Volg Jan Braai en sy toerspan vir ‘n onvergeetlikke toer dwarsdeur Suid Afrika. Oor 40 dae, met 40 braaie op 40 eg Suid Afrikaanse erfenis gebiede is Jan Braai vir Erfenis ‘n program wat jy net nie kan misloop nie. Kom raak saam opgewonde oor ons land se fantastiese erfenis en ons een gemeenskaplikke erfenis, braai!

Die reeks is vir eers verby.


Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan jan@braai.com.

Nuus

Tussen 'n paar mans, rondom 'n braaivuur

Jan Braai, aanbieder van Jan Braai vir Erfenis, vertel hoe nasionale Braai Dag ontstaan het, hoe die perfekte braai lyk en wat die algemeenste braaimites is.

Lees Meer

Droë hout is 'n moet!

Jan Braai gee die beste braairaad waarsonder hy geen braai aanpak nie, sowel as wat sy gunsteling marinade is.

Lees Meer

Braai snoek dié naweek

Jan Braai verduidelik hoe om heerlike snoek te braai. Perfek vir die naweek saam met 'n groep vriende!

Lees Meer

Jan se top 10 braaiwenke

Jan is sekerlik na al sy gebraaiery 'n kenner op die gebied van braai. Hy deel met ons sy top 10 wenke vir die perfekte braai.

Lees Meer

Poegaai gebraai ná 40 dae

Ná 40 dae en 40 braaie en omtrent 100kg vleis later is Jan Scannell vir eers poegaai gebraai. Hy gesels oor dié besondere ervaring.

Lees Meer

Desmond Tutu - beskermheer vir Nasionale Braai Dag

Nasionale Braai Dag is in 2005 begin deur Jan Braai. Desmond Tutu is die beskermheer oor dié tradisie. Hy

Lees Meer

Meer Nuus

Jan Braai

Jan in in Stellenbosch gebore. Hy het skool gegaan by Paul Roos en het toe by Stellenbosh Universiteit studeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word. Hy het dié beroep beoefen tot en met hy Braai Dag begin het.


Jan Braai vir Erfenis: 23 September 2011

Ons sluit die reeks op ‘n gepaste wyse af met ‘n braai vir erfenis op Robbeneiland.

Ons kyk na die Groot Vyf en braai naby Touwsrivier in die Groot Karoo, voor ons ‘n vissie braai om die erfenis van die Suid-punt van Afrika te vier. Ons sluit die reeks op ‘n gepaste wyse af met ‘n braai vir erfenis op Robbeneiland.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 16 September 2011

Ons maak gereed vir braaidag op 24 September! Ons hoor by 'n paar bekendes wat hulle vir dié dag beplan.

Die 24ste September is braaidag en om almal opgewonde te maak vir dié feestelikste dag op Suid Afrika se kalender kyk ons in diepte na presies wat die mikpunte en doel van hiedie ongelooflike dag is en vind ook uit wat ‘n paar bekendes vanjaar vir braaidag beoog.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 9 September 2011

Die grootste braaiplek in Oos-London word besoek voor ons in Grahamstad saam met die toekomstige joernaliste van SAbraai.

Die grootste braaiplek in Oos London word besoek voor ons in Grahamstad saam met die toekomstige joernaliste van Suid-Afrika braai. Hierna vier ons die hoogtepunt van Suid Afrika se branderplank erfenis met ‘n kuiertjie in Jeffereysbaai. Die episode sluit af in die Baviaanskloof waar die pragtigge natuurskoon van die area gevier word met ‘n braai voor ons ons koppe neerlê in ‘n grot.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 2 September 2011

Jan Braai by die Shark tank en vind meer uit oor die Sharks se braai voorkeure.

Jan Braai by die Shark tank en vind meer uit oor die Sharks se braai voorkeure. Ons pak die Sanipas aan en braai in Lesotho by die hoogste kroeg in Afrika.  Die Drakensberge se wêrelderfenis gebied word gevier met ‘n braai na ons met ‘n staptoer die San Rotskuns van die area van nader beskou. Ons sluit hierdie week af met ‘n kuiertjie by Qunu waar Nelson Mandela gebore is om dié Suid Afrikaanse held se erfenis te vier.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 26 Augustus 2011

Ons braai in die wêreld erfenisgebied van die iSisimangaliso vleiland park. Shaka Zulu se erfenis word gevier.

Ons braai in die wêreld erfenisgebied van die iSisimangaliso vleiland park.  Shaka Zulu se erfenis word gevier en ons ry ‘n paar branders in Durban voor Jan die stad se spesery mark besoek en ‘n Bunny Chow eet.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 19 Augustus 2011

Ons soek mooi dinge oppad na die Oos Vrystaat… Die Golden Gate se erfenis word gevier en ons leer meer oor die slag van Spioeonkop om die manne ook gelukkig te hou.

Hierdie week doen ons bietjie ekstra moeite vir die vroulike kykers. Ons soek mooi dinge oppad na die Oos Vrystaat… Die Golden Gate se erfenis word gevier en ons leer meer oor die slag van Spioeonkop om die manne ook gelukkig te hou. Jan Braai ook saam met King Goodwill Zwelitini se broer in Nongoma om meer oor die Zulu erfenis te leer.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 12 Augustus 2011

Die oorsprong van die braai word ondersoek by die Wieg van die Mensdom.

Ons braai in die wildtuin om die oudste ruskamp, Pretoriuskop, se erfenis te vier. Die oorsprong van die braai word ondersoek by die Wieg van die Mensdom en daar word gebraai in ou Ellis Park (nou Coca Cola Park) op die kolletjie waar Joel Stransky se skepdoel ons die 1995 wêreldbeker laat verower het.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 5 Augustus 2011

Ons braai in die Soutpansberge om Suid-Afrika se Venda-erfenis te vier en ons verken Mapungubwe se wêreld erfenisgebied.

Ons braai in die Soutpansberge om Suid Afrika se Venda erfenis te vier, Mapungubwe se wêreld erfenis gebied word verken en met ‘n braai gevier, voor ons die Blyderivierspoort besoek en afsluit met ‘n groot goud erfenis braai in Pelgrimsrus.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 29 Julie 2011

Ons vier die toekomstige Springbokke se erfenis by Grey College in Bloemfontein en vier die Blou Bulle se erfenis.

Ons vier die toekomstige Springbokke se erfenis by Grey College in Bloemfontein. Ons verken die wêreld erfenis gebied van die Vredefort Koepel, ons vier Suid Afrkia se akademiese erfenis op Potchefstroom, daar word gebraai in Soweto en ons vier die Blou Bulle se erfenis by Loftus Versveld in Pretoria.
Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis: 22 Julie 2011

Jan Braai skop die week se episode af met ‘n rondte Springbok Sewes in Springbok.

Jan Braai skop die week se episode af met ‘n rondte Springbok Sewes in Springbok. Ons vier ook die skoonheid en erfenis van die Augrabiese waterval. Daar word op die Oranje rivier geroei, ons braai op Sakkie se Arkie in Upington en Kimberley se diamant erfenis word gevier met ‘n braai op die randjie van die groot gat.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Jan braai die land vol!

Jan Braai en die span beleef groot avonture op hul reis deur die land. Deurgaans braai hulle saam met interessante karakters en selfs 'n paar bekendes.

Bladsy 1 van 1 |

Tussen 'n paar mans, rondom 'n braaivuur

Jan Braai, aanbieder van Jan Braai vir Erfenis, vertel hoe nasionale Braai Dag ontstaan het, hoe die perfekte braai lyk en wat die algemeenste braaimites is.
Lees Meer

Droë hout is 'n moet!

Jan Braai gee die beste braairaad waarsonder hy geen braai aanpak nie, sowel as wat sy gunsteling marinade is.
Lees Meer

Braai snoek dié naweek

Jan Braai verduidelik hoe om heerlike snoek te braai. Perfek vir die naweek saam met 'n groep vriende!
Lees Meer

Jan se top 10 braaiwenke

Jan is sekerlik na al sy gebraaiery 'n kenner op die gebied van braai. Hy deel met ons sy top 10 wenke vir die perfekte braai.
Lees Meer

Poegaai gebraai ná 40 dae

Ná 40 dae en 40 braaie en omtrent 100kg vleis later is Jan Scannell vir eers poegaai gebraai. Hy gesels oor dié besondere ervaring.
Lees Meer

Desmond Tutu - beskermheer vir Nasionale Braai Dag

Nasionale Braai Dag is in 2005 begin deur Jan Braai. Desmond Tutu is die beskermheer oor dié tradisie. Hy
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

Braai snoek dié naweek

Jan Braai verduidelik hoe om heerlike snoek te braai. Perfek vir die naweek saam met 'n groep vriende!
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds