

Die reeks is gebaseer op Opperman se Hertzogprys-bekroonde dramas Kaburu, Stille Nag en Boesman, my Seun . Opperman het HARTLAND geskryf as die derde aflewering in sy Afrikaner-trilogie, waarvan Kruispad (wat vroeër op kykNET uitgesaai is) die middelste gedeelte was. Donkerland, waarvoor hy ook die Hertzogprys toegeken is, is die beginpunt van die trilogie, en sal hopelik later vanjaar verfilm word.
Die reeks het tot 'n einde gekom.
Video's
Nuus

'Die's my hartsplek'
Nadia Beukes, wat die rol van Esmé in Hartland vertolk, vertel wat die dinge is wat haar seën.
Lees Meer
Hartland lok gemengde reaksie uit
kykNET se nuutste drama, Hartland, lok groot reaksie uit. Sommige meen dis "uitstekend", ander meen dis "neerdrukkend"...
Lees Meer
10 uit 10 vir Franci!
Franci Swanepoel is deesdae baie besig. Nie net is sy te sien in Binneland nie, maar is sy ook betrokke by die kykNET-programme Fiësta, 10 uit 10 en die nuwe drama Hartland. Sy gesels oor dié projekte.
Lees Meer
Hartland regisseur onseker oor kykers se reaksie
Vind uit hoekom was Regisseur Gerrit Schoonhoven senuweeagtig...
Lees Meer
Vaughan die sanger word akteur
Vaughan Gardiner is veral bekend as sanger en het eers onlangs met die teaterstuk, Tree Aan, sy debuut as akteur gemaak...
Lees Meer
Waarvan die hart van vol is...
Hartland fokus rondom dié gesegde - daar's meer as een manier om die hartskamers van ‘n familie te verken...
Lees Meer
Botha Botha word rustig
André Odendaal vertolk die rol van Andriaan Cilliers in Hartland. Hy gesels oor sy werk as akteur, sy rol as Botha Botha in Getroud met Rugby en sy rol in Hartland.
Lees MeerMeer Nuus
Jonathan Pienaar
Jonathan is bekend vir sy rolle in films soos Blood Diamond, Forestry in Africa, Catch a Fire en Dollars & White Pipes. Sy televisiewerk sluit in rolle in Hopeville, Crusoe, On the Couch, The Lab, Wild at Heart, One Way, Generations en Yizo Yizo. Jonathan is ook ‘n kranige flaminco-danser.Ashley Saunders
Ashley is die stigterslid van die geleentheidsorganiseerders-maatskappy Peanut Entertainment. Hy het sy lyf al akteur gehou in meer as 26 televisie-produksies (o.a. Madam & Eve, Konsternasie oppie Stasie, Coconuts, The Lab, Kruispad, Hillside 2, Jacob's Cross, Huis van Liefde, Jozi Street, Song vir Katryn, Plek van die Vleisvreters en talle films.Ashley was ook ‘n Mnr. Suid-Afrika finalis, en is ook eersdaags te sien in die rolprent Platteland, waarin hy die rol van Tenk vertolk.
Angelique Pretorius
Warning: file_get_contents(http://twitter.com/users/show/magicmuses.json?size=mini) [function.file-get-contents]: failed to open stream: HTTP request failed! HTTP/1.0 404 Not Found in /var/www/vhosts/kyknet.dstv.com/httpdocs/wp-content/themes/kyknet-2012/classes/class.shows.php on line 1001
magicmuses
Sy het haar graad in drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal, waar sy ook verskeie teaterproduksies onder die knie gekry het, soos byvoorbeeld die rol van Ophelia in Geoffrey Highland se Hamlet- en Miriam in Chris Weare se Mephisto.
Quanita Adams
Quanita is beter bekend aan kykers as Villa Rosa se Ivy, en aanhangers van Orion sal haar herken as Chantal. Sy was ook ‘n Irakeese verpleegster in die mediese drama ER, en het ook ‘n rol in die BBC-reeks Holby City gehad. Maar daar steek baie meer agter Quanita as net veldaanbieder van PASELLA en aanbieder van die reeks Vuyani Mzanzi. Quanita se loopbaan het vlam gevat toe sy in die eenvroustuk At her Feet gespeel het (wat vir tien jaar op verskeie verhoë te sien was, onder andere Holland, New York, en London). Haar ander verhoogondervindings was in Wit, Twaalfde Nag, Valley Song, en meer onlangs Truth in Translation (wat ook die wye wêreld getoer het). Sy was ook te sien in Kroes, en Cissie, en die rolprente Forgiveness, Cape of Good Hope, en Ongeriewe.Amanda Strydom
Amanda Strydom is op 23 Julie 1956 in Port Elizabeth gebore. Na sy matrikuleer aan die Hoërskool Framesby in 1974,verwerf sy die graad B.A.Drama aan die Universiteit van Pretoria in 1979.Amanda is 'n aktrise, skrywer, kabaretkunstenaar, komponis en digter-sanger.
Gys de Villiers
Gys se loopbaan het begin toe hy deel van PACT (saam met Marius Weyers, Sandra Prinsloo en Tobie Cronje) geword het, en hy sy drama-studies by Universiteit van Kaapstad laat vaar het.Gys se eerste TV-rol was in 1993 toe hy die rol van Barry McGregor in Triptiek vertolk het, en later was hy ook in 7de Laan, Isidingo, Malan & Kie en Binneland te sien.
Gys was ook ‘n deelnemer aan Celebrity Survivor, en was ook in 2010 in die rolprent Die Ongelooflike Avonture van Hannah Hoekom.
Tertius Meintjies
Tertius Meintjies is al vir die afgelope 25 jaar betrokke by teater, film en televisieproduksies. Hy het BA Drama en Literatuur aan die Universiteit van Pretoria studier, en het in sy tweede jaar op universiteit reeds begin om professioneel te werk.Hy het ‘n VITA-toekenning as beste nuweling verwerf met sy vertolking van Alan Strang in EQUUS en Dis seker die honde (wat hy nie net vervaardig en geskryf het nie, maar ook in gespeel het vir die Grahamstad Fees).
Tertius het ook ‘n VITA-toekenning gekry as beste akteur vir sy rol in Jobman (‘n film wat geregisseur is Oscar-genomineerde regisseur Darryll James Roodt), asook ‘n VITA-toekenning as beste byspeler vir sy rol teenoor Whoopi Goldberg in Sarafina.
Ander hoogtepunte in Tertius se loopbaan sluit in ‘n rol teenoor Martin Sheen in The Floating Outfit, ‘n rol teenoor Kerry Fox in Friends, en ‘n rol teenoor Sydney Poitier en Michael Caine in Mandela and De Klerk. Tertius het ook ‘n Beste Skrywer toekenning gekry van M-Net se New Directions projek vir The Pink Leather Chair.
Kykers sal Tertius ook onthou vir sy rolle in Plek van die Vleisvreters, Ella Blue, Buks in Binneland, en die Regardt van den Bergh geredigeerde Die Ongelooflike Avonture van Hannah Hoekom.
Gérard Rudolf
Gérard Rudolf is al bykans twintig jaar ‘n veteraan van die Suid Afrikaanse film en TV bedryf. Hy het oor die jare tot groot lof verskyn in talle top kwaliteit TV dramas soos Arende, Glaskasteel, Woestynblom en Transito, asook talle toneelstukke en plaaslike, sowel as internasionale films. Hy word beskou as een van die beste akteurs van sy generasie en is alombekend vir sy kragtige en charismatiese vertolkings.Nadia Beukes
NadiaBeukes
1 hours agoreplyretweet
Sy was onlangs te sien in Villa Rosa as die gesofistikeerde regsgeleerde Erica Brink. Sy is ook ‘n lid van die A Capella groep Cutt Glass, en was in verhoogproduksies soos The Rocky Horror Picture Show, Ons vir Jou, en Janice Honeyman se Snow White.
As deel van die groep NX (saam met Xander Steyn) het Nadia ook gehelp om hul debuutalbum, Brieweboks', die lig te laat sien. Nadia is ook onlangs te siene gewees in die reisende ATKV-musieblyspel Agent Snoet, en was ook in 2011 in Deon Opperman se Tree Aan op die verhoog te sien gewees.
Vaughan Gardiner
VaughanGardiner
Vaughan is beter bekend as sanger, en Hartland is sy TV-debuut. Hy speel elektriese kitaar, akoestiese kitaar en clavier, maar volgens hom is sy hoofinstrument nog altyd maar sy stem gewees. Vaughan is nie onbekend op die verhoog nie, en het sy eerste verhoogrol losgeslaan op die ouderdom van sestien toe hy deel was van Oedipus the Tyrant wat in die Kunstekaap opgevoer is. Hy het ‘n B.Rek van die Universiteit van Stellenbosch behaal, en in 2009 het Vaughan sy debuutalbum vrygestel. Vaughan het ook die rol van Jock in Deon Opperman se musiekblyspel Jock of the Bushveld vertolk. Aanhangers sal hom ook hierdie jaar in die nuwe Afrikaanse fliek Platteland te siene kry.
Brümilda van Rensburg
Brümilda van Rensburg (Rika)Lank voordat Brumilda die ikoniese rol van Louwna in Egoli, Plek van Goud gespeel het, het sy reeds bewys wat in haar steek deur haar jarelange verwantskap met die destydse CAPAB.
Gebore in Phillippolis en groot gemaak in Pretoria, het Brümilda vir drie jaar lank produksies saam met CAPAB aangepak voordat sy Johannesburg toe getrek het. Brümilda is ook bekend vir haar rolle in Balade vir 'n Enkeling, Wolwedans in die Skemer en Binnekring.
Johan Scholtz
Johan Scholtz (Ds. Rudi Naude)Johan is beter bekend as Osie Oosthuizen in Binneland, en as die rugby-afrigter Schalk Brand in die kykNET-reeks Getroud met Rugby. Johan is ook ‘n pastoor en sanger, en kykers sal hom ook onthou vir sy rolle in Egoli, Grondbaronne en Vleuels.
Andrew Thompson
Andrew Thompson (Vlooi)Tydens Andrew se hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Linden (waar hy in 2004 gematrikuleer het), het hy reeds verskeie verhoogproduksies aangepak – Bobaas van die Boendoes, Hello, My Naam is Nina, en Die Gebreekte Kruik – en in 2003 het hy sy TV-debuut gemaak in Generations. Later het Willie Esterhuizen hom die geleentheid gebied om JP Venter in die kykNET tele-nouvelle Hart van Staal te speel. In 2006 skryf Andrew in by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, en neem aan talle produksies plaas waar onder Some Explicit Polaroids, Pols en Waterman. In 2007 slaan hy die rol van Fanie Vorster in die tienerkomedie-rolprent Bakgat los, en durf ook Poena is Koning aan. Daardie bekende Nashua-advertensie (waar Andrew die kantoorbleeksiel is wat die kantoorpoppies se harte steel) en die rolprent Vaatjie sien sy gat volg daarna. Andrew is ook bekend aan kykers as Benjamin van Deventer in Binneland, en die saggeaarde ‘punk’ Theunis van Rooyen in Molly & Wors. Andrew het ook saam met mede-akteur Ivan Botha in Superhelde verskyn, wat hy en Ivan saam geskryf het.
Elné Pretorius
Elné Pretorius (Elisabeth)Hartland is Elné se debuut as TV-aktrise, en sy is ook ‘n ywerige sangeres. Sy het in 2010 die Artes vir uitvoerende kuns as leerling van die Hoërskool Linden ontvang.
Franci Swanepoel
Franci Swanepoel (Antoinette)Die nimlike en geliefde Toeks Muller van Binneland ondergaan totaal en al ‘n transformasie wanneer Franci die rol van Antoinette in Hartland vertolk. Maar Franci is nie net ‘n aktrise nie – sy is ook ‘n aanbieder, vervaardiger en nuusleser. Franci het haar loopbaan begin met verskeie radiodrama’s, as Gesie in PG du Plessis se Koöperasies, en rolle in Iemand om lief te hê en Woestynblom.
Sy is mede-vervaardiger van Fiësta, asook aanbieder, en het ook haar lyf al nuusleser gehou as nuusleser op kykNET.
André Odendaal
André Odendaal (Adriaan Cilliers)André sal die beste onthou word as Botha Botha in die kykNET-reeks, Getroud met Rugby. Hy het onder meer in 2011 die Fiesta vir Beste Akteur gewen vir sy spel in die verhoogproduksie Magspel, en is ook die booswig Botha in die kykNET-reeks Getroud met Rugby. André is al vir die afgelope 25 jaar in die bedryf, en het in diens van TRUK oor die 75 verhoogproduksies gedoen. André is nie net ‘n deurwinterde akteur nie, maar het ook al talle toekennings gekry vir sy werk as regisseur. Hy was die regisseur van die films Skilpoppe (in 2004), en Hey Boy (in 2002), asook die TV-reekse SOS (op e.tv) en Askies (op SABC2).
Denzel Edgar
Denzel Edgar (Zweli Sibanyoni)Denzel het aan die Universiteit van die Witwatersrand onder Malcolm Purkey gestudeer vanaf 2001 tot 2003. Hy het sy televisie-debuut gemaak in FONT (wat hy ook gehelp konseptualiseer het en waarvoor hy ‘n nominasie vir beste byspeler gekry het), en daarna ook in The Lab, en Hard Copy gesig gewys. Denzel het ook INTERSEXTIONS (op SABC1) geskryf en daarin gespeel. Denzel is ook ‘n begaafde skerpskertser – en sy eenmanstuk The Truth About You het hom ook bekendheid verwerf.
Stefan Vermaak
Stefan Vermaak (Neil)Stefan het in 2007 sy debuut op die verhoog gemaak op die karige ouderdom van 15 toe hy die rol van Benjamin Komoeti in Fiela se Kind (geregisseur deur Sandra Prinsloo) gespeel het. Daarna het verskeie verhoogproduksies gevolg, o.a. Skandaal (met Liz Meiring en Deon Opperman). Stefan is ook ‘n kranige sportman, en gesogte seremoniemeester.
Anrich Herbst
Anrich Herbst (Bertus)Anrich sal die beste onthou word vir sy rolle as Wimpie in Orkney Snork nie en Dewald Vorster in Egoli, Plek van Goud. Hy was ook die seun van Barker Haines in Isidingo. Sy ander TV-verskynings was in Villa Rosa, Plek van die Vleisvreters, Wild at Heart, en Skwizas.
Hanli Roelfse
Hanli Roelfse (Elna)Hanli, beter bekend aan TV-kykers as Sarah-Lee Odendaal in Generations (waar sy die rol vir ses jaar vertolk het), Louise Schoeman in Kruispad, en Sophia Landman in Villa Rosa, het haar honneurs in Drama van die Universiteit van Pretoria in 1994 verwerf. Haar eerste TV-rol was as Luitenant Bernice Fox in Scholtz Films se Die Laksman, waarna haar tyd in Generations gevolg het.
Hanli was ook te siene in Justice for All, The Adventures of Sinbad, Vetkoekpaleis, Egoli, Iemand om lief te hê, en Jozi Streets.
Hanli was ook in die verhoogproduksies Boesman, my seun (in 2005) en Kaburu(in 2007) wat Deon Opperman geskryf het, en waarop Hartland gebaseer is. Sy was ook onlangs te sien as Lanie in Getroud met Rugby.
David Rees
David Rees (Boetjan)David, beter bekend by meeste TV-kykers as Nick Naude in Egoli, Plek van Goud, is ‘n akteur, stemkunstenaar, regisseur en vervaardiger. David het ook al in films soos Agter elke Man, American Ninja 4, Egoli (The Movie) en Susanna van Biljon naam gemaak. Sy vele TV-rolle sluit onder meer Egoli, Plek van Goud en Dit wat stom is in.
Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo (Maria Cilliers)Sandra is definitief een van die lieflinge van die Suid-Afrikaanse bedryf. Nie net is sy ‘n gesoute TV-, film-, en verhoogaktrise nie, maar ook regisseur, aanbieder en vervaardiger. Van haar bekendste rolle was die van Kate Thompson in The Gods must be crazy, Siener van die suburbs, Die Manheim-saga, Erfsondes en Known Gods.
Sandra is een van die lewende ikone van die Suid-Afrikaanse bedryf. Sy is in 2010 vereer met die Fleur de Cap vir beste aktrise met die verhoogstuk, Die Naaimasjie, en is in 2011 ook op die verhoog te sien in Hennie van Greunen se Janneman.
Marius Weyers
Marius Weyers (Jan Cilliers)Marius het al in meer as 35 rolprente verskyn, verskeie TV-produksies en 115 teater produksies. Sy vernaamste rolprentrolle sluit in Blood Diamond, Red Dust, Stander, Paljas, The Power of One, Bopha, The Gods must be Crazy, en Fourth Reich.
Marius is in 2011 die ATKV-Mediaveertjie toegeken as beste akteur in ‘n drama-reeks vir sy rol in Feast of the Uninvited, en kykers sal hom ook onthou van televisie-reekse soos Amalia, Song vir Katryn, Soutmansland, Onder draai die duiwel rond, Golden Girls, en Death in the Family.
Hy is tans ook te sien in 7de Laan as Tim.
Wilna Snyman
Wilna Snyman (Ouma Cilliers)Wilna, ook beter bekend as Madel Terblanche in 7de Laan, is ‘n gevierde en gesoute aktrise wat haar stempel in die Suid-Afrikaanse TV- en rolprentbedryf afgedruk het. Sy is in 2011 met ‘n Kanna vereer vir haar lewensbydrae tot die toneelbedryf.

Hartland: 11 Oktober 2011
African Queen Cosmetics se raadsaal-vergadering is nie die enigste situasie wat in ‘n spanningsvolle knal eindig nie. De Wet en Davids is warm op die spoor van die Wit Brigade. Gerhard, Rudi en Hannes reis na Ovamboland, en Maria maak ‘n hartseer ontdekking.

Hartland: 4 Oktober 2011
Vlooi breek die nuus aan sy ouers, en Richard en Rudi raak handgemeen oor Rika. Elisabeth word betrap, en Johann Neethling se doppie word deur De Wet en Davids ingespan in hul ondersoek. Gerhard ontmoet uiteindelik vir Marius – maar die ontmoeting is nie juis soos hy dit hom voorgestel het nie.

Hartland: 27 September 2011
De Wet en Davids ondervra Mnr Le Roux, en Gerhard se soektog lei hom Kaap toe. Susan het skokkende nuus vir Vlooi, en Esme speel oop kaarte. Antoinette se ware kleure kom te voorskyn.

Hartland: 20 September 2011
Rika ontmoet Richard, en Elna het ‘n besigheidsvoorstel vir Bertus. Gerhard vertel vir Christoff sy geheim, en Vlooi vertel vir Antoinette van Susan. Daar is meer duidelikheid oor die Wit Brigade se meesterplan, en African Queen Cosmetics se kompetisie is hulle een voor…

Hartland: 13 September 2011
Davids en De Wet maak ‘n deurbraak in hul ondersoek, Esme reik uit na Hannes, en Albert wil ‘n gevaarlike bondgenoot deel maak van die Wit Brigade. Christine en Rika kry geleentheid om met mekaar te praat, terwyl Rudi wegstap van die kansel.

Hartland: 6 September 2011
Gerhard gesels openhartig met Christine, Zweli wil ondersoek instel na African Queen Cosmetics se laaste transaksie, en Rika neem ‘n baie moeilike besluit.

Hartland: 30 Augustus 2011
Operasie Swart Diamant word in werking gesit, en Gerhard kry nog ‘n leidraad tot sy verlede. Antoinette deel haar goeie nuus met Adriaan, en De Wet en Davids vra ongemaklike vrae by die Ploegskaar-kroeg.

Hartland: 23 Augustus 2011
Antoinette en Adriaan se plan word in werking gestel, en De Wet en Davids vermoed onraad met hul ondersoek. ‘n Moord word gepleeg, en Boetjan en Rudi gesels oor die grensoorlog. Gerhard se soektog lei hom na ‘n welsynswerker.

Hartland: 16 Augustus 2011
Antoinette kry Elna in die moeilikheid, terwyl Neil en Rudi koppe stamp. Susan word aan Vlooi se ouers voorgestel, en ‘n transito-rooftog vind plaas. Skokkende nuus tref die Cilliers-familie.

Hartland: 9 Augustus 2011
Rudi en Rika se jarelange geheim kom op die lappe, en Adriaan kry teenstand in die raadsaal. Vlooi ontmoet die Vuiste van die Wit Brigade, en Elisabeth en Neil word uitgevang.
Bladsy 1 van 2 |
Hartland: 11 Oktober 2011 (Deel 2)
De Wet en Davids is warm op die spoor van die Wit Brigade. Gerhard, Rudi en Hannes reis na Ovamboland, en Maria maak ‘n hartseer ontdekking.
Hartland: 11 Oktober 2011 (Deel 1)
African Queen Cosmetics se raadsaal-vergadering is nie die enigste situasie wat in ‘n spanningsvolle knal eindig nie.
Hartland: 4 Oktober 2011 (Deel 2)
Elisabeth word betrap, en Johann Neethling se doppie word deur De Wet en Davids ingespan in hul ondersoek. Gerhard ontmoet uiteindelik vir Marius – maar die ontmoeting is nie juis soos hy dit hom voorgestel het nie.
Hartland: 4 Oktober 2011 (Deel 1)
Vlooi breek die nuus aan sy ouers, en Richard en Rudi raak handgemeen oor Rika
Hartland: 27 September 2011 (Deel 2)
Susan het skokkende nuus vir Vlooi, en Esme speel oop kaarte. Antoinette se ware kleure kom te voorskyn.
Hartland: 27 September 2011 (Deel 1)
De Wet en Davids ondervra Mnr Le Roux, en Gerhard se soektog lei hom Kaap toe.
Hartland: 20 September 2011 (Deel 2)
Rika ontmoet Richard, en Elna het ‘n besigheidsvoorstel vir Bertus. Gerhard vertel vir Christoff sy geheim, en Vlooi vertel vir Antoinette van Susan.
Hartland: 20 September 2011 (Deel 1)
Rika ontmoet Richard, en Elna het ‘n besigheidsvoorstel vir Bertus. Daar is meer duidelikheid oor die Wit Brigade se meesterplan, en African Queen Cosmetics se kompetisie is hulle een voor…
Hartland: 13 September 2011 (Deel 2)
Christine en Rika kry geleentheid om met mekaar te praat, terwyl Rudi wegstap van die kansel.
Hartland: 13 September 2011 (Deel 1)
Davids en De Wet maak ‘n deurbraak in hul ondersoek en Esme reik uit na Hannes.Bladsy 1 van 3 |

Hartland episodes
Hartland is alreeds van episode een af 'n gunsteling onder kykNET-kykers. Moenie 'n oomblik van die aksie mis nie.
Hartland akteurs
kykNET se gewilde drama, Hartland, spog van Suid-Afrika se mees gesogte akteurs, sowel as 'n paar nuwe gesigte, wat reeds bewys het hulle het hope talent.Bladsy 1 van 1 |

'Die's my hartsplek'
Nadia Beukes, wat die rol van Esmé in Hartland vertolk, vertel wat die dinge is wat haar seën.Lees Meer

Hartland lok gemengde reaksie uit
kykNET se nuutste drama, Hartland, lok groot reaksie uit. Sommige meen dis "uitstekend", ander meen dis "neerdrukkend"...Lees Meer

10 uit 10 vir Franci!
Franci Swanepoel is deesdae baie besig. Nie net is sy te sien in Binneland nie, maar is sy ook betrokke by die kykNET-programme Fiësta, 10 uit 10 en die nuwe drama Hartland. Sy gesels oor dié projekte.Lees Meer

Hartland regisseur onseker oor kykers se reaksie
Vind uit hoekom was Regisseur Gerrit Schoonhoven senuweeagtig...Lees Meer

Vaughan die sanger word akteur
Vaughan Gardiner is veral bekend as sanger en het eers onlangs met die teaterstuk, Tree Aan, sy debuut as akteur gemaak...Lees Meer

Waarvan die hart van vol is...
Hartland fokus rondom dié gesegde - daar's meer as een manier om die hartskamers van ‘n familie te verken...Lees Meer

Botha Botha word rustig
André Odendaal vertolk die rol van Andriaan Cilliers in Hartland. Hy gesels oor sy werk as akteur, sy rol as Botha Botha in Getroud met Rugby en sy rol in Hartland.Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |

































