

Koowee is ‘n kinderkanaal vir die kleingoed tussen 1 en 6 jaar oud. Ons spog met 100% tuisvervaardigde programme en verskaf vermaak wat skoon, opvoedkundig en prettig van aard is.
Daar is gepoog om die kanaal ‘n eg Suid-Afrikaanse karakter te gee met programme wat gewortel is in Afrika en relevant is vir die tyd. Dit is ook die heel eerste kinderkanaal in die wêreld wat veelvuldige taalopsies bied.
Koowee saai tans gelyktydig uit in Afrikaans en isiZulu. In 2012 gaan Setswana bykom. Kry ons op kanaal 307 op die Premium en Compact pakkette. Ons saai ook weeksdae 07:30 tot 08:30 en 17:00 to 17:30 uit op kykNET (kanaal 111) en daagliks van 13:00 to 18:00 op MagicWorld (kanaal 112)



Meer Nuus
Daar is gepoog om die kanaal ‘n eg Suid-Afrikaanse karakter te gee met programme wat gewortel is in Afrika en relevant is vir die tyd. Dit is ook die heel eerste kinderkanaal in die wêreld wat veelvuldige taalopsies bied.
Koowee saai tans gelyktydig uit in Afrikaans en isiZulu. In 2012 gaan Setswana bykom. Kry ons op kanaal 307 op die Premium en Compact pakkette. Ons saai ook weeksdae 07:30 tot 08:30 en 17:00 to 17:30 uit op kykNET (kanaal 111) en daagliks van 13:00 to 18:00 op MagicWorld (kanaal 112)
Nuus

Kyk Koowee op jou slimfoon
Die jongspan kan nou na Koowee kyk op 'n slimfoon met 3G! Volg net hierdie stappe en binnekort kan hulle na al die wonderlike programme kyk, waar ookal hulle is.
Lees Meer
As jy vir Tjiff en Tjaff wil uitnooi...
Jy kan nou jou verjaarsdag met Tjiff en Tjaff geniet! Vind hier uit hoe jy hulle kan uitnooi om die kleinspan se dag te maak.
Lees Meer
Kontak Koowee
As jy 'n navraag het oor iets wat met kykNET se kinderkanaal, Koowee, verband hou, kontak ons gerus...
Lees Meer
Kuier saam met Tjiff en Tjaff: Centurion Teater
Dis weer tyd om lekker saam te speel met Tjiff en Tjaff.
Lees MeerMeer Nuus
Zim Zim
Zim Zim is 'n gewone sesjarige seuntjie wat die gewone dinge doen wat alle kinders doen, maar daar is een groot verskil tussen hom en die ander kinders van die wêreld: hy krimp elke keer as hy 'n fout maak.As hy so klein is, word hy geneem na Dummaland, 'n geheime plek waar hy 'n superheld kan wees. Hierso sorg hy dat alles aan die orde van die dag is en keer dan terug na die regte wêreld, nadat hy 'n les geleer het om nie weer dieselfde fout te maak nie. Hy keer dan ook sommer weer terug na sy normale grootte.
Doh Ray Mi
Doh Ray Mi gaan oor drie musikante wat deel is van 'n musiekgroep.Doh is 'n haas wat die klavier bespeel. Sy is baie slim en verantwoordelik - sy speel dikwels die 'moeder' vir die ander twee. Sy help graag uit by die Milkshake Bar.
Ray, 'n meerkat, is 'n kitaarspeler wat donkerbrille en 'n leerbaadjie dra. Hy is stout, energiek en impulsief, wat dikwels daartoe lei dat hy in die moeilikheid beland. Hy moet partykeer skottelgoed was by die Milkshake Bar - om te betaal vir sy melkskommel!
Mi is 'n apie wat die dromme speel. Hy is baie nuuskierig en vra baie vrae. Hy is nie baie slim nie, so die ander moet gereeld dinge vir hom baie stadig verduidelik.
Die ander karakters in die storie sluit in Mama Z die vlakvark, wat ook die eienaar is van die Baobab. Sy is die verteller en stel dikwels die tema vir die dag bekend. Sy was voorheen 'n sangeres en kan soms 'n regte diva wees. Sy's ook die bestuurder van die Doh, Ray, Mi musiekgroep. Dikwels moet sy die vrae van die ander beantwoord of help om probleme op te los.
Bones die hiëna is meeste van die tyd besig om aan een of ander plan te dink om die musiekgroeplede te vang - heel waarskynlik om hulle te eet! Sy een swakheid is musiek, so dikwels word sy planne in die wiele gery as sy aandag afgelei word deur 'n liedjie.
Pikin
In Pikin word die interessante diere, plante, voorwerpe en geluide van Afrika om te vermaak en om eenvoudige konsepte te verduidelik aan die jong span.Daar is iets van alles in Pikin: sang, dans, animasie, interaktiewe speletjies en video's wat die wêreld wys waarin kinders lewe.
Pikin wil die jong klomp aanmoedig om groot te droom en hul verbeelding te gebruik.
Froggies
Tannie Hop vertel stories dat die biesies bewe en die bekkige klein paddatjies kan maar net nie genoeg kry van haar heerlike staaltjies uit die Afrika-diereryk nie.Rat Tat Tat
Rats, die slimkop-bontebok, en Streep, sy muishondmaat, is op pad na die Rooikruis-uile. Langs die pad ontmoet hulle allerlei interessante karakters. Saam met Rats en sy maats sal kinders ure se pret hê!Matilda
Matilda is die baas van Die Muisgenoot en sy is altyd naarstiglik op soek na 'n groot storie om die hele muisdom te vermaak of in te lig. Drama, trane en nuusstories is haar kos. Skarrel is haar dierbare assistent.Thembi en Themba
Thembi, die feetjie, en haar kabouter-boetie, Themba, geniet die avonture in hul tuin! Saam met Melinda Mol, Renier Rietrot, Bubo die uil en die geheimsinnige Sissel Slang het hulle hope pret.Hopla
Hip, Hop, Flip en Flop is vier hasies wat speel-speel saam met die maatjies by die huis die Hopla-wêreld ontdek. Hulle kies 'n vorm, 'n kleur en 'n nommer, en saam met die maatjies by die huis leer hul oulike lessies.Lappies
Ken jy dié leeu se naam? Dis Lappies: Hy is die bosveldprins en troonopvolger, want Pappa Leeu is koning. Daarom leer, speel en beleef Lappies elke dag soveel moontlik avonture saam met sy maats.Tjiff en Tjaff
Tjiff is Tjaff se tweelingboetie wat groen met pienk wangetjies is. Hy daarvan om saam met Tjaff op avonture te gaan. Hy is baie nuuskierig! Elke dag leer hulle saam iets nuut.Tjaff is Tjiff se tweelingboetie. Hy het pienk wangetjies en is groen. Saam met sy boetie gaan hulle op groot avonture en het nie ’n bang haar op sy kop nie. Elke dag leer hulle saam iets nuut!
Kyk Koowee is ongelooflik!
Koowee is ongelooflik!
Hoe om Koowee in Afrikaans te kyk
Hier's 'n stap-vir-stap gids wat jy moet doen om Koowee in Afrikaans te kan kyk!
Trixi: Zebras
Hoekom die zebra strepe het.
Tjiff en Tjaff: Kat en muis maskers
Tjiff en Tjaff soek kat en muis maskers. Hande wys hulle hoe om die maskers te maak.
Trixie: Verkleurmannetjie
Hoekom verander verkleurmannetjies van kleur tot kleur?
Lappies: Speelgoed-ashoop
Lappies soek nuwe speelgoed.
Hopla: Reghoekdans
Hip, Hop, Flip en Flop steek vir die maatjies ietsie weg. Kom vind uit wat dit is en doen die reghoekdans met hulle.
Tjiff en Tjaff: Partytjie Lint
Hande wys al die maatjies hoe om partytjie lint te maak.
Tjiff en Tjaff: Bedkassie
Hande leer vir Tjiff en Tjaff om 'n bedkassie te maak uit vuurhoutjie bokse uit.
Zim Zim: Diertjies
Al hierdie diertjies verskaf plesierritjies as jou troeteldiertjies.Bladsy 1 van 2 |

Tjiff en Tjaff: Randskoe en Southgate
Tjiff en Tjaff kuier lekker gedurende die Paastyd by Southgate en die Randskou!Bladsy 1 van 1 |

Kyk Koowee op jou slimfoon
Die jongspan kan nou na Koowee kyk op 'n slimfoon met 3G! Volg net hierdie stappe en binnekort kan hulle na al die wonderlike programme kyk, waar ookal hulle is.Lees Meer

As jy vir Tjiff en Tjaff wil uitnooi...
Jy kan nou jou verjaarsdag met Tjiff en Tjaff geniet! Vind hier uit hoe jy hulle kan uitnooi om die kleinspan se dag te maak.Lees Meer

Kontak Koowee
As jy 'n navraag het oor iets wat met kykNET se kinderkanaal, Koowee, verband hou, kontak ons gerus...Lees Meer

Kuier saam met Tjiff en Tjaff: Centurion Teater
Dis weer tyd om lekker saam te speel met Tjiff en Tjaff.Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |

Kontak Koowee
As jy 'n navraag het oor iets wat met kykNET se kinderkanaal, Koowee, verband hou, kontak ons gerus...Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |























