La't Wiel is 'n weeklikse motorprogram vir Afrikaanse petrolkoppe van alle ouderdomme. Die span ry elke week 'n klompie nuwe motors, en berig ook oor ander nuus vanuit die motorbedryf. Nee, dis nie TopGear in Afrikaans nie - dis La't Wiel in Afrikaans: Opwindend, interessant en 'n kans vir Jan Tuisbly om ook sy ry in die wêreld se lekkerste speelgoed te kry.

Dinsdae @ 17:30; Vrydae @ 00:00,13:00 en 22:30; Saterdae @ 06:00; Sondae @ 0:00.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan latwiel@plan-c.co.za.

Nuus

Spoednotas in tydrenne: 'n fyn kuns

Hannes Visser vertel van die La't Wiel-span se liefde vir tydrenne en hoekom dit sorg vir adrenalien wat deur die are pomp!

Lees Meer

La't Wiel-aanbieders word vereer

Baie geluk aan La't Wiel se aanbieders, Hannes Visser en Waldo van der Waal, wat by 'n glansgeleentheid aangewys is as die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se TV-Motorjoernaliste van die jaar!

Lees Meer

Jimmy, ons land se trots...

Die Johannesburg Internasionale Motorskou was die afgelope naweek gehou en die La't Wiel-span het natuurlik 'n draai gaan maak. Waldo van der Waal skryf oor hul ervaring.

Lees Meer

Voorwielaangdrewe Cherry Tiggo verower ysige Sanipas

La't Wiel-aanbieder Hannes Visser vertel hoe drie oorwielaangedrewe Chery Tiggos onlangs die 2874 meter bo seevlak kruin van die berugte pas bereik het.

Lees Meer

Kleiner is beter

Die lyn: "groter is beter" is vir jare by petrolkoppe ingedril, veral deur die Amerikaners wat vas glo daar's geen plaasvervanger vir perdekrag nie. Maar ons wêreld is besig om te verander. Waldo van der Waal verduidelik hoekom.

Lees Meer

Die oplossing vir 'n swaar regtervoet

As jy, soos La't Wiel-aanbieder, Hannes Visser, hou van spoed, maar nie planeet skade wil doen met jou slegte gewoonte nie, het Hannes dalk die oplossing - Honda se Insight.

Lees Meer

'n Wêreld van afkortings...

La't Wiel-aanbieder Waldo van der Waal meen daar was 'n tyd toe die enigste afkorting wat in die motorwêreld saak gemaak het, pk. was - perdekrag. Nou is dinge 'n bietjie anders...

Lees Meer

Hoe werk La't Wiel?

Die een ding wat meeste kykers by ons wil weet, is: “Hoe word ek ‘n La’t Wiel-aanbieder?” As hulle maar net geweet het wat dit behels...

Lees Meer

Bestuursvernuf - jy het dit of jy het dit nie

Wat presies is bestuursvernuf? Dit is beslis nie die ding wat jou gehelp het om die K53 toets vir jou bestuurderslisensie deur te kom nie. As dit maar net was...

Lees Meer

Meer Nuus

Hannes Visser

Hannes Visser is beslis nie ‘n motorwerktuigkundige nie - inteendeel, wanneer hy teëspoed langs die pad optel, is hy vinnig om een van sy meer tegniese vriende te bel, maar buiten die feit dat hy gaan sukkel om ‘n enjin om te ruil verstaan hy motors. Sommer enige motors. Weelderige motors, goedkoop karretjies, die hele lot, maar dis by veral sportmotors, renmotors en 4x4’s waar sy groot passie en liefde lê.

“Mens aard mos maar na die omgewing waarin jy gekweek word,” sê Hannes. Alhoewel hy al sy groot passie uitgeleef het deur aan ‘n paar tydrenne deel te neem is hy self nie ‘n kampioen ren of tydrenjaer nie, maar hy het saam met ‘n paar van hulle grootgeword en verstaan baie goed wat by renbane en op tydrensneldele gebeur. “Ek was van vroeg af, lank voordat ek eers ‘n leerlinglisensie gehad het, reeds ‘n berugte motordief. Die doel van ons kar-stelery op skool was egter nie om die motors te probeer verkoop nie, maar eerder om te leer hoe om die goed ordentlik te bestuur. En ons het darem altyd weer die motors terugbesorg, al kon hulle nie altyd meer ry nie omdat hulle soms ‘n wiel en ‘n skokbreker gekort het.”

Dis nou meer as 20 jaar later en dit lyk asof dié betrokke strategie suksesvol was, want alhoewel Hannes geen Sarel van der Merwe is nie ken hy sy sit agter ‘n motor se stuur en weet hy hoe om stokke te vat. Sy liefde vir motors het dan ook ‘n loopbaan in die motorwêreld tot gevolg gehad. Na die weermag, ‘n paar jaar by ‘n bemarkingskollege in Pretoria, en ‘n tydjie in Amerika het hy in 1996 by ‘n skakelfirma in die motorbedryf aangesluit. Een van sy eerste take was skakelwerk vir die destydse Suid-Afrikaanse Toermotorrenreeks. Sedert 2002 bedryf hy sy eie onderneming in die motorbedryf wat hope skryfwerk vir ‘n verskeidenheid publikasies insluit, spesifiek wat tydrenne en nuwe motors betref. In 2004 het Hannes die eerste insetsel ooit van La’t Wiel aangebied en geskryf, en alhoewel daardie rooi liggie op die kamera vir hom aanvanklik intimiderend was het hy dit darem vinnig gewoond geraak.

Buiten sy groot liefde vir alle rygoed het Hannes groot respek vir jaers wat reeds die toppunt in hul sport bereik het. “Ja rugbyspelers is goed en om ‘n voorste gholf of tennispeler te wees verg baie talent en toewyding, maar niks kom by ‘n wêreldklas ren of tydrenjaer nie.” En Hannes behoort te weet, want danksy die passie wat hy hiervoor het kon hy al etenstafels deel en blad skud met ‘n paar groot name. Sir Stirling Moss is een, die legendariese Duitse tydrenjaer Walter Rohrl is nog een, asook meer onlangse wêreld-tydrenkampioene soos Carlos Sainz, Colin McRae, Richard Burns, Marcus Grönholm en Sebastién Loeb. En die beste van die beste? “Ongetwyfeld Ayrton Senna. Dit was twee jaar voor sy ontydige dood toe hy in die kuipe uit sy motor klim en my reg in die gesig staar. My vriende dink steeds ek was mal, maar daar het ‘n lig uit Senna se kop gestraal, teken dat hy dalk nie van hierdie planeet af was nie.”

Behalwe vir langs ‘n sneldeel op die Finse Tydren is daar nog ‘n plek waar Hannes op sy gelukkigste is. Langs ‘n vuur in die middel van die Namib woestyn, natuurlik met sy vrou Debbie, sy ou Cruiser en ‘n koelboks nie te vêr weg nie. “Om in Desember by ‘n besige kusdorp tou te staan om ‘n wegneem-ete te koop tel nie in my boek as vakansie nie. Daar diep in die Namib se groot duine is mos nou waar ‘n man sy kop kan skoonmaak. En om die Namib se duine ordentlik te ry is ‘n uitdaging, amper soos die Dakar Tydren.” Gepraat van die Dakar Tydren. In 2001 het Jutta Kleinschmidt die eerste en enigste vrou geword wat dié uitmergelende ren kon wen. Hannes hoop sy babadogtertjie gaan eendag die tweede een wees, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

Waldo van der Waal

Waldo van der Waal is ‘n halwe Hollander, wat van ‘n jong ouderdom af versot was op alles met wiele. Na afloop van sy hoërskoolloopbaan, aan die Hoërskool Roodepoort, het Waldo aanvanklik ‘n tydjie in Nederland gaan woon, en daarna joernalistiek geswot by die Technikon Pretoria (deesdae bekend as die Tshwane Universiteit van Tegnologie). Daar het hy sy liefde vir skryf leer omskakel in iets wat moontlik geld kan inbring, en ook agtergekom dat hy ‘n redelike liefde en talent het vir fotografie.

Na afloop van sy studies het Waldo aanvanklik by Beeld in Pretoria gewerk, maar kort daarna teruggekeer na die Wesrand, waar hy as misdaad- en buurtverslaggewer by onder meer die Roodepoort Record gewerk het. Die wêreld van hoë oktaan het egter hard bly roep, en in 1996 het hy by WIEL Motortydskrif se redaksionele span aangesluit. Hier het hy vinnig uitgevind hy weet eintlik niks van motors af nie, en blitsig geleer – nie net van motors en bestuursvernuf nie, maar veral van die skryfkuns, sowel as tegniese skryfwerk in goeie Afrikaans.

Vyf jaar later was dit tyd om aan te beweeg, en Waldo en sy vrou Annalize het besluit om ‘n jaar af te vat: Hulle het in die Karibbiese see, op die eiland Grand Cayman gaan woon, waar Waldo werksaam was as ‘n SCUBA-instrukteur. Oppad terug na Suid-Afrika het die twee vir vier jaar in Engeland vasgehaak, waar Waldo aanvanklik gewerk het as tegniese skrywer vir Ford van Europa (met kantore in Londen en Keulen), en later as skakeldirekteur vir Land Rover se G4 Challenge, waar hy aan die hoof was van die hele skakelprogram oor 16 lande. Gedurende hierdie periode het Waldo twee maal om die wêreld gereis, en die eerste van tallose grys hare begin kry.

In 2004 was dit tyd om terug te keer na Suid-Afrika, waar Waldo kans gekry het om by die La’t Wiel-span, wat toe nog net vier of vyf episodes gemaak het, aan te sluit. Nou, etlike honderd episodes later, is Waldo een van die eienaars van die program, en is hy steeds werksaam in talle fasette van die motorwêreld.

Hy skryf ook vir ‘n hele paar tydskrifte, neem foto’s van industriële fasiliteite en woon in Kaapstad, saam met sy vrou en twee dogters. Sy gunsteling motor is en bly ‘n Range Rover Vogue TDV8, en nou dat hy al in meer as 40 lande oor die wêreld was, is sy grootste behoefte om rustig, op sy stoep by die huis te sit en lees. Of skryf.


La't Wiel: 22 Mei 2012

Ons vertel meer oor die langtermyn-Ford Ranger, berig oor die SASOL-tydren en toets Audi S3 se outomatiese parkerrstelsel.

Dis uiteindelik tyd om julle meer te vertel van ons langtermyn-Ford Ranger. Ons berig ook oor die onlangse SASOL-tydren, en toets dan ons Audi S3 se outomatiese parkerrstelsel.
Lees Meer

La't Wiel: 15 Mei 2012

Ons vertel julle meerr van ons langtermyn-Suzuki Kizashi en berig ook oor die omstrede e-tolstelsel.

Ons vertel julle meerr van ons langtermyn-Suzuki Kizashi en berig ook oor die omstrede e-tolstelsel.
Lees Meer

La't Wiel: 1 Mei 2012

Ons ry die splinternuwe Audi A4, gevolg deur die splinternuwe BMW 3-Reeks.

Dis tyd vir die slag van die Duitsers - ons ry die splinternuwe Audi A4, gevolg deur die splinternuwe BMW 3-Reeks.
Lees Meer

La't Wiel: 24 April 2012

Die Lat Wiel-span ry met hulle hare in die wind, agter die stuur van die nuwe Golf Cabriolet.

Die Lat Wiel-span ry met hulle hare in die wind, agter die stuur van die nuwe Golf Cabriolet. Ons kyk ook na tydrenne in SA, en berig oor motornuus van oral.
Lees Meer

La't Wiel: 17 April 2012

Ons ry die jongste weergawe van die Golf GTi en roep die Hyundai Santa Fe-langtermyntoetsmotor vaarwel.

Golf se GTi is vanjaar 35 jaar oud, en ons ry die jongste weergawe. Ons berig ook oor motornuus van oral, en sê dan totsiens vir ons Hyundai Santa Fe-langtermyntoetsmotor.
Lees Meer

La't Wiel: 10 April 2012

Ons maak kennis met die Tunland-bakkie in China en ry die Motor van die Jaar - Hyundai se Elantra.

Ons reis na China om kennis te maak met die wêreld van Foton, sowel as die Tunland-bakkie wat later vanjaar SA toe kom. Ons ry ook die Motor van die Jaar - Hyundai se imposante Elantra.
Lees Meer

Herhalings

Vanaf Dinsdag 28 Februarie word herhalings van La't Wiel gewys.

Vanaf Dinsdag 28 Februarie word herhalings van La't Wiel gewys.
Lees Meer

La't Wiel: 21 Februarie 2012

Ons kyk na die Amarok-petrol en ry die Mahindra XUV500.

'n Bakkie met 'n Volla-kenteken bly maar volkvreemd, maar ons kyk of die Amarok-petrol dalk tog die moeite werd is. Ons ry ook die Mahindra XUV500.
Lees Meer

La't Wiel: 14 Februarie 2012

Ons kyk of 'n Jaguar steeds 'n Jaguar kan wees, selfs al is hy 'n diesel...

Ons kyk of 'n Jaguar steeds 'n Jaguar kan wees, selfs al is hy 'n diesel. Ons vertel ook meer van ons langtermynvoertuie, en berig oor motors van oral.
Lees Meer

La't Wiel: 7 Februarie 2012

Ons kyk van nader na die magtige Toyota FJ Cruiser, en neem ook premium motors in die algeheel onder die loep.

Lees Meer

Bladsy 1 van 4 |

La't Wiel agter-die-skerms

Die La't Wiel-span besoek gereeld een of ander interessante bestemmings vir episodes. Kyk hoe lyk dit agter-die-skerms.

Bladsy 1 van 1 |

Spoednotas in tydrenne: 'n fyn kuns

Hannes Visser vertel van die La't Wiel-span se liefde vir tydrenne en hoekom dit sorg vir adrenalien wat deur die are pomp!
Lees Meer

La't Wiel-aanbieders word vereer

Baie geluk aan La't Wiel se aanbieders, Hannes Visser en Waldo van der Waal, wat by 'n glansgeleentheid aangewys is as die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se TV-Motorjoernaliste van die jaar!
Lees Meer

Jimmy, ons land se trots...

Die Johannesburg Internasionale Motorskou was die afgelope naweek gehou en die La't Wiel-span het natuurlik 'n draai gaan maak. Waldo van der Waal skryf oor hul ervaring.
Lees Meer

Voorwielaangdrewe Cherry Tiggo verower ysige Sanipas

La't Wiel-aanbieder Hannes Visser vertel hoe drie oorwielaangedrewe Chery Tiggos onlangs die 2874 meter bo seevlak kruin van die berugte pas bereik het.
Lees Meer

Kleiner is beter

Die lyn: "groter is beter" is vir jare by petrolkoppe ingedril, veral deur die Amerikaners wat vas glo daar's geen plaasvervanger vir perdekrag nie. Maar ons wêreld is besig om te verander. Waldo van der Waal verduidelik hoekom.
Lees Meer

Die oplossing vir 'n swaar regtervoet

As jy, soos La't Wiel-aanbieder, Hannes Visser, hou van spoed, maar nie planeet skade wil doen met jou slegte gewoonte nie, het Hannes dalk die oplossing - Honda se Insight.
Lees Meer

'n Wêreld van afkortings...

La't Wiel-aanbieder Waldo van der Waal meen daar was 'n tyd toe die enigste afkorting wat in die motorwêreld saak gemaak het, pk. was - perdekrag. Nou is dinge 'n bietjie anders...
Lees Meer

Hoe werk La't Wiel?

Die een ding wat meeste kykers by ons wil weet, is: “Hoe word ek ‘n La’t Wiel-aanbieder?” As hulle maar net geweet het wat dit behels...
Lees Meer

Bestuursvernuf - jy het dit of jy het dit nie

Wat presies is bestuursvernuf? Dit is beslis nie die ding wat jou gehelp het om die K53 toets vir jou bestuurderslisensie deur te kom nie. As dit maar net was...
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds