Kriminele meesterbrein

Dinsdagaande 20:30

Kriminele Meesterbrein is ‘n dokumentêre reeks wat Suid-Afrika se mees gemene misdadigers se sake bekyk.

17 Januarie
In die eerste aflewering kyk ons na die  Norwood verkragter: Dié moordenaar het altyd gewag vir die donker om te kom, ‘n reeks aanvalle in ‘n skamele twee kilometer radius uitgevoer en forensiese eksperts verwar met ‘n genetiese onreëlmatigheid.

24 Januarie

Ons kyk na ‘n reeks kapings wat geweldadig word en lei na die dood van ‘n bekende besigheidsman. Die voorlvlugtende gebruik ‘n valse identiteit en dit lei tot sy ondergang.

31 Januarie

Deel een van “Wemmerpan”: Die verhaal van ‘n alleenlopende man wat soveel geweldadige misdaad gepleeg het dat dit alle logika verbyster – ‘n massamoordenaar wat vir twee jaar op vrye voet was en miljoene mense geterroriseer het.

7 Februarie

Die storie van die Wemmerpan-moordenaar word hervat. Die polisie maak 'n ongelooflike deurbraak en sorg dat hierdie monster tot 1159 jaar tronkstraf gevonnis word.

14 Februarie

Die skokkede storie van die swendel-dokter, 'n gewetenlose dokter wie met die lewens van ernstig siek babatjies gedobbel het.

21 Februarie

Weskoppies. 'n Bloedbevlekte brief wat dreig met moord lei na 'n monster wat die moord beplan het op die enigste mens wat werklik vir hom omgegee het.

28 Februarie

Mediese student en ma van drie, Zahida Sabadia, se ontbinde liggaam word in ‘n veld gevind nadat sy en haar man, psigiater Omar Sabadia, blykbaar gekaap is in hul motor. Die ware rede vir haar moord is egter glad nie so eenvoudig nie.

6 Maart

Die storie van die koelbloedige moordernaar wat sy slagoffers op 'n verlate pad ingewag het, die oud-gevangenes wat hom beskerm het en die fassinerende forensiese werk wat hom uiteindelik aan die pen laat ry het.

13 Maart

'n Man word koelbloedig vermoor en in 'n desperate poging om van die liggaam ontslae te raak, begrawe die moordenaar sy liggaam in 'n vlak graf. Dit word eers maande later ontdek, maar forensiese werk help om die moord op te los.

20 Maart

Die storie van 'n man wat met die hulp van 'n vriend sy eie dood beplan het. Wat het hom gedryf tot die besluit? En wie is in werklikheid die onskuldige slagoffer wat in die ondenkbare daad omgekom het?

27 Maart

Lieb Bester vertel van 'n reeks skokkende seksmoorde wat op die Kaapse vlaktes gepleeg is, die gemeenskap se desperate pogings om hul jong seuns te beskerm en die ooggetuie wat gehelp het om 'n einde aan die skikbewind te bring.

3 April

'n Vakansie begin as 'n heerlike visvang-uitstappie aan die oewers van die Visrivier, maar eindig in 'n nagmerrie wanneer 'n jong ma en haar dogter ontvoer en wreed vermoor word...

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds