Sluit by ons aan vir ‘n klets en kuier-reis deur die eilande van Nieu Seeland om te sien wat oud-Suid Afrikaners alles daar doen terwyl die Nieu Seelanders hulle vere regskud vir die Rugby Wêreldbeker 2011. ‘Kiwis’ word aangebied deur Christo Botha, ‘n oud Suid Afrikaner wat al 10 jaar daar woon en baie te sê het oor die land en haar mense.

Die reeks het tot 'n einde gekom.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan christobotha@slingshot.co.nz of marikeww@gmail.com.

Nuus

Die verwoesting in Christchurch

Ons reeks van reis en rondloop in Nieu Seeland staan einde se kant toe op ‘n baie ernstige noot. In episode 11 van Kiwilewe kyk ons na die verpletterde Christchurch en die Kiwis se kultuur van omgee wat opnuut aangewakker is.

Lees Meer

Toerisme en die filmbedryf

Chris besoek die omgewing waar die bekende fliek, Lord of the Rings, verfilm is. Hy vertel meer oor die agtergrond van die omgewing en van die belangrikheid van TV in Nieu-Seeland.

Lees Meer

Nieu-Seeland se 'Great South Sea Spa'

Rotorua staan bekend as Nieu-Seeland se 'Great South Sea Spa'. Chris vertel meer oor hierdie plek wat hy in 25 Augustus se episode van Kiwilewe besoek.

Lees Meer

Die Groot Vyf van 'n ander aard...

Volgens Willie Bezuidenhout is Nieu-Seeland se Groot Vyf visvang, jag, toerisme, die magtige kauribome en natuurlik rugby. In episode 7 van Kiwilewe word daar meer hieroor vertel. Lees eksklusief hier meer.

Lees Meer

Spaghetti op roosterbrood vir ontbyt

Kiwilewe-aanbieder Christo Botha vertel watter vreemde eetgewoontes die Kiwi's het en wat hom die meeste skok in Nieu-Seeland.

Lees Meer

Bierkultuur

Vir episode vier van Kiwilewe het die span na die pragtige dorp van Dunedin gereis. Die Skotse invloed in Nieu Seeland is oral te bespeur..

Lees Meer

Kaapse klopse in Kiwiland!

In episode vyf reis Christo en die span van Kiwilewe na Wakarewarewa. Daarna is hulle na Dunedin. Daar het hulle iets interessants ontdek.

Lees Meer

Meer Nuus

Christo Botha

Met die sukses van die kykNET kookprogram, Marita Kook, in Frankryk, is daar besluit om ook ‘n aanbieder te gebruik wat self in Nieu Seeland woon. Iemand wat die tyd kan afstaan en vir die 6 weke van verfilming beskibaar te wees,

Christo Botha werk al die afgelope 10 jaar in Nieu Seeland op ‘n plaas in die Waikato distrik. So tussendeur die melkskofte wat 4 uur soggens begin, het hy heen en weer oor die eilande gevlieg en Kiwi Lewe aangebied. Hy is kleurvol, ingelig en baie snaaks – presies soos ons hoop die reeks is ook!


Kiwilewe: 6 Oktober 2011

Hoogtepunte. Ons herleef die hoogtepunte van ons reis.

Hoogtepunte. Ons herleef die hoogtepunte van ons reis van rondloop en kuier saam met Christo Botha deur die Noord- en die Suideiland van Nieu-Seeland waar vanjaar se Rugbywêreldbeker gespeel word.
Lees Meer

Kiwilewe: 29 September 2011

Ons doen mee aan ‘n paar van die avontuursporte in Rotorua saam met ‘n oud Suid- Afrikaner en Meneer Nieu Seeland 2011, Arnold du Toit.

Avontuursport

Nieu-Seelanders is sportmal.  Hierdie relatief klein land van 4 miljoen inwoners blink internasionaal uit in ‘n verskeidenheid sportsoorte.  En as Nieu Seelanders nie ‘n sport beoefen nie, doen hulle graag avontuursport vir die sports!  Ons doen mee aan ‘n paar van die avontuursporte in Rotorua saam met ‘n oud Suid- Afrikaner en  Meneer Nieu Seeland 2011, Arnold  du Toit.
Lees Meer

Kiwilewe: 22 September 2011

Ons gesels oor die herbou van Christchurch en ons kyk na die rol van vroue in ‘n kultuur waar ‘omgee’ broodnodig is.

Christchurch is verpletter. Die Kiwis steek hulle hande diep in hulle sakke en maak hulle harte oop om te help met die opbou van die pragtige ou dorpie, die grootste stad in Nieu Seeland se Suid-Eiland. Ons gesels oor die herbou van Christchurch en ons kyk na die rol van vroue in ‘n kultuur waar ‘omgee’ broodnodig is.
Lees Meer

Kiwilewe: 8 September 2011

Christo neem ons na sy buurman in Waikato om te wys hoe net twee manne ‘n veeplaas bedryf met die hulp van vier werkshonde.

Werkende Honde

In Nieu-Seeland gaan honde en vee op die plaas saam soos snoek en patat. Honde is nie troeteldiere nie, maar plaaswerkers.  Groot troppe skape in reusagtige berge en eindelose heuwels is klei onder die waak van ‘n goed opgeleide hond. Christo neem ons na sy buurman in Waikato om te wys hoe net twee manne ‘n veeplaas bedryf met die hulp van vier werkshonde. Na al die aksie maak hulle keelnat in die werkersklub en almal gesels rugby.
Lees Meer

Kiwilewe: 1 September 2011

Christo loop rond in die indrukwekkende natuurskoon van die Suid-Eiland en besoek Arrowtown, ‘n ou goudmyndorpie.

Toerisme en Flieks

Daar is nie veel oor van die filmstelle van die Lord of the Rings trilogie wat in Nieu-Seeland verfilm is nie. Alles is na verfilming afgebreek omdat niks die natuurlike omgewing hier mag ontsier nie. Christo loop rond in die indrukwekkende natuurskoon van die Suid-Eiland en besoek Arrowtown, ‘n ou goudmyndorpie, sien die brug waar rekspring ontstaan het, besoek die mooie Queenstown en bekyk die nuwe rugbystadion in Dunedin waar Christchurch se wêreldbekerwedstryde nou gespeel word.  Ons bewonder ook die werk van Ronel Schodt, wat ‘n multi-miljoen dollar kontrak losgeslaan het om die Rugbywêrelbeker in 3D te verfilm om in teaters uit te saai.
Lees Meer

Kiwilewe: 25 Augustus 2011

Ons leer meer oor die Redwoodwoud en die Silver Fern asook van Moari tradisionele kos.

Rotorua

Rotorua is ‘n pragtige dorp gebou op spuwende vulkane en pruttende modderpoele waarvan stadsingeneur Nico Claassen ons meer van vertel.  Ons leer meer oor die Redwoodwoud en die Silver Fern asook van Moari tradisionele kos, wat in die vulkaniese warm water gaargemaak word. Ons sien ‘Big Splash’ in volle glorie – ‘n spuwende gyser van oor die 100 meter hoog! Ons staan verstom oor die herkoms en toekoms van hulle geliefde Kappa Hakka (kappa beteken ‘ry’ en hakka ‘dans’)
Lees Meer

Kiwilewe: 18 Augustus 2011

Ons vergesel Willie Bezuidenhout en sy gesin op uitstappies na die Nieu-Seelandse Groot Vyf.

Nieu-Seeland se Groot Vyf


Die eilande van Nieu-Seeland het net twee soogdiere wat natuurlik daar voorkom – twee klein vlermuisspesies. Geen ander soogdier nie… En geen slange nie. Hulle groot 5 is die natuurskoon, toerisme, jag, visvang, en rugby, glo Willie Bezuidenhout. Ons vergesel hom en sy gesin op uitstappies na die Nieu-Seelandse Groot Vyf en ons besoek saam met hulle ‘n rugbywedstryd op Edin Park.
Lees Meer

Kiwilewe: 11 Augustus 2011

Christo vertel meer oor bees-en-bokboerdery in Phukekohe.

Bokke en Beeste
Elke enkele bees in Nieu-Seeland is opgeteken – boere koop dus met gemak kuddes oor die internet aan. Takbokke het ‘n ander vreethoogte as beeste en word saam met beeste aangehou. Die horings word geoes, verpoeier en uitgevoer Ooste toe as ‘n plaasvervanger vir renosterhoring. Christo vertel meer oor bees-en-bokboerdery in Phukekohe en gee raad vir rugbytoeriste oor hoe om drankies te bestel in ‘n kroeg
Lees Meer

Kiwilewe: 4 Augustus 2011

Ons kuier by Waggie se skool waar hy die gym-onderwyser is en ons vergesel die Auckland City Dukes na ‘n wedstryd van die Stormers teen die Chiefs.

Kiwi Klopse
Christo loop Klopse raak in die hartjie van Auckland. Die leier is oud-Kaapenaar, Ruthewaan Waggie. Sy kleurvolle troep bestaan uit Maleiers, Afrikaanses, Kiwis, en Sjinese. Ons kuier by Waggie se skool waar hy die gym-onderwyser is en ons vergesel die Auckland City Dukes na ‘n wedstryd van die Stormers teen die Chiefs op Hamilton as hulle dit ophelder met Kaapse liedjies en ghoema-klanke.
Lees Meer

Kiwilewe: 29 Julie 2011

Christo Botha vertel meer oor bees-en-bokboerdery in Nieu Seeland en gee raad vir rugbytoeriste oor hoe om ‘n drankie te bestel in ‘n kroeg.

Bokke en Beeste
Elke bees in Nieu Seeland is opgeteken, wat beteken boere kan met gemak kuddes oor die internet aankoop. Die Kiwis hou ook takbokke aan, wat ‘n ander vreethoogte as beeste het, saam met hul beeste aan. Die horings word geoes, verpoeier en uitgevoer Ooste toe as ‘n plaasvervanger vir renosterhoring. Christo Botha vertel meer oor bees-en-bokboerdery in Nieu Seeland en gee raad vir rugbytoeriste oor hoe om ‘n drankie te bestel in ‘n kroeg.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Kiwilewe: 8 September 2011- Werkende honde (Deel 2)

Christo neem ons na sy buurman in Waikato om te wys hoe net twee manne ‘n veeplaas bedryf met die hulp van vier werkshonde

Kiwilewe: 8 September 2011 - Werkende honde (Deel 1)

In Nieu-Seeland gaan honde en vee op die plaas saam soos snoek en patat. Honde is nie troeteldiere nie, maar plaaswerkers. Groot troppe skape in reusagtige berge en eindelose heuwels is klei onder die waak van ‘n goed opgeleide hond.

Kiwilewe: 1 September 2011 - Toerisme en Flieks (Deel 2)

Christo sien die brug waar rekspring ontstaan het, besoek die mooie Queenstown en bekyk die nuwe rugbystadion in Dunedin waar Christchurch se wêreldbekerwedstryde nou gespeel word.

Kiwilewe: 1 September 2011 - Toerisme en Flieks (Deel 1)

Christo loop rond in die indrukwekkende natuurskoon van die Suid-Eiland en besoek Arrowtown, ‘n ou goudmyndorpie.

Kiwilewe: 25 Augustus 2011- Nico Claassen

Rotorua is ‘n pragtige dorp gebou op spuwende vulkane en pruttende modderpoele waarvan stadsingeneur Nico Claassen ons meer van vertel.

Kiwilewe: 25 Augustus 2011 – Rotorua

Ons leer meer oor die Redwoodwoud en die Silver Fern asook van Moari tradisionele kos.

Kiwilewe: 18 Augustus – Visvang

Nieu-Seeland se groot 5 is die natuurskoon, toerisme, jag, visvang, en rugby, glo Willie Bezuidenhout. Hy wys Chris waarvan hy praat.

Kiwilewe: 18 Augustus – Jag

Ons vergesel Willie Bezuidenhout en sy gesin op uitstappies na die Nieu-Seelandse Groot Vyf.

Kiwilewe: 11 Augustus (Deel 2)

Elke enkele bees in Nieu-Seeland is opgeteken – boere koop dus met gemak kuddes oor die internet aan. Takbokke het ‘n ander vreethoogte as beeste en word saam met beeste aangehou.

Kiwilewe: 11 Augustus (Deel 1)

Christo vertel meer oor bees-en-bokboerdery in Phukekohe en gee raad vir rugbytoeriste oor hoe om drankies te bestel in ‘n kroeg

Bladsy 1 van 2 |

Queenstown en Suid-Eiland

Kyk net hoe pragtig is die natuurskoon van die Suid-Eiland waar Chris homself bevind.

Rotorua

In Donderdag (28 Augustus) se episode van Kiwilewe leer Chris meer oor die Redwoodwoud en die Silver Fern asook van Moari tradisionele kos. Kyk na foto's van hierdie pragtige deel van Nieu-Seeland.

Bokke en beeste in Nieu-Seeland

In 11 Augustus se episode van Kiwilewe vertel Christo meer oor bees-en-bokboerdery in Phukekohe.

Kiwiklopse

In episode vier loop Christo Klopse raak in die hartjie van Auckland. Ons vergesel die Auckland City Dukes na ‘n wedstryd van die Stormers teen die Chiefs op Hamilton as hulle dit ophelder met Kaapse liedjies en ghoema-klanke.

Bladsy 1 van 1 |

Die verwoesting in Christchurch

Ons reeks van reis en rondloop in Nieu Seeland staan einde se kant toe op ‘n baie ernstige noot. In episode 11 van Kiwilewe kyk ons na die verpletterde Christchurch en die Kiwis se kultuur van omgee wat opnuut aangewakker is.
Lees Meer

Toerisme en die filmbedryf

Chris besoek die omgewing waar die bekende fliek, Lord of the Rings, verfilm is. Hy vertel meer oor die agtergrond van die omgewing en van die belangrikheid van TV in Nieu-Seeland.
Lees Meer

Nieu-Seeland se 'Great South Sea Spa'

Rotorua staan bekend as Nieu-Seeland se 'Great South Sea Spa'. Chris vertel meer oor hierdie plek wat hy in 25 Augustus se episode van Kiwilewe besoek.
Lees Meer

Die Groot Vyf van 'n ander aard...

Volgens Willie Bezuidenhout is Nieu-Seeland se Groot Vyf visvang, jag, toerisme, die magtige kauribome en natuurlik rugby. In episode 7 van Kiwilewe word daar meer hieroor vertel. Lees eksklusief hier meer.
Lees Meer

Spaghetti op roosterbrood vir ontbyt

Kiwilewe-aanbieder Christo Botha vertel watter vreemde eetgewoontes die Kiwi's het en wat hom die meeste skok in Nieu-Seeland.
Lees Meer

Bierkultuur

Vir episode vier van Kiwilewe het die span na die pragtige dorp van Dunedin gereis. Die Skotse invloed in Nieu Seeland is oral te bespeur..
Lees Meer

Kaapse klopse in Kiwiland!

In episode vyf reis Christo en die span van Kiwilewe na Wakarewarewa. Daarna is hulle na Dunedin. Daar het hulle iets interessants ontdek.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds