Lagnes is gesonde improvisasie komedie vir die hele gesin, die hond, die kat en die goudvis wat dryf in sy bak. Hierdie groep mal Lagnes Monsters tree al vir jare regoor Suid Afrika op, en nou is hulle die nuutste toevoeging tot kykNET se vars Afrikaanse komedie arsenaal!

Lagnes maak gebruik van improvisasie teater speletjies, soos bekend gemaak in etlike gewilde Amerikaanse programme, en elke speletjie het 'n unieke stel reëls en uitdagings waaraan die Monsters moet voldoen. Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, en deur hul voorstelle en deelname, is die gehoor heeltemal in beheer.

Die Monsters word natuurlik bygestaan deur Monster Aanbieders Bouwer Bosch van die uiters suksesvolle groep Straatligkinders, en gewilde Afrikaanse sanger Jak de Priester, wat hulle bes doen om almal in toom te hou. Geen episode van Lagnes is dieselfde nie, so jou lagspiere gaan nooit rus kry nie! Enige iets kan en sal gebeur op Lagnes!

Die reeks het tot 'n einde gekom.

Nuus

Kom kyk na die monsters by Aardklop!

Dis weer tyd vir Aardklop, en wat is Aardklop sonder Lagnes! Maak seker jy het jou kaartjie vir Lagnes hierdie week!

Lees Meer

Lagnes Monsters op Expresso!

Die Lagnes Monsters het 'n draai op die TV-program gemaak. As 'n mens na dié foto's kyk, is dit duidelik dat hulle hulself gate uit geniet het!

Lees Meer

Dian die 'dramatiese vrou'

Vind uit watter karakters Lagnes Monster Dian graag vertolk, wat sy gunsteling speletjie is en wat hy doen vir 'n lewe as hy nie snaaks probeer wees nie...

Lees Meer

‘n WWF rofstoeier wat nie kan sing nie...

Lagnes Monster Burgert meen dat hy dié karakter vir hom die natuurlikste kom. Hy vertel ook wat sy gunsteling speletjie op Lagnes is.

Lees Meer

Die Monsters woon die Tempo Toekennings by

Vier van die Lagnes Monsters het die voorreg gehad om te gaan gesig wys by die Huisgenoot Tempo Toekennings. Die ouens het ook gewys dat selfs 'n Monster mooi kan aantrek!

Lees Meer

'n Wiskunde-onderwyser??

Kan jy glo wat Renier die Monster doen as hy nie laf is op Lagnes nie? Maar hy meen hy het 'n strategie daarmee...

Lees Meer

'n Mondvol Wasabi in die aantrekkamer...

Monster Bennie vertel wat sy gunsteling oomblik tydens opname van Lagnes se eerste reeks was en wat sy gunsteling speletjie is...

Lees Meer

Bordeaux se nederige begin...

Die Monster in Bordeaux het op 'n vreemde plek wakker geword. Vind uit waar dit was, sowel as hoekom hy van 'vries en vervang' hou.

Lees Meer

'Die Fransman of iemand arrogant'

Tim meen dat die Monster nog altyd wakker in hom was - hy geniet elke oomblik van die opnames! Vind uit wie is sy 'default' karakter.

Lees Meer

Lê soos jy Lag(nes)

'n Episode van Who's line is it anyway? het 12 mans van Potchefstroom laat besef dat hulle self baie snaaks is.

Lees Meer

Meer Nuus

Berrie Maritz

Die oorsprong van dié monster is nog onbekend. Talle navorsers het al met hul hande in hul hare gesit om sy spesie te identifiseer. Na jare se navorsing word dit beweer dat Bernard (Berrie) gebore is in 'n plaaslike KFC. Na jare se wegkruip agter die Coke yskas het Colonel Sanders Berrie ontdek en aangeneem, hom alles van die lewe geleer, behalwe om ʼn baard te groei. Danksy sy gebraaide hoender gevulde opvoeding behou hy ook die wêreld rekord vir die vinnigste hoederboudjie gaarmaak en sy naam staan trots in die boeke geskryf. Sanders moes hom egter die wêreld instuur en toe die Lagnesmonsters eendag bitter honger was en naby aan die dood, het Berrie tot hul redding gekom met ʼn Variety Meal. Berrie is versot op fietsry al kan hy dit nie doen nie en het ʼn fobie vir toonnaels. Talle boeke is geskryf om die spesie te bewonder vir sy unieke lag, persoonlikheid en uithouvermoë.

Berrie is vandag te siene op die NWU Kampus waar hy BA Kommunikasie en Sielkunde studeer, en doen ook tans ʼn Meesters in Baardgroei 101.

Renier Esterhuizen


Gebore in die Franse dorpie Lagnes (die dorp bestaan regtig, gaan kyk maar), was Renier se koms as 'n teken van hoop gesien deur die inwoners van die dorp. Die dorpie, wat eers as Lagnet bekend gestaan het, is tydens die Nazi besetting van die Tweede Wêreldoorlog as 'n toetsterrein gebruik vir Duitse Kernwapens. Die effek was dat, as gevolg van radiasie, al die kinders vir die volgende 40 jaar sonder spiere in hul gesigte gebore is. Die mense lyk dus die heeltyd asof hulle ongelukkig en hartseer is, want hul het nie spiere om te kan glimlag nie.

Dit het alles verander toe Renier gebore is, en in plaas van huil toe die dokter hom wiks om asem te begin haal, hardop begin lag het. Die Burgermeester was op die punt om die dorp se naam te verander na Lagnie, maar hy het Renier gesien en in sy toespraak gesê dat hy hoop almal in die dorp sal eendag weer kan LAG NES Renier. So is dorp se naam toe na Lagnes verander. Die monsters in SA het van Renier gehoor, en hy is dadelik ingevoer Suid Afrika toe om deel te word van Lagnes.

Noudat Renier in Suid Afrika is, lag hy lekker saam met die kinders vir wie hy skoolgee, lag terwyl hy aan sy elektriese Ingeneurswese graad studeer, en lag terwyl hy dink aan sy drome om een dag 'n boer te word.

Rico Wessels

Die eilande rondom Samoa is waar Rico Wessels, Lagnes se eie seemonster, se lewe begin het. Uitgespoel op die strand, sonder ouers, het Rico doelloos rond gewandel opsoek na kos en water. Dit was tydens hierdie wandelings wat hy die eiland se aap populasie ontmoet en onmiddelik bevriend het. Met hulle hulp het Rico geleer watter vrugte op die eiland eetbaar is, en hoe om vir hom 'n huisie in die bome te bou. Die ape was ook gaaf genoeg om vir Rico aan die Dolfyne bekend te stel, en hulle te vra om vir Rico te leer visvang. Rico sou egter iets baie belangriker by die dolfyne leer as visvang. Die dolfyne het Rico blootgestel aan die wonder van branders ry, en met die ape se hulp het hy vir hom 'n branderplank gekerf uit palmboomhout. So het Rico vir jare die eilande saam met sy diere vriende verken, met sy branderplank natuurlik altyd byderhand as die golwe goed lyk. Dit was einde 2004, toe Rico een middag 'n massiewe golf op sy eiland sien afkom. Hy kon nie sy geluk glo nie, en het dadelik sy branderplank gegryp en uitgeswem om hierdie golf der golwe te kan ry. Die probleem was dat die golf eintlik die Tsunami van 2004 was wat soveel chaos gesaai het oor die wêreld, en Rico is toe deur die golf opgepik en vir kilometers en kilometers meegesleur. Toe die golf uiteindelik bedaar, was hy in Tafelbaai, en dis hoe hy in Suid Afrika beland het.
Wanneer Rico nie op die uitkyk is vir golwe nie is hy 'n restaurant bestuurder in Stellenbosch met 'n passie vir mense, goeie kos en hope atmosfeer.....en branders.

Francois Esterhuizen

Francois Esterhuizen, of Homie soos almal hom ken, is ook ‘n monster uit die buitenste ruim, gebore op die planeet Alzheimeria. Op diè planeet word almal as bejaardes gebore, en dan word hulle met die jare jonger en jonger, al hoe meer kind. Homie is as pasgeborene senior burger afgevaardig om Aarde toe te kom met een doel voor oë: om die volwasse mense van ons planeet te leer om weer bietjie meer kind te wees, hul inhibisies te verloor en hul verbeeldings terug te kry. Die reis na die planeet het etlike jare gevat, en teen die tyd dat hy hier geland het, was sy voorkoms gelyk aan ‘n man in sy dertigs. Homie se eerste taak op aarde was om ‘n groep te help stig wat die wêreld sou kon verander, ‘n groep wat verveeldheid en verbeeldingloosheid sou veg om elke hoek en draai. Hy het dadelik die land deurkruis op soek na ander monsters wat dink soos hy, en met hulle hulp het Lagnes tot stand gekom. As ons nou net kon keer dat hy nie heeltemal terug in ‘n baba verander nie... Sy lewensmotto is ‘n ou gesegde wat sy ma altyd vir hom aangehaal het: “kjhsd jpoiqew kiopcnie Homie”. Wow, dis diep.

Corneels Schabort

Corneels Schabort, oftewel die Hertog van Usbi Den Laden (die derde), is van adellike afkoms. Hy is gebore in Tseggoslowakye, in een van die invloedrykste families in van die Oos-Europese adelstand. Die familie se idilliese leefstyl is egter onderbreek deur die groot patatdroogte van 1986. Al die Den Laden’s se geld was opgesluit in die patatbedryf, maar daardie jaar het die oes totaal geflop as gevolg van ‘n oormaat bestraling wat oor die land gespoel het van Chernobyl af. Die bietjie spaargeld wat die familie gehad het, is die vorige jaar belê in ‘n Franse maatskappy, wat belowe het die perdekar gaan ‘n “comeback” maak en die motorkar uit die mark uit skuif. Vreemd genoeg het dit nie gewerk nie. Dus was die adellike Den Laden’s nou toe heeltemal bankrot. Corneels se pa het egter ‘n plan gehad. Hy was ingeteken op die Suid-Afrikaanse Landbou weekblad, en het die patatmoontlikhede in die RSA raakgesien. So is Corneels en sy hele familie toe na die RSA toe, waar hulle tans nog wag vir die patats om te groei.

Corneels sit egter nie die trotse patattradisie voort nie. Hy is nog een van die “brein” monsters en is tans dosent by die Departement Chemiese en Mineraalingenieurswese van die Noordwes Universiteit, Potchefstroom.

Tim Theron

Nie al die monsters se oorsprong is op planeet Aarde nie. Tim Theron is gebore op die planeet Awesomenessta, in ‘n sterrestelsel vêr, vêr weg van hier. Met sy mondigwording het sy pa vir hom ‘n Stellar Mark V ruimtetuig as present gegee. Tim het geen tyd gemors nie en dadelik die buitenste ruim ingevaar, waar hy binne enkele jare bekendheid verwerf het as avonturier en ontdekkingsreisiger. Tydens sy besoek aan ‘n antieke stad op die planeet Furga het hy ‘n legende gehoor van ‘n sterrestelsel met net een son, en ‘n planeet met oseane en kontinente vol lewe, en avontuur (en, natuurlik, ‘n McDonalds op elke hoek). Hy het dadelik die ruimte ingevaar en koers gevat in die rigting van die planeet. Enkele ligjare van die Aarde af word sy ruimtetuig egter getref deur die oorblyfsels van Apollo 11 se vuurpyl, en hy stort neer in Potchefstroom, reg langs die saal waar die ander Lagnes Monsters besig was om op te tree. Ons tegnologie is nie gevorderd genoeg om Tim se ruimtetuig te herstel nie, so toe sluit hy maar by Lagnes aan, want hulle lyk asof hulle ook nie van diè planeet af is nie.

Terwyl Tim wag vir die planeet Aarde om die Hyperdrive uit te vind, werk hy as Lagnes se skakelpersoon, asook as vryskutjoernalis en media- konsultant.

Dian Wessels

Dian Wessels se oorsprong is gewortel in kreatiwiteit en abstrakte denke. Anders as die ander monsters is Dian nie gebore of uitgebroei nie. Dian was die skepping van Dr Frankenheimerberger Von Staufenford, ‘n wetenskaplike wat gedurende die vroeë 1900’s bekend was vir sy vreemde eksperimente. Dit was toe die dokter genetiese elemente van etlike bekende kunstenaars, ‘n verskeidenheid kleiner soogdiere, en ‘n Makou gekombineer het dat Dian tot stand gekom het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog ontsnap die dokter met Dian uit Duitsland, waar hulle hul pad na die Franse hawe stad van Marseilles gevind het, en toe daar op ‘n Chinese tuna skip geklim het wat op pad was na Mosselbaai. Hier het die twee ‘n vreedsame bestaan gevoer, waar Dian ontwerpe vir nuwe uitvindings geteken het, en sy aangenome pa, die dokter, dit gemaak het en aan Verimark verkoop het.

Noudat Dian mooi groot is, het hy sy pa se huis verlaat en is hy die bestuurder en kreatiewe hoof van Sunflood Studio’s, ‘n ontwerp- ateljee in Stellenbosch.

Bennie Fourie

Nie al die monsters het ‘n gelukkige begin van hul lewens gehad nie. Bennie Fourie is gebore in Belfast, Ierland, waar sy ouers lede was van ‘n onwettige mol mol-veg kartel. Toe Bennie ongeveer 13 jaar oud was, is sy ouers deur die Uzbekistaanse Mafia gevang vir dobbelskuld en na Uzbekistan gestuur om hul skuld af te werk deur afrolwerk te doen in ‘n mafiabeheerde poskantoor. So het Bennie alleen die strate van Belfast aangedurf, met net twee vuurhoutjies en sy getroue troetelmol, Hannes. Hy het homself daartoe verbind om sy ouers weer te vind, maak nie saak wat nie. Hy en Hannes het saam betrokke geraak by straatgevegte vir geld, en so het hy ook by ander kriminele uitgevind dat sy ouers na Suid-Afrika gestuur is deur die Mafia. Uiteindelik het hy genoeg geld gespaar vir swemvlerkies en met Hannes op sy rug swem hy toe na Suid-Afrika. Met die gevegsvernuf wat hy in Ierland opgedoen het, verslaan hy toe die Mafia en bevry sy ouers en die Chinese immigrante wat vir hulle goedkoop handsakke moes maak. Dit is waar hy die bynaam Tae-Yong-Sue gekry het van die dankbare immigrante.

Nou dat Bennie en sy ouers herenig is, spandeer hy sy tyd by die NWU, waar hy ook B.Com Regte studeer.

Burgert Kirsten

Burgert Kirsten, wie se naam aanvanklik Burgsven Kursthon was, is gebore in Lapland, Swede. Burgert is in die sneeu gebore, waar hy toe na vier dae deur takbokboere gevind is. As gevolg van sy tyd in die sneeu, het Burgert ‘n buitengewone dik en selfverhittende vel ontwikkel. Alhoewel hy mal was daaroor om saam met sy aangenome familie takbokke groot te word, het hy met sy 18de verjaarsdag sy eie takbok, Orlick, opgesaal, die huis verlaat en by Green Peace aangesluit. Tydens ‘n sending na die Arktiese see het Burgert homself aan ‘n walvis vasgeketting om te keer dat dit gejag word. Hy kon homself egter nie loskry nie, en reis toe saam met die walvis deur al sewe die oseane. Te danke aan sy selfverhittende vel en stukkies plankton het hy die reis oorleef en uiteindelik in Hermanus opgeïndig. Die ketting was teen diè tyd deur geroes en Burgert het losgebreek en homself in Stellenbosch gevestig.

Burgert gebruik tans sy walvis- ry ervaring om as Bedryfsielkundige vir maatskappye improvisasie werkswinkels aan te bied, om hulle te help om beter saam te werk en innoverend te wees.

Bordeax Potgieter

Sommige van die monsters moes in die wild gevang geword het. Bordeax (Dou) Augustyn Potgieter was so ‘n geval. Bordeaux het uitgebroei in ‘n grot in Botswana. Daar is hy aangeneem deur twee swaeltjies wat dadelik die voordeel ingesien het van ‘n kind wat baie groter is as hulle. Hul frustrasie het egter gebou en gebou nadat herhaalde pogings om Dou te leer vlieg nie gewerk het nie. So is Dou toe alleen in die grot agter gelos, toe hulle noord vlieg vir die winter. Dit was egter nie lank nie of ‘n familie dassies, wat al maande lank jaloers was op die Swaeltjies swaeltjies met hulle groot kind, het hom onder hul spreekwoordelike vlerk geneem. Die dassies het mettertyd Kaapstad toe getrek en teen die hange van Tafelberg huis opgesit. Dit is toe dan ook waar ons vir Dou gekry het, al klouterend oor die rotse.

Met sy aankoms in Potchefstroom het ons Dou dadelik by die NWU ingeskryf, waar hy tans B.Com Regte studeer.

Leon Malan

Leon Malan is een van ons twee “brein” monsters. Hy is gebore met ‘n buitengewone groot brein, grootliks te danke aan radiasievergiftiging. Leon is in die Himalayas gebore en na ‘n Buddhistiese klooster gevat, waar hy grootgeword het en ook die monnike se Kung Fu gevegskuns aangeleer het. Die Dalai Lama het egter nie van sy groot brein gehou nie, en hom verban na die kombuis, waar hy sop moes maak vir al die monnike. Tydens ‘n episode van “Jamie does Tibet” is Leon deur Jamie Oliver ontdek, en Jamie het hom dadelik onder sy vlerk geneem. Te danke aan sy groot brein het hy binne 37.5 uur alles oor kosmaak geleer wat hy kon, en toe die wêreld ingevaar om ‘n bekende chef te word. Sy kans het gekom toe Top Billing hom sy eie program aanbied, The Karate Chef, waar hy kosmaak en dan met Jackie Chan baklei vir die porsies.

In sy vrye tyd is Leon ook besig met sy Meestersgraad in Kerningeneurswese by die NWU in Potchefstroom.


Lagnes: 24 September 2011

Die weke het verby gevlieg en dis die reeks se laaste episode! Bouwer, Jak en die Lagnes Monsters kom kuier nog een laaste keer in jou sitkamer...

Die weke het verby gevlieg en dis die reeks se laaste episode! Bouwer, Jak en die Lagnes Monsters kom kuier nog een laaste keer in jou sitkamer vir hierdie seisoen. Troubeloftes en boelies kom bymekaar in VOOR OF NA, ons sien dat selfs vroue beter was in die ou dae in WINKELPOPPE, kry die beste oplossing vir ingroei naels in INKOPIE UUR, besluit of 'n paaldanser, rugby afrigter of begrafnisondernemer beter na jou kinders sal kan kyk in KROOSTROOSTER, Vulkane spoeg vuur mar die monsters sluk hulle woorde in TEL JOU WOORDE, ons hoor die storie van die bobbejaan wat oupa leer swem het in OUPA VERTEL, en ons betree 'n wêreld van dwergies, elwe en trolle in MUSIEKBLYSPEL. Die Monsters vir hierdie episode is Bennie, Homie, Tim, Renier en Corneels. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 17 September 2011

Dis Lagnes se tweede laaste episode, so moenie dit mis nie! JB staan weer in vir Bouwer, en Jak is op sy pos soos altyd.

Dis Lagnes se tweede laaste episode, so moenie dit mis nie! JB staan weer in vir Bouwer, en Jak is op sy pos soos altyd. Beleef die beste oomblikke van die 'n nuwe sepie in OSCAR OOMBLIK, liefdesteleurstellings maak die Wilde Weste nog wilder in OORGEKLANK, sien hoe lyk dit as Jakkals met Wolf se vrou rou in IDIOOM, wees aan die voorpunt van vooruitgang met UITVINDER, sien al die snitte wat uit jou gunstleing films gesny is in FILMFLATERS, en maak reg vir 'n baie vinnige Jan en sy boontjierank in SPOEDSPROKIE. Die MONSTERS vir hierdie episode is Homie, Burgert, Renier, Tim en Bordeaux. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 10 September 2011

Die Lente begin nou stadig maar seker inskop, en saam met die nuwe seisoen is daar ook hope nuwe dinge om voor te lag saam met die Monsters, Jak en Bouwer!

Die Lente begin nou stadig maar seker inskop, en saam met die nuwe seisoen is daar ook hope nuwe dinge om voor te lag saam met die Monsters, Jak en Bouwer! Besoek Rusland en sie ook hoe Regter in hul vrye tyd "scrapbooking doen" in HERHAAL EN VERTAAL, aanskou moontlik die vreemdste wêreld kampioenskappe ooit in STADIGE AKSIE KAMPIOENSKAPPE, wat is beter as 'n vuil doek as 'n present in DIEREMANIERE, besoek die Grand Canyon in RYMPIES, skuif nader vir die drama reeks, Die Rose Ritsel in KLINK SOOS 'N LIEDJIE, ons het 'n kenner in die ateljee oor gesonde haarwortels in SKYFIE SKOU, en dan Die Drie Varkies soos nog nooi tevore nie in SPOEDSPROKIE! Die Monsters vir hierdie episode is Corneels, Burgert, Homie, Bennie en Bordeaux. Lagnes - Waar enige iets kan gebeur.
Lees Meer

Lagnes: 3 September 2011

Die twee J's, Jak en JB is weer vir hierdie episode in beheer van die Monsters se lot.

Die twee J's, Jak en JB is weer vir hierdie episode in beheer van die Monsters se lot. Ontdek die gevare van 'n flooimark in ANDER AANBOD, die Monsters neem 'n naaldwerk kursus vir mans in SIT STAAN ....?, die Incredible Hulk vat buiteruimtelike wesens aan in DRAAIBOEK, ons ondersoek die ontdekking van TV speletjies in BYKLANKE, sien die nuus uit 'n heel ander hoek in HOOFOPSKRIFTE, en die monsters kry die "blues" in BLOU MAANDAG. Die Monsters vir hierdie episode is Tim, Dian, Renier, Bordeaux en Rico. Lagnes - Waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 27 Augustus 2011

As die winter nou so effe lank begin raak, kom lag jouself warm saam met die Monsters!

As die winter nou so effe lank begin raak, kom lag jouself warm saam met die Monsters! Homie en Renier praat swembad instandhouding in GEE 'N HAND, ontdek die emosionele sy van Marine Biologie in GEVOELWARBOEL, Bernard bou 'n binneshuise "rollercoaster" in NA-APER, vind uit of die kruis regtig die plek merk waar die skat begrawe is in DAG IN DIE LEWE VAN, en die Voortrekker is kaalvoet en singend oor die berge in KLINK SOOS 'N LIEDJIE! Soos Bouwer self sê - SKITTEREND! Die Monsters vir hierdie episode is Bennie, Burgert, Bernard, Homie en Renier. Lagnes - Waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 20 Augustus 2011

Dis weer naweek, so dis tyd vir biltong, braaivleis, rugby, kuier saam vriende, en natuurlik Lagnes!

Dis weer naweek, so dis tyd vir biltong, braaivleis, rugby, kuier saam vriende, en natuurlik Lagnes! In hierdie episode moet Bouwer en Jak soos gewoonlik bont staan vir die Monsters en hulle streke. Ontdek die donker kant van oefen in BYVOEGSELS, sien alles van 'n kwaai busbestuurder tot problematiese hardgekookte eiers in VRIES EN VERVANG, dit sit nie in elke man se broek om Otters te was nie in WAT PROBEER JY SÊ, ontmoet 'n kenner op die gebied van voëlsaad in GEBARETAAL ONDERHOUD, die pantoffel dief kom sy moses teë in SUPERHELDE, en 'n dame met 'n liefde vir skilder en sywurms word romanties besing in BALLADE VIR 'N VREEMDELING. Die monsters vir hierdie episode is Dian, Bordeaux, Bernard, Corneels en Tim. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 13 Augustus 2011

Bouwer is weer pens en potjies terug in die middel van die Lagnes Monsters se chaos saam met ons staatmaker Jak!

Bouwer is weer pens en potjies terug in die middel van die Lagnes Monsters se chaos saam met ons staatmaker Jak! In hierdie episode sien ons hoe klein dingetjies soos 'n visvang laser verhoudings kan versuur in FLIEK GENRES, skoonmakers maak soos hulle wil in DUBBELSINNIG, ontmoet HammerMan in SUPERHELDE, pasop vir die TreinSpietkop in SÊ WIE, ons besef hoe lief mense vir 7deLaan se Oubaas is in KLINK SOOS 'N LIEDJIE, en leer hoe verkoop jy 'n lykshuis in EIENDOMSAGENT! Die Monsters vir hierdie episode is Burgert, Bordeaux, Renier, Tim en Bennie. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 6 Augustus 2011

Bouwer mis uit op die malligheid in hierdie episode, maar Jak word bygestaan deur Lagnes se eie JB Haasbroek.

Bouwer mis uit op die malligheid in hierdie episode, maar Jak word bygestaan deur Lagnes se eie JB Haasbroek. Musketiers het ook grimering nodig in BYVOEGSELS, wat is die beste medisyne in NA-APER, maak jou reg vir GOEIE, SLEGTE en AFSKUWELIKE advies, wwon die Ching Chong Cha wêreld kampioenskappe by in EMOSIE ZONES, meer as een manier om meilies te plant in BYKLANKE, en dis weer tyd om so effe romanties te raak in BALLADE VIR 'N VREEMDELING! '

Die Monsters in vanaand se episode is Rico, Dian, Homie, Corneels en Bennie. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 30 Julie 2011

Die Monsters sluit die maand af met 'n hoogtepunt, terwyl Jak en Bouwer net probeer byhou!

Die Monsters sluit die maand af met 'n hoogtepunt, terwyl Jak en Bouwer net probeer byhou! Hop rond tussen Tafelberg en die Oimpiese spele in HERHAAL EN VERTAAL, leer brabbeltaal praat in CLUEDO, leer meer van vlinders as wat jy regtig wil in SKYFIE SKOU, elke ouer se nagmerrie in KROOSTROOSTER, ontdek 'n nuwe treffer in MUSIEKBLYSPEL, en kyk na die nuus uit 'n ander hoek in HOOFOPSKRIF!

Die Monsters in heirdie episode is Homie, Tim, Burgert, Dian en Corneels. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Lagnes: 23 Julie 2011

Die monsters is reg met nog 'n klomp nuwe speletjies! Sien hoe "coconuts" in 'n fabriek vervaardig word...

Die monsters is reg met nog 'n klomp nuwe speletjies! Sien hoe "coconuts" in 'n fabriek vervaardig word in DIEREMANIERE, help soek aan daai klein balletjie in TEL JOU WOORDE, ontmoet jou droom man in SOEKHOEKIE, ervaar Lagnes se eie POP IDOL, en die monsters word getoets in FLITS SKETSE!

Die monsters vir hierdie episode is Bernard, Dian, Burgert, Homie en Corneels. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Lagnes: 13 Augustus 2011 (Deel 2)

Kyker sien hoe klein dingetjies soos 'n visvang laser verhoudings kan versuur in FLIEK GENRES.

Lagnes: 13 Augustus 2011 (Deel 1)

Bouwer is weer pens en potjies terug in die middel van die Lagnes Monsters se chaos saam met ons staatmaker Jak!

Lagnes: 6 Augustus 2011 (Deel 2)

Die Monsters in vanaand se episode is Rico, Dian, Homie, Corneels en Bennie. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!

Lagnes: 6 Augustus 2011 (Deel 1)

Bouwer mis uit op die malligheid in hierdie episode, maar Jak word bygestaan deur Lagnes se eie JB Haasbroek.

Lagnes: 23 Julie 2011 (Deel 2)

Die monsters vir hierdie episode is Bernard, Dian, Burgert, Homie en Corneels. Lagnes - waar enige iets kan gebeur!

Lagnes: 23 Julie 2011 (Deel 1)

Die monsters is reg met nog 'n klomp nuwe speletjies!

Bladsy 1 van 1 |

Lagnes Monsters op Expresso!

Die Lagnes Monsters het 'n draai op die TV-program gemaak. As 'n mens na dié foto's kyk, is dit duidelik dat hulle hulself gate uit geniet het!

Lag lekker vir die Monsters!

Jy sal beslis maagspiere ontwikkel nadat jy 'n episode van Lagnes gekyk het - die Monsters sal sorg dat jy lê van die lag!

Die monsters gaan GROOT!

'n Mens kan nie anders as om jouself 'n papie te lag vir die manewales van die Lagnes monsters nie. Elkeen het 'n unieke talent wat bydra tot die sukses van die program.

Bladsy 1 van 1 |

Kom kyk na die monsters by Aardklop!

Dis weer tyd vir Aardklop, en wat is Aardklop sonder Lagnes! Maak seker jy het jou kaartjie vir Lagnes hierdie week!
Lees Meer

Lagnes Monsters op Expresso!

Die Lagnes Monsters het 'n draai op die TV-program gemaak. As 'n mens na dié foto's kyk, is dit duidelik dat hulle hulself gate uit geniet het!
Lees Meer

Dian die 'dramatiese vrou'

Vind uit watter karakters Lagnes Monster Dian graag vertolk, wat sy gunsteling speletjie is en wat hy doen vir 'n lewe as hy nie snaaks probeer wees nie...
Lees Meer

‘n WWF rofstoeier wat nie kan sing nie...

Lagnes Monster Burgert meen dat hy dié karakter vir hom die natuurlikste kom. Hy vertel ook wat sy gunsteling speletjie op Lagnes is.
Lees Meer

Die Monsters woon die Tempo Toekennings by

Vier van die Lagnes Monsters het die voorreg gehad om te gaan gesig wys by die Huisgenoot Tempo Toekennings. Die ouens het ook gewys dat selfs 'n Monster mooi kan aantrek!
Lees Meer

'n Wiskunde-onderwyser??

Kan jy glo wat Renier die Monster doen as hy nie laf is op Lagnes nie? Maar hy meen hy het 'n strategie daarmee...
Lees Meer

'n Mondvol Wasabi in die aantrekkamer...

Monster Bennie vertel wat sy gunsteling oomblik tydens opname van Lagnes se eerste reeks was en wat sy gunsteling speletjie is...
Lees Meer

Bordeaux se nederige begin...

Die Monster in Bordeaux het op 'n vreemde plek wakker geword. Vind uit waar dit was, sowel as hoekom hy van 'vries en vervang' hou.
Lees Meer

'Die Fransman of iemand arrogant'

Tim meen dat die Monster nog altyd wakker in hom was - hy geniet elke oomblik van die opnames! Vind uit wie is sy 'default' karakter.
Lees Meer

Lê soos jy Lag(nes)

'n Episode van Who's line is it anyway? het 12 mans van Potchefstroom laat besef dat hulle self baie snaaks is.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds