotte mooi te maak en vind uit hoe om 'n tuinkamer te skep.
Tuine en Tossels: 15 Februarie 2012 foto's
Ons kuier by 'n glaskunstenaar wat baie spesiale en interessante glasitems maak en besoek 'n pragtige tuin in Clocolan.
Tuine en Tossels: 8 Februarie 2012 foto's
Ons kuier by een van die wenners van die Orbaro tuinkompetisie en besoek Parys met sy oulike dekorwinkeltjies.Bladsy 1 van 4 |

Ons kuier by die Buite Expo
Tuine en Tossels gaan by die kykNET Buite Expo wees van 23 - 25 September en hou ook 'n spesiale damesoggend!Lees Meer

Renske leef haar kinderdroom uit
Renske kom uit 'n baie 'dramatiese' gesin. Sy vertel meer oor haar grootwordjare en waar haar liefde vir drama gebore is.Lees Meer

Kinders laat haar lag
Renske Jacobs, een van Tuine en Tossels se aanbieders, vertel hoekom kinders haar laat lag en wat haar regtig gelukkig maak.Lees Meer

Smulpot van emosie
Tuine en Tossels-aanbieder Nadia Beukes was tot onlangs te sien in die musiekspel, Tree Aan. Sy glo die krag van dié musiekspel lê in die verskeidenheid van lewensgetroue gebeure wat uitgebeeld word...Lees Meer

'n Besige man!
Paul het beslis nie te min werk om sy hande mee besig te hou! Vind uit watter ander werk hy doen, sowel as watter interressante sportsoort hy beoefen.Lees Meer

Raai wie is 'n blou apie?
As jou kinders na programme op Koowee kyk, kyk 'n bietjie mooi - Nadia vertolk een van die karakters. Dis net een van 'n paar goed wat jy dalk nie van haar geweet het nie.Lees Meer

Derrich hou nie van vroeg opstaan nie!
Derrich geniet sy werk, maar hy hou nie daarvan om vroeg op te staan nie! Hy vertel ietsie wat min kykers van hom wees en so 'n paar ander dinge...Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |

Tuine en Tossels kontakdetails: 16 Mei 2012
Vind meer uit oor die Dream House Workshop, die huis in die Waterfall woonarea en vele meer!Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 2 Mei 2012
Ons vertel kykers waar om die plant van die week te vind en verskaf die kontakbesonderhede van die koffiewinkel in die episode.Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 25 April 2012
Vind uit waar jy Linky Studios kan vind, sowel as waar ons die idee van die plastiese proteas gevind het...Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 18 April 2012
Besoek gerus Hooggelegen Lodge in Groblershoop, waar ons die insetsel oor dekor gedoen het. Hier's nog kontakbesonderhede uit die episode.Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 4 April 2012
Besoek Babylonstoren se webtuiste, wie die pragtige tuin in die episode geskep het en heelwat meer kontakbesonderhede!Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 7 Maart 2012
Besoek gerus die Thaba-Ya-Batswana-Eco-Hotel-and-Spa en The Cabin Farm Stall & Deli. Hier's die kontakbesonderhede...Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 29 Februarie 2012
Wonder jy waar jy die pragtige loodglas kan vind wat ons op die program gewys het of waar The Angels Place Boutique Hotel geleë is? Vind hier uit...Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 22 Februarie 2012
As jy gehou het van die reënvanger wat ons gewys het in die program of wil uitvind waar jy die teelpot in die hande kan kry, loer gerus hier vir kontakbesonderhede...Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 15 Februarie 2012
Besoek gerus die Walibri Art Glass winkel en koop die Expresso maker. Jy kan dit hier vind...Lees Meer

Tuine en Tossels kontakdetails: 8 Februarie 2012
Vind uit waar die oulike winkeltjie in Parys is wat ons besoek is, sowel as waar jy Oh Ma Lela's kan besoek.Lees Meer
Bladsy 1 van 4 |











