Die spitsvondige Rian van Heerden is terug op kykNET! In die nuwe Rian reeks gaan Rian weer met bekendes en minder bekendes gesels om uit te vind wat laat hulle doen wat hul doen en sê wat hul sê.

Rian gaan ook satiriese kommentaar lewer op sake van die dag of die goed wat hom, en dalk vir jou ook, dwars in die krop steek. Wees gewaarsku, iewers gaan hy sekerlik op iemand se tone trap.

Donderdae @ 21:00; Vrydae @ 16:00; Saterdae @ 04:00; Sondae @ 04:30; Dinsdae 03:30.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan rian@kyknet.co.za

Nuus

Straatverwarring

Ons almal weet teen hierdie tyd dat 25 stratename in Pretoria gaan verander. Strate soos Andries, Koningin Wilhelmina, Potgieter en Van der Walt straat, sal binnekort nuwe name dra.

Lees Meer

Hondgevare

Die vriendelike mense by die Pet Health Centre was onlangs vriendelik genoeg om ons te waarsku teen die dinge wat jy eintlik nie vir jou hond moet voer nie...

Lees Meer

Plakkate by verkeersligte...

Rian van Heerden meen dat bedelaars by verkeersligte nie genoeg moeite doen met hul plakkate nie. Hulle moet meer kreatief raak...

Lees Meer

Mense is maar verward oor vrugte...

Rian van Heerden, aanbieder van Rian, vertel hoe verward hy was nou die dag toe hy 'n piesang wou eet, want op die boks staan daar swart op wit: 'Ready to Eat'...

Lees Meer

Dít doen Rian in sy vrye tyd

Ons het vir Rian van Heerden gevra wat hy graag doen in sy vrye tyd en wat hy graag meer gereeld sou wou doen...

Lees Meer

Gewóne mense, dís sy passie

Hy is al die boereweergawe van Jerry Springer genoem, maar nee, sê hy, hy is maar net wie hy is: Rian van Heerden.

Lees Meer

Bruin skoene se skuld

Rian van Heerden kan nie onthou wanneer laas hy ’n slag bedank het nie. Tog, hy wás in die verlede aspris, maar hy ken nou sy grense, sê hy.

Lees Meer

Die man agter Rian...

Daar is min mense wat neutraal staan teenoor Rian van Heerden. Maar gesels jy met hom, verander die persepsies...

Lees Meer

Rian, ongesensor

Rian van Heerden is in sy loopbaan méérmale gedagvaar en gesensor as enige ander in dieselfde beroep. Hy gesels oor sensuur en meer...

Lees Meer

Meer Nuus

Rian van Heerden

Rian se volle doopname is Rian Esli van Heerden. Gebore 2 November 1973. Hy het skoolgegaan by Hoërskool Waterkloof (matriekklas 1991) en toe sy LLB graad verwerf by Tukkies. Sy radioloopbaan het draaie gaan loop by Tuks FM, Punt Geselsradio, Radio 702, OFM en mees onlangs, Jacaranda FM. Op televisie het hy bekendheid verwerf as aanbieder van die geselsprogramme Skuur, Voorblad en Rian. So tussendeur bied hy elke jaar as satirikus ‘n eenmansvertoning aan, skryf rubrieke vir tydskrifte en koerante en swot vir ‘n meestersgraad in maatskaplike sielkunde.

Rian: 17 Mei 2012

Twee jong maar gesoute grapkasse is Rian van Heerden se gaste in Rian: Melt Sieberhagen en Hannes Brummer.

Melt Sieberhagen & Hannes Brummer

Twee jong maar gesoute grapkasse is Rian van Heerden se gaste in Rian: Melt Sieberhagen en Hannes Brummer. Beide het jarelange ervaring van die vermaaklikheidsbedryf maar maak dit jou taak makliker om op ‘n verhoog te gaan staan en snaakse goed kwyt te raak? Wat is dan eintlik snaaks? Wat is nuut snaaks? En wanneer gee snaaks aanstoot? Rian gaan probeer om die truuks van grapvertel, uit te snuffel.
Lees Meer

Rian: 10 Mei 2012

Roelien Schutte en Eileen de Jager bedryf 'n besigheid wat forensiese tonele opruim. Hulle vertel vir Rian van hul werk. Nie vir sensitiewe kykers.

Roelien Schutte & Eileen de Jager

Nie vir sensitiewe kykers - PG 13

Die titel van hulle boek is “Bloedsusters” en die omslag waarsku dat dit nie vir sensitiewe lesers bedoel is nie. Met goeie rede. Dit is die verhaal van Roelien Schutte en Eileen de Jager wat ‘n besigheid bedryf wat forensiese tonele opruim… moord-, selfmoord- en ongelukstonele. Dis met seep en borsel en deernis en begrip, sê hulle, waarmee hulle opruim. Roelien en Eileen is die gaste van Rian van Heerden in Rian. Die program moet liefs deur sensitiewe kykers vermy word.
Lees Meer

Rian: 3 Mei 2012

Pik Botha, Evita Bezuidenhout en Rian saam? Dit kan sorg vir pret en die uitlap van ‘n geheimpie of twee!

Evita Bezuidenhout & Pik Botha

Dit was laas in 1994 toe Evita Bezuidenhout en Pik Botha saam voor die televisiekamera was in Pieter-Dirk Uys se reeks Funigalore. Amper twee dekades later maak hulle weer so, die slag as die gaste van Rian van Heerden in Rian. Beide het van politieke kleur verander en die ANC omhels… maar om eie en anderste redes. Pik, Evita en Rian saam? Dit kan sorg vir pret en die uitlap van ‘n geheimpie of twee.
Lees Meer

Rian: 26 April 2012

Zola Budd, of te wel Zola Pieterse, praat met Rian van Heerden in Rian oor haar roemryke en veelbesproke atletiek loopbaan.

On 1984, op 17-jarige ouderdom, het Zola Budd in Stellenbosch ‘n langafstand wêreldrekord gebreek… wat nie internasionaal erken is omrede Suid-Afrika toe in politieke ballingskap was. ‘n Olimpiese medalje is haar twee keer ontsê, eers as Britse atleet by die Olimpiese Spele in Los Angeles in 1984 en toe weer as Suid-Afrikaanse atleet by die spele in Barcelona in 1992. Baie jare later is sy vol hoop om ‘n ander gesogte eer los te slaan en die slag is dit in die Comrades marathon. Zola Budd, of te wel Zola Pieterse, praat met Rian van Heerden in Rian oor haar roemryke en veelbesproke atletiek loopbaan.
Lees Meer

Rian: 19 April 2012

Michael Abrahamson en Kevin Horsley het meesterlike geheuevermoëns omdat hulle die kunsies van geheue kon bemeester het.

Michael Abrahamson en Kevin Horsley

Om ‘n dik boek uit jou kop te kan leer en die vyf voorafgaande en daaropvolgende vyf woorde van enige vyf opeenvolgende woorde in enige sin in die boek, presies korrek te kan opsê… dis min of meer wat Rian van Heerden se twee gaste kan regkry. Michael Abrahamson en Kevin Horsley het meesterlike geheuevermoëns en sê dis nie omdat hulle super breins het nie maar wel omdat hulle die kunsies van geheue kon bemeester het.
Lees Meer

Rian: 12 April 2012

Beide Piet Rudolph en Eddie von Maltitz kom uit die regse politiek. Hulle gesels met Rian.

Eddie von Maltitz en Piet Rudolph

Eddie von Maltitz, die bekende melkboer van Ficksburg se wêreld, sê hy is geroepe om een van die leiers van ons land te wees. Behalwe dat hy hongersnood en aardverwarming wil hokslaan, wil hy ook die Amerikaanse geheime diens die stryd aansê omdat hulle met ons weerpatroon lol en die reën wegjaag. Piet Rudolph is bekend vir sy baklei-lus vir enige iemand en enige iets wat sy volk te na kom en was al diep in die moeilikheid oor sy opstandigheid teen gesag. Beide Piet Rudolph en Eddie von Maltitz kom uit die regse politiek. Is hulle verteenwoordigend van regses? Is hulle hoe die konserwatiewes in ons land dink en doen? Hulle praat met Rian van Heerden in Rian.
Lees Meer

Rian: 5 April 2012

Rian praat met Sandi Schultz en Jessica Foord, twee vroue wat gru seksuele aanvalle oorleef het.

Rian praat met Sandi Schultz en Jessica Foord, twee vroue wat gru seksuele aanvalle oorleef het en nou, elk op haar eie manier, woeker om ander slagoffers van seksuele geweld, met raad en daad by te staan.
Lees Meer

Rian: 11 Oktober 2011

Steve Booysen, die voormalige grootbaas van ABSA, gesels met Rian oor sy swaarkry kinderjare en hoe hy daaruit ontsnap het.

Hy sing karaoke, luister graag na sy jukebox, weier om tuinwerk te doen en sal nooit in ‘n karavaan of tent gaan vakansie hou nie. Steve Booysen, die voormalige grootbaas van ABSA, sê terwyl jy kan moet jy die dinge doen waaroor jy droom… en vir hom is dit om te kan woeker in die wêreld van kuns en vermaak. Steve gesels met Rian van Heerden in Rian oor sy swaarkry kinderjare en hoe hy daaruit ontsnap het om later tot aan die boonste sport van die bankwese se leer te kon klim.
Lees Meer

Rian: 4 Oktober 2011

Prof. Kobus van Rooyen, die voormalige voorsitter van die Sensuurraad, gesels met Rian oor die dun skeidslyn tussen dinge wat algemeen taboe is.

Prof. Kobus van Rooyen. Dit was soms verspotlik en soms polities-kleinlik soos die sensuurbase in die 1980s moes sny, toeplak of verban. Prof. Kobus van Rooyen, die voormalige voorsitter van die Sensuurraad, vertel hoe nadat die Scope-tydskrif van sensuur bevry is, verkope daarvan dramaties geval het en hoe die uitgewer kom smeek het dat die sterretjies moes terugkom om tog maar net weer kopers te kan lok. Prof. Van Rooyen gesels ook met Rian van Heerden in Rian oor die dun skeidslyn tussen dinge wat algemeen taboe is en wanneer dit in kunsvorm opgedis word.
Lees Meer

Rian: 13 September 2011

Victor Vermeulen is ‘n motiveringspreker sonder weerga en kom praat met Rian.

Christopher Reeves, die oorspronklike Superman… Arnold Schwarzenegger… Nelson Mandela… drie ikoniese figure… en al drie van hulle het hulde gebring aan ‘n uitsonderlike jong Suid-Afrikaner… Victor Vermeulen. En hoekom?, vra jy. Oor hy geweier het om in sak en as te gaan sit toe die noodlot tref en van hom ‘n kwadrupleeg maak. Victor Vermeulen is ‘n motiveringspreker sonder weerga en kom praat met Rian in Rian.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Rian: 10 Mei 2012 - Roelien Schutte en Eileen de Jager

Die titel van hulle boek is “Bloedsusters” en die omslag waarsku dat dit nie vir sensitiewe lesers bedoel is nie. Met goeie rede. Dit is die verhaal van Roelien Schutte en Eileen de Jager wat ‘n besigheid bedryf wat forensiese tonele opruim… moord-, selfmoord- en ongelukstonele. Dis met seep en borsel en deernis en begrip, sê hulle, waarmee hulle opruim. Roelien en Eileen is die gaste van Rian van Heerden in Rian. Die program moet liefs deur sensitiewe kykers vermy word.

Rian: 3 Mei 2012 - Pik Botha en Evita Bezuidenhout

Dit was laas in 1994 toe Evita Bezuidenhout en Pik Botha saam voor die televisiekamera was in Pieter-Dirk Uys se reeks Funigalore. Amper twee dekades later maak hulle weer so, die slag as die gaste van Rian van Heerden in Rian. Beide het van politieke kleur verander en die ANC omhels… maar om eie en anderste redes. Pik, Evita en Rian saam? Dit kan sorg vir pret en die uitlap van ‘n geheimpie of twee.

Kwêla: 25 April 2012 - Rian van Heerden

Sedert Rian van Heerden die radiostasie, Jacaranda 92.4 FM se oggendprogram oorgeneem het, is hy pal in die moeilikheid. Maar dié man wat nie op sy mond geval is nie, weet wanneer hy dinge te ver gevat het en is nie skaam om sy skuld te bely nie. Hy is ook aanbieder van Rian op kykNET en die nuwe seisoen het onlangs begin. Hy gesels met Coenie oor sy MTN Radio-toekenning en hoekom hy so gereeld in die sop beland.

Rian: 19 April 2012 - Michael Abrahamson en Kevin Horsley

Om ‘n dik boek uit jou kop te kan leer en die vyf voorafgaande en daaropvolgende vyf woorde van enige vyf opeenvolgende woorde in enige sin in die boek, presies korrek te kan opsê… dis min of meer wat Rian van Heerden se twee gaste kan regkry. Michael Abrahamson en Kevin Horsley het meesterlike geheuevermoëns en sê dis nie omdat hulle super breins het nie maar wel omdat hulle die kunsies van geheue kon bemeester het.

Rian: 12 April 2012 - Piet Rudolph en Eddie Maltitz

Eddie von Maltitz, die bekende melkboer van Ficksburg se wêreld, sê hy is geroepe om een van die leiers van ons land te wees. Behalwe dat hy hongersnood en aardverwarming wil hokslaan, wil hy ook die Amerikaanse geheime diens die stryd aansê omdat hulle met ons weerpatroon lol en die reën wegjaag. Piet Rudolph is bekend vir sy baklei-lus vir enige iemand en enige iets wat sy volk te na kom en was al diep in die moeilikheid oor sy opstandigheid teen gesag. Beide Piet Rudolph en Eddie von Maltitz kom uit die regse politiek. Is hulle verteenwoordigend van regses? Is hulle hoe die konserwatiewes in ons land dink en doen? Hulle praat met Rian van Heerden in Rian.

Rian: 11 Oktober 2011 - Steve Booysen

Hy sing karaoke, luister graag na sy jukebox, weier om tuinwerk te doen en sal nooit in ‘n karavaan of tent gaan vakansie hou nie. Steve Booysen, die voormalige grootbaas van ABSA, sê terwyl jy kan moet jy die dinge doen waaroor jy droom… en vir hom is dit om te kan woeker in die wêreld van kuns en vermaak. Steve gesels met Rian van Heerden in Rian oor sy swaarkry kinderjare en hoe hy daaruit ontsnap het om later tot aan die boonste sport van die bankwese se leer te kon klim.

Rian: 4 Oktober 2011 - Prof. Kobus van Rooyen

Prof. Kobus van Rooyen. Dit was soms verspotlik en soms polities-kleinlik soos die sensuurbase in die 1980s moes sny, toeplak of verban. Prof. Kobus van Rooyen, die voormalige voorsitter van die Sensuurraad, vertel hoe nadat die Scope-tydskrif van sensuur bevry is, verkope daarvan dramaties geval het en hoe die uitgewer kom smeek het dat die sterretjies moes terugkom om tog maar net weer kopers te kan lok.

Rian: 13 September 2011 - Victor Vermeulen

Christopher Reeves, die oorspronklike Superman… Arnold Schwarzenegger… Nelson Mandela… drie ikoniese figure… en al drie van hulle het hulde gebring aan ‘n uitsonderlike jong Suid-Afrikaner… Victor Vermeulen. En hoekom?, vra jy. Oor hy geweier het om in sak en as te gaan sit toe die noodlot tref en van hom ‘n kwadrupleeg maak. Victor Vermeulen is ‘n motiveringspreker sonder weerga en kom praat met Rian in Rian.

Rian: 6 September 2011 - Henrietta Gryffenberg

Henrietta Gryffenberg het NIE ‘n affair met haar tennisafrigter nie. Sy sê die lat is nou wel oulik maar dis omdat sy elke keer die bal oor die draad slaan, dat hulle so saam-saam vir lang rukke in die bos verdwyn om daarna te soek.

Rian: 30 Augustus 2011 - Magnus Heystek (Deel 2)

Die disselboom klop nie meer so lekker in die ekonomie nie… dit het sommer iewers langs die pad in die stof geval! Hoekom en hoe nou gemaak? Dis wat Rian in Rian vir Magnus Heystek vra.

Bladsy 1 van 2 |

Gaste op Rian

Elke week voer Rian van Heerden met 'n bekende, of kontroversiële, persoon onderhoud op Rian.

Agter-die-skerms by Rian

Kykers sien altyd net wat op voor die kamera gebeur op Rian. Hier's 'n kykie agter-die-skerms...

Bladsy 1 van 1 |

Straatverwarring

Ons almal weet teen hierdie tyd dat 25 stratename in Pretoria gaan verander. Strate soos Andries, Koningin Wilhelmina, Potgieter en Van der Walt straat, sal binnekort nuwe name dra.
Lees Meer

Hondgevare

Die vriendelike mense by die Pet Health Centre was onlangs vriendelik genoeg om ons te waarsku teen die dinge wat jy eintlik nie vir jou hond moet voer nie...
Lees Meer

Plakkate by verkeersligte...

Rian van Heerden meen dat bedelaars by verkeersligte nie genoeg moeite doen met hul plakkate nie. Hulle moet meer kreatief raak...
Lees Meer

Mense is maar verward oor vrugte...

Rian van Heerden, aanbieder van Rian, vertel hoe verward hy was nou die dag toe hy 'n piesang wou eet, want op die boks staan daar swart op wit: 'Ready to Eat'...
Lees Meer

Dít doen Rian in sy vrye tyd

Ons het vir Rian van Heerden gevra wat hy graag doen in sy vrye tyd en wat hy graag meer gereeld sou wou doen...
Lees Meer

Gewóne mense, dís sy passie

Hy is al die boereweergawe van Jerry Springer genoem, maar nee, sê hy, hy is maar net wie hy is: Rian van Heerden.
Lees Meer

Bruin skoene se skuld

Rian van Heerden kan nie onthou wanneer laas hy ’n slag bedank het nie. Tog, hy wás in die verlede aspris, maar hy ken nou sy grense, sê hy.
Lees Meer

Die man agter Rian...

Daar is min mense wat neutraal staan teenoor Rian van Heerden. Maar gesels jy met hom, verander die persepsies...
Lees Meer

Rian, ongesensor

Rian van Heerden is in sy loopbaan méérmale gedagvaar en gesensor as enige ander in dieselfde beroep. Hy gesels oor sensuur en meer...
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

Die heel eerste behoorlike braai...

In die Wonderwerk grot in die Noorde, ‘n paar kilo’s duskant Kuruman is onlangs bewyse gevind dat Suid-Afrikaners eerste begin braai het, rondom 1 miljoen jaar gelede.
Lees Meer

Hondgevare

Die vriendelike mense by die Pet Health Centre was onlangs vriendelik genoeg om ons te waarsku teen die dinge wat jy eintlik nie vir jou hond moet voer nie...
Lees Meer

Plakkate by verkeersligte...

Rian van Heerden meen dat bedelaars by verkeersligte nie genoeg moeite doen met hul plakkate nie. Hulle moet meer kreatief raak...
Lees Meer

Mense is maar verward oor vrugte...

Rian van Heerden, aanbieder van Rian, vertel hoe verward hy was nou die dag toe hy 'n piesang wou eet, want op die boks staan daar swart op wit: 'Ready to Eat'...
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds