Wicus van der Merwe is terug in ‘n splinternuwe “Opskop”-reeks om met van ons land se voorste en gewildste kunstenaars te gesels. Die styl is informeel en ontspanne en ons vind uit oor die kunstenaars se alledaagse dinge. Episodes sluit musiekvideo's, sowel as lewendige optredes in die ateljee in. Daar word weekliks CD's aan kykers weggegee met 'n groot weggee-geskenk aan die einde van die reeks.

Saterdagaande @ 20:30; Sondae @ 10:00; Maandae @ 03:00 en 09:30; Woensdae @ 01:30; Donderdae @ 03:00

Nuus

Wicus hou van pienk melkies

Wicus van der Merwe verklap 'n paar interessante feite oor homself, soos dat hy graag vakansie hou by die see, dat hy 'n vinnige humeur het en mal is oor 'gadgets'.

Lees Meer

Wicus hou vakansie in Kaaskopland!

Wicus en sy vrou het besluit om vakansie te gaan hou in Nederland. Dit was 'n ervaring van 'n leeftyd vir hulle! Lees hier wat gebeur het...

Lees Meer

Kuier saam op Wicus se webwerf!

Op Opskop-aanbieder Wicus van der Merwe se webwerf kan jy na foto's van hom by optredes kyk, sien waar hy volgende optreen en sy gasteboek teken.

Lees Meer

Meer Nuus

Wicus van der Merwe

Wicus van der Merwe is 'n Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, komediant en TV-aanbieder wat die eerste van sy 4 CD's in 2004 opgeneem het en sy laaste in 2010. Hy het ook al twee live DVD's opgeneem. Twee van sy CD's het goue status bereik en altwee DVD's het goue status bereik binne drie maande van uitreiking.

Hy was al 'n gas op verskeie TV-programme en is al genomineer vir twee SAMA toekennings. Hy is ook al twee keer genomineer vir 'n Huisgenoot Tempo toekenning waarvan hy een gewen het vir Beste Komedie Album.

Hy is ook die aanbieder van sy eie TV program, Opskop, op kykNET waarvan die tweede reeks eersdaags opgeneem sal word.

In 2010/11 het hy ook twee advertensies vir Romans Pizza gedoen.

Wicus tree ook op as seremoniemeester by korporatiewe geleenthede.

Tussendeur al die bogenoemde reis hy deur die land met sy normale vertonings. Hy het al in Namibië, Australië en Nieu-Seeland opgetree.


Opskop: 7 April 2012

In die laaste episode van die reeks kuier Sorina en haar alter ego, die Flooze, by Wicus. Hulle albei sing liedjies!

Is dit Sorina of die Flooze. Wel, hulle albei kuier by Wicus in die ateljee. Sorina en die Flooze sing lekker en diep liedjies op die podium.. Moet hierdie laaste program in die reeks defnitief nie misloop nie. Jy gaan lag en huil.
Lees Meer

Opskop: 31 Maart 2012

Die gospelsangers, Jan de Wet, Du Preez Stoltz en Willie Joubert, is Wicus se gaste!

Wicus gesels met van ons land se grootste gospelsangers. Jan de Wet, Du Preez Stoltz en Willie Joubert kom gesels met Wicus oor hulle roeping in die beleid en die uitlewing daarvan deur musiek. Ons speel ook van die gewildste Gospeltreffers in die program.
Lees Meer

Opskop: 24 Maart 2012

Wicus gesels met die opkomende sangeres Charlize Berg. Ons speel onder andere haar en Heinz Winckler se treffer.

Wicus van der Merwe gesels met die opkomende sangeres Charlize Berg - wat besig is om vinnig opgang te maak in die Afrikaanse musiekbedryf. Kom leer haar beter ken - soos wat net Wicus informasie uit 'n gas kan kry. Ons speel onder andere haar en Heinz Winckler se treffer "You and I", asook van haar nuutste videos.
Lees Meer

Opskop: 17 Maart 2012

Legendes van gister en die legendes van vandag kom saam soos nog nooit van tevore nie!

Legendes van gister en die legendes van vandag kom saam soos nog nooit van tevore nie! Kurt Darren sing saam met Pierre de Charmoy en Ray Dylan saam met Dennis East. Min Shaw en David Fourie sing die klassieke duet "Ek is baie lief vir jou", Barbara Ray deel die podium saam met Elizma Theron en nog vele meer. Hierdie episode moet Country liefhebbers beslis nie misloop nie.
Lees Meer

Opskop: 10 Maart 2012

Twee van ons land se grootste twee vroulike stemme, Corlea Botha en Sarah Theron, gesels met Wicus.

Dis die aand wat die term diva behoorlik op sy kop gedraai word. Van ons land se grootste twee vroulike stemme gesels met Wicus. Corlea Botha en Sarah Theron bewys behoorlik hoekom hulle die titel van diva dra.
Lees Meer

Opskop: 3 Maart 2012

Die Opskop sofa gons behoorlik met Idols finalis Karen Ferreira, Viljoen Retief en die Broers!

Die Opskop sofa gons  behoorlik met Idols finalis Karen Ferreira, asook Viljoen Retief wat die land huidig aan die brand sing, en dan natuurlik al die pad van die

Kaap af die gewilde Broers. Ons leer hulle beter ken en speel van hulle nuutste musiekvideo's.
Lees Meer

Opskop: 25 Februarie 2012

Die Campbells, Kurt Darren, David Fourie en Pieter Koen deel hul grootste treffers!

Opskop kook met vier van ons kunstenaars se grootste treffers. Die Campbells, Kurt Darren, David Fourie en Pieter Koen. Hulle kom vier hulle prestasies saam met ons!
Lees Meer

Opskop: 18 Februarie 2012

Wicus gesels vanaand met die meisie met die groot stem - Nadine! Moet hierdie episode nie misloop nie.

Wicus gesels vanaand met die meisie met die groot stem wat 'n suksesvolle transisie gemaak het van kinderster tot internasionale erkenning vandag.
Nadine vertel van haar doen en late hier, asook oorsee en sing van haar grootste treffers op die Opskop podium. Moet hierdie episode nie misloop nie.
Lees Meer

Opskop: 11 Februarie 2012

Kyk uit vir Kurt Darren, Andre Schwartz, MoniQUe, Die Campbells, Nadine, Nicholis Louw - om maar 'n paar te noem!

Alles in die episode gaan oor die liefde ter voorbereiding van Valentynsdag. Wicus speel van sy gunsteling liefdes- en romantiese liedjies.

Hy het ook van ons grootste Afrikaanse sangers gevra wat hulle dink oor die liefde. Ons OPSKOP kykers het ook staaltjies ingestuur oor die liefde.

Kyk uit vir Kurt Darren, Andre Schwartz, MoniQUe, Die Campbells, Nadine, Nicholis Louw - om maar 'n paar te noem.
Lees Meer

Opskop: 4 Februarie 2012

Romanz en Nianell kuier op die pers Opskop sofa! Nianell gesels oor haar loopbaan en die manne van Romanz oor die Monaco troue.

Romanz & Nianell

Romanz en Nianell kuier hierdie week op die pers Opskop sofa. Ons gesels met Nianell oor haar loopbaan, haar figuur en al die diverse dinge wat haar besig hou. Ons vang ook weer op saam met Romanz met onder andere hulle optrede in Monaco by die koninklike troue en dan sommer 'n troue in die groep self.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Opskop gaste: April 2012

Wicus kuier weekliks saam met 'n paar gaste en elkeen doen 'n opvoering wat die gehoor gaande het. Kyk wie het al 'n draai op die verhoog gemaak.

Opskop gaste: Maart 2012

Vandeesmaand kuier Wicus saam met 'n hele rits sterre!

Opskop gaste: Februarie 2012

Kyk wie was al almal gaste in die ateljee in Februarie!

Opskop gaste: Januarie 2012

Kyk wie het saam met Wicus kom saam kuier in 2012 tot dusver!

Opskop gaste: 17 Desember 2011

Monique en Snotkop was Wicus se gaste in die eerste episode van Opskop. Kyk net hoeveel pret het hulle gehad!

Bladsy 1 van 1 |

Wicus hou van pienk melkies

Wicus van der Merwe verklap 'n paar interessante feite oor homself, soos dat hy graag vakansie hou by die see, dat hy 'n vinnige humeur het en mal is oor 'gadgets'.
Lees Meer

Wicus hou vakansie in Kaaskopland!

Wicus en sy vrou het besluit om vakansie te gaan hou in Nederland. Dit was 'n ervaring van 'n leeftyd vir hulle! Lees hier wat gebeur het...
Lees Meer

Kuier saam op Wicus se webwerf!

Op Opskop-aanbieder Wicus van der Merwe se webwerf kan jy na foto's van hom by optredes kyk, sien waar hy volgende optreen en sy gasteboek teken.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds