Die tweede reeks van die gewilde kykNET-geselsprogram “’n Lewe met” skop op 18 Oktober vanjaar af met die eerste van 13 nuwe aflewerings wat handel oor die ware verhale van mense wat daagliks met verskillende geestesiektes worstel.

Soos met die eerste reeks sal ‘n ateljeegas weekliks persoonlike ervarings van ‘n spesifieke toestand met kykers en die ankervrou, Ruda Landman, deel. Landman sal bygestaan word deur dr Franco Colin, wat elke toestand vanuit ‘n kliniese perspektief sal bespreek – ook wat die uitwerking daarvan op familie en vriende betref.
Die inhoud van kykNET se geselsprogram is op Medihelp Mediese Skema se DVD-reeks genaamd “Living with” gebaseer. In dié reeks word daar onder andere na toestande soos bipolêre gemoedsversteuring, paniekversteuring en alkoholisme gekyk.

Die reeks is verby.

Vir enige navrae, stuur 'n e-pos aan livingwith@medihelp.co.za.



Nuus

Posttraumatiese stresversteuring

Jannie Engelbrecht het op 'n Lewe met gesels oor die trauma wat hy ervaar het vanweë wapengeweld. Vind meer uit oor posttraumatiese stresversteuring en wat die simptome is om voor uit te kyk.

Lees Meer

Anoreksie

Aniel Botha het in die episode van 'n Lewe met vertel van haar stryd met anoreksie. Vind meer uit oor hierdie dodelik eetversteuring.

Lees Meer

Bulimie

Bulimie is 'n eetversteuring waarvan Marisa Bosman meer vertel het op 'n Lewe met. Die siekte het ’n chroniese verloop en kan vir tot 30 jaar lank in sommige pasiënte teenwoordig wees...

Lees Meer

Post partum-depressie

Post partum-depressie (PPD) is ‘n gemoedsversteuring wat na die geboorte van ‘n baba ontstaan. Vind meer uit oor hierdie toestand, soos bespreek op 'n Lewe met.

Lees Meer

Daggamisbruik

Koos Kombuis en die ateljeegas, Gerrit, het vertel van hul verslawing aan dagga. Vind meer uit oor hierdie vernietigende verslawing.

Lees Meer

Seksuele molestering

Sandi Schultz het in 'n Lewe met vertel van die tyd wat sy seksueel gemolesteer is. Bemagtig jouself met die nodige inligting oor seksuele molestering.

Lees Meer

Medisyneverslawing

Wat word geklassifiseer as medisyne waaraan jy verslaaf kan word en hoe ernstig is dit? Hier's die antwoorde.

Lees Meer

Bipolêre gemoedsversteuring tipe II

Hendrik du Preez was ons ateljeegas, wie aan bipolêre gemoedsversteuring tipe II ly. Vind die verskil tussen tipe I en II uit en wat die simptome is.

Lees Meer

Paniekversteuring

Menigte mense lei aan 'n fobie. Paniekversteuring kom voor wanneer paniekaanvalle herhaaldelik ervaar word en die persoon ‘n intense vrees vir ‘n volgende aanval ontwikkel. Vind meer daaroor uit.

Lees Meer

Aandaggebreksindroom

Dit is belangrik om te onderskei tussen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagtekort- en hiperaktiwiteitsindroom (AGHS). Ons verduidelik wat die verskil is tussen die twee sindrome.

Lees Meer

Meer Nuus

Dr Franco Colin

Dr Franco Colin MB ChB M Med (Psych) (Pret)

Dr Colin is ‘n psigiater in privaat praktyk in Pretoria. Hy is ook ‘n konsultant by die Departement Psigiatrie aan die Universiteit van Pretoria met ’n besondere belangstelling in die behandeling van bipolêre gemoedsversteuring. Hy gee gereeld klas in mediese opvoedkunde.

Gedurende 2009 was dr Colin betrokke by ‘n reeks dokumentêre programme genaamd “Living with” oor geestesgesondheid en die mense wat daarmee saamleef. Dié reeks is deur Medihelp en Sonneblom Films vervaardig en is in 2010 in opdrag van kykNET verwerk vir die gespreksprogram “’n Lewe met”. Dr Colin het as kundige ateljeegas in elke episode verskyn.

Dr Colin keer in 2011 terug vir die volgende reeks van “’n Lewe met” saam met die aanbieder Ruda Landman.

Ruda Landman

Ruda Landman het in 1977 as ‘n koerantjoernalis begin werk, waarna sy ook in die tydskrif- en uitsaaiwese gewerk het, onder andere as TV-nuusleser, voordat sy in 1985 aangestel is as mede-aanbieder van Netwerk, Suid-Afrika se eerste regstreekse aktualiteitsprogram op TV. Sy het egter haar grootste baanbrekerswerk gedoen vir Carte Blanche, waar sy vanaf Augustus 1988 tot 2007 as aanbieder gewerk het.

Ruda is tans ‘n direkteur van die mediagroep Media 24 en dien op die raad van Helpmekaar, ‘n privaat skool in Johannesburg.

Ruda was in 2010 die aanbieder van “‘n Lewe met”, ‘n gespreksprogram oor mense wat met sekere geestestoestande saamleef. Sy is in 2011 terug op die kassie wanneer sy saam met die psigiater dr Franco Colin ‘n nuwe reeks van 13 episodes in die tweede seisoen van “‘n Lewe met” aanbied.


'n Lewe met: 10 Januarie 2012

Jannie Engelbrecht vertel van sy ervaring van wapengeweld en hoe hy 'n traumatiese gebeurtenis en sy gevolglike drankprobleem oorkom het.

’n Lewe met wapengeweld

Ateljeegas: Jannie Engelbrecht





Jannie was in November 1990 ‘n jong sersant in die destydse SAP toe ‘n kollega voor hom doodgeskiet is. Hy het na dié traumatiese gebeurtenis konstant bedreig gevoel en is later medies ongeskik verklaar om sy werk in die polisiediens voort te sit. Die trauma wat hy beleef het, het hom na die bottel gedryf en het sy huwelik en verhouding met sy kinders negatief beïnvloed. Sy lewe het eers weer betekenis gekry toe hy by ‘n rehabilitasiesentrum aangeklop het om hulp om sy trauma asook sy drankprobleem te verwerk.
Lees Meer

'n Lewe met: 3 Januarie 2012

Aniel Botha sluit aan by Ruda en Dr. Colin in die ateljee om te gesels oor haar stryd met die eetsteurnis, anoreksie.

’n Lewe met anoreksie
Ateljeegas: Aniel Botha


Aniel glo dat daar nie een spesifieke oorsaak vir haar eetsteurnis is nie, maar eerder 'n reeks faktore wat elk 'n rol gespeel het. Sy is van nature sensitief, selfkrities en ‘n perfeksionis, en omgewingsfaktore soos om in 'n prestasiegedrewe, kompeterende en kritiese huis groot te word, het haar situasie vererger. In 'n wêreld waarin sy nooit goed genoeg gevoel het nie, het anoreksie vir haar ’n opsie gebied om anders te wees.

Anoreksie is die eerste keer by Aniel gediagnoseer toe sy 18 was, alhoewel die probleem lank vóór dit begin het. Sy is sedert 2009 in remissie en het ook ’n boek oor haar lewe met anoreksie, ”’n Dans met die dood”, die lig laat sien.
Lees Meer

'n Lewe met: 27 Desember 2011

Marisa Bosman vertel waar haar stryd teen bulimie begin het, hoe dit haar gesin beïnvloed het, en hoe dit amper haar lewe verwoes het.

Marisa se stryd teen bulimie het heel onskuldig begin as ’n grap tussen haar en ’n vriendin wat wou sien hoeveel kos hulle kan eet net om dan weer daarvan ontslae te raak. Sy was 13 jaar oud. Die toestand het stadig maar seker vererger, met ’n patroon van ooreet met braking daarna wat ontwikkel het. Sy het ’n verwronge en onrealistiese liggaamsbeeld gehad wat later haar verhoudings met haar gesin en haar man beïnvloed het. Haar eetversteuring het geweldige skuldgevoelens en latere depressie by haar veroorsaak. Sy het eers heelwat later in haar lewe besef sy het bulimie en het behandeling en ’n ondersteuningsgroep opgesoek.
Lees Meer

'n Lewe met: 20 Desember 2011

Ilze Lightning gesels met Ruda en Dr. Colin oor haar stryd met post partum-depressie.

‘n Lewe met post partum-depressie

Ilze Lightning het gedurende haar tweede swangerskap al tekens van depressie begin toon. Na die geboorte van haar seuntjie het sy lusteloos en geïrriteerd begin voel. Dit het veral haar verhouding met haar man en hulle tweejarige dogtertjie beïnvloed. Haar man het die rol van primêre versorger van hulle dogtertjie oorgeneem en het meer as sy deel in die huis gedoen. Ilze het baie geslaap, maar het nooit uitgerus gevoel nie en die eenvoudigste huishoudelike take was vir haar te veel. Na ‘n paar maande het sy ingestem om ‘n psigiater te gaan sien en is sy met post partum-depressie gediagnoseer. Daar was na ses weke reeds ‘n merkbare verskil in haar gemoedstoestand en sy het vir meer dinge kans gesien. Sy kon ook ‘n sterker band met haar dogtertjie smee.
Lees Meer

'n Lewe met: 13 Desember 2011

Ruda en dr Colin bespreek ‘n oënskynlik onskuldige dwelmmiddel wat talle jongmense gebruik, naamlik dagga.

“Daar’s goed wat baie cool is in die lewe. Drugs is nie een van hulle nie.” Koos Kombuis.Ruda en dr Colin bespreek ‘n oënskynlik onskuldige dwelmmiddel wat talle jongmense gebruik, naamlik dagga. Gerrit het op 14-jarige ouderdom begin om dagga te gebruik. Dit was iets wat al die gewilde seuns op skool gedoen het. Hy het hierdie leefstyl later na skool voortgesit en dit het ‘n destruktiewe uitwerking op sy verhoudings met sy gesinslede gehad. Koos Kombuis was vir 16 jaar lank ‘n aktiewe daggaroker. Dagga het mettertyd plek gemaak vir ander dwelms soos LSD, maar Koos het eendag besef dat hy nie optimaal kan funksioneer met dwelms in sy lewe nie. Beide Koos en Gerrit probeer vandag om die gevare van dagga aan jong volwassenes oor te dra.
Lees Meer

'n Lewe met: 6 Desember 2011

Die bekende aktrise Sandi Schultz van “Binneland” deel haar aangrypende verhaal van seksuele molestering.

‘n Lewe na seksuele molestering

Ateljeegas: Sandi Schultz

Die bekende aktrise Sandi Schultz van “Binneland” deel haar aangrypende lewensverhaal met die kykers. Sandi is van ‘n baie jong ouderdom af tot na haar 16e verjaardag deur haar stiefpa gemolesteer. Op 28 is sy in haar huis verkrag deur die berugte Yeoville-verkragter. Sandi het vir jare lank met selfverwyt en skuldgevoelens geworstel. Sy het vir 12 jaar in Amerika gaan woon, maar teruggekeer na Suid-Afrika om teen die verkragter in die hof te getuig. Sy het oor haar verkragting en vroeëre molestering begin praat en besef dat dit wat met haar gebeur het, nie haar skuld was nie.
Lees Meer

'n Lewe met: 29 November 2011

Suzette Schoeman en Eberhard Bertelsman is in die ateljee en deel hul ervarings van medisyneverslawing met Ruda en Dr Colin.

‘n Lewe met medisyneverslawing

Ateljeegaste: Suzette Schoeman en Eberhard Bertelsman



Die twee gaste in die ateljee deel hulle ervarings van medisyneverslawing met Ruda en Dr Colin. Suzette was nie net aan medisyne verslaaf nie, maar het ook ‘n sekondêre afhanklikheid van alkohol ontwikkel. In Januarie 2010 het sy uiteindelik by ‘n kliniek aangeklop om hulp en só haar lewe gered. Eberhard was ‘n suksesvolle advokaat in die vroeë 80’s en het ‘n vinnige en dol leefstyl gehandhaaf. Sy huisdokter het vir hom ‘n kalmeermiddel voorgeskryf wat uiteindelik op volslae medisyneverslawing uitgeloop het. Na ‘n paar noue ontkomings is Eberhard by ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem en in April 2011 was hy reeds 25 jaar lank skoon en nugter.
Lees Meer

'n Lewe met: 22 November 2011

Hendrik du Preez is die ateljeegas, wie aan bipolêre gemoedsversteuring tipe II ly. Ruda gesels met hom daaroor.

‘n Lewe met bipolêre gemoedsversteuring tipe II

Ateljeegas: Hendrik du Preez



Hendrik is in 2009 aanvanklik met major depressie gediagnoseer en daar is eers in 2010 vasgestel dat hy eintlik aan bipolêre gemoedsversteuring tipe II ly. Sy storie is een van ‘n jong man wat intense gemoedsfluktuasies beleef het en gelukkig is om vandag te lewe en sy storie te kan vertel.
Lees Meer

'n Lewe met: 15 November 2011

Ons ateljeegaste is Aideen O’Mara en Fiona Ramsey, wie albei aan fobies ly. Dr. Franco verduidelik meer daaroor.

'n Lewe met fobies

Aideen het na die Helderberg-vliegramp in 1987 ’n fobie vir vlieg ontwikkel. Sy kon nie glo dat die vlieënier nie die vliegtuig en die passasiers kon red nie. Elke keer wanneer sy êrens heen moes vlieg, was sy ontsteld en vreesbevange. Sy moes egter uit die aard van haar werk dikwels vlieg en hierdie fobie het haar lewe ernstig begin beïnvloed.

Fiona Ramsey is ‘n bekende Suid-Afrikaanse aktrise. Sy het op 11-jarige ouderdom agtergekom dat sy hoogtevrees het. As verhoogaktrise vereis haar werk egter soms dat sy aan harnasse opgehys en oor die verhoog rondgeswaai moet word. Hoewel sy vandag steeds met hierdie probleem sukkel, kan sy haar lewe voluit leef ten spyte van haar vrees.
Lees Meer

'n Lewe met: 8 November 2011

Ruda gesels met Pauli du Plooy, wie aan aandaggebreksindroom ly. Dr. Franco verduidelik meer daaroor.

‘n Lewe met Aandaggebreksindroom

Pauli het van kleintyd af impulsief opgetree; sy het dinge eers gedoen en later daaroor gedink. Wanneer sy ‘n taak moes uitvoer, soos om iets vir haar ma te gaan haal, het sy telkemale teruggekom om weer te vra wat sy moes doen. Sy het selde lank genoeg gefokus om ‘n legkaart klaar te bou en aktiwiteite soos inkleur was vir haar ‘n groot frustrasie en sy het dit afgejaag.

Van graad 4 af kon Pauli selde onthou watter huiswerk sy het, het foute in vakke soos Wiskunde begaan en dikwels vrae beantwoord voor sy dit klaar gelees het. By die skool is sy egter geensins anders behandel nie. Omdat sy steeds goed in ander vakke presteer het, het baie onderwysers niks agtergekom nie  Nadat sy eendag weer swak punte behaal het in ‘n toets waarvoor sy goed voorbereid was, het haar ma haar na ‘n arbeidsterapeut toe geneem vir toetse. Die toetse het gewys dat sy aandaggebreksindroom het. Pauli neem tans medikasie en reageer fantasties daarop. Sy vind dit makliker om te fokus in die klas en haar punte het ook verbeter. Pauli is in graad 7 in Laerskool Fonteine in Sasolburg. Sy is die onderhoofdogter van haar skool.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

'n Lewe Met: 20 Desember 2011 - Post Partum Depressie

Ilze Lightning het gedurende haar tweede swangerskap al tekens van depressie begin toon. Na die geboorte van haar seuntjie het sy lusteloos en geïrriteerd begin voel. Dit het veral haar verhouding met haar man en hulle tweejarige dogtertjie beïnvloed.

'n Lewe Met: 13 Desember 2011 - Daggamisbruik (Deel 2)

Koos Kombuis vertel van die vernietigende pad wat hy gestap het met dagga en hoe hy uiteindelik sy verslawing oorkom het.

'n Lewe Met: 13 Desember 2011 - Daggamisbruik (Deel 1)

Sanger Koos Kombuis verduidelik hoe hy begin het om dagga te gebruik en wat die impak van daggaverslawing op sy lewe gehad het.

'n Lewe Met - 29 November 2011 – Medisyneverslawing

Die twee gaste in die ateljee deel hulle ervarings van medisyneverslawing met Ruda en Dr Colin. Suzette was nie net aan medisyne verslaaf nie, maar het ook ‘n sekondêre afhanklikheid van alkohol ontwikkel. Eberhard was ‘n suksesvolle advokaat in die vroeë 80’s en het ‘n vinnige en dol leefstyl gehandhaaf. Sy huisdokter het vir hom ‘n kalmeermiddel voorgeskryf...

'n Lewe Met - 8 November 2011

Pauli het van kleintyd af impulsief opgetree; sy het dinge eers gedoen en later daaroor gedink. Wanneer sy ‘n taak moes uitvoer, soos om iets vir haar ma te gaan haal, het sy telkemale teruggekom om weer te vra wat sy moes doen. Sy het later uitgevind sy ly aan aandaggebreksindroom. Sy en haar ma gesels met Ruda daaroor en Dr. Franco verduidelik meer oor aandaggebreksindroom.

Bladsy 1 van 1 |

Posttraumatiese stresversteuring

Jannie Engelbrecht het op 'n Lewe met gesels oor die trauma wat hy ervaar het vanweë wapengeweld. Vind meer uit oor posttraumatiese stresversteuring en wat die simptome is om voor uit te kyk.
Lees Meer

Anoreksie

Aniel Botha het in die episode van 'n Lewe met vertel van haar stryd met anoreksie. Vind meer uit oor hierdie dodelik eetversteuring.
Lees Meer

Bulimie

Bulimie is 'n eetversteuring waarvan Marisa Bosman meer vertel het op 'n Lewe met. Die siekte het ’n chroniese verloop en kan vir tot 30 jaar lank in sommige pasiënte teenwoordig wees...
Lees Meer

Post partum-depressie

Post partum-depressie (PPD) is ‘n gemoedsversteuring wat na die geboorte van ‘n baba ontstaan. Vind meer uit oor hierdie toestand, soos bespreek op 'n Lewe met.
Lees Meer

Daggamisbruik

Koos Kombuis en die ateljeegas, Gerrit, het vertel van hul verslawing aan dagga. Vind meer uit oor hierdie vernietigende verslawing.
Lees Meer

Seksuele molestering

Sandi Schultz het in 'n Lewe met vertel van die tyd wat sy seksueel gemolesteer is. Bemagtig jouself met die nodige inligting oor seksuele molestering.
Lees Meer

Medisyneverslawing

Wat word geklassifiseer as medisyne waaraan jy verslaaf kan word en hoe ernstig is dit? Hier's die antwoorde.
Lees Meer

Bipolêre gemoedsversteuring tipe II

Hendrik du Preez was ons ateljeegas, wie aan bipolêre gemoedsversteuring tipe II ly. Vind die verskil tussen tipe I en II uit en wat die simptome is.
Lees Meer

Paniekversteuring

Menigte mense lei aan 'n fobie. Paniekversteuring kom voor wanneer paniekaanvalle herhaaldelik ervaar word en die persoon ‘n intense vrees vir ‘n volgende aanval ontwikkel. Vind meer daaroor uit.
Lees Meer

Aandaggebreksindroom

Dit is belangrik om te onderskei tussen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagtekort- en hiperaktiwiteitsindroom (AGHS). Ons verduidelik wat die verskil is tussen die twee sindrome.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Medihelp se DVD-reeks

Die ’n Lewe met-reeks is geskoei op Medihelp se gewilde dokumentêre DVD-reeks Living With wat oor 13 verskillende geestesiektes handel. Vind uit hoe jy 'n DVD kan bestel.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

Ondersteuning vir posttraumatiese stresversteuring

'n Lewe met posttraumatiese stresversteuring is 'n daaglikse stryd. Hoe vinniger die persoon hulp kry, hoe beter. Hier's hulp!
Lees Meer

Ondersteuning vir anoreksie

Daar is hulp vir diegene wat aan hierdie dodelike eetversteuring ly. Vind hulp by die volgende instansies...
Lees Meer

Ondersteuning vir Bulimie

Jy is nie alleen in jou stryd met bulimie nie - daar is hulp beskikbaar. Kyk hier...
Lees Meer

Ondersteuning vir post partum-depressie

As jy of 'n vrou wie jy ken aan post partum-depressie ly, vind hulp hier.
Lees Meer

Ondersteuning vir daggamisbruik

Daar's hulp vir diegene wat aan 'n verslawing aan dagga het of 'n geliefde het wie 'n verslaafde is.
Lees Meer

Ondersteuning vir seksuele molestering

Jy hoef nie alleen te leef met die trauma van seksuele molestering nie. Kry hulp en ondersteuning by hierdie instansies.
Lees Meer

Ondersteuning vir medisyneverslawing

Dit mag dalk voel asof jy alleen leef met jou verslawing aan medisyne, maar jy kan gehelp word! Hier's hulp.
Lees Meer

Ondersteuning vir bipolêre gemoedsversteuring tipe II

Ondersteuning is beskikbaar vir diegene wat aan bipolêre gemoedsversteuring tipe II ly. Kry hulp hier.
Lees Meer

Ondersteuning vir paniekversteuring

As jy aan 'n fobie of paniekversteuring ly, kan jy gerus wees - daar is hulp! Hier's die kontakbesonderhede vir ondersteuningsgroepe.
Lees Meer

Ondersteuning vir aandaggebreksindroom

As jou kind aan aandaggebreksindroom ly, moenie bekommerd wees nie - daar is hulp!
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds