Hulle is ’n disfunksionele gesin wat net probeer oorleef in die huidige Suid-Afrika. Só het ons vir Molly en Wors en hul kinders, Vaatjie en Blapsie, leer ken in die fliek Poena is Koning.

Die eerste en tweede seisoen van hierdie komedie, uit die pen van Willie Estherhuizen, was een van kykNET se gewildste programme ooit! Daarom kon Willie nie anders as om 'n derde reeks te skryf nie.

Maak gereed om jouself elke Maandag om 20:00 slap te lag vir die manewales van Worsie en sy gesin!

Reeks is verby.

Nuus

Andrew Thompson se dood is 'n 'groot verlies'

Die akteur Andrew Thompson, bekend vir sy rol in reekse soos Molly en Wors en Hartland, het Saterdag 10 Maart selfmoord gepleeg.

Lees Meer

Molly en Wors episodes

Maandag 14 November hou ons 'n Molly en Wors fees! Ons saai beide episode 58 (gisteraand se oorspronklike episode) en episode 59 direk na mekaar uit.

Lees Meer

Vaatjie gaan sy lewenswyse verander

Gerhard Odendaal, wat die rol van Vaatjie in Molly en Wors vertolk, het in September 'n pasaan­geër gekry. Hy meen dis omdat hy so oorgewig is.

Lees Meer

Wors sien sy gat...

As jy lekker wil lag, moet jy beslis hierdie video kyk - dis skreeusnaaks! Wors probeer 'n toertjie uit te voer, boonop in sy geboortepakkie...

Lees Meer

Dít maak Carien gelukkig

Kykers ken Blapsie as Vaatjie se snipsuster, maar min mense ken die aktrise agter die karakter, Carien Botha. Sy gesels oor haar persoonlikheid, wat haar gelukkig maak en waarop sy geld uitgee.

Lees Meer

Willie gee lewe aan komedie

Willie Estherhuizen, wat die rol van Worsie vertolk, is die skrywer van kykNET se gewilde komedie. Hy vertel waar die idee vir Molly en Wors vandaan gekom het en waar hy sy inspirasie vandaan kry.

Lees Meer

Wors die Renoster

Kyk net hoe oulik! Ockie en Colleen Pretorius het twee renosters op hul plaas, Zulu Rock naby Vryheid, Molly en Wors gedoop! Lees hul storie hier...

Lees Meer

Koop Molly en Wors DVD

Jy kan nou DVD's van Molly en Wors episodes op Kalahari.net koop! Volg net die link en jy sal direk soontoe geneem word.

Lees Meer

Meer Nuus

Willie Esterhuizen (Wors)

''Ken jou kyker' is die wagwoord van televisie,' sê Willie Esterhuizen en met meer as 20 jaar se ondervinding in die bedryf weet hy waarvan hy praat. Hy is nie verniet die man agter gewilde reekse soos Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis, Gauteng-aleng-aleng, Begeertes, Hart van Staal en Hester & Ester Bester nie.

Willie sê hy steur hom nie veel aan wat die media oor sy reekse te sê het nie. 'Ek wil net hê die mense moet hulswelf geniet en van hul probleme vergeet.'

Ander rolprente uit Willie se pen sluit Lipstiek Dipstiek en Orkney Snork Nie Die Movie in. Toekennings het egter nie agterweë gebly nie en hy het die volgende al tydens sy loopbaan ontvang:

* Goue Loerietoekenning vir TV-advertenmsie (2002)
* Avanti-toekenning vir Beste Akteur (1999)
* Avanti-toekenning vir Beste Komedie-produksie (1999)
* Avanti-toekenning: Beste teksskrywer (1999)
* Star Tonight-toekenning: Beste tekkskrywer (1994).

Lizz Meiring (Molly)

Lizz Meiring staan bekend as een van Suid-Afrika se mees veelsydige vermaaklikheidskunstenaars. Sy is ‘n gevierde aktrise, en is ook bekend as televisie-aanbieder, teater-regisseur, dramaturg, roman-skrywer, teksskrywer, lektor, teater-vervaardiger, joernalis, gewilde seremonie-meester, gasspreker, stemkunstenaar en draaiboekskrywer.

Sedert sy 24 jaar gelede as aktrise in die kunste- en vermaaklikheidsbedryf begin het, was sy nog nooit sonder werk nie en as veelsydige bedryfspersoon, is sy dikwels met verskeie projekte tegelyk besig.

"Ek is doodeenvoudig op my gelukkigste wanneer ek aan ses goed tegelyk werk... en wanneer dit soms gebeur dat ek net een ding het om te doen, raak ek geweldig verveeld!"

Haar professionele loopbaan het as drama-student begin. Lizz het opgetree vir Truk Ballet, Truk Drama, en verskeie televisie produksies vir die destydse SAUK. Sedertdien, het sy in televisie produksies vir alle plaaslike kanale, sowel as vir die BBC, verskyn.

Sedert sy haar BA Drama (Honneurs) graad in 1983 aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, het Lizz al as hoof- en byspeler in meer as 306 verhoogproduksies, 257 televisie produksies en 13 rolprente opgetree. Dit het gewissel van klassieke werke tot kontemporêre dramas, klug, komedie, kabaret, musiekblyspele, sitcoms, tot pantomime. Sy was regisseur en/of skrywer van 74 verhoogproduksies en ook betrokke by die vervaardiging van hoofstroom teater.

Lizz het al 5 dramas vertaal: vanuit Frans na Afrikaans, en vanuit Engels na Afrikaans. Sy het ook gewerk as skrywer en mede-skrywer van televisie-tekste en roplrent draaiboeke. Sy is tans besig met die skryf van haar sewende solostuk.

Bekend vir haar steun en kennis van die visuele kunste, dien Lizz dikwels as gasspreker by die opening van kunsuitstallings. Kunstenaars vir wie sy al uitstallings geopen het, sluit groot name soos Chris Diederichs, Sanna Swart, Berko Wilsenach, Isolde Kramst, Eugenie Marais en Musha Neluheni, in. Sy skryf gereeld artikels vir verskeie publikasies oor alle aspekte van die Kunste.

Lizz was ook bevoorreg genoeg om by verskeie geleenthede in die buiteland op te tree - in Nederland, Engeland (Londen), Denemarke, en die Edinburgh Kunstefees. Baie van hierdie optredes was saam met die internasionaal bekende satirikus, Pieter-Dirk Uys.

Sy het reeds 10 toekennings ontvang vir haar spel en kulturele bydraes. Onder meer die gesamentlike Vita Toekenning, en ook die DALRO Resensente Toekenning vir Beste Aktrise in ‘n Hoofrol, en Beste Byspeler. Sy het ook die gesogte Ster-Kinekor / Nu-Metro Filmprys, The Golden Entertainer in 2001 gewen. In 2004 was LIzz die ontvanger van die Mr Video / Ster-Kinekor / Nu-Metro Spotlight Toekenning vir Beste TV en Film Aktrise van die Afgelope Dekade, en die Randburgse Kultuurtoekenning, terwyl sy in 2005 vereer is met die Naledi Toekenning vir Beste Byspeler.

Daarbenewens was daar ook 15 nominasies. Dit sluit in Vita, Dalro en Naledi Toekennings vir Beste Produksie, Beste Nuwe Teks, Beste Regisseur, Beste Optrede in ‘n Komedie, Beste Aktrise en Beste Byspeler. Daar was ook twee nominasies vir Artes Toekennings, en 'n nominasie vir die Edinburgh Crystal Toekenning vir Beste Aktrise in ‘n Hoofrol. In 2006 was sy benoem vir die SAFTA TV - Golden Horn prys, vir Beste Byspeler in ‘n tv-reeks.

Lizz is volledig tweetalig, en het ook al in Frans, Sotho, Duits en Nederlands gespeel.

Haar eerste roman, Breek, is geskryf saam met Barrie Hough en is in 2002 deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Die boek is voorgeskryf vir Hoërskole landswyd en is alreeds vyftien keer herdruk. Die roman is ook in 2003 genomineer vir die M.E.R. prys vir jeuglektuur. Sy werk tans aan haar tweede, (en eerste solo) roman, asook die draaiboek vir Breek.

In 2007 verskyn daar ook ses nuwe publikasies uit Lizz se pen. Hierdie ses afsonderlik gepubliseerde drama-tekste, met produksie informasie, verskyn almal onder die hooftitel, Lizz se speel goed. Haar eerste DVD - ‘n lewendige opname van haar solostuk, Elke ander duim ‘n dame, is in Januarie 2007 verfilm en is nou beskikbaar.

Gerhard Odendaal (Vaatjie)

Kykers het Gerhard leer ken as Worsie se seun, Vaatjie, wat studeer om 'n sjef te word. Hy was ook te sien as Vaatjie in 'Vaatjie sien sy gat'.

Carien Botha (Blapsie)

Carien is gebore in Pretoria en het ook daar skool gegaan. Haar liefde vir toneelspeel en die opvoerende kunste het na vore gekom toe sy gesing en toneelgespeel het in die laerskool, toe sy haar eerste solo opvoering op die ouderdom van 11 gehad het. Gedurende haar hoërskooljare in Hoërskool Oos-Moot het sy ook opgetree in verskeie produksies, onder andere The Sound of Music by die Staatsteater. Tydens haar matriekjaar in 2005 het sy die rol vertolk van een van die skoolmeisies in die gewilde Polka.com-advertensie, wat ‘n Pen Doring-toekenning gewen het.

Sy het haar eerste werk as stemkunstenaar in 2007 gedoen vir Baby Boom, waar sy ‘n stem van ‘n klein dogtertjie moes doen. Carien was ook al te sien in verskeie TV-programme, insluitende in die kykNET-reeks, Begeertes. Haar eerste fliekrol was as Blapsie in die Afrikaanse komedie, Poena is Koning. Daarna het ‘n rol in Vaatjie sien sy gat gevolg, ook as Blapsie.

Andrew Thompson (Theunis van Rooyen)

Tydens Andrew se hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Linden (waar hy in 2004 gematrikuleer het), het hy reeds verskeie verhoogproduksies aangepak – Bobaas van die Boendoes, Hello, My Naam is Nina, en Die Gebreekte Kruik – en in 2003 het hy sy TV-debuut gemaak in Generations. Later het Willie Esterhuizen hom die geleentheid gebied om JP Venter in die kykNET tele-nouvelle Hart van Staal te speel. In 2006 skryf Andrew in by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, en neem aan talle produksies plaas waar onder Some Explicit Polaroids, Pols en Waterman. In 2007 slaan hy die rol van Fanie Vorster in die tienerkomedie-rolprent Bakgat los, en durf ook Poena is Koning aan. Daardie bekende Nashua-advertensie (waar Andrew die kantoorbleeksiel is wat die kantoorpoppies se harte steel) en die rolprent Vaatjie sien sy gat volg daarna.

Andrew is ook bekend aan kykers as Benjamin van Deventer in Binneland, en Vlooi in die kykNET-drama, Hartland. Andrew het ook saam met mede-akteur Ivan Botha in Superhelde verskyn, wat hy en Ivan saam geskryf het.


Molly en Wors: 26 Maart 2012

Dis tyd vir jolyt! Vaatjie en Sjarmeney trou en daar wag ‘n reuse verrassing vir almal by die troue.

Dis tyd vir jolyt!  Vaatjie en Sjarmeney trou en daar wag ‘n reuse verrassing vir almal by die troue.  Ella klim ook te vroeg in die drank in en maak die huwelikseremonie hel vir die arme dominee.
Lees Meer

Molly en Wors: 19 Maart 2012

Daar’s groot moeilikheid in die Visagie huis as Wors besluit om sy werk op te gee en by Abdulla’s break pads and batteries te gaan werk...

Daar’s groot moeilikheid in die Visagie huis as Wors besluit om sy werk op te gee en oorkant die straat by Abdulla’s break pads and batteries te gaan werk as senior bestuurder en verkoopsman. Ella kom sien hom reg.
Lees Meer

Molly en Wors: 12 Maart 2012

Dis nie Vaatjie en Theunis se dag nie. Eers val Vaatjie met sy skoeter en beseer sy skouer. Theunis se ma gaan in kraam...

Dis nie Vaatjie en Theunis se dag nie.  Eers val Vaatjie met sy skoeter en beseer sy skouer, en dan leen Theunis Vaatjie se wiele, tref ‘n slaggat en beseer ook sy skouer.  Theunis hoor ook dat sy ma in kraam is en Blapsie voel vreeslik onttroon.
Lees Meer

Molly en Wors: 5 Maart 2012

Theunis word weer by sy huis uitgeskop, en Sjarmeney loop dieselfde paadjie as haar ouers uitvind dat sy verwagtend is.

Theunis word weer by sy huis uitgeskop, en Sjarmeney loop dieselfde paadjie as haar ouers uitvind dat sy verwagtend is.  Die twee trek sak en pak by Molly en Wors in.  En Vaatjie het ‘n groot vraag wat hy vir Sjarmeney wil vra.
Lees Meer

Molly en Wors: 27 Februarie 2012

'n Bom bars! Vaatjie en Sjarmeney het nuus wat hulle nie graag vir Wors en Molly wil vertel nie...

'n Bom bars! Vaatjie en Sjarmeney het nuus wat hulle nie graag vir Wors en Molly wil vertel nie, maar genoodsaak is om dit wel te doen.
Lees Meer

Molly en Wors: 20 Februarie 2012

Theunis word uit sy huis geskop en kom bly weer by Vaatjie. Hardus kom van die Kaap af en kom kuier by Blapsie...

Theunis word uit sy huis geskop en kom bly weer by Vaatjie.  Hardus kom van die Kaap af en kom kuier by Blapsie.  Ella kry weer moeilikheid by Huis Lelieveld en kom oornag by Wors en Molly.  Die huis vol mense veroorsaak groot huismoles.
Lees Meer

Molly en Wors: 13 Februarie 2012

Wors besluit om op ‘n dieët te gaan. Dit maak Molly agterdogtig en sy verlei hom met lekker kos.

Wors besluit om op ‘n dieët te gaan.  Dit maak Molly agterdogtig en sy verlei hom met lekker kos.  Theunis word betrap dat hy Sjarmeney se toon suig met ernstige gevolge.
Lees Meer

Molly en Wors: 6 Februarie 2012

Sjarmeney kry ‘n nuwe tattoo. Theunis vind dit onweerstaanbaar en maak ogies vir haar. Dit ontstel vir Vaatjie...

Sjarmeney kry ‘n nuwe tattoo. Theunis vind dit onweerstaanbaar en maak ogies vir haar. Dit ontstel vir Vaatjie en as Blapsie later daarvan uitvind, sê sy sumier vir Theunis af.
Lees Meer

Molly en Wors: 30 Januarie 2012

Blapsie het ‘n hart-tot-hart gesprek met Ouma Ella oor haar buite-egtelike verhouding met ‘n ander vrou se man by Huis Lelieveld...

Blapsie het ‘n hart-tot-hart gesprek met Ouma Ella oor haar buite-egtelike verhouding met ‘n ander vrou se man by Huis Lelieveld. Ella besluit dan om haar fout reg te maak, al is dit hoe moeilik.
Lees Meer

Molly en Wors: 23 Januarie 2012

Ella kom leen geld by Wors. Molly kry ‘n skootrekenaar by Dokter Procter...

Ella kom leen geld by Wors om saam met die inwoners van die ouetehuis na Bela Bela te gaan, maar gaan inderwaarheid saam met Errol na Sun City. Molly kry ‘n skootrekenaar by Dokter Procter en sy ontdek die wonderwêreld van die Internet.
Lees Meer

Bladsy 1 van 3 |

Molly & Wors: 26 Maart 2012 - (Deel 2)

Die groot dag het aangebreek! Ella soek skoor met Molly en maak amok tydens die seremonie - sy het alreeds in die sjampanje ingeklim.

Molly & Wors: 26 Maart 2012 - (Deel 1)

Almal se senuwees is in flarde oor die troue. Hulle bespreek hoeveel gaste is genooi en wat die kleredrag is. Wors is nie baie in sy noppies dat hy 'n pak moet aantrek nie. Vaatjie dink hy het koue voete...

Molly & Wors: 19 Maart 2012 (Deel 2)

Wors het ook baie goeie nuus en deel dit met Molly. Sy is baie skepties daaroor...

Molly & Wors: 19 Maart 2012 (Deel 1)

Theunis se pa is toegesluit vir dronkbestuur. Ouma Ella daag alweer by die Visagies op met haar tas. Vaatjie kry baie goeie nuus!

Molly & Wors: 12 Maart 2012 (Deel 2)

Blapsie sukkel om te slaap en praat met Molly oor die vrae wat haar wakker hou. Sy wonder of Molly vir Sjarmeney sakgeld gee. Theunis beseer homself ook...

Molly & Wors: 12 Maart 2012 (Deel 1)

Vaatjie het van sy bromponie afgeval en sy skouer seergemaak. Die gesin stry daaroor om die ontbyttafel.

Molly & Wors: 12 Maart 2012 - Andrew Thompson Huldeblyk

Willie Esterhuizen lewer 'n roerende huldeblyk aan Andrew Thompson, wie op 10 Maart sy eie lewe geneem het.

Molly & Wors: 5 Maart 2012 - Molly & Wors (Deel 2)

Sjarmeney word uitgeskop uit haar ouerhuis en trek in die spaarkamer by die Visagies in. Vaatjie het 'n groot vraag wat hy vir Sjarmeney wil vra.

Molly & Wors: 5 Maart 2012 - Molly & Wors (Deel 1)

Molly is baie ontsteld omdat Wors hul persoonlike sake by die werk gaan uitlap het. Vaatjie voel baie jammer omdat hy die oorsaak van Molly se ongelukkigheid is. Hy kan nie verstaan hoe Sjarmeney swanger kon raak nie...

Molly En Wors: 27 Februarie 2012 (Deel 2)

'n Bom bars! Vaatjie en Sjarmeney het nuus wat hulle nie graag vir Wors en Molly wil vertel nie, maar genoodsaak is om dit wel te doen.

Bladsy 1 van 6 |

Molly, Wors en kie

Molly en Wors, sowel as hul kroos en natuurlik Vaatjie se vriend (en Blapsie se aan-af kêrel), Theunis van Rooyen, sorg vir hope vermaak vir die hele gesin!

Bladsy 1 van 1 |

Andrew Thompson se dood is 'n 'groot verlies'

Die akteur Andrew Thompson, bekend vir sy rol in reekse soos Molly en Wors en Hartland, het Saterdag 10 Maart selfmoord gepleeg.
Lees Meer

Molly en Wors episodes

Maandag 14 November hou ons 'n Molly en Wors fees! Ons saai beide episode 58 (gisteraand se oorspronklike episode) en episode 59 direk na mekaar uit.
Lees Meer

Vaatjie gaan sy lewenswyse verander

Gerhard Odendaal, wat die rol van Vaatjie in Molly en Wors vertolk, het in September 'n pasaan­geër gekry. Hy meen dis omdat hy so oorgewig is.
Lees Meer

Wors sien sy gat...

As jy lekker wil lag, moet jy beslis hierdie video kyk - dis skreeusnaaks! Wors probeer 'n toertjie uit te voer, boonop in sy geboortepakkie...
Lees Meer

Dít maak Carien gelukkig

Kykers ken Blapsie as Vaatjie se snipsuster, maar min mense ken die aktrise agter die karakter, Carien Botha. Sy gesels oor haar persoonlikheid, wat haar gelukkig maak en waarop sy geld uitgee.
Lees Meer

Willie gee lewe aan komedie

Willie Estherhuizen, wat die rol van Worsie vertolk, is die skrywer van kykNET se gewilde komedie. Hy vertel waar die idee vir Molly en Wors vandaan gekom het en waar hy sy inspirasie vandaan kry.
Lees Meer

Wors die Renoster

Kyk net hoe oulik! Ockie en Colleen Pretorius het twee renosters op hul plaas, Zulu Rock naby Vryheid, Molly en Wors gedoop! Lees hul storie hier...
Lees Meer

Koop Molly en Wors DVD

Jy kan nou DVD's van Molly en Wors episodes op Kalahari.net koop! Volg net die link en jy sal direk soontoe geneem word.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds