kykNET se aktualiteitsprogram, Robinson Regstreeks, word lewendig uitgesaai vanuit die M-Net-ateljee in Randburg. Die program word aangebied deur Freek Robinson, een van SA se mees gerespekteerde joernaliste in ondersoekende uitsaai-joernalistiek. Die program bestaan uit onderhoude met gaste, insetsels oor sekere kwessies en bevat ondersoekende joernalistiek.

Woensdagaande om 21:00; Maandae @ 14:00; Dinsdae @ 10:30; Woensdae @ 0:00

Vir enige navrae, stuur gerus 'n epos na freek@foxwood.co.za of kontak 011 544 1135.

Nuus

Vertroue in jouself en in jou voorbereiding is baie belangrik

Freek het oor die jare geleer 'n dik vel ontwikkel - dis dié dat hy enigeen met wie hy 'n onderhoud voer so goed kan hanteer.

Lees Meer

Wat min mense van Freek weet...

Freek Robinson vertel na wat hy graag op TV kyk, waar hy graag vakansie hou en die een ding oor homself wat nie algemeen bekend is nie.

Lees Meer

Lug jou mening

Robinson Regstreeks het 'n blad op Facebook waar jy oor die program met ander aanhangers kan gesels.

Lees Meer

Meer Nuus

Freek Robinson

Freek Robinson is gebore in Pretoria, maar is gou daarna saam met die gesin Afrika in - Malawi, Zambie en Zimbabawe. Na vyf jaar van rondswerf, is die gesin Transkei toe. Daar het hy eers in Lusikisiki gebly. Hy het skool toe begin gaan in Umtata as koshuisleerling.

In sy middeljare het Freek se pa besluit om medies te swot. Hulle het toe Pretoria toe getrek. Daar het dit maar broekskeur gegaan, maar sy pa het klaar gemaak en weer Transkei toe getrek om as dokter te praktiseer. Freek moes agterbly en loseer terwyl hy in matriek was.

Na skool is hy Tukkies toe om BA te studeer, gevolg deur 'n honneurs in Afrikaanse letterkunde.

Hy het sy joernalistieke loopbaan begin by die destydse Oggendblad as sub in die nagkantoor.

Met die begin van televisie het hy aansoek gedoen en 'n pos gekry by die SAUK se TV-Nuus.

Sy eerste groot vuurdoop as joernalis was om verslag te doen oor die Soweto-onluste waar hy amper sy lewe verloor het.

Aan die begin van die tagtigs het hy parlementere verslaggewer geword.

In 1985 word hy uitvoerende regisseur van die aktualiteits-program Netwerk.

Vanaf 1988 tot 1991 was hy Europese korrespondent gebaseer in Londen.

Hy kom terug na Suid-Afrika as uitvoerende regisseur en aanbieder van Agenda op 'n Sondagaand.

Tydens die 1994-verkiesing was hy die voorsitter van verskeie regstreekse politieke debatte regoor die land asook die voorsitter van die debat tussen Nelson Mandela en F.W. de Klerk.

Na '94 is aktualiteitsprogramme almal saamgesmelt en Fokus/Focus genoem. Freek was die uitvoerende regisseur en aanbieder van die Sondagprogram.

Die program en Freek het verskeie pryse gewen, onder meer van Vodacom en die Commonwealth Broadcasting Association.

In 2008 verlaat Freek TV-nuus en kry 'n pos by die Kommunikasie-department van die SAUK. Hy bly egter aan as aanbieder van Fokus. 'n Jaar later bedank hy toe hy die aanbod kry om ook die program Praat Saam op RSG aan te bied.

Aan die begin van 2010 word hy die posisie aangebied om aanbieder te wees van 'n nuwe aktualiteitsprogram op Kyknet: Robinson Regstreeks.

In Julie van dieselfde jaar vra e-TV hom om een van die ankers te wees van die nuwe eNuus op kykNET.

Freek is getroud met Liza, 'n televisie-regisseur. Hulle het twee seuns.


Robinson Regstreeks: 16 Mei 2012

Ons gesels oor Akademia, ‘n nuwe privaat Afrikaanse afstandonderriginstelling vir hoëronderwys.

Akademia, ‘n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ‘n splinternuwe privaat Afrikaanse afstandonderriginstelling vir hoëronderwys. Die instelling skop vanjaar af met vier onderrigprogramme en kan so vroeg as volgende jaar sy eerste graad aanbied. Daar is alreeds 6 leersentrum opgerig en klasse word van Pretoria deur telematiese tegnologie na die ander leersentrums uitgesaai.
Ons vra die vraag, is ‘n Afrikaanse Universiteit regtig nodig?
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 9 Mei 2012

‘n In-diepte gesprek met Dr. Wouter Basson, destyds hoof van die Apartheidsregering se biologiese en chemiese oorlogvoeringsprogram.

‘n In-diepte gesprek met Dr Wouter Basson, hartspesialis, en destyds hoof van die Apartheidsregering se biologiese en chemiese oorlogvoeringsprogram.

Het hy etiese reëls oortree, was sy optrede geregverdig gedurende die tyd en behoort hy as dokter te kan praktiseer?
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 2 Mei 2012

Ons vra Oud-polisiehoof George Fivaz en kenners waaraan hulle die verval in die polisie toeskryf...

Onlangse artikels oor  wanpraktyke en korrupsie in die topstrukture van die polisie is onstellend. Ons vra Oud-polisiehoof George Fivaz en kenners waaraan hulle die verval toeskryf en wat gedoen moet word om vertoue te herstel.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 25 April 2012

Ons spesiale gas is Pik Botha. Hy was 17 jaar minister van buitelandse sake en hy word 80.

Ons spesiale gas is Pik Botha. Hy was 17 jaar minister van buitelandse sake en hy word 80. Hy’s nou afgetree en kyk terug op sy eie loopbaan, praat oor wat hy anders sou gedoen het en wat vir hom belangrik.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 18 April 2012

Die vermoorde Matie-student, Inge Lotz, se pa, Prof Jan Lotz, praat sy hart uit...

Die raaiselagtige moord op die die Matie-student Inge Lotz in Maart 2005 het die land geskud. Die moordenaar is nooit vasgetrek nie.

Inge Lotz se pa, Prof Jan Lotz praat sy hart uit-  oor jare van smart en die soeke na antwoorde.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 8 April 2012

Ons bring twee inspirerende stories van hoop. In beide gevalle was daar medies min hoop...

Ons bring twee inspirerende stories van hoop. In beide gevalle was daar medies min hoop, tog het twee spesialiste besluit om ‘n kans te waag en kinders se lewens te red.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 1 April 2012

Ons praat met bekende vervaardigers en akteurs oor die oplewing van die Afrikaanse rolprentbedryf.

Die Afrikaanse rolprentbedryf  beleef ‘n oplewing. Ons praat met bekende vervaardigers en akteurs van die silwerdoek, oor wat dit vat om ‘n gewilde fliek te maak.
Lees Meer

Robinson Regstreeks, 25 Maart 2012

Freek gesels met die Minster van Finansies, Pravin Gordhan oor belangrike kwessies wat belastingbetalers raak.

‘n Eksklusiewe onderhoud met die Minster van Finansies, Pravin Gordhan oor belangrike kwessies wat belastingbetalers raak. Ons praat oor die ekonomiese toekoms van die land, nasionalisering, die petrolprys, tolpaaie, staatstoelae en ekonomiese groei.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 18 Maart 2012

Ons hoor die aangrypende storie van ‘n meisie wat vasgevang was in mensehandel en kenners gee hul perspektief.

Mensehandel of moderne slawerny is aan die toeneem. Sindikate gebruik beloftes van hoogbetaalde werk of opleiding om kwesbare mense te lok. Tenspyte daarvan dat mensesmokkelary meestal in arm gemeenskappe gebeur meen kenners dat enigiemand kwesbaar is om ‘n slagoffer te word.

Ons hoor die aangrypende storie van ‘n meisie wat vasgevang was in mensehandel en haar stryd om te ontsnap. Kenners gee ‘n perspektief oor die erns daarvan en die steel van iemand se identiteit en menswees.
Lees Meer

Robinson Regstreeks: 11 Maart 2012

Ons bespreek renosterstropery en wat gedoen moet word om die gewetenlose stropersindikate te stop.

Die wreedaardige slagting van renosters het die afgelope jaar met 34% toegeneem.

Ten spyte van voorstelle, betogings en planne om renosterstropery te stop word meer  as 2 renosters  per dag geslag vir hulle horings. Renosterhoring verkoop vir ongeveer 40 000 dollar per kilogram en word in China gebruik vir sogenaamde medisinale kwaliteite. In die Kruger Wildtuin is 252 diere verlede jaar gestroop.

In die episode vra ons wat moet gedoen word om die gewetenlose stropersindikate te stop.

Ons wil sensitiewe kykers waarsku dat die beelmateriaal onstellend is en ‘n ouderdomsbeperking van 13 het.
Lees Meer

Bladsy 1 van 5 |

Robinson Regstreeks: 11 Maart 2012 - Renosterstropery

Freek gesels met Wanda Mkutshulwa, kommunikasiehoof van Sanparke oor die kwessie van renosterstropery en wat daaraan gedoen word.

Robinson Regstreeks: 12 Februarie 2012 – Dieet

Die meeste van ons het ‘n oneindige stryd teen daardie vetrolletjies wat net nie wil weg nie. Navorsing toon dat 2 uit elke 3 Suid-Afrikaners oorgewig is en dat ons die derde vetste nasie in die wêreld is. Ons gesels met Prof Tim Noakes, sportwetenskaplike wat onlangs sy filosofie oor dieet handomkeer verander het en Simoné du Toit, Suid-Afrika se voorste gewigstoter wat 46 kg verloor het deur haar dieet te verander en harde oefening. Kom kyk wat is hul geheime.

Robinson Regstreeks: 5 Februarie 2012 – Korrupsie

Die korrupsie –waghond gaan klas-aksies onderneem en siviele eise instel teen korrupte staatsamptenare en tenderpreneurs om die miljarde rande terug te kry wat hulle uit die staatskas plunder. Daar word geraam dat die staat R 30 miljard per jaar deur korrupsie verloor. Die “Corruption Watch” inisiatief is verlede week bekendgestel. Hoe gaan hulle korrupsie en bedrog hokslaan?

Robinson Regstreeks: 29 Januarie 2012 - Gehalte Van Onderwys

Ons kyk na skole, met die klem op taal en toelating. Wie besluit en hoe kan dit die kwaliteit van onderrig beinvloed?

Robinson Regstreeks: 22 Januarie 2012 - Johan Kotzé

Die hele land is aangegryp deur die grudade van Johan Kotzé. Hy staan terreg op 17 aanklagte van onder meer, moord, verkragting en menseroof. Ons vra, hoe raak ‘n vrou betrokke by so ‘n vernietigende verhouding, dat sy nie uit die kloue van so ‘n man kan ontsnap nie? Hoekom word monsters in die samelewing geduld? Ons hoor van die familie se hartseer en ook van kenners oor gevaartekens en hoe om te dit te hanteer.

Robinson Regstreeks: 8 Januarie 2012 - Oscar Pistorius

Hy word genoem die vinnigste man op aarde sonder bene. Oscar Pistorius is ‘n internasionale sport-ikoon, maar hy word ook hoog geag vir die mens wat hy is. Vanaand is hy ons spesiale gas.

Robinson Regstreeks: 13 November 2011 - Afrikaans By Die Universiteit van Stellenbosch

Ons gesels met oud-Maties wat ‘n mosie van wantroue steun teen die US-bestuur se hantering van Afrikaans en hoor ook van die Rektor, Prof Russel Botman wat is tans die stand van Afrikaans aan die Univesiteit van Stellenbosch.

Robinson Regstreeks: 6 November 2011 - Koos Bekker

Ons praat met Koos Bekker, Suid-Afrikaanse mediameester, die bestuurshoof van Naspers en ‘n stigterslid van M-Net. Hy praat oor wat hom inspireer, sy passies, sy visie vir die toekoms, entrepreneurskap en 25 jaar van betaaltelevisie in Suid-Afrika.

Robinson Regstreeks: 23 Oktober 2011 - Adv. Thuli Madonsela

‘n Indiepte gesprek met Advokaat Thuli Madonsela, die openbare beskermer, oor haar vasberadenheid om onafhanklik te bly en seker te maak dat staatsgeld reg aangewend word. Ons vra haar oor intimidasie wanneer sy staatsamptenare aan die kaak stel, wat haar inspireer en of sy glo sy die stryd teen korrupsie wen.

Robinson Regstreeks: 16 Oktober 2011 – Gesondheidsversekering

Ons bespreek die onderwerp van gesondheidsversekering. Kenners lug hul mening.

Bladsy 1 van 2 |

Vertroue in jouself en in jou voorbereiding is baie belangrik

Freek het oor die jare geleer 'n dik vel ontwikkel - dis dié dat hy enigeen met wie hy 'n onderhoud voer so goed kan hanteer.
Lees Meer

Wat min mense van Freek weet...

Freek Robinson vertel na wat hy graag op TV kyk, waar hy graag vakansie hou en die een ding oor homself wat nie algemeen bekend is nie.
Lees Meer

Lug jou mening

Robinson Regstreeks het 'n blad op Facebook waar jy oor die program met ander aanhangers kan gesels.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds