Jou Show met Emo en Wicus is terug met met nog meer energie en komedie as van te vore! Ja, alles is groter, beter en snaakser...wat anders kan jy verwag van twee van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse vermaaklikheidsterre?

Die tweede seisoen van Jou Show sal jou weer laat krul van die lag, laat snak na jou asem en jou heel voor op die randjie van jou stoel laat sit. Dis vermaak en pret uit die boonste rakke, maar ook glansryk met kuiergaste soos Bok van Blerk, Elana Afrika, Sonja Herholdt, Arno Carstens, Willem Botha en nog vele meer.

Die nuwe reeks begin Saterdag 14 April om 21:00.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan joushow@kyknet.co.za of kontak (021) 422 3452.

Nuus

Woon Jou Show opnames by en wen groot!

Jou Show word weer opgeneem vanaf 27 Februarie tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Junie. Kom deel in die pret en wen groot, want as jy 'n gehoorlid is, kan jy inskryf om 'n eksklusiewe Jou Show scooter te wen!

Lees Meer

Elvis maak 'n draai op Jou Show!

Lise Swart, Elvis en Clayton Morar gaan saam met Emo en Wicus sorg vir groot vermaak! Kyk na foto's van wat kom.

Lees Meer

Hier kom 'n ding!

Wicus en Emo is weer op hul stukke Saterdag (3 September)! Hul gaste is Tammy-Anne Fortuin en Francois van Coke. Dit beteken net een dien - GROOT PRET!

Lees Meer

Groot pret met Emo en Wicus!

Al wat ons kan sê oor dié Saterdag (27 Aug) se episode van Jou Show is dat dit SKREEUSNAAKS gaan wees! Snotkop, Marion Holm en Delia Gamildien sorg vir vet pret.

Lees Meer

Twee sterre kuier by Emo en Wicus!

Saterdagaand (20 Augustus) het jy 'n afspraak met Emo en Wicus op Jou Show! Kyk wie is hul gaste.

Lees Meer

Emo en die 'swanger' winkelassistent

Emo Adams het 'n baie waardevolle les geleer - moet NOOIT aanneem dat 'n vrou swanger is nie. Dit mag jou dalk net baie verleë laat!

Lees Meer

Dubbel dosis van Wicus!

Wicus is deesdae te sien as die mede-aanbieder van Jou Show, maar dié Saterdag (13 Augustus) kry kykers sommer 'n dubbel dosis van hom in die Musiekfees.

Lees Meer

Jou Show: Wáár’s dit lekker? Híer’s dit lekker!

Wat kry jy as jy twee van Suid-Afrika se snaaksste en mees talentvolle vermaaklikheidsterre saam in een ateljee sit! Die splinternuwe Jou Show!

Lees Meer

Meer Nuus

Wicus van der Merwe

Wicus van der Merwe is 'n Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, komediant en TV-aanbieder wat die eerste van sy 4 CD's in 2004 opgeneem het en sy laaste in 2010. Hy het ook al twee live DVD's opgeneem. Twee van sy CD's het goue status bereik en altwee DVD's het goue status bereik binne drie maande van uitreiking.

Hy was al 'n gas op verskeie TV-programme en is al genomineer vir twee SAMA toekennings. Hy is ook al twee keer genomineer vir 'n Huisgenoot Tempo toekenning waarvan hy een gewen het vir Beste Komedie Album.

Hy is ook die aanbieder van sy eie TV program, Opskop, op kykNET waarvan die tweede reeks eersdaags opgeneem sal word.

In 2010/11 het hy ook twee advertensies vir Romans Pizza gedoen.

Wicus tree ook op as seremoniemeester by korporatiewe geleenthede.

Tussendeur al die bogenoemde reis hy deur die land met sy normale vertonings. Hy het al in Namibië, Australië en Nieu-Seeland opgetree.

Emo Adams

Gebore en getoë in die hart van die Kaapse Vlaktes, Mitchells Plein, is Emo Adams een van ons land se mees bewame jong talente!

As deel van ‘n musikale gesin is sy dae met harmonie en gesang gevul, en is Emo op die ouderdom van nege gekies om die rol van ‘n straatkind in District 6: The Musical te vertolk… En, soos die gesegde gaan, is die res geskiednis. Die verhoogstuk is geskryf en vervaardig deur David Kramer en die oorledene Taliep Petersen, en dit is hier waar Emo se liefde vir teater gekry het en waar sy loopbaan in die kunste begin het.

In 1996 het Emo en sy broer, Luqmaan, saam met drie vriende die ensemble JAG gevorm. Uiters gewild in en om die Kaap asook PE en Johannesburg vir hulle nootvas harmonie en energieke vertonings, het JAG vir hulself groot naam gemaak.

Emo het London, Wene, Frankfurt en Las Vegas toe gereis as deel van Kat and the Kings. Emo het die rol vertolk van Kat Diamond en die stuk is ook geskryf deur Kramer en Petersen.

In 2001, is Emo weer gekies vir District 6: The Musical, maar dié keer as Sophia, ‘n glansryke dame. Hy is die enigste persoon wat al elke rol in District 6 vertolk het…

Vandag is Emo ‘n bekende gesig op kykNET en verskyn ook dikwels op die verhoog by feeste asook teaters.

En die ou sing en dans nie net nie, hy is ook televisie aanbieder, vervaardig sy eie albums, skryf vir Taalgenoot, ‘n ATKV tydskif, én hy is super snaaks…

‘n Paar interessanthede oor Emo:
o Emo drink 15 tot 20 koppies tee ‘n dag.
o Hy hou nie van groete nie behalwe soetwortels.
o Hy was vir 10 jaar deel van Kat and the Kings.
o Sy stem kan afgelaai word as jou kar se rigtingaanwyser.

Jou Show: 19 Mei 2012

Hanna Grobler laat kykers lê van die ag en Allastair deel met ons sy stories van lank lank gelede.

Die mooie en skreeusnaakse Hanna Grobler asook Allastair van Huysteen kuier by ons. Hanna en Wicus laat ons lê soos ons lag en Allastair deel met ons sy stories van lank lank gelede.

Kyk na foto's van die episode.
Lees Meer

Jou Show: 12 Mei 2012

Arno Carstens rock die ateljee, Theo Kleynhans leer ons van kuns en Boesman die Namakwalandse Boerseun vermaak ons.

Arno Carstens rock die Jou Show ateljee met sy teenwoordigheid en Theo Kleynhans leer ons van die fynere detail van kuns. Boesman die Namakwalandse Boerseun en van sy gunsteling personas vermaak ons ook.

Kyk hier na foto's van die episode.
Lees Meer

Jou Show: 5 Mei 2012

Sorina die Flooze kuier by Emo en Wicus en Henré Pretorius praat oor 'n opwindende nuwe projek.

Jou Show bring vir jou die uiterstes, van kommin tot grênd. Sorina die Flooze kuier die week by haar tjommas Emo en Wicus en Henré Pretorius praat oor een sy van sy nuwe en opwindende projekte waarby hy betrokke is.

Kyk hier na foto's van die episode.
Lees Meer

Jou Show: 28 April 2012

Andriëtte Norman sing vir die gehoor, terwyl Francois Toerien hulle vermaak met sy improvisasie talente.

Andriëtte Norman en Francois Toerien  kuier in die ateljee. Andriëtte sing een van haar gewildste liedjies, terwyl Francois ons vermaak met sy improvisasie talente. Sensei Andries en sy span kom kuier weer vir ons al die pad van Ceres af saam met van jongste en oudste studente.

Kyk na foto's van die episode.
Lees Meer

Jou Show: 21 April 2012

Hannes van Wyk en Tracy Lang, van die nuwe glansprogram Bravo, vertel vir Emo en Wicus hoe dit gedoen moet word...

Hannes van Wyk en Tracy Lang, van die nuwe glansprogram Bravo, vertel vir Emo en Wicus hoe dit gedoen moet word, terwyl Naz van die Fabulous Baker Girls vir Emo-hulle wys om ‘n koek te versier soos ‘n ‘professional’.

Kyk na foto's van die episode.
Lees Meer

Jou Show: 14 April 2012

In die eerste episode kuier Bok van Blerk, die mooie en talentvolle Elana Afrika asook ‘n jong Emo ‘impersonator’ by ons.

Jou Show met Emo en Wicus is terug hierdie jaar en alles is net grooter, beter en snaakser hierdie jaar. In die eerste episode kuier Bok van Blerk, die mooie en talentvolle Elana Afrika asook ‘n jong Emo ‘impersonator’ by ons. Ons leer Bok beter ken en Elana Afrika deel met ons een van haar minder bekende talente. Darryl Thomas, die jong Emo ‘impersonator’, leer vir Emo ook ‘n ding of twee.
Lees Meer

Jou Show: 29 Oktober 2011

Die skreeusnaakse Skot, Peter Michell, Proesstraat se Martelize Kolver asook Sensei Karel van der Merwe kuier saam Emo en Wicus!

In die laaste episode van hierdie reeks van Jou Show, reis ons internasionaal saam met Peter Michell – die skreeusnaakse Skot - of is hy.... Saam met hom kuier Proesstraat se Martelize Kolver asook Sensei Karel van der Merwe wat die reeks afsluit met ‘n knal en ‘n kopskoot wat jou sal verbyster!
Lees Meer

Jou Show: 22 Oktober 2011

Robbie Wessels sorg vir lekker lag en Sensei Andres Douglas wys Emo en Wicus 'n ding of twee!

Robbie Wessels is die ateljee-gas hierdie week en saam met hom bring hy ‘n hele klomp van sy snaakse stories. Hy sing ook een van sy nuwe treffers! Sensei Andres Douglas van die karate skool op Ceres kom wys ‘n paar karate-kappe vir Emo en Wicus. Dis ‘n uitklophou, dis Jou Show!
Lees Meer

Jou Show: 15 Oktober 2011

Ons gaste vir die week is Joey Rashdien en The X–Tremes...

...en hulle is almal ‘larger than life’! Oudergewoonte speel ons ‘n paar speletjies met ons gaste terwyl Emo sorg vir die grootste verrassing aan die einde van die aand.
Lees Meer

Jou Show: 8 Oktober 2011

Margit Meyer-Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla en Larry Soffer, wat letterlik smokkel met jou kop, kuier in die ateljee.

Al ooit gewonder wat die verskil tussen Margit Meyer-Rödenbeck en Dowwe Dolla is? Hierdie week kuier altwee by ons in die ateljee. Saam met hulle is Larry Soffer, wat letterlik smokkel met jou kop, asook die talentvolle Limited Edition Drum Corps wat kom wys waartoe hulle in staat is!
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Jou Show: 29 October 2011 - Peter Michell

Peter Michell – die skreeusnaakse Skot - wys wat in hom steek.

Jou Show: 29 October 2011 - Martelize Kolver

Een van die sterre van Proesstraat, Martelize Kolver, sorg vir hope vermaak!

Jou Show: 22 Oktober 2011 - Robbie Wessels (Deel 2)

Robbie Wessels vermaak nie net die gehoor met sy grappe nie, maar hy teken interessante goed ook...

Jou Show: 22 Oktober 2011 - Robbie Wessels (Deel 1)

Een van Emo en Wicus se gaste is niemand anders as komediant en sanger, Robbie Wessels!

Jou Show: 15 Oktober 2011 - Joey Rasdien (Deel 2)

Die gehoor was omtrent mal oor Joey - hy kap hulle met grappe links en regs!

Jou Show: 15 Oktober 2011 - Joey Rasdien (Deel 1)

Komediant Joey Rasdien kuier by Emo en Wicus vir lekker lawwigheid!

Jou Show: 8 Oktober 2011 - Larry Soffer

Saam met Dowwe Dolla is Larry Soffer, wat letterlik smokkel met jou kop, asook die talentvolle Limited Edition Drum Corps wat kom wys waartoe hulle in staat is!

Jou Show: 8 Oktober 2011 - Margit Meyer

Al ooit gewonder wat die verskil tussen Margit Meyer-Rödenbeck en Dowwe Dolla is? Hierdie week kuier altwee by ons in die ateljee.

Jou Show: 24 September - Jack Parow (Deel 2)

Jack Parow het heelwat om met Emo en Wicus te deel!

Jou Show: 24 September 2011 - Jack Parow (Deel 1)

Jack Parow maak ‘n draai met ‘n paar snaakse stories.

Bladsy 1 van 3 |

Jou Show: 19 Mei 2012 foto's

Die mooie en skreeusnaakse Hanna Grobler asook Allastair van Huysteen kuier by ons. Hanna en Wicus laat ons lê soos ons lag en Allastair deel met ons sy stories van lank lank gelede.

Jou Show: 12 Mei 2012 foto's

Arno Carstens rock die Jou Show ateljee met sy teenwoordigheid en Theo Kleynhans leer ons van die fynere detail van kuns. Boesman die Namakwalandse Boerseun en van sy gunsteling personas vermaak ons ook.

Jou Show: 5 Mei 2012 foto's

Jou Show bring vir jou die uiterstes, van kommin tot grênd. Sorina die Flooze kuier die week by haar tjommas Emo en Wicus en Henré Pretorius praat oor een sy van sy nuwe en opwindende projekte waarby hy betrokke is.

Jou Show: 28 April 2012 foto's

Andriëtte Norman en Francois Toerien kuier in die ateljee. Andriëtte sing een van haar gewildste liedjies, terwyl Francois ons vermaak met sy improvisasie talente. Sensei Andries en sy span kom kuier weer vir ons al die pad van Ceres af saam met van jongste en oudste studente.

Jou Show: 21 April 2012 foto's

Hannes van Wyk en Tracy Lang, van die nuwe glansprogram Bravo, vertel vir Emo en Wicus hoe dit gedoen moet word, terwyl Naz van die Fabulous Baker Girls vir Emo-hulle wys om ‘n koek te versier soos ‘n ‘professional’.

Elvis maak 'n draai op Jou Show!

Lise Swart, Elvis en Clayton Morar gaan saam met Emo en Wicus sorg vir groot vermaak! Kyk na foto's van wat kom.

Hier kom 'n ding!

Wicus en Emo is weer op hul stukke Saterdag (3 September)! Hul gaste is Tammy-Anne Fortuin en Francois van Coke. Dit beteken net een dien - GROOT PRET!

Groot pret met Emo en Wicus!

Al wat ons kan sê oor dié Saterdag (27 Aug) se episode van Jou Show is dat dit SKREEUSNAAKS gaan wees! Snotkop, Marion Holm en Delia Gamildien sorg vir vet pret.

Twee sterre kuier by Emo en Wicus!

Saterdagaand (20 Augustus) het jy 'n afspraak met Emo en Wicus op Jou Show! Kyk wie is hul gaste.

Agter die skerms met Emo en Wicus

Emo en Wicus het groot pret saam met hul gaste gehad tydens die opnames van die nuwe reeks van Jou Show. Daar's heelwat bekendes wat hul opwagting maak.

Bladsy 1 van 1 |

Woon Jou Show opnames by en wen groot!

Jou Show word weer opgeneem vanaf 27 Februarie tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Junie. Kom deel in die pret en wen groot, want as jy 'n gehoorlid is, kan jy inskryf om 'n eksklusiewe Jou Show scooter te wen!
Lees Meer

Elvis maak 'n draai op Jou Show!

Lise Swart, Elvis en Clayton Morar gaan saam met Emo en Wicus sorg vir groot vermaak! Kyk na foto's van wat kom.
Lees Meer

Hier kom 'n ding!

Wicus en Emo is weer op hul stukke Saterdag (3 September)! Hul gaste is Tammy-Anne Fortuin en Francois van Coke. Dit beteken net een dien - GROOT PRET!
Lees Meer

Groot pret met Emo en Wicus!

Al wat ons kan sê oor dié Saterdag (27 Aug) se episode van Jou Show is dat dit SKREEUSNAAKS gaan wees! Snotkop, Marion Holm en Delia Gamildien sorg vir vet pret.
Lees Meer

Twee sterre kuier by Emo en Wicus!

Saterdagaand (20 Augustus) het jy 'n afspraak met Emo en Wicus op Jou Show! Kyk wie is hul gaste.
Lees Meer

Emo en die 'swanger' winkelassistent

Emo Adams het 'n baie waardevolle les geleer - moet NOOIT aanneem dat 'n vrou swanger is nie. Dit mag jou dalk net baie verleë laat!
Lees Meer

Dubbel dosis van Wicus!

Wicus is deesdae te sien as die mede-aanbieder van Jou Show, maar dié Saterdag (13 Augustus) kry kykers sommer 'n dubbel dosis van hom in die Musiekfees.
Lees Meer

Jou Show: Wáár’s dit lekker? Híer’s dit lekker!

Wat kry jy as jy twee van Suid-Afrika se snaaksste en mees talentvolle vermaaklikheidsterre saam in een ateljee sit! Die splinternuwe Jou Show!
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds