Die groot sukses van die eerste twee reekse het Proesstraat trots besorg met ‘n SAFTA toekenning vir die beste komediese ensemble uit al die komiese reekse op Suid-Afrikaanse televisie in 2010!

Hierdie ensemble is weer te sien! Wikus du Toit, wat genomineer was as beste speler in ‘n komedie, Waldi Schultz, Pierre Breytenbach, Melt Sieberhagen, Esther von Waltsleben en Martelize Kolver gaan sorg vir lagwekkende situasies en baie pret in die volgende twee reekse, elk van 13 episodes. Die eerste begin op Maandag, 4 April om 20:00.

Om nie te praat van die bekendes wat in Proesstraat kom kuier nie!! Snotkop, Hannon die Glam Guru, Hanna Grobler, Thys die Bosveldklong en Andre Odendaal is van die celebs wat mal genoeg was om saam met die span te improviser en die gehore aan flarde te hê!!
Proesstraat is voor lewendige gehore opgeneem en elke lag is eg! So wat jy sien is presies wat gebeur, sonder teks of repetisie, op die plek uitgedink deur ‘n span talentvolle mense wat vreeslik vinnig op hulle voete kan dink.

Die reeks het tot 'n einde gekom.

Nuus

Waldi kook op Roer!

Waldi en sy vrou, Ira, was al gaste op Roer! gewees. Hulle het 'n heerlike papaja-, peer- en avokadovoorgereg, pasta en chilli poppers voorberei. Hier's die resepte.

Lees Meer

Proesstraat binnekort op DVD!

Goeie nuus vir Proesstraat-aanhangers - die vorige reeks sal vanaf September 2011 op DVD beskikbaar wees!

Lees Meer

Kuier saam met Wikus

Wikus het nou ook sy eie Facebook blad! Gesels met hom en mede-aanhangers en kyk na foto's van hom en die ander akteurs agter-die-skerms.

Lees Meer

Nog kaskenades op Facebook!

As jy die program geniet, maak 'n draai op ons Facebook blad! Vertel vir ons wie is jou gunsteling karakter, wat jy dink van die gasspelers en gesels met ander aanhangers van die program.

Lees Meer

Meer Nuus

Wikus du Toit

Wikus Du Toit wen onder andere twee FNB-Vita Toekennings vir sy spel in El Grande de Coca-Cola en play@risk. Hy ontvang ook in 1996 die deKat prys vir sy debuut op die KKNK met sy kabarert ‘Ses’. 

Wicus wen in 2005 die Nagtegaal/ KKNK Teksskryfkompetisie vir sy kabaret ‘10 gesprekke oor die man wat nie wou huil nie’, die eerste Afrikaanse musical “Antjie Somers” waarvan hy die mede-komposis was wen ‘n Fleur de Cap en hy wen ook die ATKV Crescendo Nasionale Sangkompetisie. 

Hy het kursusse bygewoon in Koormusiek aan die Universiteit van Graz in Oostenryk en ook in Sang aan NYU onder die meester van die musiekblyspel, John Kander wat verantwoordelik was vir werke soos Chicago en Cabaret. Hy’s genomineer vir twee Smeltkroes-pryse vir nuwe tekste by die Aardklop kunstefees en palm ook twee Aardvark nominasies in vir nuwe innoverende werk in play@risk en vir sy teks en regie van Elzabé Zietsman se vertoning smallchange.

Wicus was al in meer as 50 verhoogproduksies, 10 TV-reekse en vier films. Hy het ook gedien op inniBos Kunstfees se keuringspaneel en was ‘n beoordelaar vir die KKNK se Kanna-pryse. Hy is ook ‘n SAMA-beoordeelaar.

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen is ‘n Suid-Afrikaanse komediant, akteur en stemkunstenaar wat al sedert 2001 by die vermaaklikheidsbedryf betrokke is. Hy is ook ’n talentvolle draaiboekskrywer, regisseur en verskyn gereeld op TV en in films.

Kykers sal hom dalk onthou vir sy rolle in sepies soos Egoli, 7de Laan en Isidingo, sowel as in komedies soos Gabriël en Kompleks I en II en dramas, insluitende Een Skoenlapper, Song vir Katryn, Arsenaal, Jozi Streets en Scandal.

Op die groot skerm het hy rolle gehad in Oh Schuks, I’m Gatvol, Footskating 101 en Poena is Koning. Hy het ook al in verskeie TV-advertensies verskyn.

Pierre Breytenbach

Pierre is ‘n akteur van Pretoria wat by Tukkies Drama geswot het en sedertdien saam met akteurs soos Gys de Villiers en Frank Opperman en reggiseurs soos Deon Opperman en AJ van der Merwe op die verhoog gewerk het.

Hy het sy draai op TV gemaak in programme soos Egoli, 7de Laan en Generations. Hy het ook ’n paar jaar gelede die rol van Chris in Villa Rosa vertolk. Meeste kykers sal hom onthou van die werk wat hy saam met Casper de Vries in die Casper rasper show III en op Haak en Steek gedoen het, sowel as sy rol in kykNET se Spekskieters. Hy het ook al in verskeie TV-advertensies gespeel.

Pierre is ook ’n gesoute Afrikaanse komediant (soos kykers sal sien in Proesstraat!) en was deel van die groep akteurs wat die publiek so lelik uitgevang het in M-Net se Laugh out Loud.

Esther von Waltsleben

Teater

SNUF IN DIE NEUS
ANSELA VAN DE CAAB
GERTRUDE
KOMBUISBLUES
CABARET ELDERS AAN DIENS
DIE KEISER
DIE FRANCIOS TORIEN SHOW
ROOIKAPPIE
JAN EN DIE BOONTJIERANK
RAPONSIE
ORION
STORIES IS MOS KOS
HANDS OFF CHILDREN
DUIMPIE EN SY MAATS
GOOD FOOD MAKES FOR GOOD TIMES
MAKROMAN
A WOMAN ALONE
STORIES VAN VER EN STORIES VAN HIER

Waldemar Schultz

TOEKENNINGS
1992 Wenner van Fleur du Cap-toekenning - Mees Belowende Student
1990 Genomineer vir Fleur du Cap-toekenning - Mees Belowende Student
Ontvang die Dux-prys by die dramafakulteit van die Universiteit van Stellenbosch vir die beste standaard van praktiese werk vir vier jaar.
1988 Genomineer vir Fleur du Cap-toekenning - Mees Belowende Student

FILM
CATCH A FIRE/Gasverskyning
ARSENAAL/Gasverskyning
YOUNG VISION/Hoofrol

TELEVISIE
ROER!/Gas
DEELTITEL DAMES/Gasverskyning
7de LAAN/Jan-Hendrik Terreblanche
KEN JOU LAAN Speletjiesprogram/Aanbieder
NOOT VIR NOOT / Gasspeler
MAMMA, EK WIL ’N MAN HÊ/Verskeie
SOUTMANSLAND/Gasverskyning
HAGENHEIM: STRENG PRIVAAT/Gasverskyning
WOESTYNBLOM/Hoofrol

TEATER
AFSPRAAK – Volksbladfees; Woordpoort, Delo Produksies
IETS UIT NIETS
TWIST IN THE TALE
DIE RYK WEDUWEE
TWIST IN THE TALE
PQ AFRICA SALES CONFERENCE
MANEWALES
ONS HOU KONSERT
LA SERVA PADRONA
WAR AGAINST CRIME
JEIMS BLOND III - BOTTLE BLOND
HIERT JOU BLIKSEM!
DIE MAER MAN MET DIE GROEN TRUI

Nina Swart

TOEKENNINGS
2007 Genomineer as Beste Aktrise by die KKNK
2003 People’s choice Award vir Beste Sepie Aktrise
2002 People’s choice Award vir Beste Nuweling
2002 Avanti Nominasie vir Beste Ondersteunende Aktrise
1997 Genomineer vir Beste Aktrise - Universiteit van Stellenbosch

TELEVISIE
INTERROGATION ROOM/Captain Lesley Stanford
TRANSITO/Polisievrou
7de LAAN /Wilmien de Lange
KNOWN GODS/Nina
CHARLIE JADE/Gemma
PITSTOP/Aanbieder

TEATER
FESTEN
‘N ANDER TONGVAL
AFIKITI
DIE VRYERIGE SPOOK
SO IS EK GEBEK III
LUNCH GIRLS
ELECTRA
KINDERS VAN ATLANTIS
PARRADOX

TV REGISSEUR
-Inhoudsregisseur van Revlon Super Model 2006
-Boer soek ‘n Vrou

Martelize Kolver

TOEKENNINGS
2006
Genomineer vir Beste Ondersteunende Aktrise - Fleur du Cap
2003  Beste Ondersteunende Aktrise (Herald Showtime Toekennings)
2002 Beste Aktrise (Herald Showtime Toekennings)
1996 Genomineer as Mees Belowende Student (Fleur du Cap)
1995 Genomineer as Mees Belowende Student (Fleur du Cap)

TEATER
YSTERASTERS
EET ALLES
HAMLET
MOEDERS EN DOGTERS
VYF VOET VIER  
OTHELLO  
KING LEAR  
LAWWE GELUIDE
DERDE PARTY
DIE DIENSMEISIES /THE MAIDS
OM SOOS ‘N LYK TE LE
GROET DIE GROTVROU

INDUSTRIëLE TEATER
Old Mutual Industriële Teater Familiebesigheid

TELEVISIE
Geraldina
Woestynblom
Roer  (Gas)


Proesstraat: 26 September 2011

Dis die laaste episode van die reeks! Waldi neem deel aan ’n realiteitsdansreeks en vanaand is sy eerste dansles...

Die Dansklas

Waldi neem deel aan ’n realiteitsdansreeks en vanaand is sy eerste dansles. Sy pelle besluit om morele ondersteuning te kom gee, maar eintlik is hulle net nuuskierig en lus vir lag.
Lees Meer

Proesstraat: 19 September 2011

Martelize voel dat Waldi se woonstel ‘n ‘make-over’ nodig het...

Die Renovasie

Martelize voel dat Waldi se woonstel ‘n ‘make-over’ nodig het, en ‘n vriend van haar bied aan om ‘n gratis konsultasie te kom gee.
Lees Meer

Proesstraat: 12 September 2011

Pierre het die biblioteekjuffrou oorgenooi om haar te vra om hom te vergesel na die matriekafskeid...

Die Matriekafskeid

Pierre het die biblioteekjuffrou oorgenooi om haar te vra om hom te vergesel na die matriekafskeid. Hy gee voor Waldi se woonstel is syne.
Lees Meer

Proesstraat: 5 September 2011

Melt se 15 jaar skoolreünie lê voor, en hy het planne om sy eertydse klasmaats te beïndruk.

Die skoolreünie
Melt se 15 jaar skoolreünie lê voor, en hy het planne om sy eertydse klasmaats te beïndruk.
Lees Meer

Proesstraat: 29 Augustus 2011

Die Tuisnywerheid wat Melt vir sy oom bestuur is in die moeilikheid. Die vriende besluit om te help.

Koekloos

Die Tuisnywerheid wat Melt vir sy oom bestuur is in die moeilikheid, omdat al die lede, behalwe Lid 1 staak. Die vriende is bereid om in te spring en te help en Lid 1 is op pad om ‘n paar wenke te gee.
Lees Meer

Proesstraat: 22 Augustus 2011

Waldi en sy vriende kook saam met sy nuwe buurvrou, wat 'n sjef is...

Die Sjef
Melt het Waldi se nuwe buurvrou, wat ‘n sjef is, ontmoet en haar uitgenooi om saam met hom te kook en die vriende beter te leer ken.
Lees Meer

Proesstraat: 15 Augustus 2011

Waldi en sy vriende het almal ‘n rowwe week agter die rug, en besluit om te ontspan met ‘n rustige bring en braai.

Die braaivleisvure brand hoog in Proesstraat.  Waldi en sy vriende het almal ‘n rowwe week agter die rug, en besluit om te ontspan met ‘n rustige bring en braai.  Esther en haar geloof in goeie karma het egter ‘n verrassing wat die partytjie bietjie lewe sal gee…
Lees Meer

Proesstraat: 8 Augustus 2011

Esther het Waldi gehelp om sy huis behoorlik skoon te maak. Na die harde werk span hulle uit met ‘n drankie en hoop vir ‘n rustige aandjie.

Die Verkoopsman
Esther het Waldi gehelp om sy huis behoorlik skoon te maak. Na die harde werk span hulle uit met ‘n drankie en hoop vir ‘n rustige aandjie.
Lees Meer

Proesstraat: 1 Augustus 2011

Waldi het ‘n onbetaalde verkeersoortreding. Gaan die lang arm van die gereg hom uiteindelik inhaal?

Die Boete


Waldi het ‘n onbetaalde verkeersoortreding. Gaan die lang arm van die gereg hom uiteindelik inhaal?
Lees Meer

Proesstraat: 25 Julie 2011

Wikus het besluit om ‘n sanggroep te begin en Melt en Waldi gevra om saam met hom te sing. Hulle het vandag hulle eerste oefensessie...

Die Sangles

Wikus het besluit om ‘n sanggroep te begin en Melt en Waldi gevra om saam met hom te sing. Hulle het vandag hulle eerste oefensessie, en Wikus het vir hulle ‘n verrassing gereël!
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Proesstraat: 26 September 2011

Waldi neem deel aan ’n realiteitsdansreeks en vanaand is sy eerste dansles. Sy pelle besluit om morele ondersteuning te kom gee, maar eintlik is hulle net nuuskierig en lus vir lag

Proesstraat: 19 September 2011

Martelize voel dat Waldi se woonstel ‘n ‘make-over’ nodig het, en ‘n vriend van haar bied aan om ‘n gratis konsultasie te kom gee.

Proesstraat: 12 September 2011

Pierre het die biblioteekjuffrou oorgenooi om haar te vra om hom te vergesel na die matriekafskeid. Hy gee voor Waldi se woonstel is syne.

Proesstraat: 5 September 2011

Melt se 15 jaar skoolreünie lê voor, en hy het planne om sy eertydse klasmaats te beïndruk.

Proesstraat: 29 Augustus 2011

Die Tuisnywerheid wat Melt vir sy oom bestuur is in die moeilikheid. Die vriende besluit om te help.

Proesstraat: 22 Augustus 2011

Melt het Waldi se nuwe buurvrou, wat ‘n sjef is, ontmoet en haar uitgenooi om saam met hom te kook en die vriende beter te leer ken.

Proesstraat: 15 Augustus 2011

Waldi en sy vriende het almal ‘n rowwe week agter die rug, en besluit om te ontspan met ‘n rustige bring en braai.

Proesstraat: 8 Augustus 2011

Esther het Waldi gehelp om sy huis behoorlik skoon te maak. Akteur Louw Venter kom maak 'n draai...

Proesstraat: 1 Augustus 2011

Waldi het ‘n onbetaalde verkeersoortreding. Gaan die lang arm van die gereg hom uiteindelik inhaal?

Proesstraat: 25 Julie 2011

Wikus het besluit om ‘n sanggroep te begin en Melt en Waldi gevra om saam met hom te sing.

Bladsy 1 van 1 |

Moeilikheid met die bure...

Waldi se bure maak geraas! Net toe hy dog hy kan dit meer hanteer nie, daag sy buurman op. Dis niemand anders as André Odendaal, beter bekend as Botha Botha van Getroud met Rugby.

Die Glam Guru tot die redding!

Hannon Bothma, ons eie Glam Guru, het vir Waldi en sy vriende 'n paar grimeerwenke gegee. Die eindresultate laat veel te wense oor.

Steve Hofmeyr leer Waldi en kie. sing

In die episode waarin Steve Hofmeyr 'n gas was op Proesstraat het hy hulle gehelp met hul karaokemasjien. En toe besluit hy om vir hulle te wys hoe word dit régtig gedoen...

Bladsy 1 van 1 |

Waldi kook op Roer!

Waldi en sy vrou, Ira, was al gaste op Roer! gewees. Hulle het 'n heerlike papaja-, peer- en avokadovoorgereg, pasta en chilli poppers voorberei. Hier's die resepte.
Lees Meer

Proesstraat binnekort op DVD!

Goeie nuus vir Proesstraat-aanhangers - die vorige reeks sal vanaf September 2011 op DVD beskikbaar wees!
Lees Meer

Kuier saam met Wikus

Wikus het nou ook sy eie Facebook blad! Gesels met hom en mede-aanhangers en kyk na foto's van hom en die ander akteurs agter-die-skerms.
Lees Meer

Nog kaskenades op Facebook!

As jy die program geniet, maak 'n draai op ons Facebook blad! Vertel vir ons wie is jou gunsteling karakter, wat jy dink van die gasspelers en gesels met ander aanhangers van die program.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds